AfriForum-vervolgingseenheid kyk na Ballito-voorval

Die pa hou sy seun vas nadat een van die beamptes die seun aan sy hand gevat en met hom begin wegstap het. Foto: Skermskoot uit die video.

AfriForum se private vervolgingseenheid ondersoek tans die onlangse voorval waar ʼn pa en seun hardhandig deur beamptes hanteer word en die pa in hegtenis geneem is in Ballito, KwaZulu-Natal.

ʼn Video wat wyd op sosiale media versprei word, wys hoe vredesbeamptes van die KwaDukuza-munisipaliteit by ʼn woonkompleks instap en hoe een van die beamptes ʼn seuntjie aan sy hand vat en met hom begin wegstap. Die seun se pa kom agterna gehardloop en probeer sy seun by die beamptes afvat. “Haal julle hande van hierdie kind af. Iemand bel die polisie,” skree die man wat die video neem. Die pa vat die kind by die beamptes af, waarna hy geboei word en die kind huilend weghardloop.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê die burgerregte-organisasie se private vervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, ondersoek die “onbillike en arbitrêre optrede” deur die munisipale vredesbeamptes.

“Dit is tans nog nie duidelik wat die bedoeling van die beamptes was nie en dit vorm deel van die ondersoek.”

ʼn Ondersoek deur die munisipaliteit het die beamptes vrygespreek van enige verkeerde optrede.

Kallie Kriel.

Volgens Kriel is die private vervolgingseenheid tans in verbinding met verskeie lede van die publiek wat tydens hierdie voorval in hegtenis geneem is, asook met die prokureur van die persoon wat in die beeldmateriaal verskyn.

“Die eenheid ondersoek ook ander soortgelyke gevalle van magsvergrype deur vredesbeamptes en wetstoepassers in die land. Die fokus is nie uitsluitlik op die vraag of die beamptes ingevolge die reg opgetree het nie, maar ook op die wyse waarop hulle lede van die publiek – wat soos almal vasgevang is in die abnormale omstandighede van die staat van inperking – behandel in die uitvoering van hulle pligte.”

Kriel het gesê hierdie tipe magsvergrype deur regeringsamptenare wat veronderstel is om die publiek te beskerm, is onaanvaarbaar.

“Wetstoepassers wat die regering se inperkingsregulasies (wat gewoonlik vaag en oop is vir interpretasie) moet afdwing, moet onthou dat hulle nié te doen het met geharde misdadigers wanneer dit kom by gewone lede van die publiek wat probeer sin maak van hierdie regulasies nie.

“Ons kan eenvoudig nie toelaat dat ’n presedent geskep word waar brutaliteit, veral teen kinders, deur regeringsamptenare toelaatbaar is nie.”

Die munisipaliteit het na afloop van sy ondersoek gesê dat 11 mense die betrokke dag in hegtenis geneem is omdat hulle die Rampbestuurwet oortree het deur op die strand te gaan stap. Volgens die munisipaliteit het sy beamptes egter korrek opgetree en die kinders ingevolge wetgewing hanteer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Michael 1 ·

My opinie hier gaan net weer geld en tyd gemors word,kry die regte feite van wat en hoe dit gebeur het.( kyk na die video)

Kobus ·

Stem saam met jou, daar is mos ‘n video. Die Probleem is, die persoon wat daarna gekyk het sien ook net wat hy wil sien, maak nie saak wat anders daarop is nie.

Nell ·

Só word ‘n behoorlike ondersoek gedoen, dis nie net van na ‘n videotjie kyk en ‘n opinie vorm nie, almal wat betrokke was, omstanders ook, moet ondervra word.

