Afrigter dan in hof oor seksuele aanranding van seuns

Argieffoto

Die voormalige waterpolo-assistentafrigter van Parktown Boys’ High School in Johannesburg wat tereg staan op 160 aanklagte wat strek van seksuele aanranding en verkragting tot poging tot moord, het Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn.

Die 22-jarige man, wie se naam nog weerhou word, se saak sal op 30 Julie 2018 in die Palm Ridge-landdroshof begin.

Volgens die klagstaat is daar beeldmateriaal waar die beskuldigde ʼn leerling onbehoorlik betas. Die video is na bewering gemaak toe hy ʼn kamer betree het by die skool se koshuis.

Hy het bedank toe die bewerings van seksuele aanranding en verkragting aan die lig gekom het. Hy is daarna in hegtenis geneem en vrygelaat op borgtog van R3 000.

Die verdediging het Woensdag aan staatsaanklaer Arveena Persad en regter Carla van Veenendal gesê hulle is gereed vir die saak. Die verdediging het vroeër probleme gehad met betaling vir hul diens.

Minstens 23 seuns tussen 14 en 16 jaar oud het na vore gekom as klaers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.