AfriForum werf steun in VSA teen onteiening, plaasmoorde

Ernst Roets (Foto verskaf)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope week in Washington, D.C. groot vordering gemaak met sy inisiatief om buitelandse steun te werf vir sy veldtogte met betrekking tot die beskerming van eiendomsreg en die prioritisering van ’n aksieplan teen plaasmoorde.

As deel van hierdie skakeltoer het AfriForum ’n vergadering met ’n afvaardiging van die Amerikaanse regering gehad, asook met sewe verteenwoordigers in die Amerikaanse senaat en huis van verteenwoordigers. AfriForum is ook die geleentheid gebied om ’n voorlegging oor die situasie in Suid-Afrika te maak tydens ’n vergadering van die invloedryke drukgroep Americans for Tax Reform. Volgens Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is dié voorlegging baie goed ontvang.

Roets het voorts gesê dat AfriForum met navorsingsinstellings, politici en media-instellings van reg oor die spektrum praat. Verskeie media-instellings in die VSA – waaronder TV-nuusprogramme, aanlyn nuusprogramme en radiostasies – het reeds onderhoude met AfriForum gevoer.

“Ons indruk is dat kommer reeds uitgespreek is oor die situasie wat in Suid-Afrika bestaan, asook oor die potensiële gevolge wat dit vir die VSA kan inhou. Ons doel is om die Amerikaanse regering, politici en invloedryke stemme in die media te kry om in die openbaar standpunt in te neem oor die situasie in Suid-Afrika en om diplomatieke druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas om eiendomsreg te beskerm en konsekwent teen geweldmisdaad op te tree. Die toer was tot op hede ’n reusesukses.”

Mariandra Heunis, ’n slagoffer wie se man Johann in Oktober 2016 tydens ’n plaasaanval vermoor is, vorm deel van AfriForum se afvaardiging. Sy deel nie net haar verhaal nie, maar bied ook perspektief en insig ten opsigte van hoe slagoffers deur plaasaanvalle geraak word.

“Dit is veral nodig, aangesien pres. Ramaphosa onlangs in die VSA gesê het dat daar nie so iets soos plaasmoorde in Suid-Afrika is nie. Die president se ontkenning van die krisis is nie net ’n verleentheid nie, maar ook ’n skending van die waardigheid van duisende slagoffers wat self op plase aangeval is of wat geliefdes op hierdie manier aan die dood moes afstaan.”

Die skakeltoer word in die komende week in New York voortgesit, waar AfriForum veral met media-instellings sal skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Zenithia ·

Wens so afriforum kon n politieke party wees. Sou vir hul stem!!! Ons is lede en BAIE DANKIE wat jul vir Suid Afrika doen!!!

Stephen ·

Opreg dank.. Mag julle bo verwagting geseën wees. Met baie groot waardering

Andreas ·

Julle is al wat die impak het dat Suid-Afrika op die regte pad bly, die VF+ sit in die parlement met te min, alhoewel hul nodig is om ons kant te stel.

Marius ·

Baie dankie dat julle self ons saak in die VSA gaan bekendstel. Ernst jy is ‘n uitstekende spreker… daar is nóg lande wat julle moet aandoen voor die 8 ste Mei.

Logika ·

Uitstekende werk, Ernst.

Ek glo dit is uiters belangrik dat julle asb ook met Ron Paul en Ben Shapiro moet ontmoet. Laasgenoemde was tot onlangs nog redelik swak ingelig oor die situasie hier maar ek glo hy is uiters invloedryk.

Dit sal natuurlik ook goed wees as julle met ‘n sentrum-links invloedrykes kan ontmoet en bewustheid van ons saak kan skep oor ‘n breë politieke spektrum, maar ek besef dit is dalk op die stadium nie moontlik nie.

humor ·

Ons ook hier in Namibie het groot waardering. Selfs as jy n ambeeld genoeg slaan dan kraak hy ook.

Andreas ·

Hy kan skaam wees dat sy naam Cyril is, en dat almal van hom weet.

Ekke ·

Dankie.en vra al die
verslag gewers Courantee oor see .om al die Moorde en Plaas moorde van S A te Publiseer .in die oor see se Courante Daagliks.dan kan hul sien wat jul praat is die waarheid

Waarheid ·

Dankie dat die waarheid uitkom.
Baie baie dankie vir wat julle doen.
Ek hoop Trump word ook met die waarheid ingelig.

Boer ·

Dankie aan Afriforun! As jy hier lees en nog nie n bydrae maak nie, word n lid. Moedig ook vriende en familie aan. Hierdie is enigste organisasie wat uit sy pad gaan om die waarheid te laat uit kom ten voordeel van ons volk

Ben ·

Afriforum ons ondersteun, baie dankbaar. Theresa May en CR is ‘n verleentheid vir die mensdom. Daar is geen eer en respek vir leuenaars nie, se dan liewer “Ek het nie geweet nie”.

