AfriForum verwelkom hulp vir Schweizer-juffrou

Elana Barkhuizen. Foto: Verskaf

AfriForum is ingenome met die vakbond Solidariteit se besluit om Elana Barkhuizen met regshulp by te staan nadat sy verlede Woensdag geskors is.

Dié optrede deur Noordwes se onderwysdepartement volg nadat ’n foto wat Barkhuizen van ’n ander klas geneem het, soos ’n veldbrand in die sosiale media versprei het.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê “’n briljante, geliefde” onderwyseres is “oornag deur ’n boendoehof verguis”.

“Elana Barkhuizen, ’n beheerliggaamaanstelling, is bekend vir haar sagte hart en vir die toebroodjies wat sy daagliks vir alle honger kinders skool toe gebring het – ongeag hul ras,” sê Hermann. “Sy is boonop onwettig geskors aangesien sy nie in diens van die LUR of die staat staan nie.”

’n Onskuldige onderwyseres se beeld en aansien is geskend.

“AfriForum is dankbaar dat Solidariteit ’n nederige, kwesbare onderwyseres bygestaan het nadat die regering, politieke partye en sosiale media ’n onskuldige foto uit verband geruk en as blatante rassisme geëtiketteer het,” sê Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys.

“Nie net is klein kinders deur hierdie traumatiese gebeurtenis geraak nie; ’n onskuldige onderwyseres se beeld en aansien is geskend.”

AfriForum se gemeenskapsveiligheidstrukture patrolleer daagliks die omgewing rondom Laerskool Schweizer-Reneke om die situasie te moniteer en te verseker dat die skool, leerders en onderwysers veilig is.

Ek sal hierdie pad stap. Ek sal my naam skoon kry.

Sy gemeenskapsveiligheidsafdeling het ook bystand aan die skool verleen tydens dié rasseherrie en skorsing. “AfriForum-gemeenskapsveiligheid sal saam met ons lede in dorpe en skole betrokke raak om ons gemeenskappe en skole te beveilig,” sê Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Solidariteit sal vandeesweek ’n dringende hofaansoek teen die LUR en ander betrokkenes bring om die onreg teen Barkhuizen reg te stel.

Barkhuizen het Dinsdag op ʼn mediakonferensie in Centurion ’n verklaring voorgelees waarin sy haar verbintenis tot haar werk, leerders en skool uitgestippel het.

“Ek sal my nie deur enigiemand laat vertel wat my waarde is nie,” het sy gesê. “Ek sal hierdie pad stap. Ek sal my naam skoon kry. Ek sal hierdie magtige mense aanvat en wen. Ek sal seker maak dat niemand ooit weer deurgaan wat ek nou deurmaak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Paul ·

Ek bid Elana sterkte en voorspoed toe met haar voorneme in hierdie rasbehepte land.

Yankee ·

Ek verstaan nie!! Sy pleit onskuldig, sy neem die foto, nie haar klas!! Waarom dan die heksejag?? Please someone, explain!!

ivan.. ·

Solidariteit ..kom laat Gerrie nel sy Toga aantrek en Elana verdeedig..Sy verdien om gehelp te word deur al die onaangename dinge wat gese word..sterkte Elana.

JohanC ·

Ek het dit reeds gesë-maar DIS LEKKER OM DIT WEER TE SÊ

EK salueer Solidariteit en Elana

En Elana byt net vas -hier gaan die “lelike eendjie” nog verander in die MOOISTE SWAAN

Alta Smit ·

Baie sterkte. Well done Vir jou om op te staan Vir regverdigheid en om jou Naam in error te herstel. Die Waarheid Kom altyd uit, ongeag wat toegesmeer probeer word. Bid Vir jou

Anoniem ·

Ystervrou deur Jesus wat HAAR krag sal gee om die b o o s h e i d te oorwin ! Trots op Jou Juffrou wat Mamma, Vrou en Juffrou IS

Broodjie Juffou ! STERKTE ???

Jo-anki ·

Net een vraag. Hoekom word die dame wat whattsupp so uitverband ruk se foto ook vertoon nie. Waarom is daar stilte I.v .m die dame. Ek kry al die kindertjies so jammer, trauma wat so totaal onnodig was.

