Afrigter in hof oor seksuele aanranding van seuns

Argieffoto

Die voormalige waterpolo-assistentafrigter wat daarvan beskuldig word dat hy leerlinge van Parktown Boys’ High School in Johannesburg geteister het, het Vrydag vlugtig in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn.

Die 22-jarige man, wie se naam weerhou word omdat hy nog moet pleit, staan tereg op 160 aanklagte wat strek van seksuele aanranding en verkragting tot poging tot moord.

Sy prokureur het uitstel versoek en staatsaanklaer Arveena Persad het ingestem. Regter Teffo het die uitstel goedgekeur. Die beskuldigde se borgtog van R3 000 is verleng en die saak is tot 22 November uitgestel.

Volgens die klagstaat is daar beeldmateriaal waar die beskuldigde ʼn leerling onbehoorlik betas. Die video is na bewering gemaak toe hy ʼn kamer betree het by die skool se koshuis.

Hy het uit sy pos bedank toe die bewerings van seksuele aanranding en verkragting aan die lig gekom het. Hy is daarna in hegtenis geneem.

Minstens 23 seuns tussen 14 en 16 jaar oud het na vore gekom as klaers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.