Afrika se ekonomiese herstel ‘lê in landbou’ – Didiza

Minister Thoko Didiza. (Foto: GCIS)

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het Donderdag gesê die landbousektor moet die middelpunt vorm van die land én die vasteland se ekonomiese herstel ná Covid-19.

Didiza het op internasionale dag van landelike vroue gesê dat ʼn beroep op regerings gedoen moet word om op landbou te konsentreer wanneer na kwessies van ekonomiese herstel gekyk word.

“Dit is belangrik vir voedselsekerheid, maar ook as grondslag vir enige nywerheidsontwikkeling in ons lande,” het Didiza gesê.

Die Verenigde Nasies (VN) het internasionale dag vir landelike vroue gevestig as ʼn manier om hulde te bring aan die rol en bydrae van vroue in landelike gebiede en in die landboubedryf.

Didiza het gesê dat plattelandse vroue ten spyte van die Covid-19-pandemie steeds veerkragtig is en kos op hul gesinne se tafel sit.

“Een van die ingrypings is om te verseker dat vroue toegang tot grond vir produksie het. Ons het boerderymeganismes nodig wat vroue se vermoë sal verbeter om die landbou-ekonomie en landboubesighede te betree.”

Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) maak plattelandse vroue ʼn kwart van die wêreldbevolking uit. “Ten spyte hiervan is die gaping tussen mans en vroue se salarisse soms meer as 40%.”

Volgens die organisasie se verslag “Plattelandse vroue by die werk” sal landbouproduksie in ontwikkelende lande, as vroue dieselfde toegang as mans tot hulpbronne het, tussen 2,5% en 4% toeneem en sal die aantal ondervoede mense in die wêreld met tussen 12% en 17% daal.

Die organisasie sê dat plattelandse vroue weens huishoudelike take steeds meer pligte as mans het, maar steeds minder betaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Werner ·

Die een droom wilder drome as die ander.Solank die land deur die onbevoegde komuniste regeer word gaan hy net verder in die drein af.Weet nie of hy nog verder as die bodem kan val nie want dit is waar ons nou is

Persheks Adri ·

Praat sy nou spesifiek van “our people” se vrouens? Mmmmmmm… Die hoenders en beeste kon hulle nie eers aan die lewe hou nie!

Nee, wat jy kort is ‘n blanke boer/vrou wat wéét hoe dit werk! Ons word eerder vermoor as wat julle kan dink WIE sit jou kos op jou tafel! Jy gaan koop dit nie by Checkers nie hoor

Anoniem ·

Korrek, 6 Newcastle siek hoenders, 4 Mastitis Koeie en 2 rye Marog is nie ‘n boerdery nie.

Byekonfyt ·

Regtig mev Didiza? En wat van al die plaasaanvalle in die landelike gebiede? Jy moet seker eers sorg dat die mense veilig is voor die “ekonomiese herstel” kan plaasvind. Vee eers voor jou eie deur voor jy internasionale advies gee. Actions speak louder than words.

Dries ·

Slegs haalbaar indien REGTE landbouers die skip stuur! So droom maar voort Minister.

Byekonfyt ·

“……landbousektor moet die middelpunt vorm van die land én die vasteland se ekonomiese herstel ná Covid-19.”

Maar sien jy ook hoe maklik Covid-19 gebruik word? Gerieflik.

JohanR ·

Suid Afrika se ekonomiese herstel le in dat die ANC moet #Voertsak!

Anon ·

Ooooo, ek sien die “landbou sektor” moet die ekonomie herstel… En dit bestaan uit wie en wat? Boere? Nee nee, wend julle na die EFF, Malema weet mos hoe om ‘n ekonomie te bou.

annie ·

En vanmiddag het die prez nie ‘n woord gerep oor hierdie Point No 1 nie terwyl Didiza groot gewag maak van die idee dat die land se ekonomiese herstel in landbou lè… en sy is ook die minister van grondhervorming. Wat sou dit behels: Seker chemiese metodes om nuwe grondtipes daar te stel. Of is hierdie dalk nog ‘n skelm truuk wat net stilletjies uitgerol gaan word agter die tv-skerms en die prez het vanmiddag eintlik net ge-baby-chocolate vir ongelukkige ANC-kiesers. Die res kom nog.

Peetjie ·

Om ekonomies n plaas tot stand te bring en ekonomies volhoubaar te hou, is nie om net vir jouself te sorg nie…

Jan ·

Wel, vir duisende jare was daar geen verbouing in afrika suid van die sahara nie – as hulle kon, sou hulle.
Maar ja waarheid mag mos nie gepraat word nie want dit kan dalk iemand offend.

christo ·

Die geskiedenis het bewys dat Afrika net bestaansboere oplewer. Die ANC is nou agter die landbou aan omdat hulle reeds die res van SA se industrieë verwoes het. Landbou is die enigste bedryf wat ekonomiese groei toon. As mens na die ANC lywe kyk kan mens sien hulle sit naby die pot en skep groot aan kos wat wit boere produseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.