Hanna Hoekom ·

Haar profiel is aanvanklik verprei. Sy is een van die “laat inskrywings” se ouers. Nou het haar profiel v Facebook af verdwyn. Behoort nie te moeilik te wees om haar op te spoor nie… Wenk: jy sal haar egter nie onder die name v skoolfonds betalende ouers vind nie!

nannie ·

Ek vra ook die vraag waar is sy. Maak haar net so bekend soos sy met die foto soveel moeilikheid veroorsaak het.

Wdp ·

Nogal interesant hoe min geld die regering vir skole gee en dan wil gulle n sê hê oor die skole. Tyd dat ou model c skole private skool netwerk stig.

Hansie Slim ·

Kom Solidariteit ons soek sol skole…
Akedemia mag jy van krag tot krag gaan
Sol-tech mag julle net aanhou groei
Sol-Skole…. kom net gou!
Ontsluit die waarde van moedertaal

Annie Webb ·

Ek kan nie namens ander praat nie, maar ek het nie vir één oomblik gedink Elana Barkhuizen het iets verkeerd gedoen toe sy die foto geneem het of enige ander tyd nie. In my oë het haar naam geen skade gely nie. Ek het van die begin af gedink die fout lê by die haatbende in die politiek en die media. Omdat ek lankal weet hoe dié haatbende optree. En ek verag hulle een en almal daarvoor. Hulle het die politieke mag, maar dié mag spruit uit hulle kwantiteit, nie kwaliteit nie. Hulle is die meerderheid, maar hulle is inderdaad ‘n boendoehof en ons sien dit daagliks. Ons kom almal meestal een-tot-een goed klaar, maar by die geringste provokasie val die skilletjie beskawing van die groep af en ons sien en hoor net weer boendoe. En die verskoning vir hulle onaanvaarbare optrede is áltyd weer “die pyn van apartheid”. Dis g’n pyn nie, dis net haat. Ons kan net dankbaar wees vir diegene wat opstaan en sê: “Ons is nie almal so nie.” Sterkte, Elana Barkhuizen en Solidariteit.

Tokkeloshe ·

Relax – dis die nuwe suid-afrika, pas aan of waai. Dit is die NP regering se beloofde land – geniet hom!

Stelling ·

Dis waar wat jy se Tokkoloshe, maar hoe pas n mens aan in sulke omstandighede? Ek wil nie die land verlaat nie, maar tog voel ek dat daar n verpligting teenoor my nageslagte is om wel oor die waters te trek. Ons bly se om positief te dink, maar vrek, geen mens verdien hierdie graad van lewenswyse nie. Ons kan bid, maar Die Hemelse Vader help die wat homself of haarself help.

Juffrou ·

Al ondersteun ek Elana 200%, het dit tyd geword dat alle betrokkenes by skole ophou foto’s plaas van kinders indien die ouers nie vooraf daartoe instem nie. As iemand my kind sonder my toestemming op sosiale media plaas, sal ek ‘n groot kabaal daaroor opskop.

PaulV ·

Juffrou; Elana het die fotos op ‘n PRIVAAT WhatsApp-groep vir ouers geplaas, sodat hulle kon sien hul kinders is gelukkig in hul nuwe klas. Dit is deur ‘n OUER se toedoen dat een van die fotos op sosiale media geplaas en versprei is.

Felix ·

Die afgelope twee jaar het mense ook goed dmv toestelle die wêreld ingestuur, hul vingers het om verskere redes gejeuk, en daar was net treurmare na die tyd. Kruks van die storie is, as die juffrou nie die foto gestuur het nie, al was dit hoe goed bedoel, was daar nie vandag ‘n gemors nie. En more, wie gaan more weer iets aanvang sonder om aan die gevolge in hierdie rassistiese land van ons te dink en glo niemand gaan dit aangryp om ‘n bohaai te maak nie?

Carl ·

Maar wat dan van bv sport geleenthede of akademiese prestasie kinders se fotos, wat al dekades lank in bv koerante gepubliseer word?

Chris ·

Carl, ons is nie meer die die brief en mikstok era nie. Dit tegnologie het aanbeweeg en die mense kan nou onmiddelik op ‘n plasing op die internet reageer. Ek neem aan jy het dit ook al agter gekom.

Pieter ·

Hoe hierdie saak uit verband geruk is deur politieke partye en die media kom neer op diskriminasie en vervolging. Dit herinner my hoe die Nazi’s die Jode vervolg het en uitgeloop het op die Nuremberg-verhore en die skuld wat die Duitsers nou nog aan die Jode betaal.

