Afrika se vredesending na Rusland, Oekraïne begin binnekort

Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa en Russiese pres. Wladimir Poetin tydens ‘n beraad in 2019. (Argieffoto: Sergei Chirkov/AFP)

Afrika-leiers, ook pres. Cyril Ramaphosa, sal later vandeesmaand na Rusland en Oekraïne reis in die hoop om vrede tussen die twee lande te bewerkstellig.

Die Russiese president, Wladimir Poetin, en Oekraïne se president, Wolodimir Zelenski, het albei verlede maand ingestem om ʼn vredesending vanuit Afrika te ontvang.

Altesame ses leiers sal deel vorm van die afvaardiging wat ook bestaan uit die president van die Republiek van die Kongo, Egipte, Senegal, Uganda en Zambië.

Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, sê die betrokke presidente het Maandag vergader en ooreengekom dat hulle “elemente van ʼn wapenstilstand en blywende vrede” met Poetin en Zelenski sal bespreek.

“Die presidente het ook hul beskikbaarheid om na die lande te reis, bevestig.”

Pres. Azali Assoumani van die Comore-eilande het ook Maandag se virtuele vergadering bygewoon in sy hoedanigheid as hoof van die Afrika-unie (AU).

Dit is nie duidelik wanneer presies die leiers na die lande sal vertrek nie, maar volgens Magwenya sal dit teen “middel Junie” wees.

Intussen sal die betrokke lande se ministers van buitelandse sake “die elemente van ʼn padkaart na vrede finaliseer”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

JvR ·

Die media noem dit n “vrede sending”. Die wat gaan noem dit ‘n “shopping spree”

Tersia ·

Ag asseblief, hulle kan nie eens vrede in hulle eie land bewerkstellig nie.

Amelia ·

Glo nie daarsal vrede kom nie maar kom ons hoop maar Rampie wat vat jy saam vir poetin of gaan hy vir jou n geskenkie he

Esme ·

Miskien net ‘n uitruil van geskenkies…. Phala Phala vir eiendom in Rusland….

Sean ·

Nou wat sê jy vir Zelenski Wat het Lady R in Simonstad gedoen? Wat soek n russiese skip hier in die eerste plek maar jy wil Ukraine toe!!!!!!

Marieta ·

Ramaphosa, sorteer eers jou eie kombuis uit voor jy mooi broodjies in ander lande wil gaan bak. Dinge raak besonders warm hier en ons is keelvol vir jou leë beloftes!

Esme ·

Asseblief! ‘n Sekere Mnr Ramaphoza kan nie eers krag aan sy eie land voorsien nie. Vrede? Miskien moet ‘n Vredesmag na die suidpunt van Afrika gestuur word, want ek dink daar is tans meer vrede in Rusland en die Oekraiene as wat daar in Suid-Afrika is.

Dup ·

ñ Groep narre oppad na ñ vredesending.Kan jy nou meer,hulle kan nie eers hulle eie lande in orde kry nie.

annie ·

Ons Afrikaners raak belaglik. Noudat ons niks het om te doen nie, praat ons twak. Ons het ons kanse verspeel om vir ons ‘n plekkie uit te skrop, toe dons ons die wildernis in en los ons pragtige Kaapse plase vir vreemdes. Die Russe het ons in die AB kom help teen die Britte, maar nou is ons net te lief vir als wat Ingels is. Stuur sommer ook geld vir Zolly. Hy is al skatryk, maar nog is nooit te versmaai nie.

Jaco ·

Uiters vreemd dat die ANC so min of meer vir Rusland steun. Rusland wil basies die etnies-Russiese dele van die Oekraïne beset en die Russiese minderheid teen sogenaamde slegte behandeling vanaf die Oekraïne te beskerm.
Draai dié situasie nou om en pas dit op SA toe:
‘n ander land val SA aan om ‘n einde te maak aan die onderdrukking van wit mense en kleurlinge in die Wes-Kaap. Ek wonder of die ANC ook sou dink dis reg???
Ek hoop ramaphosa vra darem vir Putin vir bietjie “beloning” vir SA se stilswye en steun. Goedkoper petrol uit Rusland en Russiese tegnologie om eskom reg te maak sal BAIE help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.