AfriForum wys probleme met ‘brigades’ by skole uit

(Argieffoto: pixabay)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het gesê hy is steeds bekommerd oor die Gautengse departement van onderwys se plan om werklose jongmense as lede van Covid-19-brigades by skole in Gauteng te ontplooi. Dít te midde van gr. 7- en gr. 12-leerders landwyd wat veronderstel is om Maandag weer terug op die skoolbanke te wees.

Henk Maree, woordvoerder van AfriForum, het in ’n verklaring gesê die departement het vroeër vandeesweek aangedui dat brigades ’n verskeidenheid pligte by skole sal hê wat insluit die daaglikse skandering van leerders en onderwysers se temperatuur.

Volgens Maree is die spesifieke rol en magte van die brigades egter steeds nie duidelik uiteengesit nie. “Dit sou meer sinvol wees as die departement in verbinding met skole was sodat skole self kan besluit of hulle van die brigades gebruik wil maak. Talle skole het aktiewe ouer- en gemeenskapsbetrokkenheid en dié rol kan vanuit die gemeenskap self gevul word,” meen Maree.

Maroela Media het vroeër berig die departement het vandeesmaand ’n advertensie geplaas waarin poste geadverteer word vir jong werklose jeug tussen 18 en 35 jaar oud om as lede van Covid-19-brigades opgelei te word.

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Maree wys nou daarop dat die advertensie maar tien dae gelede geplaas is. “Dit laat die vraag ontstaan hoe enkele dae lange opleiding lede van brigades voldoende voorberei, asook om nie soos talle goed opgeleide weermag- en polisielede buite hul magte op te tree nie. Dit geld veral in weerlose omgewings soos skoolgemeenskappe.”

Volgens Maree is die data wat lede van die brigade by elke skool moet insamel boonop ook ’n bekommernis wanneer die skool en ouers se privaatheid in ag geneem word. “Tot watter mate jou privaat inligting privaat sal bly, is ’n ernstige vraag wat gevra moet word,” verduidelik hy.

AfriForum het reeds vantevore aangedui dat die “militaristiese ondertoon” wat deur die term “brigade” geskep word, vir hom onrusbarend is aangesien “geen ouer sy kind in ’n militaristiese omgewing wil plaas waar die brigade kortstondig opgelei en, in sommige gevalle, slegs enkele jare ouer as die kind is nie.”

Maree wys verder daarop dat dit boonop nie duidelik is wie die finale sê het indien ’n personeellid en ’n brigadelid van mekaar sou verskil nie.

“Skoolgemeenskappe moet die reg hê om te kies of hulle van hierdie hulp gebruik wil maak of nie. Waar skole nie aan die brigades toegang tot hul terreine, personeel en leerders wil toestaan nie, moet hul keuse gerespekteer word. As dit nie die geval is nie, sal AfriForum beheerliggame met regsadvies bystaan,” het Maree gesê.

Volgens Maree het die meeste skole reeds omvattende planne daargestel om Maandag te begin. Die planne is reeds aan ouers en leerders gestuur. Talle skole het dus geen behoefte aan die brigades nie, meen hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Sarel ·

” Brigades” dui op Militere Term en kan onder gedn omstandighede by skole toegelaat word nie. Jy kan dink wat die Dept. & ANC se plan hiermee gaan wees

Werner ·

Klink eerder of hulle die kinders na internerings kampe toe stuur waar kom die werkloses vandaan ongeletterde straatlopers wat se mentaliteid kan verwag word ons kan met n George Floyd situasie sit

JohanR ·

Ek weet as ek ‘n onderwyser of ‘n hoof by ‘n skool is, waar ek die brigade lede sou se om die appels te gaan wegsit. En die brigade is blykbaar net in die land van Lefusi ontplooi. Sou dink in die Wes-Kaap instede om nog mense by te voeg in die mengelmoes, gebruik hulle gesonde verstand en laat die personeel doen wat moet gedoen word?

Pappa Beer ·

Hierdie is n idee wat nog baie stories gaan veroorsaak. Hoe kan jy wild vreemde en skaars opgeleide mense van die straat af vat en hulle in n gesagsposisie sit in n plek waar hulle heeltemal vreemd is. Skole moet deesdae allerhande sekuriteits maatreels tref om die leerlinge en personeel se veiligheid te beskerm, nou word die deure oopgegooi vir enige jan rap en sy maat. Is daar sekuriteits agtergrond ondersoekke gedoen om te verseker dat kinder molesteerders en verkragters nie deel van die “brigade” vorm nie? Ek twyfel sterk.

Johannes ·

Die sg ‘brigade’ voorspel net moeilikheid. Die onderduimse ANC het met die voorstel net nog ‘n plan om die gemeenskappe te boelie en ‘in line te hou.

