AfriForum wend hom tot buiteland oor grondkwessie

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Verskaf

Die burgerregte-organisasie AfriForum sal ʼn internasionale veldtog van stapel stuur om wêreldwye steun te werf vir sy pogings om die Suid-Afrikaanse regering te verhoed om met sy planne vir grondonteiening sonder vergoeding voort te gaan.

ʼn Afvaardiging van AfriForum sal volgende week na die VSA vertrek, gewapen met ʼn memorandum wat die organisasie meen die “verdraaiing van feite” en “rassistiese motief” van die regering se grondonteieningsplanne blootstel.

Dié memorandum is Dinsdag aan die media bekendgestel.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê in die memorandum word dit duidelik gestel dat daar drie kernprobleme met die Suid-Afrikaanse regering se standpunt oor grondhervorming is: “Die beleid is op ’n verdraaiing van Suid-Afrika se verlede geskoei; die bewering rakende ʼn groot vraag na grond – veral landbougrond – is vals; en soverre die regering reeds met betrekking tot eienaarskap van grond ingemeng het, was die gevolge katastrofies.”

Volgens Roets word ʼn retoriek voorgehou dat wit grondeienaars die grond wat hulle besit “gesteel” en deur onderdrukking bekom het, maar die aanname is doodgewoon nie waar nie. “[Die waarheid is dat] die meeste grond wat in wit besit is op ’n wettige wyse gekoop is,” het hy gesê.

“Daar was ook gevalle in die 1800’s waar onbesette grond deur Voortrekkers in besit geneem is. Verder is dit inderdaad so dat daar konflik tussen wit en swart stamme gedurende die Groot Trek was. Wat egter onder die mat gevee word, is dat konflik vir die doeleindes om grondgebiede te verower in daardie stadium algemene praktyk onder swart stamme was.”

Roets sê verder die bewering dat daar ʼn groot vraag na landbougrond is, is nie waar nie. Volgens AfriForum was 57,8% van grondeise tot op hede vir stedelike grond en nie landbougrond nie. Die organisasie het ook beklemtoon dat dit reeds bekend is dat 93% van diegene wat grondeise ingestel het, aangedui het dat hulle finansiële vergoeding bó grondrestitusie verkies.

Burgert Gildenhuys, uitvoerende direkteur van MapAble. Foto: Verskaf

“Die Instituut vir Rasseverhoudings (IRR) het voorts bevind dat slegs 1% van mense in Suid-Afrika glo grondhervorming sal hul lewe verbeter,” het Roets gesê.

“Wat die derde probleem betref, het die regering self toegegee dat meer as 90% van plase wat die staat aan swart eienaars oorgedra het, misluk het. Hoewel die Suid-Afrikaanse regering reeds meer as R45 miljard aan grondhervorming bestee het, is slegs 6,3% van grond wat deur die staat aangekoop is weer na privaat besit omgeskakel.”

ʼn Verslag getiteld Land in South Africa – A Geospatial Perspective wat deur Burgert Gildenhuys, uitvoerende direkteur van MapAble, saamgestel en deur AfriForum uitgereik is, dui daarop dat 24,03% van grond in Suid-Afrika in staatsbesit is. Dié grond sluit in grond wat aan die staat behoort, voormalige tuislande en gedeeltes van voormalige tuislande, asook gebiede onder natuurbewaring.

Die verslag meld verder dat data oor grondbesit in Suid-Afrika gebrekkig is en dringend aangepas moet word ten einde ingeligte besluite te neem en dat die grondvraagstuk in Suid-Afrika aan ras gekoppel word. “Met die grondouditverslag van 2017 is gepoog om grond aan ras te koppel. Dié poging is egter nie akkuraat nie omdat data wat deur die departement van binnelandse sake verskaf word nie meer burgers van die land se ras aantoon nie.”