Hans ·

Wat sou hier gebeur het as die kind swart en die beamptes wit was? Die ANC, EFF, Youth league, Womans league, all die gatkruipers sou by die plek gaan dans het. Luiter op die video na die kind se gegillery, hy is erg getraumatiseer en sal voorts n vrees vir mense in uniform he. Dit alleen is genoeg rede vir n siviele aksie. Wat het hierdie beamptes sonder n lasbrief in nprivaat kompleks gaan soek. Dis betreding!!! Dis vir hul lekker om sadisties te wees. Daai twee kan bly wees dit was nie my kind nie. Hul sou per ambulans daar wehgeneem wees.

capie ·

Het nou net die video gekyk. Daai ouens was baie gelukkig. ‘n Ambulans sou ons daar uitgery het as dit ek was. Die gearresteerde ou was baie kalm. Die video ontstellend.

Rodger17 ·

Dit is omdat witmense weer betrokke is en die swart geregsdienaars net hul werk gedoen het.As munisipaliteit n ondersoek gedoen het na die voorval,het nog niemand iets gedoen nie.

Scalla ·

Dit is die uitkoms as onbevoegde mense aangestel word in poste waarvoor hul nie oor die nodige kundigheid, opleiding en kwalifikasies beskik om hul pligte volgens voorskrifte uit te voer nie. Hoop die saak word nie net onder die mat ingevee nie.

Keelvol ·

Ek lees dat die munisipaliteit die beamptes se optrede verdedig. As wit polisie man wonder ek nou, as ek dit ek was en die die slagoffers was Swart, sou die munisipaliteit my ook so openlik verdedig het? Seker nie. Want dan sou die eff, anc en DA geskreeu het dat ek summier ontslaan moes word.

Maar nou is hulle Almal en die wit liberale baie stil en ignoreer die geval. Ons land is in groot moeilikheid.

minnie muis ·

WIT het nie meer regte nie……tog is ons belastig nodig vir die kaders om te verduister

Johan ·

Ek was onder die indruk dat munisipale vredesbeamptes slegs jurisdiksie het om munisipale verordeninge toe te pas. Hoe kan hulle regulasies van die nasionale regering toepas? Gaan kyk na die funksies en magte van plaaslike owerhede. Rampbestuur staan nie in die grondwet as munisipale funksie nie. Hoe kan ‘n beampte van ‘n munisipaliteit iets doen wat nie die funksie can die munisipaliteit is nie?

Jaco ·

Onbevoegdheid. Kry die job NET omdat die velkleur “reg” is. Geen inagneming van opleiding, kwalifikasies en ondervinding nie. Ek SIDDER vir wat gaan gebeur as iemand wat só sy werk by eskom gekry het, die verkeerde knoppie by Koeberg kernkragstasie druk. Dadelik word 4 miljoen mense in Kaapstad met die gevare van nuclear meltdown bedreig.

Vlooi ·

Gedurende hierdie afgelope 8 weke het die sg geregsdienaars gewys dat daar geen menswaardigheid in hul optrede is nie. Die afsonderingsfase het die geleentheid gebied om die reeds emosionele omstandighede waarin alle gemeenskappe vasgevang is te misbruik en toe te laat dat die SAPS en SANW so magsbehep geraak het dat mense kwaadwillig aangerand en beseer is. Die beeld van die SAPS en SANW na my mening is al so geskaad dat die totale spektrum van die land se bevolking geloofwaardigheid in hierdie mense verloor het. Eerder as om mense op ‘n eg humanitere wyse by te staan en te lei word menswaardigheid aangetas deur die laakbare optrede van wetstoepassers. Tussen alles deur vind kriminaliteit steeds plaas maar blyk dit dat dit ‘n lae prioriteit is om aan aandag te gee. Geen mens verdien om in ‘n tyd soos hierdie nog verder emosioneel gebreek te word nie, om vir 8 weke dag en nag agter geslote hekke te sit met elke denkbare maatreel om mense in te perk is alreeds erg genoeg.

Kattebol ·

Ek is ‘n vrou maar ek sweer, “hanteer” my of ‘n kind in my nabyheid en jy sal jammer wees dat jy ooit gebore is.

TRP ·

En die een sonder ‘n masker? Dog dit is ook nie toelaatbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.