AfriForum wil hof toe om onteiening sonder vergoeding te verhoed

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die burgerregte-organisasie AfriForum het aan sy regspan opdrag gegee om voor te berei vir regsoptrede om die proses te stuit om artikel 25 van die Grondwet (die eiendomsregklousule) te verander om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak.

Dit volg ná dit aan die lig gekom het dat die parlementêre komitee wat hiermee gemoeid is, bereid is om ’n verskeidenheid van prosedurele gebreke oor die hoof te sien om tot die gevolgtrekking te kom dat die Grondwet wel gewysig moet word.

AfriForum het vroeër vanjaar sowel ’n memorandum as ’n petisie – wat standpunt teen onteiening sonder vergoeding ingeneem het en deur meer as 250 000 van AfriForum se lede en ondersteuners onderteken is – by die parlement ingedien. Die parlementêre komitee het dit egter duidelik gemaak dat hulle hierdie petisie en memorandum verwerp, asook die feit dat 65% van die skriftelike betoë oor die algemeen teen onteiening sonder vergoeding gekant is.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat dit baie duidelik is dat die komitee ’n politieke doelwit het en bereid is om ooglopende prosedurele gebreke in die proses te ignoreer om sy mandaat uit te voer.

AfriForum het in hierdie verband met ’n senior advokaat gekonsulteer, wat reeds besig is om op regsaksie voor te berei.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het intussen gesê die parlement sal die aansoek teenstaan.

ʼn Grondwetlike hersieningskomitee het op 15 November aanbeveel dat die betrokke artikel gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Dit het gevolg ná verskeie openbare verhore tussen 26 Junie en 4 Augustus. “Duisende Suid-Afrikaners het die verhore bygewoon en by die nasionale gesprek oor grond aangesluit,” het Mothapo in ʼn verklaring gesê. “Die komitee het ook werkswinkels en gesprekke by die parlement gehou.”

Mothapo het gesê die komitee sal sy verslag aan die parlement voorhou en LP’s sal verder hieroor debatteer.

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het gesê hy ondersteun die parlement se besluit om AfriForum se aansoek teen te staan. Hy het gesê dié burgerregteorganisasie is daarop toegespits om die parlement te ontspoor in hul strewe om grond aan die mense terug te gee. “Die ANC ondersteun ten volle die parlement se besluit om senior regshulp in te roep om die interdik teen te staan. Ons is seker dat hierdie hofaansoek nie suksesvol sal wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andrea ·

Wonderlik! Dankie Afriforum. En hou die buiteland op hoogte stap vir stap. SA se handelsvennote stel belang, al berig die SA pers nooit daaroor nie.

Cornelia ·

En so sal Moloto die lotto misloop. Dit is net ‘n klinkklare bevestiging dat die anc niks anders in die plek van aparte ontwikkeling kon voorstel nie behalwe dieselfde koers wat agter die skuilnaam “demokrasie” in skerwe lê. Dit bly maar ‘n of óns of julle konsep. The “majority” wants it all. May that be the best lesson learned by my people who thaught that democracy is a destiny of honour among different people…their different values in general and their political goals. Dankie Afriforum dat julle stry. Die vrug van julle geloofsmoed sál tot oorwinning lei.

Johannes ·

Hou op hof toe hardloop en begin verdomp aksie planne op die tafel kry hoe ons
Boerevolk onsself gaan bewapen, mobiliseer en aktiewe weerstand bied teen grond diefstal! Roep ‘n nood beraad af waar ons volk die pad vorentoe kan beplan!

Karolis ·

Te veel verraaiers onder ons volksgenote, Boermense staan nie saam nie.

Piet ·

Johannes, los Afriforum dat hulle doen wat hulle goed doen. Hulle is ‘n burgerregte organisasie en veg ons saak in die howe. Ek stem saam dat ander aksies nodig is, mens moet egter baie versigtig wees om aan die verkeerde kant van die wet te beweeg. Jy moet altyd jou saak in n internasionale strafhof kan verdedig. As jy dit nie kan doen nie, gaan wat ook al jy hier vermag, maar op wankelrige bene staan.

Francois vRvO ·

@ Johannes , stem saam met jou , ek self is ook ongemaklik oor hoe my ledegeld gespandeer word , sal graag eerder wil sien dat iets op grondvlak van die been af gebring word om selfstandige ontwikkeling te bevorder.
Die bloedbad is net vertraag met 25 jaar , ons het ons siel verkoop vir hierdie “vrede”.
Of dit of ons moet bereid wees om slawe op ons eie grond te word.

Helien ·

Ek stem saam Johannes. As die klomp n oorlog soek, moet ons dit vir hulle gee. Die wit man het die land gebou en vandag is daar niks oor nie. Moeg vir die nonsens wat in die land aan gaan.

Die waarheid ·

@johannes.jy is doodreg . Die hofsake help niemand niks. Ek syem maak gereed vir erger dinge wat kom.

Ja Nee ·

Ongelukkig n onomkeerbare pad. Meerderheid wil dit so he, dis net bloed wat vloei wat sal dit keer

Dirk ·

Dit lyk vir my dat alles deesdae draai om opponerende politieke doelwitte. Vandag val AfriForum aan en die ANC moet verdedig en more dan val die ANC weer aan en AfriForum moet verdedig. Gelukkig vind dit alles plaas in die howe en nie soos Johannes homself dit voorstel nie, want wrintiewaar sal AfriForum nie so goed vaar met konflik of in n gewapende stryd as wat hulle doen in die howe. Gatvol mense soos Johannes kan maar sy denke begin aanpas van “konflik” na “vlug”. Dit is gewoonlik die uiteinde vir mense wat n besigheidskonsortium van slimjanne “selfaangestelde leiers” slaafs navolg. Hoe nader die popo na die fan toe beweeg, hoe verder begin hulle wegbeweeg van die fan af en mense soos Johannes, jy is die fan, jy is op jou eie, jy word aan jou eie genade oorgelaat, want jy het nie n paspoort nie!

Francois vRvO ·

@Dirk , ek is bly vir jou part as jou paspoort , visums en finansies in orde is om te kan vlug , maar moet asseblief nie neerhalig afkyk op mense wat dit nie kan bekostig om te vlug nie.
Ja miskien begin ons nou na grashalms gryp uit desperaatheid , veral as jy jouself vind in die groep wat ekonomies uitgesluit word. Die mense wat nie hulle siele verkoop het nie , “will go down swinging”

Dirk ·

Francois vRvO jy het die kat aan die stert beet. Gaan lees weer mooi dan sal jy besef dat ek Johannes daarteen waarsku om nie AfriForum slaafs na te volg nie omrede AfriForum in die howe veg, maar in werklike konflik gaan vlug! Wat is die kanse dat dit gaan gebeur, uiters goed want AfriForum het paspoorte, visums en die finansies danksy volgelinge soos jy en Johannes. Lees ook wat se Piet, sy kommentaar versterk my siening dat AfriForum gaan vlug as die popo die fan strike! Hulle is slimjanne met baie planne wat ander mense vir hulle moet uitvoer. Hulle gaan ook verwag dat ander mense die regte fight vir hulle fight! Sterkte Francois, jy en Johannes gaan dit nodig he!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.