Afrigter oor seksklagtes: ‘Ek was onvolwasse’

Collan Rex. Foto: Facebook

Collan Rex, die voormalige waterpolo-afrigter van Parktown Boys High School in Johannesburg wat tereg staan op ʼn reeks seksuele aanklagte, het Dinsdag in die hooggeregshof in Palm Ridge gesê hy besef nou dat dit onvolwasse was om leerders by die skool te wurg.

“Ek was baie onvolwasse en as ek nou terugkyk, kon ek meer verantwoordelik gewees het en dinge beter hanteer het. Ek besef dit was kinderagtig en ek moes daarmee opgehou het,” het Rex gesê terwyl hy deur Arveena Persad, die staatsaanklaer, kruisondervra is.

Rex het Dinsdag weer volgehou dat hy geen bedoeling gehad het om enige van die seuns dood te maak nie. Die 22-jarige staan tereg op aanklagte van poging tot moord, verkragting, seksuele aanranding en seksuele gereedmaking.

Rex het aan die hof gesê hy moes ook al tydens ʼn stoeiery met ʼn matriekseun die seun ʼn teken gee om op te hou en dat dit ʼn algemene ding was vir hom en die leerders om met mekaar te stoei.

“Hoekom het jy dit nie genoem tydens jou getuienis nie? Hoekom wag jy totdat ek jou vra?” het Persad gevra.

“Ek weet nie,” het Rex geantwoord.

Collan Rex. Foto: Facebook

Rex het skuld erken op 144 aanklagte van seksuele aanranding van 12 seuns. Hy is Maandag vrygespreek op 43 ander aanklagte nadat die seuns nie wou getuig om hierdie bewerings te staaf nie.

Rex het vroeër gesê hy weet nie hoekom baie van die seuns hom verkeerdelik beskuldig nie. Hy het bygevoeg een van die seuns het hom waarskynlik verkeerdelik geïmpliseer omdat hy nie met dié seun se neef oor die weg gekom het nie.

“Hy [die neef] het hom seker beïnvloed. Hy was een van die boelies en mense wat dwelms op hoërskool gebruik het.”

Persad het dit aan Rex gestel dat dit nie ʼn rede sou wees hoekom die seun hom verkeerdelik sou beskuldig nie.

Persad het Rex ook gevra oor getuienis van ʼn seun dat Rex ʼn penis uit speelklei sou gemaak het en een van die seuns gedwing het om dit in sy mond te sit. Rex het gesê die klei het aan een van die seuns behoort en hy het dit gekonfiskeer gedurende hul huiswerksessie omdat hy meen dit het hul aandag afgetrek. Hy sê hy het nadat hul huiswerk afgehandel was die klei weer teruggegee.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Collan Rex op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

bren ·

Hy lyk na n boelie; en dalk het die met hom gebeur as kind? dat hy in n lykshuis gaan gemeenskapsdiens doen vir 5 jaar.

Ampie ·

Klink vir my of die kinders maar ‘n klomp stories opgemaak het om die onderwyser te na te kom. Wie weet wat is die waarheid?

Ellis ·

Hy het skuld erken op 144 aanklagte van seksuele aanranding en daar is cctv film waar gesien kan word wat hy met een van die seun gedoen het. Klink nie vir my of hy onskuldig is nie.

Blameer die slagoffer ·

Mense soos jy is die rede dat soveel slagoffers van verkragting, molestering, huishoudelike geweld en vele meer, stil bly as so iets met hulle gebeur. Daar is altyd iemand wat die slagoffers blameer. Hoeveel sake van kinder molestering kon al in die verlede gestop geword het en die misdagers vasgetrek kon geword het as die betrokke groot mense net wou luister en glo? Hierdie ou het skuld erken en steeds word die slagoffers verdink. Ksn jy jou indink waar deur daardie kinders moet gaan. Hulle is geskend vir die res van hul lewens, hierdie “man” het iets weggevat van hulle. Hy moet sit. Hy sal syne wel in die tronk kry.

Stuiwer ·

Hoekom sal kinders sulke stories opmaak? Die waarheid sal uitkom. Dis klaar besig om uit te kom en dit lyk nie juis of die onderwyser onskuldig is nie.

Naief ·

Ai – die persoon lyk eintlik baie opreg en naief. Jonk met streke.
Ek hoop maar die veroordelendes sien die mens agter die storie.

Naief - wat praat jy? ·

Naief – om ‘n kind te wurg tot hy sy bewussyn verloor is “jonk met streke”? Ek dink jy kort ook hulp.

Wow ·

So ek neem aan molesteerders, verkragters ens kan vrygespreek word as hulle jonk is. Ek wonder hoe kinderagtigheid, en naiwiteit gekoppel kan word aan sulke wrede dade. So m.a.w hier word kinders negatief geafekteer vir die res van hulle lewens. Maar dis okay, die ou was jonk en naief. Boonop LYK hy nie soos ‘n booswig nie, so hy moet onskuldig wees. Jy moet jou oe oopmaak en bietjie gaan dink hoe naief jy is.

Oop oge ·

…”jonk met streke” @ 144 maal !!!
Klink vir my meer na iemand oorvloedig beset met imorele demone.
Die satan is daar om te vernietig nie om op te bou nie…..en ouderdom is nie n faktor nie…

Hoe nou ·

Daar is ‘n hengste groot verskil tussen onvolwasse en pervers. Dit verstom my altyd hoe die oortreders hulle dade probeer regverdig.

Johann ·

Hoe kan n skool SO bli nd en doof wees, dat daar HONDERDE situasies by herhaling plaas gevind het? Die skool staan NET so skuldig… of was die gedagte dat dit bloot deel is van die skool se kultuur????? En nou is een persoon, hoe skukdig ook al, n maklike teiken en aandag afleier van die skool se absolute onverandwoordelikheid!

Asmain ·

Is die man n gekwalifiseerde onderwyser?
Hy is bitter jonk om al te kan skoolhou?

toy ·

Waar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie. As hy onskuldig is hoekom sal hy op 144 aanklagte skuld erken.

Stuiwer ·

Seuns sal nie ‘n onderwyser “verkeerdelik beskuldig” van al hierdie dade nie. Waarom hulleself in hierdie ongemaklike situasie plaas as dit nie waar is nie?

Naomi ·

Nee wat, mnr skuldige, jy het lekker gespeel en genot net vir jouself gehad. Daardie kinders het maar net stil gebly, want dit is ,glo my, n te groot verleentheid om dit aan ander te noem as so iets met jou gebeur… en die kans dat iemamd jou gaan glo as jy dit vertel is minder as 0.001% Dis altyd die arme slagoffer wat jok of verbeel…ek weet ek was ook daar waar daardie kinders nou is. Dis al 18 jaar terug wat ek deur God se genade van so persoon kon vlug, ja jy vlug maar net want almal sien wat aangaan, maar niemand is “mens” genoeg om teen die oortreder op te staan nie, hulle maak eerder graag jou as slagoffer die leuenaar, draai maklik hul rug op jou en loop sonder enige ongemak voort. Sterkte seuns, net God kan daardie skade wat julle aangerig is herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.