Die partye wat vir Elena gekruisig het en die arme jong kinders op hul eerste dag permanente geestelike skade aangerig het moet ook aan sulke Nuremberg-verhore blootgestel word tesame met boetedoening. Daarmee moet hierdie dag waarop sy geskors is verklaar word as die demokratiese antipool van 16 Junie. Die gebeure wys die ware rassistiese kleure van die huidige Suid-Afrika.

Nog altyd in Elena en die kinders se onskuld geglo. Hulle moet soos die phoenix opstaan uit die as en hulle vyande self in die vuur gooi wat hulle begin het.

smurfie ·

Tokkeloshe, ek was nie deel van die NP regeering nie, hoekom moet ek daaronder ly?
Jou kommentaar is onvanpas. Kan nie glo Maroela plaas dit nie

Melanie ·

Ons voorvaders het ongelukkig nie daaraan gedink nie. Hulle het totaal boedel oorgegee en gehoop iemand sal jou leer om te swem.

@smurfie van Jean ·

Want dit is wat gebeur as jy uitverkoop word deur jou eie mense die NP smurfie…Gly of bly of baklei…dit is jou eie keuse die keer ..Maar uitverkoop sal die blanke in Suid Afrika bly en dit is die prys wat die nageslagte nou betaal daarvoor.
M.a.w jy en ek die blanke ons nasate wat nog kom in Suid Afrika…

Johanvz ·

Ek het nou al verskeie ontevredenheide gelees oor die plaas van fotos van kinders op die sosiale media. As jy op WhatsApp ‘n groep stig is dit privaat en NET die groep kan die boodskappe wat hulle met mekaar deel lees en niemand anders nie, en hulle almal gee toestemming daartoe. Indien ‘n persoon nie meer deel wil wees van die groep nie kan hy onttrek daarvan op die media. Dit is net hulle wat enige info of fotos op hulle groep kan “copy” en “paste” op ‘n ander medium vir verspreiding. Jy kan selfs, of ander in die groep kan, jou familie profielfoto dus verspei. Maar slegs uit die groep. As dit nie die juffrou (wat deel is van die groep) of iemand in die groep is wat dit gedoen het nie, kan niemand daar “buite” dit sien of lees nie. Dit is dus net iemand binne die groep, met bykomende bedoelings, wat dit buite WhatsApp kan versprei.

Felix ·

Die afgelope twee jaar het mense ook goed dmv toestelle die wêreld ingestuur, hul
vingers het om verskere redes gejeuk, sekeres het dit ook aan hul WhatsApp groep gestuur , maar tog het dit op die internet beland, en daar was net treurmare na die tyd. Kruks van die storie is, as die juffrou nie die foto gestuur het nie, al was dit hoe goed bedoel, was daar nie vandag ‘n gemors nie. En more, wie gaan more weer iets aanvang sonder om aan die gevolge in hierdie rassistiese land van ons te dink en glo niemand gaan dit aangryp om ‘n bohaai te maak nie?

Se net ·

Elana, sterkte! Jy gaan as oorwinnaar hier uittree. Dit laat my net wonder hoekom het jou skoolhoof en die skool se bestuursliggaam niks daaraan gedoen om die skorsing te keer nie. Dit voel vir my hul is marionette. Vertrou hul niks.

Dieter ·

Jy is darem baie ordentlik om na hulle as marionette te verwys.
Ek wil graag my kommentaar geplaas hê, so ek sal nie sê wat ek hulle noem nie.
Maar ‘n goeie begrip het ‘n halwe woord nodig, so jy weet presies wat ek hulle in my gedagtes en voor my vriende noem.
Hint hint…..dis ‘n 4 letter woord.

Veritas ·

Moet nie ‘n fout maak nie. Die witman word gehaat en dié haat spruit voort uit jaloesie en niks anders nie. Ons probeer ons bes om Suid Afrika te maak werk maar sal nooit aanvaar word nie. Die meerderheid swartmense haat ons met hul hele wese en wag vir die dag wanneer hulle, hul uitwissingsveldtog teen die witman kan loods. My raad aan alle blankes is om hulself te bewapen en voorsorgmaatreëls te tref vir wanneer die dag aanbreek en dit sal nie nog baie jare wees nie.

