AfriForum wil hof toe oor Vrystaat-elektrisiteit

Argieffoto

Argieffoto

AfriForum het Vrydag gesê hy berei voor vir ʼn hofsaak oor munisipale skuld aan Eskom. Die kragvoorsiener beplan om Vrydag die kragtoevoer na Ngwathe-, Dihlabeng- en Maluti-a-Phofung-munisipaliteite af te sny totdat hulle hul skuld van R736 miljoen terugbetaal het.

Eskom het die munisipaliteite al in Julie in kennis gestel dat hulle die elektrisiteit sal afsny indien die munisipaliteite nie hul agterstallige rekenings vereffen nie. Lees meer hier.

CW Els, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Vrystaat sê die probleem word toegeskryf aan munisipaliteite wat nie beheer oor skuldinvordering het nie en ook nie húl skuld aan Eskom betaal nie.

“Ons het vanoggend met ons regspan gekonsulteer en is besig om ʼn hofaansoek voor te berei,” het Els gesê. “Eskom is beslis nie die skuldige party nie, die probleem lê by onbevoegde amptenare binne munisipaliteite.”

Die Ngwathe-munisipaliteit bedien Edenville, Heilbron, Koppies, Kwakwatsi, Mokwallo, Ngwathe, Parys, Phiritona, Tumahole en Vredefort.

Die Dihlabeng-munisipaliteit bedien Bethlehem, Bohlokong, Clarens, Fateng-Tse-Ntsho, Fouriesburg, Masjaing, Mautse, Paul Roux, Rosendal en Vaalbank.

Die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit bedien Bolata, Harrismith, Intabazwe, Kestell, Mabolela, Matsieng, Monontsha, Namahadi, Phomolong, Phuthaditjhaba, Thaba Bosiu,
Thaba Tshweu, Thibela, Tlholong, Tshiame, Witsieshoek en 42nd Hill.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

henk ·

feit bly staan dat die man op straat sy rekening betaal. indien nie, sny die stadsraad dit af. maar nou word die geld op grootskaal deur politici in die stadsraad gesteel en word die eskom rekening nie vereffen nie, en dan word die man op straat die slagoffer want dit is sy krag, waarvoor hy reeds in oorvloed betaal het, wat afgesit word. Die stelsel moet skielik verander sodat ons ons krag direk aan eskom betaal en nie via die stadsraad verkry en betaal nie. Dan gaan ons nie dubbel en meer as dubbel betaal vir krag nie, en Eskom kry sy geld.

Andries ·

Die land raak al dieper en dieper in die moeilikheid. Sonder kwalifikasies kan die werk nie gedoen word nie, dan bedoel ek werklike kwalifikasies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.