Ernst het gesê die besoek aan die VSA is AfriForum se eerste been van sy internasionale veldtog. Die organisasie beplan om met regeringsverteenwoordigers, navorsingsinstellings, die media en potensiële beleggers in die buiteland te vergader en sodoende die internasionale samelewing te mobiliseer om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om nie met sy onteieningsbeleid voort te gaan nie.

Die Suid-Afrikaanse regering se voorneme om voort te gaan met grondonteiening sonder vergoeding het reeds vanjaar opslae in die buiteland gemaak, met talle optogte wat in die buiteland gehou is om bewusmaking te skep rakende die lot van grondeienaars en veral boere in Suid-Afrika.

Die Suid-Afrikaanse regering en die Australiese regering het verlede maand diplomatieke koppe gestamp nadat Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, gesê het Australië wil die emigrasieproses vir wit Suid-Afrikaanse boere versnel omdat hulle in hul eie land “vervolg” word.

Talle internasionale verslaggewers het ook in die afgelope paar maande Suid-Afrika besoek om ondersoek in te stel na die vlaag plaasaanvalle in die land en die moontlike redes daaragter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

John ·

…. lekker-geldmors-fontein…. go for it… ons Boere skenk en skenk vir ‘n paar se lekker wintervakansie oorsee. Ja my broers, vat sommer die ou ooms met die rumatiek wat so gesuffer her by die onderhandelingstafel saam… vir ‘n geldjie vir Afrikaanse skole in die Cape of Bad Hope…

Noeks ·

En jy John??? Wat doen jy om te help?? Sit agteroor en wag vir almal anders om darem n poging aan te wend om te help.

Carel ·

jy het maar lekker met die verkeerde voet uit die bed opgestaan. nou wat wil jy he moet hulle doen? niks?

Kannaland ·

Hierdie is beslis goeie aanwending van geld, baie dankie AfriForum.

Albaster ·

Nee John, ons redding gaan die buiteland wees. Hierdie is n uitstekende inisiatief en ek hoop vele lande gaan nog besoek word.

Gemaskerde Sopbeen ·

Soooooo…..nou hardloop ons na dieselfde lande toe wat ons in 1990 “gedwing en gedreig” het om ‘n meerderheids-regering in plek te stel….vir beskerming teen die manewales van dieselfde meerderheids-regering wat hulle in plek help stel het? Kan nie wag vir hierdie reaksie nie…..!!??

Engel ·

Waarnatoe stel jy voor hol ons? Rusland? Sirie? Watter lande dink jy gaan ons help om te probeer om ons eiendom te behou deur sanksies op SA toe te pas of te disinvesteer . . TOE JULLE SLIM MANNE . .vertel ons.

Wim Kotze ·

Engel, Rusland is ‘n goeie voorstel. Gaan kyk bietjie wat Vladimir Zhirinovsky destyds oor boere in Suid Afrika te sê gehad het.

Andre ·

Net weer `n mors van tyd, hulle kry nooit iets reg nie.
Net media aandag weer vir hulle.

Marius ·

Ons kan maar nie saam staan nie.. Dalk is dit dan tyd dat ons volkie gaan

Noeks ·

Ja Andre en John wat doen julle om te help. Immers is daar mense wat n fantastiese poging aanwend om te help. Julle is draadsitters en hoort by die ANC of EFF. Gooi tou op voordat enige iets nog gebeur het.

Hanna ·

GAAN JULLE NOU EERS HULP VRA??? IS DIT NIE BIETJIE BAIE LAAT NIE???
Wat gaan die ander lande doen, ‘n nuwe Regeering in ons land vestig? Hul soldate wat reeds in Afganistan, Iraq, Nigeria en Niger is ontrek en hierheen stuur? EK GLO NIE.
TOG BID EK DAAR SAL ‘n POSITIEWE UITKOMS WEES WANT ONS VOLK EN ONS LAND HET DIT NODIG.
Die mense van ons land MOET AAN HOU BID. God slaap nie, Hy sal Sy hand oor ons hou en mense bemagtig om die regte besluite te kan neem.

