AfriForum vra vir kommissie van ondersoek na oorsake van plaasmoorde

kill-the-boer-boek-ernst

Ernst Roets se boek getiteld ‘Kill the boer’ is Donderdag in Centurion bekendgestel. Foto: Reint Dykema.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag gevra dat ’n onafhanklike kommissie van ondersoek aangestel word om te bepaal wat die faktore is wat tot plaasmoorde aanleiding gee.

Hierdie aankondiging is in Centurion tydens die mediabekendstelling van Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, se boek, Kill the Boer, gemaak.

Tydens die bekendstelling het Roets ’n bandopname gespeel waarin ’n leier van die 28-tronkbende beweer dat Julius Malema, die EFF-leier, hulle in die tronk gaan sien het om oor plaasmoorde te praat. Roets het ook vertel van sy eie ervaring toe ’n gevonnisde plaasmoordenaar vir hom vertel het dat hy ’n lid van die ANC se militêre vleuel, uMkhonto we Sizwe, is en dat die ANC aan hom opdrag gegee het om ’n boer te vermoor.

“Hierdie bewerings moet in ’n ernstige lig beskou word en dit moet deeglik ondersoek word,” het Roets gesê.

Die bandopname waarin bewerings oor Malema gemaak word, is reeds in Maart 2017 op die aktualiteitsprogram Carte Blanche uitgesaai. Die EFF het destyds gesê dat Malema nie tyd het om daarop kommentaar te lewer nie. Die kwessie is ook nie verder ondersoek nie.

In die boek Kill the Boer word aangevoer dat die Suid-Afrikaanse regering aandadig tot die krisis van plaasmoorde is. Verskeie voorvalle van politieke aanhitsing tot plaasmoorde, asook plaasmoorde waar politieke- of rasmotiewe duidelik ’n rol gespeel het, word in die boek aangehaal.

In ‘Kill the boer’ word ’n verskeidenheid redes uitgewys waarom plaasaanvalle uniek is en verdien om as ’n prioriteitsmisdaad hanteer te word. Foto: Reint Dykema.

Roets verduidelik dat AfriForum nie aanvoer dat alle plaasmoorde polities gemotiveer is nie, maar dat die organisasie wel bekommerd is dat die politieke element tans onderspeel word. “Ons ontleding van vyf voorvalle van haatspraak deur vername politieke leiers teen boere het gedui dat plaasmoorde in die maande wat op hierdie voorvalle gevolg het met ’n gemiddeld van 74,8% toegeneem het.”

In sy boek voer Roets aan dat die wreedaardige werklikheid van plaasaanvalle in Suid-Afrika vererger en aangevuur word deur die regering se besluite om die misdaad te deprioritiseer; die negatiewe stereotipering van wit boere in besonder; romantisering van geweld wat op boere toegedien word; voortsetting van haat vanaf politieke platforms; en die veragting en bespotting van die slagoffers van hierdie aanvalle.

Die boek ontbloot gevalle van die direkte betrokkenheid van lede van die regerende ANC, die Suid-Afrikaanse regering en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in besonder, in die beplanning en uitvoering van hierdie aanvalle. Daar word aangevoer dat ’n opdoemende proses van etniese reiniging as ’n ernstige bedreiging geag en voorkom moet word. Die aandadigheid van die Suid-Afrikaanse media word ook deur ’n ontleding van nuusverslae aangedui, wat duidelike partydige verslaggewing uitwys en lei tot die beswaddering en negatiewe stereotipering van wit boere in besonder.

’n Verskeidenheid redes word uitgewys waarom plaasaanvalle uniek is en verdien om as ’n prioriteitsmisdaad hanteer te word. Dit sluit die unieke frekwensie in waarteen hierdie aanvalle plaasvind, die afgryslike vlakke van marteling wat gereeld met hierdie misdade gepaardgaan, die rol wat boere in die gemeenskap speel en die unieke omstandighede waarin boere hulself bevind.

  • Die boek sal op Saterdag 30 Junie aan die publiek bekend gestel word en sal binnekort in boekwinkels beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

marius ·

As daar gekyk word na die gemiddelde waarde van die buit van ‘n plaasaanval en inagneem dat so ‘n aanval lank beplan word (plase word tot weke lank dopgehou) en in meeste gevalle kom die aanvallers van ver, twyfel ek sterk of die aanvalle werklik geldelike gewin inhou vir aanvallers. Tensy dit van ‘n eksterne bron afkom. Die aanvalle is ook baie wreeder as ‘n gewone rooftog.

White Rhino ·

Die aanvallers is uit daarop om die wit boere te vermoor – dit is die hele rede.
Hulle kry geen teenkanting van die regering nie en dus gaan hulle net voort.

TLC ·

Nou maak baie dinge sin Soos hul die beplanning doen kom op selfde neer as wat transito rowe beplanning verg Tel op daai wapen Die tyd is langkal oor verval datum

Albaster ·

Vra ook vir internasionale organisasies om amptelike ondersoeke te kom instel.

wonder ·

Hoekom besoek Afriforum nie die boere se plase, om voorstelle te maak i.v.m veiligheids verbeterings . Wat van ‘n fonds stig vir boere wat die tipe verbeterings kan bekostig nie. Baie van die mense wat vermoor word is ouer boere, wat dalk nie die nodige kennis het van nuwe tegnologie (kameras, druksensors, drones ens.) Honde kan ook opgelei word (opgeleide hond wat kan spoorsny en bevele kan gehoorsaam.) Ek sien glad nie meer helikopters van die polisie nie (sal nogal handig gewees het vir plaasaanvalle en trasitorooftogte)

Lollie ·

Glo ANC en EFF sit agter dit alles!!!!!! Dis net hulle wat daarby baatvind!
As hulle onskuldig was sou hulle ook daarteen gekant gewees het maar hulle kyk liewer anderpad. EFF doen dit so openlik dat geen mens daaroor kan twyfel nie en beste van alles is dat ANC hom laat begaan. Slotsom: die 2 partye is die sondebokke sonder twyfel!

Nikita ·

Natuurlik is dit die ANC en EFF. Hulle is voels van eenderse vere….en Juju is ook permanent geneig om die vuur aan te blaas.

Lerato ·

As hierdie boek elektronies op Kindle by Amazon beskikbaar word, kan die hele wêreld dit lees

cool ·

eENIGE IEMAND WAT TWYFEL DAT DIT DIE ANC IS KEN NIE ONS GESKIEDENIS NIE, DIE ANC SE DOEL IS OM ONS UIT TE ROOI

Callie ·

Daarom vra ek elke keer, as Ramaphosa enige integriteit gehad het sou hy al net daaroor gepraat het
Ek daag CR om n leuenverklikker toets te doen om te bewys hy is nie soos Malema wat plaasmoorde aanhits nie.

HPV ·

Aanhitsing deur eff swak sekuriteit op baie plase die wete dat meerderheid boere ongewapen loop.

Theo ·

Plaasmoorde is hier om te bly of ons dit nou wil weet of nie. Solank as wat die ANC dit afmaak as gewoone misdaad is daar geen ernstigheid om aksie dmv beter polisieering te maak nie, in elk geval kan n mens die sogenaamde “polisie”nog vertrou? Ek wil ook erkening gee aan Ernst Roets en sy span deur ons en die wereld intelig oor die wreedheid van Plaasaanvalle en die ANC regering se houding daar teenoor. Dankie Ernst, jy verdien ons ondersteuning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.