AfriForum wen grondgryphofsaak met Malema se geld

Die De Wildt-grondgryp (Foto: Verskaf)

AfriForum het Maandag ’n oorwinning teen onwettige grondgrypers en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Pretoriase hooggeregshof behaal.

Die oorwinning volg ná ’n dringende aansoek gebring is om die SAPD te verplig om grondgrypers te verwyder wat grond onwettig in De Wildt in die Noordwes beset het. Die regskoste van dié aansoek word betaal uit fondse wat Julius Malema en die EFF aan AfriForum betaal het nadat hy en die party verskeie sake met koste teen AfriForum verloor het. Een van die sake het juis gehandel oor Malema wat mense in die publiek aanhits om grond te beset.

“Behalwe vir die ironie dat Malema nou inderwaarheid betaal om grondgrype hok te slaan, is hierdie weereens ’n oorwinning vir AfriForum in die stryd om eiendomsreg in Suid-Afrika te beskerm en die SAPD te verplig om die regmatige eienaars van grond met die beskerming van hul grond behulpsaam te wees,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

“AfriForum werk nou reeds vir sowat drie weke lank saam met die spesifieke gemeenskap om die SAPD te probeer oorhaal om die wettige eienaars se regte te beskerm, maar ons is genoodsaak om ons tot die hof te wend omdat die SAPD weier om betredingsake te open en die wettige grondeienaars by te staan,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ellen Kotzé ·

Ag, wonderlike en God het dit hulle geseën. Baie bly om te hoor. Sterkte voortgaan met gronde. God altyd daar is. Groet. Ellen(Doof)

Snip van Joburg ·

Ek dink Afriforum moet registreer as n politieke party dan sal jy darem n ander ding sien. Hulle is baie beter as di DA.

leser ·

mooi gedoen afriforum, miskien sal jm nou besef dis sy geld wat betaal vir sy stupidgeit om “mense” aan te hits om grond te “gryp”

Romeo ·

Ek was in die begin skepties oor Afriforum as ‘n beweging maar ek is vinnig besig om my opinie te verander! Well done!

Chris Ws ·

Pragtig AfriForum!Hou so aan!!!!!gee Malema ondersteuners pak met Malema se eie geld!Hoe ironies is dit nie!

willem Botha ·

Mense wat vandag glo die polisie sal jou beskerm en wet en orde handhaaf is baie naïef of plain stupid.

Blaarman ·

Wat is die vordering tov kriminele aanklagte teen Julius?

Ek dink ‘n oranje oorpak sal beter aan hom lyk ad ‘n rooie.

Gert ·

Lekker ou Juliussie, so help jy die Boere teen jou en jou gespuis!!!!! Kry vir jou, Julius Malema en dankie ook vir jou ondersteuning en finansiële hulp, elkeen, ongeag ras wat hierdie inisiatief van jou ondersteun, waardeer jou finansiële hulp.

Adam ·

Ek wonder of Afriforum of die betrokkke joernalis verwag ons moet glo dat die EFF geld in of ‘n aparte bankrekening of ‘n spaarvarkie gehou word om hofsake teen die EFF te befonds. Afriforum doen goeie werk en ek het groot respek en waardering daarvoor, maar waarom hierdie aanhoudende uittart wat bloot groter rassespanning in die hand werk. Daar is terloops ook ‘n paar here in Afriforum se senior bestuur wat hul “liefdesverhouding” met persfotograwe se kameras kan staak. Vat die EFF se geld en neuk hulle op, maar hou in vadersnaam net op om dit die heel tyd onder die politieke niksnutte se neuse te vryf.

FM ·

Ek is lid van Afriforum en al manier hoe ons hulle kan ondersteun is om lid te word. Dis tog tot ons almal se voordeel.Afriforum staan vir geregtigheid, justice.Malema en kie se broeke bewe as hulle agterkom Afriforum maak van enige saak n regskwessie.Komaan, sluit asb aan sodat ons kan saamstaan.

Riaan ·

Dit is goeie nuus,maar Ek kan nie help om tog maar te wonder nie. Hierdie sogenaamde polisie,wat nou verplig word om hulle werk te doen is meestal n klomp wat ANC en EFF t-shirts oor naweke aantrek. Met watse houding gaan hulle die werk doen,en is dit nie juis hulle wat nou die wettige grond eienaars sal target nie.
Oor n week of twee gebeur dieselfde op n ander plek dan gaan Afriforum weer hof toe. Hoe lank gaan die fondse hou. Die vyand weet dit,en Sal net aanhou. Ons wil die sogenaamde wonderlike grondwet en regstelsel gebruik om hulle te beveg. Mense!! Die Afrika mentaliteit ken net een manier en dit is geweld. Brace for impact!!

Elsabie ·

Ai hoe lekker kry ek nou tot in my klein toontjie!!!! Vat so !!

Willie ·

Kom ek julle se die SAPD is in alle opsigte pateties! Ek het maar geen respek vir die suurstof diewe nie… Korrup en lui tot op die been… dis eindelik n skande om hulle te sien! En dis asof hulle nie skaamte het nie!

Willie ·

Ek dink die keer moet die SAPD en Malema gedagvaar word, en daai geld moet gebruik word vir die volgende insident?

Marietjie oosthuizen ·

Baie jammer en pateties van die polisie se houding Wonder wie se opdrag was dit dat hulle niks moet doen nie en dat hulle eers gedwing word om dit te doen Eintlik moet die Anc ook betaal vir hofaansoek omdat hulle nalaat om ons regte te beskerm waarvoor ons belastingbetalers hulle tog betaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.