Afrika se laaste ysbeer in JHB-dieretuin uitgesit

Wang die ysbeer. Foto: Johannesburgse Dieretuin

Wang die ysbeer. Foto: Johannesburgse Dieretuin

Afrika se laaste ysbeer is dood, het die Johannesburgse Dieretuin Woensdag aangekondig.

Jenny Moodley, woordvoerder van die dieretuin, sê die ysbeer, genaamd Wang, moes weens lewer- en hartversaking uitgesit word.

Moodley sê Wang is omstreeks 12:00 deur dr. Brett Gardener, die dieretuin se hoofveearts, uitgesit.

Wang is in November 2010 met ‘n lewerkwaal gediagnoseer.

Volgens Moodley is Wang in 1984 in China gebore, en het hy in 1986 by die dieretuin aangekom as deel van ‘n bewaringsuitruilprogram met ‘n dieretuin in China.

Moodley sê ysbere word gewoonlik sowat 30 jaar oud.

GeeBee, die ysbeer wat vir 27 jaar saam met Wang aangehou is, is in Januarie weens natuurlike oorsake dood.

“Agnes Maluleke, Wang se bewaarder, het verseker dat Wang se laaste dae gevul was met verrykingsprogramme en spesiale bederfies, insluitend sy eie Valentynsdag-vieringe,” het Moodley gesê.

Die dieretuin het in 2010 besluit om nie die ysbere te vervang nie.

“Dié besluit is steeds in plek,” het sy gesê

Die dieretuin gaan as ‘n huldeblyk aan Wang, die Zoo Trot-pretloop op 14 September aan hom opdra.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rosemary Fouche ·

Ons het die Johannesburg Dieretuin in Junie besoek en was geskok om te sien dat die ysbeer en seekoeie omtrent geen water in hul hokke gehad het nie. Beslis nie genoeg om n lyf te bedek nie. Die ysbeer was duidelik baie depressief

Caroline ·

Die ysbeer moes nooit in Afrika gebly het nie. Dit was nie sy wêreld nie. My hart pyn vir die verlange wat hy moes ervaar het. Hy het nie verstaan nie. Hy was n dier wat nie n keuse gehad het nie. Sies mense.

Dave ·

Jy verstaan maar moeilik nè Paul. As Caroline die moeite wou doen sou sy stadig aan jou verduidelik het dat sy sisteem ingestel is vir ‘n ander omgewing en nie diè van Suid Afrika nie. ‘n Omgewing waar hy op ys kon speel en kuier. Ag los maar… ek verstaan waarom Caroline nie die moeite wou doen. Gaan speel rekenaar-speletjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.