Afrigter hoor sy lot oor seksklagte

Collan Rex. Foto: Facebook

Collan Rex (22) is Vrydag in die Palm Ridge-hooggeregshof op verskeie hordes aanklagte van aanranding en seksuele aanranding skuldig bevind.

Regter Peet Johnson het Rex, die voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys’ High School in Johannesburg, op 12 aanklagte van aanranding en 144 aanklagte van seksuele aanranding skuldig bevind.

Rex het vroeër skuld beken op die 144 aanklagte van seksuele aanranding. Hy het egter op die 183 oorblywende aanklagte, wat verkragting en poging tot moord ingesluit het, skuld ontken.

Maroela Media het vroeër berig Rex is Maandag vrygespreek op van die aanklagte teen hom, onder meer van poging tot moord, molestering, aanranding en die blootstelling van ʼn kind aan pornografie.

Tydens die verhoor het verskeie seuns getuig hoe Rex hulle in ʼn wurggreep beetgekry het wanneer hy met hulle gestoei het. Van die seuns het ook getuig dat Rex seks met hulle gesimuleer het en aan hul geslagsdele gevat het.

Rex het vroeër vandeesweek gesê hy besef nou dat dit onvolwasse was om leerders by die skool te wurg.

“Ek was baie onvolwasse en as ek nou terugkyk, kon ek meer verantwoordelik gewees het en dinge beter hanteer het. Ek besef dit was kinderagtig en ek moes daarmee opgehou het.”

Rex, wat ook eens op ʼn tyd ʼn leerder by dié skool was, is in hegtenis geneem nadat hy op kringtelevisiebeeldmateriaal vasgevang is waar hy glo ʼn leerder onbehoorlik betas en die kamers by die skool se koshuis binnegaan.

Rex het bedank toe die bewerings teen hom aan die lig gekom het en is tans uit op borgtog van R3 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Se maar net ·

Jy moet jou pak vat as jy kan uitdeel moet jy die gevolge dra. Straf hom swaar!

Sluit toe! ·

Hoop jou kierankies braai in die tronk,Boeta!
En dat jy nooit weer naby kinders/tieners toegelaat word nie. Jou gesig maak my naar!

Leser ·

Plaas sy gesig op elke Billboard en lamppaal om kinders teen hom te waarsku asseblief!

Joh ·

Hy kan na my toe kom vir “behandeling”. Hy sal anders wees as hy my “behandeling” verlaat. Glo my hy is nie die eerste een wat skuldig is aan dit nie. Daar is baie van hulle daar buite.

Nee ·

Weet julle hoeveel seuns word blootgestel aan hierdie soort van goed en mens weet nie hiervan tot dit amper te laat is nie. Seuns is baie trots en so iets breek jou man-wees totaal en al af. Jy kan baie bly wees Mnr. Rex dat dit nie een van my seuns is nie!!!!!!!

alida ·

Niemand wil sy gesig sien nie. Sluit hom vir BAIE lank toe. In die tronk sal hy ‘n les geleer word. Van die misdadigers in die tronke het ook kinders daarbuite.

elisa ·

Dit is verstommend hoeveel verwoesting een persoon kan saai.

Amelia ·

Collan Rex hoe kon jy dit doen aan onskuldige seuns – hoe kon jy man. Ek raak horribaal kwaad as ek hier by my tafel sit – horribaal. Laat jy maar tronk toe gaan en sien of jy so lank kan stilsit en paniekbevange raak soos hierdie seuns geraak het as hulle jou net gesien het.

onnie ·

oordeel oordeel oordeel! as daar nie n video was nie, sou heen seun vorendag gekom het nie. hy gaan tronk toe, maar sowaar seuns, die duiwel gaan die leuenaars haal

Irma ·

Hoe doen mens dit aan ander onskuldige kinders en hul ouers? Waar is sy eie ouers? Hoe moet hulle harte voel. Geen ouer droom sulke drome vir hul kinders nie. Nie die slagoffers of die skuldige se ouers nie. Sonder dat hulle enige inset kon lewer is hulle almal se lewens vir altyd verander. Ek voel werklik jammer vir hulle. Jongman, jy kort ernstige hulp.

Guve ·

Jy is self nog n kind,hoe kon jy?of is dit ook aan jou gedoen?Mnr.die skoolhoolhoof,ander personeel,hoe is dit moontlik dat jul niks geweet het nie?of is dit maar deel van die kultuur om siende blind te wees? Kinders praat,so iemand moes iets opgetel het,ek glo vi geen oomblik dat n.kind van 22 ouer? goeie onderwysers so om die bos kon lei nie,nee,iets maak nie sin nie.n Deeglike ondersoek na daardie skool behoort gedoen te word.

LV ·

Stem 100% saam,dis duidelik uit die getuienis voor die hof dat hierdie tipe gedrag oor baie jare by hierdie skool geheers het.

Wessie ·

Onderwysers glo nie die kinders as hulle kla oor iets nie. Die kinders se gedrag verander dan teenoor die spesifieke onderwyser, en die kind word blameer vir swak gedrag en dat die kind nie respek het vir die onderwyser nie, blykbaar MOET kinders respek hê ongeag wat aan hulle gedoen word. Ander onderwysers beskerm die skuldige onderwyser en dit raak n boose kringloop. Ek weet waarvan ek praat, want ek is deur dit die jaar met my kind in die laerskool…..

Gert ·

En dink almal wat hierbo kommentaar gelewer het kort hulp behalwe miskien “onnie”

Oop oge ·

Mr Gert…
wat jy saai SAL jy maai…niemand oordeel nie…die pervert het homself geroordeel in die LIG van moraliteit…en hy het dit self erken.
Enige sweer sal een of anner tyd oop bars.

Heila Fourie ·

hoekom nou jou gesig toeplak met ‘n koerant? jy was nie skaam toe jy jou misdade gepleeg het nie. vat jou pak soos ‘n man en nie soos ‘n muis
Heila

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.