White Rhino ·

Indien die met beter planne as Afriforum voor die dag kan kom – verduidelik asb julle planne.
Al wat julle neulkouse doen is om te kla en te kla… en verder doen julle niks nie. Wat is julle neulkouse se planne ? Waarmee kan julle help? Vertel asb vir ons? Julle kla oor wat in SA aangaan en dit is al – verder doen julle niks nie en indien iemand iets wil doen dan kla julle daaroor ook.
Mooi so Afri!
Klop ook sommer by Trump aan.

Henry ·

Goed gesê White Rhino!!!
Gelukkig is daar Afrikaners soos Ernst Roets, Flip Buys ens., asook organisasies soos Afriforum wat hulle nie aan die klaagliedere van die Wenende Teemkoor steur nie.
Hopelik sal hulle reise mettertyd ook die ander invloedryke state van ons planeet insluit.

kobus ·

en dan kry jy daai simple artikel van Max du preez vandag in news24… leef hy in n droom wereld????????

DG ·

Baie sterkte, ek hoop en bid dit werk uit. As dinge skeef loop, dan het Afriforum darem alles vreedsaam probeer om dit te stop. Dit kan uitloop op bloedvergieting as die hebsugtige massas hulle sin kry.
Ek is ‘n Afriforum lid, so ek ondersteun dit 1000%

JC ·

Baie dankie Afriforum, ten minste probeer julle hard.

Gemaskerde Sopbeen se kommentaar hierbo het my ge”wow”.

Ja-nee kyk; die ironie daarvan dat blankes nou onderdruk word deur ‘n diktatuur van die onverdraagsame en rassistiese meerderheid; nadat die einste blankes gedwing was om daardie meerderheid se seggenskap oor hulle kultuursake- en goedere te aanvaar (omdat hulle van dieselfde gedrag beskuldig was); met ongelooflik mooi-klinkende praatjies van minderheidsbeskerming en beskerming van BASIESE MENSEREGTE (lees: eiendomsreg); net om uit te vind daardie BESKERMING beteken net MOOI NIKS; KAN SEKERLIK NIEMAND ONTGAAN NIE….

WAAR IS AL DIE “GROOTMANNE” NOU SOOS Roelf Meyer, L. Wessels, en Kie?

Rynhardt ·

Afriforum,julle en talle leef permanent in ontkenning oor wat aangaan in SA!Die Anc en SAKP leef die Vryheidsmanifes uit wat uitspel dat alles in die hande moet wees van swart mense!Die hoofdoel waarna gestreef word is die Azanie-staat!SAKP en Anc gaan nie afwyk want hul hoofdoel nie,al het die Anc-regering reeds 4000plase in sy besit.Die wereld gaan blankes nie help nie.Afriforum daar is nie gas en olie op die spyskaart vir wereld nie.Afriforum as jul olie en gas op die spyskaart kan waarborg,dan sal die wereld belangstel.Afriforum,ek stel voor julle en Gerrie Nel fokus op jul Ju-Ju(Malema)-saak,want Malema gaan Nel harde bene laat kou!!Die harde realiteit is,Malema gaan nie in die tronk beland nie,Afriforum!

Koos ·

Malema vir Nel laat harde bene kou? Nie as hy die regter aan sy kant wil kry nie. Soos Nelson destyds sal hy seker weier om vrae te antwoord en eerder ‘n toespraak maak. Hierdie saak moet ons eenvoudig laat bereg om regsekerheid daaroor te kry.

Hendrik ·

Dit sal nogal interresant wees as ons (lede van die Solidariteits Beweging), ander belange groepe soos Orania, Kleinfontein, TLUSA en MabAble kan saamwerk om konsepplanne te maak waar dit moontlik maak sodat Afrikaners meer gekonsentreer kan wees soos baie meningsskrywers voorgestel het. Dit kan saamval met die studies van die Rasse Instituut se senarios.

