AfriForum wil met polisieminister vergader

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

AfriForum het vandeesweek ’n versoek aan genl. Bheki Cele, die nuutverkose minister van polisie, gerig om ’n ontmoeting te reël om plaasmoorde en onwettige grondbesetting te bespreek.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het in ʼn verklaring gesê dít volg ná talle uitlatings vanuit politieke kringe sedert begin vanjaar oor die onteiening van grond sonder vergoeding.

“Politieke uitsprake wat wettige grondeienaars toenemend soos die vyand of selfs gronddiewe uitbeeld, skep die klimaat vir ’n styging in plaasaanvalle. Daar was reeds in Januarie 2018 dubbel die getal plaasaanvalle as in Januarie 2017,” het Cameron gesê.

Volgens Cameron is daar reeds voorvalle waar grond onwettig beset word weens politieke uitsprake.

Hy meen dit is veral weens die uitsprake van Julius Malema, leier van die EFF, asook pres. Cyril Ramaphosa se aanvaarding en goedkeuring van die beleid om grond sonder vergoeding te onteien.

“Onverantwoordelike politieke uitsprake verhoog die vlak van onsekerheid en veroorsaak net meer gevoelens van bedreiging vir wettige grondeienaars. Ons wil met Cele vergader om te praat oor wat die polisie gaan doen om wet en orde te handhaaf in gemeenskappe waar eiendomsreg toenemend onder druk kom,” het Cameron voorts gesê.

Cameron meen ’n gesprek met Cele is noodsaaklik om samewerking tussen die polisie en burgery te bewerkstellig, asook om ’n vreedsame oplossing in die soeke na wet en orde – in veral landelike gebiede – te kry.

Cameron het benadruk dat mense betrokke moet raak by gemeenskapsveiligheidstrukture om sodoende te kan optree teen onwettige grondgryping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann Marx ·

Het julle nie al met hom vergader tydens se eerste termyn as minister van polisie nie? Kon julle al vergader met een van sy opvolgers? Miskien moet julle probeer om hierdie vergaderings as staande prosedure te laat inlyf met elke “nuwe” minister of misister wat aangestel word? Want dit lyk my daar word ‘n nuwe enetjie aangestel net sodra julle met die vorige enetjie vergader het……….en die ink op die mandaat van samewerking nog nie eens droog is nie…….dan’s dit alweer tyd vir ‘n nuwe vergadering??

julius ·

Wat gaan julle met hom bespreek? Hy is deel van die probleem en gaan julle false hoop gee.

Walter ·

Was hy nie menister van Landbou… wat ñ grap… Piet Retief ook net gaan praat en toe…

Alida ·

Nee Julius hy gee nie VALSE hoop nie. Hy is die beste wat ons nog gehad het. Dit hoog tyd dat daar n vergadering geskeduleer word. Afriforum moet dit vinnig doe.

Johannes ·

Regtig? Om wat te bespreek? Ons nuutste petisie teen plaasmoorde?

Eish ·

Absolute mors van tyd.
Die suksessyfer van gesprekvoering met sy voorgangers spreek boekdele.
Gaan praat liewer met Standard & Poor en Moodeys en bring hul op hoogte van die hopelose situasie van die Kaukasiese Afrikaanse minderheidsgroep. Propaganda dus.
Vertrapte taalregte,
Bloedspoor op plase,
Geen werksgeleenthede na 23 jaar van demoonikrasie, ( Twee wolwe en een skaap stem oor wat vir middagete is)
Geplunderde staatskas,
Kapasiteitsgestremdheid,
Misdaad.
Werf dan ook fondse vir Afrikaanse instellings.
Die tyd van warra-warra is verby,
Ons is by die Simson opsie.

Erick ·

‘A head full of fears has no space for dreams’. Ons word op soveel vlakke aangeval dit is nie eers meer snaaks nie.

Siek en sat ·

Soos ek dit sien: staat vat boere se grond sonder vergoeding. Dan gaan hulle daai grond VERHUUR. Grond bly staatseiendom en huurgeld word left right en centre gemors. Altyd n manier om die koei te melk.

Casper Labuschagne ·

@Siek en sat, soos ek dit sien: Diegene wat populistiese aansprake maak vir onteiening sonder vergoeding het geensins die bedoeling dat enige wittes op daardie eiendomme sal agterbly nie. Ramaphosa verskil so effens wat rigting betref, maar hy neig steeds in dieselfde breë rigting. Daarby kom Ramaphosa al meer voor soos die Judasbok wat ons gedwee sal lei tot by die slagter.

Andrea ·

Ek ondersteun Afriforum, hulle DOEN en PROBEER darem iets! Maar my eerste reaksie by die lees van die berig was: “Regtig, alweer? En die nut gaan wees?”

Jerry ·

Samewerking tussen polisie en boere is noodsaaklik vir wet en orde, omrede boere nie die wet in eie hande mag neem nie mbt plaasbesettings. Boere het die polisie nodig en as Ian Cameron vir Cele kan oorreed om plaasbesettings te verhoed of te hanteer wanneer dit gebeur, dan het ons iets bereik vir die boere. Hierdie is tans die beste vreedsame opsie, so kom ons gee dit kans, net dalk werk dit!

Ellisras ·

AfriForum het geen besigheid om namens enige Landbouer te praat nie. Daar is slegs 2 organisasies wat Landbouers verteenwoordig. TLU en Agri SA. Hierdie twee verteenwoordig Landbouers (boere) en Afriforum het ‘n heel ander lede verteenwoordiging

Andrea ·

… en ons elkeen gryp sy ossewa en foeter in sy eie rigting…
Sê nou net Afriforum kry iets uitgerig met die gesprek, gaan die Boere mos júís baat daarby.

FM ·

Klag..te, word eerder lid van Afriforum en sterk hul hande. Hulle PROBEER ten minste. As hul sukses behaal, is dit nie te danke aan die klakouse nie, maar eerder agv lede wat hulle ondersteun het. Moet tog nie jul mantel na die wind draai net as dit julle pas nie. Staan op uit jou gemakstoel en beteken iets vir jou mense. Moet nie altyd net wil demand en skep nie. Doen introspeksie asb.

Cornelia ·

Afriforum tree in en tree op t.w.v élke burger in S.A wat die lewensbehoud, waardigheid en respek vir lewe én eiendom met groot erns bejeën. Dit word met dankbaarheid ontvang. Ek glo dat énige organisasie die ANC en EFF gerus kan aantree oor die roekeloosheid van beleid in ‘n land waar die ANC hom voorgeneem het en daartoe “verbind” het om aan die wêreld te toon hoe “demokrasie” in ‘n “vertrouensverhou ding” tussen volksgroepe, werkbaar gemaak kan word. ‘n Duur ballon?

Alida ·

Mens kan Mnr Cele mos nie vergelyk met sy voorgangers nie. Die vorige een was n nar van formaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.