Tarien ·

Absoluut, stem saam. Maar in alle eerlik, wil ek liefs nie aanvaar word nie, want die suiwer haat was nog altyd daar, en sal altyd wees. Daar word fyn dopgehou wanneer n wit persoon net dalkies oor die tou trap, dan is daar oorlog?

Manie ·

Hoop sy dagvaar die ruggraatlose lamsakke in die beheerrraad en sommer die skoolhoof wat nie beter is vir naamskending en pyn en lyding. Skande hoe hulle hardloop om die anc ter wille te wees. Laakbare gedrag deur hulle,nie die integriteit om op te staan vir wat reg is, vekoop liewer Elana, is makliker

Pietman ·

Sou graag wou sien dat LUR en ander politici die regskostes uit hulle eie sak betaal – hulle sal aanhou met die gedrag omdat die belastingbetaler moet instaan vir regskoste as hulle gedagvaar word vir roekelose en ondeurdagte optrede soos die. LUR het haar ‘n rassis genoem sonder bewyse of getuienis wat crimen injuria is – dagvaar hom in persoonlike hoedanigheid ook.

Manie ·

Regering sal altyd met ons geld betaal vir hulle onbevoegde lede se gemors

piper ·

groot geraas oor niks. daardie LUK moet persoonlikgedagvaar word asook alle ander betrokkenes enas die die polisie vir die pligversuim duer net te kyk hoe eiendom beskadig word. dink net wat sou gebeur het by die skool war n leerling in n puttoilet verdrink het blanke personeel gehad het,

RM ·

Ja Nee, hulle voel so min vir hulle kinders dat hulle sulke streke pluk. Sy is ‘n goeie onderwyseres. Dit is pure haat en presies die rede hoekom mense padgee. Sommer nonsens en so gaan hierdie hele land in die gramadoelas in gediskrimineer word. Hulle sal hulle self vernietig om net die Afrikaner ‘n bietije by te kom. Sit terug en kyk hierdie ramp.

Albert ·

Al wat hier moet gebeur sy moet die hoof met sy besruursraad voor die hof daag vir baie geld vir haar ongerief wat hulle teen haar veroorsaak het. Hulle moes net geweier het om haar van die skool te skors, omrede sy is in hulle diens. Sy kan n paar rand maak uit hulle.

Pieter ·

Elana jy is n yster. Hierdie rasse heksejag in SA het al hoe meer momentum begin kry. Dankie dat jy vas bly staan het. Dalk sal ons eendag terugkyk en sien dat hierdie n draaipuns was en n terugkeer na nugtere denke.

GP ·

Sterkte Elana en Solidariteit. Staan sterk. Ek is trots op julle. Vat die stryd aan en moenie terug hou nie. Die eintlike skuldige is die ouer wat alles uit verband geruk het. Hoop sy word uitgewys en ook aangekla. Sterkte julle. Julle het baie ondersteuners. Elana jy is ‘n sterk vrou.

Marga ·

Kom ons ruil die rolle om waar vier wit Gr 1’s om ‘n tafel sit en die res van die swart klas by hulle tafels. Geen haan sou daarna gekraai het nie!!!! Ek hoop dat Elana elkeen wie sy kan, sal dagvaar – hoof inkluis.

PAPKOP ·

Die LUR behoort tronkstraf te kry vir sy rassistiese uitlatings en optrede
Hoekom moet net blankes aan die pen ry?

Coenrad ·

Ek stem saam.
As die regsgeleerdes enigsins dink jy het ‘n goeie kans om te wen, dagvaar die beheerraad en die skoolhoof ook.
Nou is nie die tyd om “nice” te probeer wees nie.
Om vyande te maak is deel van die volwasse lewe.

WJ ·

Bid vir jou juffrou Elana en weet net dat Die Here jou nooit alleen laat nie. Onthou die volgende vers: Psalm 118:6 – Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan ‘n mens aan my doen?

Will ·

Bid vir jou en onthou Psalm 118:6 – Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan ‘n mens aan my doen. Baie Sterkte.

Annie ·

Beste Elana. Jou brief is hartroerend en ek staan saam met jou. Maar liewe Elana, jy KAN nie in vandag se tyd n foto op sosiale media plaas van 4 swart kinders wat apart sit van die wit kinders nie! Het jy dan nog niks geleer nie? Maak nie saak wat die rede was nie, jy behoort te geweet het dit sou in n tragedie vir jou eindig. Baie sterkte!