Kokkie ·

Dis nou die grootste klomp twak waarvan ek nog gehoor het. Daar is nie ‘n manier waarop skole vreemdes toegang tot skole kan gee nie. Ouers en onderwysers leer kinders juis om weg te bly van vreemdelinge . Om werkloses aan te stel om ‘n ‘verskeidenheid pligte’ by die skole te verrig, is om vreemdelinge direkte toegang tot ons kinders te gee. Dit gee vreemdelinge ook direkte toegang tot die hart van die skool. Ek is oortuig daarvan daarvan dat vele van die aansoekers met duister motiewe vir hierdie ‘pligte’ gaan aansoek doen. Daar is in die afgelope jare ook baie groot uitgawes by skole aangegaan, juis om die skole en leerlinge te beveilig. Het ons dan ook nie geleer uit die onlangse verlede hoedat kriminele jag maak op onskuldige kindertjies nie. Laat hierdie verantwoordelikheid aan die skoolhoof, sy bestuursliggaam, sy personeel en die ouerkorps oor. Hulle is verreweg beter toegerus om innoverende maniere te vind vir die ‘verskeidenheid pligte’ wat beoog word.

Jana ·

Meer as die coronavirus self en die kommer dat iemand naby aan my baie siek kan word met dit, lê my grootste angs by die manier hoe die situasie hanteer word. Ek moet my kind môre skool toe stuur want sy moet matriek hierdie jaar klaarmaak. Ek vertrou die Here om haar te beskerm, en ek sê dankie vir Afriforum wat nie net praat nie, maar regtig help om ongeregtigheid teen te werk.

Boortor ·

As hierdie “brigade” naby my kleinkinders kom is die hel los! En oupa kan erg kwaad word! Ek dink tuis onderrig is ons almal se voorland met die klomp narre in die regering.

Anoniem ·

Ja Boortor, op hierdie stadium dink ek ouers moet eerder tuisonderrig vir hulle kinders oorweeg. Ek glo nie ouers wil graag hulle kinders aan hierdie sogenaamde “brigade” blootstel nie.

Anel ·

So dan weet hulle alles wat in die skool aangaan. Môre word daar in gebreek en niemand weet wie dit is nie. Sou ek ‘n dogter gehad het sou ek seker gemask het dat daai lot nie naby haar kom nie. Werkloos en ongeletterd. Wie gaan hulle betaal? Die skole? Ek glo nie. Die is maar net weer om die blankes te onderdruk. So komunisties.

Baardman ·

Net nog n addisionele bron van blootstelling aan die virus

Adam Adriaan ·

Word wakker, en begin sien wat besig is om te ontwikkel in hierd ei mooi land van ons. Hulle( ANC) neig na Hitler taktiek. Wil almal breinwas om hulle doel te bereik.

Fedup ·

Off all of this circus’s stupid ideas, this one really takes the cake. No parent should allow any stranger near their kids. Never.

Adam ·

Wat ‘n belaglike idee en iets wat summier in die howe moet gaan draai. Die term “brigade” skeel my min en ek sien dit in dieselfde lig as die gebruik van die term “comrade en die AWB se destydse “stormtroepe” wat ook maar ‘n hopelose besigheid was en gewis ook militere ondertone gehad het.

katerinadiekat ·

Hier kom probleme. Nie lank nie, dan ruk en pluk een van die brigade, dalk een van die 35 jarige “jeugdiges” een van die blanke kinders rond omdat hulle (onder andere) magsbehep gaan wees. Dan as die kind hom of haar teensit, gaan daar weer gese word die blanke kind het die k-woord gebruik en dan word die skool afgebrand en die kind en sy / haar ouers is vir jare in n hofsaak. Of blanke kinders gaan aangerand word deur lede van die brigades, en die verskoning gaan wees dat die kind rassistiese dinge gese het. Die aanrander sal niks oorkom nie, die skool word afgebrand, die kind en sy/ haar ouers is vir jare in n hof proses. Mark my words. Mens hoef nou nie juis n Van Rensburg of n Nostradamus te wees om dit te voorsien nie.

Annette ·

Wat nog!! Wie gaan hierdie “brigades” betaal? Wanneer gaan die sekuriteitsklaring en opleiding, indien enige, gedoen word? Die buurtwagte mag nie diens doen nie, want daar is glo nie sekuriteitsklaring en agtergrond inligting oor al die lede nie, en as daar fout kom, teen wie tree jy op? Ons kinders is kosbaar. Hulle veiligheid kom eerste. Dis níé vir my aanvaarbaar om wildvreemde werklose persone te betrek nie. Laat die skole hul eie reëlings tref.

Anoniem ·

Net die naam “brigade” laat vir my rooi ligte flikker

Nico ·

Die sogenaamde brigades gaan soos die polisie en die weermag optree, hulle het mos die reg in eie hande, hier gaan groot probleme kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.