AfriForum wil “onregverdige beurtkrag” verhoed

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag gesê hy sal al sy kragte inspan om te verhoed dat Eskom beurtkrag onregverdig toepas.

Dít volg nadat die elektrisiteitsreus aangekondig het dat hulle bykomende beurtkrag in die 20 swakste betalende munisipaliteite sal toepas. Klik hier om meer te lees.

“AfriForum het sy regspan opdrag gegee om die nodige voorbereidings te maak,” het Tiaan Esterhuizen, bestuurder van gemeenskapsake by AfriForum, gesê. “Die organisasie sal nie toekyk hoe swak finansiële bestuur deur munisipaliteite lojale belastingbetalers in die donker laat nie.”

Esterhuizen meen dit is onregverdig om die belastingbetaler wat elke maand hul elektrisiteitsrekeninge betaal, verder te belas omdat munisipaliteite versuim om hul eie Eskom-rekeninge te vereffen. Hy voeg by dat AfriForum al voorheen interdikte teen Eskom gekry het en nie sal huiwer om gemeenskappe se regte te beskerm nie.

AfriForum het ook in hul vorige interdikte die howe gevra om die munisipaliteite te dwing om ʼn terugbetalingsooreenkoms vas te maak. Dit plaas Eskom in die posisie om met ʼn minagtingsproses te begin indien die munisipaliteite nie betaal nie.

“Munisipaliteite wat versuim om hul rekeninge te betaal se lisensies om elektrisiteit te voorsien moet deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gekanselleer word,” het Esterhuizen bygevoeg.

AfriForum meen dat die privatisering van elektrisiteitsbestuur onbekwame munisipaliteite sal uitskakel, wat probleme met elektrisiteitsvoorsiening die hoof sal bied. Die privatisering kan ook die invordering van skuld meer doeltreffend maak en meer akkurate rekeninge kan aan verbruikers verskaf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Drieks ·

Dankie AfriForum. Ons moet die land regeer deur die howe???

Andries Erwee ·

ek kan glad nie saamstem nie. Daar is niks onregverdig daaraan as munisipaliteite wat nie betaal nie ook nie krag kry nie.

Andries Erwee ·

wat is onregverdig daaraan as eskom ophou krag lewer aan munisipaliteite wat nie betaal nie? Dit is net goeie sake praktyk. Dit is jammer vir die wat wel betaal, maar dit is soos kollektiewe verantwoordelikheid werk. Sorg dat julle DA bestuur kry dan sal julle nie sulke probleme ervaar nie .

Chris ·

Andries.
Die grootste rede vir die swak diens is bee, jou DA gaan nou ook ernstig “gebee” word en nou gaan jy dit beleef.Soos reeds vermeld daar is amper geen verskul tussen die jou DA en die ANC nie en so gaan jy ook jou kollektiewe verantwoordelikheid self voel.

Francois ·

Wel glo my as Eskom dit doen gaan ALMAL ophou betaaal. Want hoekom betaal, as jy nie krag kry nie. Maklik soos dit. Skiet hulle self al weer in die voet..Ai die goed is maar dom.

Peet Schabort ·

Dit gaan ‘n uitstekende rede wees om op te hou met betaal en sodoende die middelman uit te skakel en direk krag te koop van Eishkom. Die middelman is natuurlik die munisipaliteit wat al meer en meer al minder en minder doen en nie meer ‘n bestaan regverdig nie. Bykans in alle werk word van kontrakteurs gebruik gemaak, met ons geld betaal en ‘vir diens gelewer’ steek hul ‘n gedeelte in hul sakke. Vroeër jare het munisipaliteite ook hul eie werkswinkels, konstruksie ens. gehad. Politiek in plaaslike bestuur is ‘n onding en ‘n blok aan die been vir vooruitgang.
Graag sal ek egter wil sien of daar saamgestaan sal word om eerder krag te koop by Eishkom en op te hou met betaling aan munisipaliteite.
Dit gaan dus nie om te weier maar betaling aan die regte instansie nl. Eishkom.

John ·

Bietjie statistiek!!!! Soweto is glad nie op die lys van wanbetalers waar miljoene rand uitstaande is. Eskom lewer ñ diens in Soweto en hierdie is ñ wesenlike voorbeeld van politiek in die besigheid. Skakel Soweto af en daar sal minder “loadshedding” wees.

Nico ·

Ek stem saam met Peet. En dit is onregverdig om my krag af te sluit as ek die munisipaliteit betaal het.

Grotman ·

ESKOM is n joke! En onder beheer van die narre regering. Die wat dink dit gaan beter word lewe in n droom! ESKOM staan op wankel bene wat enige tyd kan pad gee, en dan word Suid Afrika donker. Begin gewoond raak om sonder krag oor die weg te kom. Neem die Regering en ESKOM se houvas oor jou weg. Voor krag het ons voorouers oorleef!! Dis tyd dat ons begin voor uit dink en uit ons gemak zone klim….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.