Sarel ·

Waarom Elana uithaal oor die foto, haar bedoelings was suiwer en moes nooit n issue geword het nie.
Wat nou nodig is ,is dat witmense besef ons enigste kans op oorlewing is by die Vader en onsself. Geen onderhandelinge het nog ooit enige vrugte afgewerp nie. Die people is onverstoord aandie beweeg na totale oorheersing.
Ons moet begin getalle tel en planne maak.
Ons moet nou almal n besluit neem en op welke manier ookal ons ontrek van alle onderhandelings , betalings en wat ook al waar die regering sy vuil pote op kan le nie.
Ons moet reeds met die buiteland onderhandelings aangaan tov met wat en hoever hulle bereid is om ons by te staan(INDIEN ENIGSINS)om die besliste uitkoms wat onafwendbaar is die hoof te bied . Of ons moet mekaar duidelik maak verstaan dat ons niks gaan doen nie en ons reeds bekende lot aanvaar.
Ons kan mekaar nie langer probeer paai en in die duister hou nie.

D P ·

Ek vertou nou net sy het finaal geleer dat “sosiale media” is ‘n gevaarlike plek om al jou menings uit te spreek, wees maar versigtig. Net by God kan jy mening rond gooi. Dit is in elke val die beste.
Wakker slaap mense.

Johan de Beer ·

Let wel dat News 24 se Adriaan Basson haar net so veroordeel het.

Carl ·

Toe MM, plaas dit nou. LOL Beeld en Adraan Basson is maar spreekbuise van die nasionale agenda, soos gedryf deur die Intelligensie Dienste. Beide se bona fides is al baie jare verdag.

Jeremia ·

Met verwysing na Wdp se kommentaar: stem saam dat ou Model c skole netwerk v privaat skole moet begin. Moes dit al knap voor ’94 kon voorsien dat modelle klug is.
Desjare het die ou NP die modelle voorgestoot én terselfdertyd van ‘n klomp onderwysers ontslae geraak.
Trouens, dis soos ‘n gat in die geskiedenis : die aanloop tot 1994 oorgawe: die NP se groot uitdunning van staatsamptenare.
Seker op papier beloftes gemaak vir nuwe aanstellings – dalk al in Dakar. Of selfs vroeër.
En diegene wat enigeen kruisig oor NP kommentaar. Ek was ook nie NP of deel van die NP regering nie. Maar kom ons gaan nog verder terug in geskiedenis – Botha en kie was al ruk lank besig om agteraf met Engelse te knoei vóór Vereening in 1902. Gaan lees maar.

Jeremia ·

Met verwysing na Wdp se kommentaar: stem saam dat ou Model c skole netwerk v privaat skole moet begin. Moes dit al knap voor ’94 kon voorsien dat modelle klug is.
Desjare het die ou NP die modelle voorgestoot én terselfdertyd van ‘n klomp onderwysers ontslae geraak.
Trouens, dis soos ‘n gat in die geskiedenis : die aanloop tot 1994 oorgawe: die NP se groot uitdunning van staatsamptenare.
Seker op papier beloftes gemaak vir nuwe aanstellings – dalk al in Dakar. Of selfs vroeër.
En diegene wat enigeen kruisig oor NP kommentaar. Ek was ook nie NP of deel van die NP regering nie. Maar kom ons gaan nog verder terug in geskiedenis – Botha en kie was al ruk lank besig om agteraf met Engelse te knoei vóór Vereening in 1902. Gaan lees maar.
Voorspoed juffrou – staan vas.

Jean ·

Ja en wat van die nuus wat die buiteland bereik het wat die blanke onderwyser en blankes in Suid Afrika etiketteer as rassiste wat nog aan Apartheid vasklou !!??? Ek bly hier in Australia in dit is die nuus wat hier die rondes doen!
Die LUR en kie wat die onderwyser moreel vergruis het moet hof toe gesleep word en
baie skade vergoeding betaal vir hul politiese antiblank beswaddering!!!
Blankes in Suid Afrika leer tog nou dat die anc ,eff en blf party altyd rede gaan soek om die blankes is slegte naam te gee in Suid Afrika ongeag van die feite…Passop vir hul lokvalle…hul is soos die Satan wat rondloop soos n honger leeu en alles wat blank is wil verskeur! Gee hul nie rede asb! Nie eens al hoe onskuldig nie want hul gaan dit vedraai en die blanke boosdoener in die verhaal maak!!!