Wolf ·

Daar is baie onwaarhede wat deur die huidige regime in samewerking van die eff comrades die land ingestuur word.
Hulle lag vir ons die handjie vol boere (wittes). Die K woord word as ongewens beskou. hoekom word die woord BOER (blankes in die algemeen), ook nie as n skel woord gesien nie. En, Ja GEMASKERDE Sop Been. Die reaksie van oorsee sal nogal baie pret oplewer.- Sterkte-Wittes Nog n ding wat ek oor wonder is wanneeer word iets (Tydsgewys) Histories? Gister, langer as nweek,maand, jaar, 20 jaar? Alles is altyd historiese probleme.

Jack Klok ·

Aan almal wat so negatief teenoor Afriforum se pogings is: Kom asseblief met beter voorstelle.

Ek verwag niks van buitelandse regerings nie maar wel baie van die manne wat besluite neem oor waar hulle groot somme geld namens hulle kliente moet belê. Beleggers is gewoonlik baie meer nugter as politici (om dit sagkens te stel) en geld praat harder.

Dink nou net as Ramaphosa se beleggingswerwers (Trevor Manual, Jacko Maree en nog twee ander) telkens deur voornemende beleggersmet ongemaklike vrae gepeper word soos:

– hoe gaan my belegging beveiligword teen EWC en

– waarom moet ek in julle land belê as ek mense wat niks tot my onderneming kn/wil bydra nie per wetgewing aandele in my onderneming gratis moet ontvang.

-Verder kan hulle byvoorbeeld vra waarom wil julle my dwing om swartes in diens te neem maar my verbied om hulle af te dank en

– waarom is daar so baie stakings en onluste in julle land?

Ons het nie altyd direkte inmenging nodig nie want dit bring sy eie probleme saam, maar Seffrica is baie afhanklik van buitelandse beleggings en buitelandse handel. Daarsonder sal hierdie regering nie kan voortgaan om hulle kiesers om te koop met welsyntoelaes en minimum lone nie.

Ian ·

Genade genugtig mense, gee hul ‘n kans. Dankie Afriforum, voorspoed.

Dink Self ·

Stap 1 – Maroela berigewing oor grond en plaasmoorde in Engels.
Stap 2 – Verskaf die Treurgrond boek en fliek verniet op Amazon en Youtube.

Judge Dredd ·

Goed so, hopelik kan die buiteland druk begin uitoefen.

adriana ·

Die Buiteland het begin wakkerskrik want baie van hulle sit nou met dieselfde probleem omdat die immigrante hulle lande wil oorneem – daarom sien hulle dit nou in uit ‘n ander oogpunt . Hoop meer word in die buiteland wakker.
Die verraaiers sal natuurlik nou stil wees – want hulle is ouens sonder ‘n land/ respek/integriteit/- hulle weet hulle hoort nerens nie – en sal ook nooit nie.
Dankie Afri!

Andrea ·

Afriforum, onthou asb dat dit nie NET landbougrond is wat onteien sal word nie, dit is alle eiendom. My huis waarin ek in die stad woon gaan dus ook onteien word en ek sal moet intrek in ‘n witplakkerskamp. Hierdie scenario behoort ook bespreek of genoem te word.

Reguit ·

So ver (met hulle gekruipery) kon die wittes van SA dit reg kry om ‘n burgeroorlog uit te stel, maar ons sal sien of enige witmens (of Afriforum) ‘n burgeroorlog in SA 100% gaan afweer. Ons sal wel sien of die waarheid (die uiteinde van die storie) hard of sag is.

humor ·

Iemand gaan baie bly wees as die internasionalewereld hierdie onteieningsplanne in die wiele laat ry en dit is die ene CR, want dan is dit mos nie sy skuld nie, en kom hy polities vry.

Daniel Coetzee ·

Om sinlose, negatiewe opmerkings te maak gaan ons nerens bring nie. Sedert die Groot Trek was daar soveel gedwars trek dat ons seker nou moet fiks kom om ook saam te trek!
Kry die manne van die regering asook die opposisie saam met Afriforum op die TV verhoog en debatteer die bevindinge waarmee nou op toer gegaan word. Wil graag hoor waar ons volgens hulle dwaal en terselfdertyd hoor wat hul maak met al die persentasies wat so
vir hulself spreek. Indien hul weier, is dit in sigself’n antwoord vir die buitewereld wat hou van openbare debatte waar leiers ‘n kans kry om hul standpunt te stel en nie net in die straat loop en raas nie.

