AfriForum het Maandag ’n oorwinning teen onwettige grondgrypers en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Pretoriase hooggeregshof behaal.
Die oorwinning volg ná ’n dringende aansoek gebring is om die SAPD te verplig om grondgrypers te verwyder wat grond onwettig in De Wildt in die Noordwes beset het. Die regskoste van dié aansoek word betaal uit fondse wat Julius Malema en die EFF aan AfriForum betaal het nadat hy en die party verskeie sake met koste teen AfriForum verloor het. Een van die sake het juis gehandel oor Malema wat mense in die publiek aanhits om grond te beset.
“Behalwe vir die ironie dat Malema nou inderwaarheid betaal om grondgrype hok te slaan, is hierdie weereens ’n oorwinning vir AfriForum in die stryd om eiendomsreg in Suid-Afrika te beskerm en die SAPD te verplig om die regmatige eienaars van grond met die beskerming van hul grond behulpsaam te wees,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.
“AfriForum werk nou reeds vir sowat drie weke lank saam met die spesifieke gemeenskap om die SAPD te probeer oorhaal om die wettige eienaars se regte te beskerm, maar ons is genoodsaak om ons tot die hof te wend omdat die SAPD weier om betredingsake te open en die wettige grondeienaars by te staan,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
27 Kommentare
Ag, wonderlike en God het dit hulle geseën. Baie bly om te hoor. Sterkte voortgaan met gronde. God altyd daar is. Groet. Ellen(Doof)
mooi gedoen afriforum, miskien sal jm nou besef dis sy geld wat betaal vir sy stupidgeit om “mense” aan te hits om grond te “gryp”
Ek was in die begin skepties oor Afriforum as ‘n beweging maar ek is vinnig besig om my opinie te verander! Well done!
Pragtig AfriForum!Hou so aan!!!!!gee Malema ondersteuners pak met Malema se eie geld!Hoe ironies is dit nie!
Baie dankie AffiForm, julle is puik.