Christo ·

Mooi so Solidariteit! Dankie dat julle opstaan vir geregtigheid. Daar is talle Afrikaanse onderwysers wat te dankbaar dat daar iemand is wat opstaan vir Afrikaanse onderwysers. Die SAOU met Chris Klopper is slegs ingestel op finansiële gewin. Begin asseblief ‘n alternatiewe onderwysvakbond wat lede se belange op die hart dra.

Klitsgras ·

Nee wat geen jamerte vir die juffrou nie. Deur kinders apart te laat sit het sy die idee gevestig dat hulle minderwaardig is en sodoende onskuldige kinders benadeel. Dink voor jy doen in die toekoms.

GP ·

Koe lank gee jy al klas vir Gr-R kinders. Hoe kry jy hul rustig die eerste dag, deur hulle te sit tussen kinders wat nie hul taal verstaan nie? Kyk bietjie verder na fotos wat wys hoe hulle almal saam sit om een Tafel en saam werk. Hou op sommer net oordeel.

Anoniem ·

Klitsgras – Regtig Jy is baie baie onsensitief ! Jy is nou die Regter ????? Boendoehof ??

D B ·

Sulke probleme kan binne minute opgelos word…ons moet begin doen wat die massas doen…brand, plunder, moor, roof…WHEN IN ROME…

kolla ·

Die storie is vir my vreemd. Hoekom neem sy ‘n foto van ‘n ander klas as haar eie en verspei dit. Het iemand vir haar gevra om die foto te neem?

Barbara B ·

My hart is so seer vir haar – jy moet weet daar is baie wat vir jou intree by die Here – sterkte !

Anoniem ·

Klitsgras – Regtig Jy is baie baie onsensitief ! Jy is nou die Regter ????? Boendoehof ??

Pre ·

Daai “toespraatjie” was terrible, geen jammerte nie, lees net wat vir haar gegee is om te se.

Oorwinning ·

God’s not dead – He is surely alive – living in the inside – Roaring like a LION !!

Aanhitsing ·

Die aanhitsing tot geweld vanaf ANC, EFF en DA is rasisties…

Apiesdoringskool ·

Ek staan 100% agter die juffrou.
Dit is ook hoekom ek n skool op my plaas begin het vir ons kinders, want ons kan net nie meer kinders na hoofstroom skole stuur nie. Die kinders word voorsien van een gesonde ete per dag, gaan deur die dag se beplande werk. Word voorsien van ligte ete en word dan bloot gestel aan kultuur aktiwiteite soos perdry, boogskiet, kuns, musiek ens tot hul 16H00 uur huis toe gaan. Wat jammer is is dat die inskrywings baie min was, ten spyte van die feit dat die kostes n fraksie van privaat onderwys is. Wil ons regtig na ons self kyk, of sit ons net in leun stoele en kritiseer die ou regering en vee ons trane af?

carel ·

kan ek jou raad gee. pak op en gaan na n beskaafde land. jy gaan nie daar alleen wees nie. daar is duisende van ons mense sonder die probleme wat ons hier het. my twee seuns is albei met hulle gesinne weg en sal nie terug kom nie. om by hulle te gaan kuier in kanada en austr. is n belewenis. ons voorvaders het ook maar probleme agter gelaat in ons ou stamlande, hierheen gekom en die beste vamn n slegte saak gemaak. jy is in aanvraag in lande waar daar nog met waardering na jou kekyk gaan word.

Jacques ·

Go girl go, ek sien jou kop is klaar omhoog . Soos jy gesê het, ons kry jou nie jammer nie, ons is in afwagting om saam met jou n oorwinning te vier.

Vraagteken ·

Lyk vir my asof die mense van Schweizer Reneke nie weet hoe om goeie foto’s te neem nie. Eers was dit Margaret wat te veel inligting gegee het, en nou is dit Elana wat te veel inligting gee :):):).

Anita ·

vergeet van Media 24 se aanmerking…hulle gee die Huisgenoot uit met 42 bldsye advertensies , en kan dus nie verder kyk nie.! Moenie hardloop na ‘n ander land nie, veg jou naam hier skoon want elke woord wat enige mens uitspreek vandag is RASSISME maar waarom word Malema en andere nie vervolg vir hulle uitlatings nie.? Solidariteit is vir ons ‘n Sêening in hierdie land, en ek bid elke nag vir hierdie organisasie dat hulle van Hemelse krag voorsien word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.