AfriForum vier nie Jeugdag nie

Grafika: AfriForum

Grafika: AfriForum

AfriForum Jeug gaan nie Dinsdag Jeugdag saam met die res van Suid-Afrika se jongmense vier nie, maar eerder begin om self ʼn beter toekoms te skep, het die burgerregteorganisasasie in ‘n verklaring gesê.

AfriForum Jeug stel vandag sy Groenbussieprojek by die Voortrekkermonument bekend waardeur hulle R1 miljoen teen die einde van die jaar wil insamel om ʼn tweede huis vir die Gracia-kinder- en jeugsorgsentrum in Pretoria te kan aankoop.

Solidariteit Helpende Hand gaan ’n stewige bydrae maak wat die projek met groot momentum sal laat afskop.

AfriForum Jeug gaan ook jongmense byeenbring vir ʼn potjiekoskompetisie om te toets of die jonger geslag bobaas-potjiekoskokke kan wees. Tussendeur watertandkos en groentegeure in die lug, gaan die kinders van die Gracia-kinderhuis vermaak word met boeresport en ander prettige aktiwiteite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

tina ·

Dit is hierdie organisasies – Afriforum,Solidariteit en ander opheffende organisasies -wat my as trotse afrikaner, moed laat skep. Ek glo hierdie land en sy inwoners, oftewel , dan die wat nog ware chtistelike beginsels voorstaan , (WAT DIE FONDASIE behoort te wees), van elke suid-afrikaner -kan weer uit die as opstaan mits hulle hul kan leer om verdraagsaam te wees teenoor hul naaste. Ja, die regering van die dag maak ons almal die hoenders in. Daar is egter ‘n opdrag van die Woord van God in 1Tim.2 – gebed vir alle mense -(opskrif)
( in die ou vertaling ) word ons vermaan om smekinge,gebedes met danksegginge te doen vir ALLE MENSE – vir konings en hooggeplaastes
sodat ons ‘n STIL EN RUSTIGE lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. Miskien moet elke inwoner van hierdie land introspeksie hou en waar van toepassing, weer die drade optel om God se aangesig te soek,soos ons voorouers, sodat dit weer goed met ons kan gaan. Ps 89v16- wel-geuk-salig IS DIE VOLK wat die geklank ken,o Here, hulle WANDEL IN DIE LIG van U aangesig..♡

Ampie ·

Ek stem, wel gedaan. Organisasies en persoonlikhede moet ook herbesin oor die viering van Mandela se verjaarsdag of 67 minute of 6664 of watookal dit genoem word. Afrikaners se vierings behoort te wees: 27 Februarie (Majubadag), 6 April (Stigtingsdag), 31 Mei (Republiekdag, ook Bittereinderdag) , 14 Augustus (Taaldag), 10 Oktober (Krugerdag/Heldedag) en 16 Desember (Geloftedag). Myns insiens dui ‘n steun vir Sharpeville-, Vroue-, “Vryheid”- of Soweto- dae aan dat die huidige regime se aksies en ideologie ondersteun word.

Arrie ·

Ek stem grootliks saam met jou, Ampie. Ek is net keelvol vir die christelike geteem. Hou asb op!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.