Afrigter beken skuld op seksklagte

Parktown Boys High School (Foto: Google Maps Street View)

ʼn Voormalige waterpolo-afrigter van die Parktown Boys’ High School in Johannesburg het Dinsdag in die Palm Ridge-hooggeregshof skuld beken op 144 seksuele aanklagte teen hom.

Collan Rex (22), wat ook eens op ʼn tyd ʼn leerder by dié skool was, is op kringtelevisiebeeldmateriaal vasgevang waar hy glo ʼn leerder onbehoorlik betas en die kamers by die skool se koshuis binnegaan.

Arveena Persard, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê daar is 327 aanklagte teen Rex. “Hoe pleit jy op hierdie aanklagte?” het regter Peet Johnson gevra.

“Ek pleit onskuldig, maar daar is erkennings,” het Rex geantwoord.

Persard het die verskillende aanklagte waarop Rex teregstaan aan die hof voorgehou, wat insluit seksuele aanranding van leerders van die skool deur aan hulle geslagsdele te raak en seks met hulle te simuleer.

Rex het bedank toe die bewerings teen hom aan die lig gekom het en is tans uit op borgtog van R3 000.

Hy staan tereg op talle aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding, poging tot moord, blootstelling van ʼn minderjarige aan pornografie en seksuele gereedmaking insluit.

Rex het skuld beken op 144 seksuele aanklagte waarby 12 leerders betrokke was. Altesaam 23 seuns, tussen 14 en 16 jaar oud, het bewerings teen hom gemaak.

Persard het versoek dat die saak tot Maandag uitgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

marous ·

Hoeveel kinders se lewens het hy vernietig ? Hoeveel families het hy verbrysel? Moet asseblief nie kom met versagting as eerste oortreder of sielkundige verslag gemors nie. Hy het aangehou en aangehou en as dit nie vir tegnologie was nie , sou dit seker nooit op die lappe kom nie . Die wereld makeer niks…dis die mens wat dit in hel omskep!

BLOM ·

Ons lewe in ‘n siek, siek wereld.
Dit is priesters, onderwysers , bloedfamilie.
Die arme kinders.

Alma ·

Genade, en die man is slegs 22! Hy het skaars klaar gestudeer. Nie dat sy ouderdom enige iets met sy walglike dade te doen het nie, maar sjoe, hy het seker net vir een rede onderwys as n beroep gekies.

Denise ·

SKOKKEND SKOKKEND ek stem saam met marous ek het geen simpatie met die oortreder nie hy het geweet wat hy doen is walglik ons almal weet wat is reg en verkeerd ,goed en sleg en die SKADE aan al die seuns !!!!

Gay Onnie ·

Ek is self ‘n gay onderwyser (Nie dat daar enigsins in enige van die berigte berig is day hy gay is nie). Maar hy stel ons ons in ‘n baie slegte lig. Nie almal van ons is “sexual predators” nie. Hy verdien die straf wat hom toe kom. En dit is ook soos baie van die kommentare sê dit gebeur oral en deur verskillende mense, selfs bloedfamilie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.