AfriForum en die Solidariteit Beweging het Donderdag met Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini vergader en besluit om oor sake van gemeenskaplike belang saam te werk.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dié besluit is geneem tydens die vergadering wat saam met Zwelithini, regter Jerome Ngwenya (voorsitter van die Ingonyama Trust), AfriForum en die Solidariteit Beweging by die Enyokeni- koninklike woning naby Nongoma in KwaZulu-Natal plaasgevind het.
“Die verhouding tussen Afrikaners en Zoeloes is in die geskiedenis gekenmerk deur verskeie voorbeelde van positiewe samewerking, maar ook deur konflik,” het Kriel gesê.
“AfriForum is van voorneme om te verseker dat hierdie positiewe samewerking tussen die Afrikaners, wat lede van AfriForum en die Solidariteit Beweging is, en die Zoeloes herleef en uitgebou word op ʼn grondslag van wedersydse erkenning en respek.”
Kriel het gesê verskeie raakpunte tussen die Zoeloe-koning en AfriForum is tydens die vergadering geïdentifiseer. Dit sluit in ʼn behoefte om ʼn gesonde verhouding, gegrond op wedersydse erkenning en respek tussen die onderskeie kulturele gemeenskappe in die land, te vestig; ʼn gedeelde kommer oor planne om eiendom sonder vergoeding te onteien; en ʼn behoefte tot samewerking om op plaaslike vlak ekonomiese ontwikkeling te laat plaasvind, tot voordeel van almal in die gemeenskap.
“AfriForum en die Zoeloe-koning het ooreengekom om ʼn gesamentlike taakspan aan te stel om hierdie samewerking verder te voer,” het Kriel bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
78 Kommentare
Hoekom nou eers?
Ek distansieëer myself van hierdie. “Hande vat” saam met die zoeloes. Pff.
en dis waar ons bydraes op vermors wird terwyl ons uitgemoor word. Wat ‘n gŕap
Tien uit tien vir hierdie aksie , goed deurdagte besluit.
Briljante plan
Onderskei tussen ‘hande vat’ en die inteligensie van samewerking tot almal se voordeel
Kantlyn jou vleis brand want jy wil alleen eet
Almal is hier in die land, almal moet braai