AfriForum wil met gesondheidsminister oor NGV vergader

Argieffoto (Foto: StockSnap, Pixabay)

AfriForum het vandag ’n vergadering met dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, versoek om die burgerregteorganisasie se besware en bekommernisse oor die regering se beplande nasionale gesondheidsversekeringskema (NGV) uit te lig. Een van hierdie bekommernisse sluit in dat die implementering van NGV daartoe kan lei dat die land se beleggingstatus na rommel afgegradeer word.

“AfriForum het meer as 235 000 lede en het daarom ’n wesenlike belang by beleide soos NGV,” sê Natasha Venter, AfriForum se woordvoerder vir NGV. “Die burgerregteorganisasie dryf sedert die aankondiging van die regering se NGV-plan ’n veldtog om dit teen te staan en mense volledig in te lig van die potensiële slaggate wat dit inhou. Een van hierdie potensiële slaggate is dat die afgradering tot rommelstatus (waartoe die implementering van NGV kan lei, aangesien dit reusebedrae gaan vereis om te befonds) mense se kanse op ekonomiese sukses kan ondermyn deur salarisse te verklein of tot verdere werksverliese te lei.”

Venter voeg by die probleem met een gesondheidstelsel vir almal is verder dat daar van slegs 8,3% van die mense (belastingbetalers) verwag gaan word om vir die hele land se gesondheidsorg te betaal. “Die gesondheidsdepartement is jaar ná jaar een van die departemente met die swakste oudits en die belastingbetaler kan nie ’n belastingverhoging bekostig om bloot nóg ’n regeringsbeleid (wat gedoem is om te misluk) te befonds nie.”

Sy sê dit is verder vir AfriForum kommerwekkend dat die gesondheidsdepartement versuim om ag te slaan op enige besware wat teen dié beleid geopper word. “Ons beoog daarom om onder meer met hierdie vergadering antwoorde by die gesondheidsdepartement te kry oor hoe hulle beplan om AfriForum se bekommernisse oor NGV te hanteer en te eis dat hulle ag slaan op ons waarskuwings oor die onwerkbaarheid van hierdie skema.”

AfriForum se versoek volg op ’n skrywe wat die burgerregteorganisasie op 22 November 2019 aan pres. Cyril Ramaphosa, finansiesminister Tito Mboweni en Mkhize geskryf het om hulle te waarsku dat die implementering van NGV daartoe kan lei dat die land se beleggingstatus na rommel afgegradeer kan word.

AfriForum het ook reeds twee verslae as kommentaar teen die NGV-wetsontwerp by die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hansie slim

Hierdie narre weet nie waaroor dit gaan nie.
Daar sal min oorbly van ons dokters!! En wie gaan kyk na die wat agter bly, die dokters wat 30% gekry het met hulle studies!!!

Termiet

Kubaanse drs. Is ons voorland.

Strandloper

Mmm….zweli gaan Afriforum seekerlik n leesing oor beet gee….

Andries

My bekommernis is, of dit enigsins n verbeterde gesondheid diens sal wees. Tans staan net Gauteng gesondheid se nalatigheid eise, op R29 Miljard.
Uiteraard, moet hierdie uitgawe, by di totale bedryfskoste gevoeg word. Sekerlik gaan hierdie ‘nalatigheid’, ni oornag verdwyn ni…

Frederik C

Afriforum mors nou hul tyd en geld. Die spul het eenvoudig nie die geld om eers verder te droom oor hul beoogde NGV nie. Die land is bankrot. Hulle weet dit nog net nie.