Kannaland ·

Hierdie is beslis goeie aanwending van geld, baie dankie AfriForum.

Kyk Vooruit ·

Reguit – hier gaan ‘n Burgeroorlog kom. Dit is ‘n gegewe. En nie net hier nie maar in Europa ook.
Siener het dit tog duidelik in sy boeke gemeld. Die wat dit nie glo nie of nie sy boeke gelees het nie – respekteer ek – want nie almal is oop daarvoor nie .
Ek is egter bly om te weet wat kom en dit sal nie vir my ‘n verrassing wees nie.
S A gaan oorleef met God se Hand en ons kniee gebuig.

LJ ·

Dit nou dieselfde oorlog wat in ’90, ’91, ’92, ’94, ’95, ’96, ’98, ’00 , ’02, ’04, ’06, ’07, ’10, ’12, ’13, ’15 sou gebeur het. Siener is net op die “history repeats itself” deuntjie. Kon en het niks ge”sien” nie.

rollie ·

Siener se “sienings” word aangepas soos die tyd aangaan. Laas toe ek ge-check het, moes daar iets verskrikliks in 1917 in SA gebeur het. Was klippies al op die mark in Siener se tyd? LOL

Hard ·

Reguit – dit gaan hard wees.
Baie hard- en dit waarom ons moet saamstaan.
Te veel het te groot ego’s en dit gaan ons nie help nie.
Wees eerder nederig en werk saam.

V ·

Dankie Afriforum. Dis nooit te laat om iets te doen nie… Dit word opreg wardeer.

Marthinus Willemse ·

Die Amerikaanse imperium se mag is besig om te krimp; hulle het baie probleme van hul eie. Een daarvan, is dat die wêreld meerpolig raak, met China en Rusland as die opkmende magte. Daarom moet ons nie net Amerika toe gaan nie, maar ook na China, Rusland en Europese lande soos Nederland, België, Swede, Duitsland. (Onthou: ter wille van geld maak, het plaaslike Chinese hulself swart laat verklaar. As ons kan bewys dat dit oorwegend die wit boere is wat kos produseer, sal dit in ons guns tel.)

Johanna Botha ·

Wondwerlik ! ! …ons stuur elke berig oorsee na familie en vriende …ons is al so afgestomp in SA met alles dat oorsee se mense nog agslaan en die probleme sien vir wat dit is !

rollie ·

Ek se weer, debateer jou saak TUIS, in SA. Die res van die wereld skuld ons niks nie en ons het ook niks om aan hulle te bied nie. Die algemene gevoel in veral Europa is in elk geval dat ons nou die wrange vrugte pluk van apartheid. Hulle het min simpatie met die witman hier wat sy landgenote vir jare verdruk het. Ek het ‘n vriendin in Nederland wat eers in SA gewoon het jare terug. Sy se die deursnee Nederlander het min simpatie met die witman se lot in SA, hulle dink dis ons verdiende loon. Daar het jy dit.

Pietman ·

Draai apartheid om en kyk of jy die blankes sal vertrap. Aparte skole, hospitale, universiteite, strande ens bly apart en het geen ekonomiese impak. Vrugbare tuisland vir blankes met eie universiteite en skole. Ons sal dankie sê. Werksreservering vir slegs sekere ambagte in die mynbedryf. Klink na baie minder vertrapping as die huidige SEB wat alle werke, eienaarskap,aankope insluit.

Eish ·

Uitstekende inisiatief.
Binnelands is gepraat, gehof, geskop en gebyt. Dié pad is oor sy end beloop.
Ek ondersteun die buitelandse inisiatief ten volle, veral die Weste.
Hopelik loop dit uit op iets konstruktiefs. Selfs al maak dit net emigrasie makliker, is dit n pluspunt.
Doet zoo voort.

