Afrigter wat glo met seuns lol se regspan onttrek

Parktown Boys High School (Foto: Google Maps Street View)

Die voormalige waterpolo-afrigter van die Parktown Boys’ High School in Johannesburg wat teregstaan op 160 aanklagte wat strek van seksuele aanranding en verkragting tot poging tot moord, se verhoor kon nie Maandag begin soos wat verwag is nie.

Die 22-jarige beskuldigde, wie se naam nog weerhou moet word, se regspan het Maandag in die Palm Ridge-landdroshof aan die saak onttrek aangesien hulle nie betaling ontvang het nie.

Die man het om regshulp aansoek gedoen en sy nuwe regsverteenwoordiger moet op die hoogte van die saak gebring word, voor die verhoor kan voortgaan. Die saak is derhalwe tot 13 Augustus uitgestel. Die man se borgtog van R3 000 is verleng.

Maroela Media het vroeër berig die beskuldigde is in November 2016 in hegtenis geneem nadat die man glo ʼn 15-jarige seun in die koshuis se sitkamer onbehoorlik aangeraak het. Die beweerde aanranding is deur veiligheidskameras by die skool opgeneem en het sodoende onder die skoolbestuur se aandag gekom.

Die beskuldigde moes pligte by die skool se koshuis verrig en het ook waterpolo afgerig. Hy word daarvan beskuldig dat hy op onvanpaste wyse aan leerders by die koshuis gevat het.

Die beskuldigde het dissiplinêre stappe vrygespring deur uit sy pos by die skool te bedank kort nadat die beweerde oortredings aan die lig gekom het. ʼn Strafregtelike aanklag is egter ingedien en hy is in hegtenis geneem. Hy is ʼn maand later op borgtog vrygelaat.

Minstens 23 seuns tussen 14 en 16 jaar oud het na vore gekom as klaers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dibby ·

Hoekom die kriminele so beskerm moet word, gaan altyd my verstand te bowe. Hulle dade kan nie ongedaan gemaak word nie, hoekom het hulle soveel “regte”. Die slagoffers is tog ontneem van hulle regte…

Erica ·

Dit bekommer my hoe so iemand in die eerste plek aangestel is om met kinders te werk. Daar moet regtig meer moeite gedoen word met die “screening” van aansoekers vir dié tipe post. Die man is duidelik siek, iewers moes iemand tog iets geweet het.

IK ·

Ook poging tot moord en hy word losgelaat? Kyk wat het op Reitz gebeur met Le Roux of vergelyk ek nou appels met pere?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.