Afrigter in getuiebank oor seksklagtes: ‘Hulle lieg’

Collan Rex. Foto: Facebook

Collan Rex (22), die voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys High School wat op ʼn reeks seksuele aanklagte tereg staan, het Maandag aan die hooggeregshof in Palm Ridge gesê een van die seuns wat nou teen hom getuig het “homoseksuele neigings” gehad.

Nadat regter Peet Johnson Rex vroeër Maandag vrygespreek het op van die aanklagte teen hom, insluitend poging tot moord, seksuele aanranding, aanranding en blootstel van ʼn kind aan pornografie, het William Robertse, vir die verdediging, Rex na die getuiebank geroep om te getuig.

Rex staan steeds op nog talle seksuele aanklagte tereg.

Robertse het Rex gevra oor ʼn voorval tussen hom en ʼn leerder nadat dié leerder aan die hof vertel het Rex het hom na sy kamer genooi om warm sjokolade te drink, maar toe orale seks op hom uitgevoer het.

Rex het aan die hof gesê hy het in dié tyd saam met Njabulo Zulu gebly wat ook ʼn opsigter by die koshuis was en ʼn rugby-afrigter by die skool. Rex het aan die hof gesê wanneer hy nie by Zulu was nie, was hy by sy meisie se huis.

Hy beweer die betrokke leerder het homoseksuele neigings gehad en het hom vertel dat hy ʼn ander ouer seun sou vashou en vir hom sê hy is lief vir hom. Rex voer ook aan die seun het hom gevra oor sy geslagsdeel.

“Hy het altyd vreemde goed gedoen, soos hy wou my altyd ʼn drukkie gee. Ek het geweet dit sou moeilik wees vir hom om te eksperimenteer en dit was nie my plek om sy ouers te sê nie. My oom is gay en dit het hom in ʼn baie moeilike posisie met sý pa geplaas,” het Rex getuig.

Hy het egter volgehou die leerder jok wanneer hy beweer Rex het orale seks op hom uitgevoer.

Rex het vroeër aan die hof gesê waterpolo is ʼn fisiek uitdagende sport wat insluit dat spelers mekaar se swembroeke moet gryp en fisiek moet raak om voordeel bo jou opponent te kry. Hy het aan die hof gesê hy het net die seuns se swembroeke tydens waterpolo-oefeninge gegryp en nie op ʼn seksuele manier nie. “Ek kon dit dalk vir afrigtingsdoeleindes gegryp het.”

Hy het aan die hof gesê hy weet nie hoekom hy nou daarvan beskuldig word dat hy aan die seuns se geslagsdele geraak het nie.

Robertse het Rex gevra oor ʼn beweerde verkragtingsvoorval waaroor ʼn leerder vroeër getuig het. Rex het hier ook die seun se bewering dat hy sy vinger in sy anus gedruk het ontken. Hy het ook ontken dat hy enige kind aan pornografie blootgestel het.

Oor een van die leerders se bewering dat hy gedwing is om 50 Shades of Grey te kyk, het Rex gesê die seun was nuuskierig oor die fliek en het heeltyd gedurende die rolprent na hom [Rex] toe gekom om vrae te vra sodat hy kon uitvind waarna hy kyk.

Die seun het gedurende die verhoor ook getuig dat Rex ʼn penis uit speelklei gemaak het en hom gedwing het om dit in sy mond te sit. Rex beweer hy het inteendeel die klei gekonfiskeer en nooit enigiemand gevra om dit in hul mond te sit nie.

Arveena Persad, die staatsaanklaer, het Rex daarna gevra of hy dink die leerders wat teen hom getuig is eerlik met die hof. “Hulle lieg,” het Rex geantwoord.

Rex het ontken dat hy probeer het om die seuns dood te maak en sê hy het net met hulle gestoei. Hy beweer die seuns het by tye die stoeiery begin.

Hy sê sedert hy in graad 8 was, was dit die norm vir seuns in die koshuis om met mekaar te stoei en fisiek te raak. Volgens Rex verstaan hy dat hy dit ʼn bietjie verder gevat het, maar hy beweer hy het nooit bedoel om enigiemand seer te maak nie.

Persad het dit aan Rex gestel dat die seuns geen voordeel daaruit kan put om te lieg oor wat hy aan hulle gedoen het nie. “Dit was net speletjies en pret tussen ons vir twee jaar wat nie bedoel is om enigsins skadelik te wees nie,” het Rex gesê.

Hy sê toe hy die seuns in wurggrepe geplaas het, het hy gedink hulle sou vry kom en dit sou die einde daarvan wees. Hy sê hy het paniekerig geraak en hulle probeer help toe hulle hul bewussyn verloor het en het nie gedink hulle kon doodgaan nie.

“Ek moes vanuit ʼn volwasse posisie opgetree het. Ek wou nie die skool verlaat nie en wou deel daarvan wees.”

Die verhoor duur vandag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Theresa B ·

Hoe lekker lag ek nou vir jou Willie. …………………..

CAROL ·

Ek dink dis hy wat lieg. Hoekom sal daar so baie verskillende seuns die selfde storie se.!!

Wollie ·

Dis soos die boud klappery wat sekere rugby spelers met mekaar doen op veld, waar die gewoonte begin het weet nugter aleen, sal hoogs onsteld wees as iemand my so wil klap wat nie familie is nie

O jinne ·

As ek net na 1 verskoning kyk van die mannetjie, staan elke haar op my kop regop. Hy het hul gewurg as ‘n speletjie, en gedink hul sal ok wees, as jy dit 1 keer te ver gevat het, hoekom doen jy dit weer. Jammer jong man, jy het sowaar tussen die verskonings die erkentenis gemaak wat dui op die feite dat die seuns die waarheid praat.

visserman ·

Ek wil net weet hoekom mag rex se foto en naam genoem word, maar in ander gevalle nie.Volgens my is die beskuldigde se klagtes teen miderjariges en mens mag mos nie die persoon se naam en gesig verkondig nie omdat miderjariges betrokke in die saak is.
Hoe werk die wette met die storie?

Estelle ·

Omdat hy reeds gepleit het. En omdat hy nie minderjarige “eie” familie verkrag en molesteer het nie. Deur sy foto bekend te maak, word die identiteit van die minderjariges mos nie openbaar gemaak nie?

E.K. die eerste ·

Net “speletjies”?! ‘n Kind wurg tot hy sy bewussyn verloor?! Liewe hemel en dan dink jy alles was maar reg – jy kort hulp dringend. En dan glo jy nog jouself ook.

marous ·

Het hy dan skuldig gepleit op 144 aanklagte of nie ? Indien wel moes die hof op grond van of skriftelike of mondelingse erkennings van al die elemente per klagte ‘n skuldigbevinding uitgebring het .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.