DelaRey ·

Doe so voort Afriforum!

Die liberale pendulum wat “multikulturalisme” predik is besig om baie vining tot stilstand te kom. Brexit, Trump se verkiesing, die AFD as amptelike opposisie in Duitsland en nasionalisme wat orals in Europa opvlam en groei beteken dat konserwatiewe regerings weer beheer kan kry oor westerse lande. Dis net ‘n kwessie van tyd.

Dan sal daar beslis hulp en ondersteuning wees van die buiteland.

Die geskiedenis is nie verby nie Afrikaners! Bid en glo. Sterk staan en geduldig wag. Die wiel draai beslis!

Johannes van Staden ·

Presies hoe doe anc sanksies bewerk het teen Suid Afrika jare terug. Buiteland moet meet weer en sanksies toepas. Dankie AF kry die nuus uit en verder. Het mense van Tasmaniee raakgeloop en hulle weet wat hier gebeur en steun Aus se uitsprake, so iets werk !

Johan ·

Die God waarin ek glo is die Skepper God van Abraham,Isak en Jakob. Soos ek die Bybel lees straf God nasies soos dit vir Hom goed is. Ons as land Suid Afrika verdien straf. Hoop daar is mense oor wat dit soos “n man” kan vat. Ek respekteer wat oom Angus doen in Bloem maar dinge soos sodomie,afdrywing van die vrug, aanbidding van voorvadergeeste en algehele wetteloosheid beskryf ons land. Soos ek die Bybel verstaan word mense volgens hul leiers gestraf. Ek weet nie of daar salf te smeer is in ons land nie. Ons verdien pakslse.

rollie ·

Ja ons verdien ook seker slae omdat ons rassistiese leiers van apartheid mense van kleur se menseregte vertrap het. Dit was nie juis bybels nie, of hoe?

Hendrik ·

Ek ondersteun dat Afriforum se grondkwessie na die buiteland toe neem. Daar moet ook gevra word vir buitelandse fondse om huidige en nuwe selfbeskikkinggebiede te ontwikkel waar die Afrikaners kan konsentreer soos menige meningsvormers propageer om Maroela Media.

rollie ·

En jy dink ryk wittes gaan hulle paleise, besighede, ens. net so vaarwel roep om in ‘n ander gebied te gaan vestig en oor te begin? Nie eers die middelklas sal sy “cosy” omstandighede sommer verruil nie. Orania is nou ‘n goeie voorbeeld. Daar het die Afrikaner nou die geleentheid om te vestig en ‘n nuwe omwenteling te weeg te bring maar daar woon maar dieselfde ou groepie van ietwat oor die 1000 al vir jare.

Francois ·

Ek wonder net…
Indien die etniese rassebevolking in SA se leiers (vir argumentsonthalwe kom ons se blank en nie-blank) n noodroep vir ras-saamstaan uiter met n burgeroorlog wat dreigend voor die stoep le , ek wonder net regtig….hoeveel % van die blanke Suid-Afrikaner in SA sal die roep antwoord?

Peet J ·

Om die regering te probeer verhoed om grondonteiening sonder vergoeding te implimenteer en staat te maak op die buiteland se hulp , weet ons dat dit ‘n onbegonne versoek gaan wees. L. W. Die ANC gaan die Grondwet wysig sodat alle gronde en eiendomme en besighede e.d.m. in die toekoms aan die staat behoort en ek vra u nou wie in S.A. gaan die wysiging suksesvol teenstaan. Die staat, kommunisties ,sal aan die boere voorskryf wat gesaai en gemaai moet word en sou jy ingebreke bly om te gehoorsaam sal jy met iemand anders vervang word. Geen privaat eiendomme sal bestaansreg hê nie. Die regering gaan m.a.w. net gronde ens. konfiskeer.

Lizl ·

Net soos al die facebook warriors en almal wat baie te sè het, het Afriforum ook nie juis suksesverhale nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.