
Grafika: AfriForum
AfriForum Jeug gaan nie Dinsdag Jeugdag saam met die res van Suid-Afrika se jongmense vier nie, maar eerder begin om self ʼn beter toekoms te skep, het die burgerregteorganisasasie in ‘n verklaring gesê.
AfriForum Jeug stel vandag sy Groenbussieprojek by die Voortrekkermonument bekend waardeur hulle R1 miljoen teen die einde van die jaar wil insamel om ʼn tweede huis vir die Gracia-kinder- en jeugsorgsentrum in Pretoria te kan aankoop.
Solidariteit Helpende Hand gaan ’n stewige bydrae maak wat die projek met groot momentum sal laat afskop.
AfriForum Jeug gaan ook jongmense byeenbring vir ʼn potjiekoskompetisie om te toets of die jonger geslag bobaas-potjiekoskokke kan wees. Tussendeur watertandkos en groentegeure in die lug, gaan die kinders van die Gracia-kinderhuis vermaak word met boeresport en ander prettige aktiwiteite.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Puik idee! Sterkte vir jul werk…
Dit is hierdie organisasies – Afriforum,Solidariteit en ander opheffende organisasies -wat my as trotse afrikaner, moed laat skep. Ek glo hierdie land en sy inwoners, oftewel , dan die wat nog ware chtistelike beginsels voorstaan , (WAT DIE FONDASIE behoort te wees), van elke suid-afrikaner -kan weer uit die as opstaan mits hulle hul kan leer om verdraagsaam te wees teenoor hul naaste. Ja, die regering van die dag maak ons almal die hoenders in. Daar is egter ‘n opdrag van die Woord van God in 1Tim.2 – gebed vir alle mense -(opskrif) ( in die ou vertaling ) word… Lees meer »
Ek stem, wel gedaan. Organisasies en persoonlikhede moet ook herbesin oor die viering van Mandela se verjaarsdag of 67 minute of 6664 of watookal dit genoem word. Afrikaners se vierings behoort te wees: 27 Februarie (Majubadag), 6 April (Stigtingsdag), 31 Mei (Republiekdag, ook Bittereinderdag) , 14 Augustus (Taaldag), 10 Oktober (Krugerdag/Heldedag) en 16 Desember (Geloftedag). Myns insiens dui ‘n steun vir Sharpeville-, Vroue-, “Vryheid”- of Soweto- dae aan dat die huidige regime se aksies en ideologie ondersteun word.