AfriForum versoek dringende vergadering met Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. Argieffoto: Elmond Jiyane.

AfriForum het Donderdag ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa gerig waarin die burgerregteorganisasie ’n dringende vergadering met hom versoek om plaasmoorde en die toekoms van Afrikaners as kultuurgemeenskap in Suid-Afrika te bespreek.

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, sê in ’n verklaring die brief het ten doel om Ramaphosa daarvan in kennis te stel dat die heersende spanning oor plaasmoorde nie net kan toeneem nie, maar dat voorvalle soos dié wat vroeër vandeesmaand in Senekal afgespeel het, heel waarskynlik weer sal gebeur.

“Die president moet begryp dat die tragiese dood van Brendin Horner – en die duisende ander wat al in plaasaanvalle vermoor is – die simptoom is van ’n dieper probleem; van ’n gevoel van vervreemding onder Afrikaners wat voel dat die Suid-Afrikaanse regering hulle as tweedeklas burgers beskou,” sê Roets.

Brendin Horner. (Foto: Facebook)

Luidens die verklaring wil AfriForum onder meer ’n einde sien aan die verwydering en vernietiging van Afrikanerstandbeelde en -monumente, diskriminasie teen Afrikaners en Afrikaanssprekendes in openbare instellings vir onderwys, haatspraak en aanhitsing deur invloedryke politici om geweld teen Afrikaners te pleeg, die stereotipering van Afrikaners as “gronddiewe” asook die versuim om plaasmoorde te prioritiseer.

“Die vraag of die plaasmoordkrisis ernstig opgeneem word, kan nie beantwoord word deur die woorde van die president en die minister van polisie nie, maar deur optrede wat uit dié woorde spruit. AfriForum versoek dus ’n dringende vergadering met die president om die toekoms van die Afrikanergemeenskap in hierdie land te bespreek en om praktiese stappe voor te stel om te verseker dat daar ook ’n toekoms vir ons gemeenskap is, ondanks die feit dat dit ons ’n minderheid is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Persheks Adri ·

Ons sal self!!! Ek wil sien wat gaan gebeur as daar NIKS kos op die rakke is nie! Wat gaan hulle dan eet?

Cyril sê niks en ou hoed sal ook niks sê nie, want ons is mos nie belangrik nie en haatspraak is ook reg vir hulle! Ek sien steeds GEEN optrede teenoor rooi petters nie veral nie na Clicks of Senekal nie! Dit beteken hulle keur dit goed…

Androclus ·

Hy slaap saans lekker met wagte wat hom op pas,die arme plaasboere werk hard deur die dag en dan moet hulle nog oor hulle skouer ook so nou en dan kyk of dit nog ok is,en saans nog wakker lê en wag vir die moordenaars.Vat hom vas!.

Kokerboom ·

Baie sterkte Afriforum. Dis realisme teen sosialisme en marxisme.

Hennie J ·

Ja, en Piet Retief het ook n vergadering met dingaan gehad.

Adam Adriaan ·

Mog het Troffe. As ‘n aanname gemaak kan word. En ‘n aannames is gegrond op op vorige ondervinding en ervarings. dan sal dit maar moeilik gaan om met die knaap ‘n afsraak te kry. Hy word nou aangevat waar dit seermaak en waar sy beginesls en eer aangetas word. Oordeelsvermoë kan ook in die geval ver tekort skiet, as daar met hom gesprek gevoer word.

Suzette ·

Ek hoop werklik daar sal iets hiervan kom – ek hou egter nie asem op nie. Ek vertrou nie vir Ramaphosa nie.

Piet ·

Hy sal aandagtig luister maar daarna homself ‘n papie lag saam met die kabinet.

Werner ·

Vertrou nie meer een organisasie en defnitief nie die ANC nie .Hulle sus ons net weer

JohanR ·

I talked to the trees, and so they put me away! Wat ken mens vir die ou se wat hy nie al self weet nie, en nie ‘n duit omgee nie?

Ben ·

Hy sal weer se ander mense word ook vermoor. Die verskil is die boere word deur swartes gemartel verkrag en vermoor. Dit is nie wittes wat swartes vermoor nie.

Pieter ·

Ook maar goed ek het my lidmaatskap by AfriForum gestop dit is van al die gepraat dat ons is waar ons is. Hoe wil julle met terroriste onderhandel gaan leer julle geskiedenis

gatgogga ·

Jammer jy het jou lidmaatskap gestop.
Maar dit is maar net om te wys hoekom ons verloor het – ons kan nie saamspan nie.

Anne-Marie ·

….As daar plek is op die lorry vat my saam….sal rerig nie omgee om vir rammetjie my mening te gee nie….!! :-)

Magda ·

Afroform julle kan NIKS glo wat uit enige ANC se mond kom nie, WAT julle MOET doen – kla die Regering aan vir OORLOGS MISDADE vir al die moorde / hongersnood wat hulle veroorsaak.

Deon ·

Radikale dinkwerk!! Ek wonder of dit moontlik is, en ek wonder as ek of jy bv as privaat burger dit doen of daar hulp sal wees? Ek weet wel van n groot firma waar daar mense dood is met n ontploffing en die firma self het maar iets soos n R100 boete betaal want dis nie n lewende mens nie

Fedup ·

Take a little round fishbowl with.
Jelly fish need water to survive in.

Genis ·

Daai foto spreek boekdele, iemand is tuis, maar die ligte brand nie….

Mrs H ·

Aksie. Praat is klaar. Kom byeen…Afrikaner het n platform nodig wat ons almal bymekaar kry en alle kommunikasie in regte tyd, daddelik deel. Wie sal die Afrikaner die platform bied en hoe?

agnes ·

Glo Jul regtig dit Sal help om met die man te redeneer? Hulle is saam met die EFF teen ons nasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.