AfriForum wen Tuks-studenteraadsverkiesing

Een van Tuks se ikoniese geboue, "Die Skip" Foto: Mike Prins, Wikimedia

Een van Tuks se ikoniese geboue, “Die Skip” Foto: Mike Prins, Wikimedia

AfriForum Jeug het Woensdag 50% van die verkose setels van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) by die Universiteit van Pretoria (UP) se studenteraadsverkiesing opgeraap.

“AfriForum Jeug gaan in die volgende jaar vir Afrikaans ’n vastrapplek gee, verhoed dat koshuise in woonstelblokke verander en studente mobiliseer om op te staan teen rasgedrewe beleide,” het Monique du Randt, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê.

AfriForum Jeug het 6 uit die 12 setels verkry, insluitend twee setels op die uitvoerende bestuur van die studenteraad.

Die uitslag van die verkiesing is soos volg:
AfriForum Jeug: 50% (6 setels)
Onafhanklike kandidate 25,1% (3 setels)
Radical Youth Coalition 8.3% (1 setel)
South African Student Congress (SASCO) 8,3% (1 setel)
Democratic Alliance Student Organisation (DASO) 8.3% (1 setel)

“Die tempo waarteen AfriForum Jeug se steun onder jongmense groei, is ʼn bewys van die stem van protes wat onder studente posvat teen die ANC se rasse-ideologie wat deurgaans op universiteitskampusse deurgestoomroller word,” het Eduan Dupper, adjunkvoorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

AfriForum Jeug het die portefeuljes van penningmeester, adjunksekretaris, studiefinansiering, nagraadse en internasionale studente en transformasie verower.

Die studenteraad word verder saamgestel deur ʼn ekstra sewe ex officio lede uit ander strukture soos Tuks Jool, koshuise, studentesport, studentekultuur en akademiese organisasies.

Studente kon in totaal tussen een en 10 kruisies onder die sowat 60 kandidate verdeel. AfriForum Jeug het ‘n totaal van 12 537 ingeoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HEVW ·

Baie verheug. En baie geluk!! Nou die pad vorentoe. Pas konstand druk toe. Moet net nooit moed opgee nie. Dit is presies dit wat hul gedoen het om aan bewind te kom. Beding vir buitelandse steun. Kweek by die regte plekke verhoudinge. Daar sal sekerlik iemand wees wat na ons stem sal luister.

Ant ·

Mooi, en nou om julle strategie reg te kry om veranderinge in plek te sit. kwaliteit studente lewe en kampus sekuriteit en veiligheid. Man dit maak mens sommer weer opgewonde om ‘n verskil te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.