‘Afrika in beheer van sy eie lot’ – Ramaphosa

Cyril Ramaphosa by die Rusland-Afrika-beraad (Foto: Cyril Ramaphosa/Twitter)

“As Afrika-lande, nasiestate en as kontinent is ons in beheer van ons eie lot.”

Só het pres. Cyril Ramaphosa Vrydagmiddag op die tweede Rusland-Afrika-beraad in Sint Petersburg in Rusland gesê.

Ramaphosa is een van 49 Afrika-leiers wat die beraad wat Donderdag en Vrydag in president Wladimir Poetin se tuisstad aangebied is, bygewoon het.

Hierdie tweede Rusland-Afrika-beraad is ’n geleentheid om internasionale samewerking en vennootskappe vir Afrika se ontwikkeling verder te versterk.

Hoewel Ramaphosa die samewerking tussen Rusland en Afrika verwelkom, voel hy ook sterk dat Afrika-lande niemand iets skuld nie.

“Afrika-lande, as soewereine state, behoort onafhanklike buitelandse beleidsbenaderings te kan volg wat nie aan enige van die groot globale moondhede of blokke iets verskuldig is nie,” het die president in sy toespraak gesê.

“Ons aansienlike hulpbronne word eerstens tot voordeel van Afrika aangewend, om Afrika-ekonomieë te laat groei en om volhoubare ontwikkeling na te streef.

“Ons soek wederkerige handel en belegging, en dat die goedere, produkte en dienste uit Afrika op gelyke voet in die globale ekonomie meeding. Respek en wedersydse voordeel is die onderbou van ons internasionale betrekkinge.”

Die voorgestelde Rusland-Afrika-aksieplan vir die komende jare behoort in lyn te wees met die tweede tienjaar-implementeringsplan van die Afrika-Unie se Agenda 2063-visie om ekonomiese integrasie en inklusiewe sosio-ekonomiese ontwikkeling te verwesenlik. Dit sal beter samehangende en meer handelingsgeoriënteerde intervensies verseker, sê Ramaphosa.

Volgens Ramaphosa moet daar gesamentlike monitering en evaluering van die aksieplan wees. “Ons moet gesamentlik die nodige befondsing vir implementering toeken en verantwoordelik wees vir konkrete uitkomste.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HPJ ·

Stem nooit met Ramaposa saam nie Maar hier is hy reg Afrika moet weg beweg van die moreel verotte Weste en hulle liberale beleid In SA ongelukkig het ons nog die DA wat in Washington se gatsak is Dit kan n mens sien in hulle liberale ondersteuning van LBTQ Familie waardes bestaan nie meer vir die DA en Weste nie N Mens kan nie twee godde gelyk dien nie Die DA kan nie vir familie waardes en LBTQ staan nie

Johann ·

Sê die een wat voor staan met sy bakhand lieg stories? Selfde tyd as sy kaders in die USA gaan bedel! Vang nie hy is ‘n “show piece” vir sy kameraad Putin nie…baie important.

Johan ·

Indien Afrika van die weste ontslae kan raak…ja, dan is hy reg. Die weste is klaar. Waar het Sjina of moderne Rusland enige Afrika land verslaaf, destabiliseer of geplunder….noem dit ASB. Waar hulle help is dit hulp in ruil vir hulpbronne, nie skuld wat nooit terug betaal kan word nie ook nie om n ” puppet” regering aan bewind te hou (soos die vsa)nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.