Hans Richardt ·

Dankie Ernst dat jy jouself weer oopstel vir kritiek en selfs viktimisasie, inbelang van SA Afrikaner gemeenskap.

DR ·

Ons het 10 leiers soos jy nodig Ernst, eendag dalk eendag lei jy SA.

Annie ·

Baie dankie dat julle vir ons menseregte baklei, ons wardeer julle opreg.

Wildeboer ·

DR, dit is hoogs onwaarskynlik dat Roets eendag SA sal lei, glo my.

Annie Webb ·

Dank aan AfriForum en die Goeie Vader wat die gety in die VSA laat draai het van Obama en sy linkse radikalisme na Trump en konservatisme, anders was daar geen ore wat wou hoor nie. Mag Hy ook gee dat AfriForum se woorde ingang vind.

Wonder ook ·

Hoeveel kere wil hulle nog in die buiteland gaan tjank?

KaterinaKat ·

@WonderOok: Nou maar spring Jy dan asb tog in, en doen iets om ons wit mense te probeer red. As jy nie kan nie bly eerder stil.

Crispin ·

Katarina dink jy usa gaan nou weer untag SA toe stuur om die witmens te kom red? Dink jy hulle weet nie wat aangaan nie? So spring op en word wakker.

@Wonderook ·

Dis DIE mense se problem. Jy sit op jou bas en kritiseer alles wat enige iemand doen om te probeer help. Hoe ver dink jy gaan jy in die lewe kom met jou stink houding?

Neusie in die lug???

AJ ·

Ja Wonder Ook en ek wonder ook of jy gaan tjank as hulle jou eiendom vat of as jy n statistiek word in die land!

Kanna ·

Val hulle nie alreeds ons geld af nie? Met die petrol prys, lisensie gelde, elektriseteit, om hulle subsidies te befonds.

Gerrit ·

Afriforum al wat iets reg doen , ek sal meer werwing doen om julle meer mag te gee , dankie .

Therese van Schalkwyk ·

Skitterende werk, AfriForum!
Hierdie bewusmakingsprosesse in die buiteland is die één ding wat Zimbabwe en Suid-Afrika se verloop/lot verskillend kan maak.

Dit sou natuurlik ook help as die welgestelde wynboere van die Wes-Kaap die president se ontkenning van die plaasmoord-kwessie van aangesig tot aangesig met hom kon bespreek, en daardeur ‘n tikkie empatie met die duisende slagoffers in hul geledere betoon. Klaarblyklik ‘n stap te ver vir die betrokkenes.

Fonnie ·

Hoera vir die reuk van geloof in ons eie vermoee deur die Aller Hoogste. Ons sal nie verlaat word nie. Dankie Afriforum en vir jou Ernst

Elna ·

Dankie Afriforum dat julle darem ten minste probeer. Baie van ons waardeer dit en hoop dat iets sal gebeur om Suid Afrika n beter plek te maak om in te woon.

Hanna Hoekom ·

Terwyl Afriforum hulle so goed van hul taak kwyt, het ons as Suid-Afrikaners op voetsool vlak ook n verantwoordelikheid om hierdie aangeleentheid op sosiale media te versprei. Ek werk in die buiteland saam met 30+ verskillende nasionaliteite en glo my, almal weet van ons situasie in Suid-Afrika. Praat, versprei op Facebook… Doen wat julle moet doen! Moet net nie stilbly nie.

Heksie ·

Dankie klink na so klein woordjie vir dit wat julle vir ons doen. Maar dankie in elke geval!

GL ·

DANKIE VIR HULLE. Vf+, Afriforum en Solidariteid is AL wat ons het so kom ons ondersteun hulle ten volle.

fred ·

doe voort…gaan ook EU toe…en sluit die BEE diskriminasie in

Dries Moolman ·

Ek hoop kommintator Neilia sien nou dis alles behalwe ‘n luukse joyride waarop Afriforum hier weg is Amerika toe, en dat hulle nie naastenby soveel mense sou kon bereik met net ‘n Skype-call nie.

Crispin ·

Katarina dink jy usa gaan nou weer untag SA toe stuur om die witmens te kom red? Dink jy hulle weet nie wat aangaan nie? So spring op en word wakker.

Co ·

Baie Dankie Ernst & jou span! Op pad huistoe maak sommer ‘n draai in Australie, NZ en die hele Europa ook! Die waarheid moet uit!

riaan ·

Interesant dat die anti Afriforum cheerleaders (Waarheid, TN en Jerry) so stil is?

Trojaanse Donkie ·

Baie dankie Afriforum mag julle suksesvol wees!
Bring dan sommer die VSA op datum met die president se bedekte “belofte en wens as hy dit kan regkry, wit kinders aan bome vas te maak ” hy beskou dit as een van sy beste grappies v/d jaar en dit nogal teen boere wat hy wil beindruk.

Weskusklong ·

Afrikaners kan maar skop, kla en skreeu. Die skrif is aan die muur. Ons het nie vriende nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.