Afrikaans 90: Só lyk splinternuwe roos, ‘Afrikaans’

Die splinternuwe roos, "Afrikaans"

Die splinternuwe roos, “Afrikaans”

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Donderdagaand tydens ʼn skemerkonsert by die Gerard Moerdijk-huis in Pretoria ʼn nuwe roos, “Afrikaans”, bekend gestel.

“Ludwig’s Roses het spesiaal die roos gekweek,” het Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, in ʼn verklaring gesê.

Chris Chameleon se liedjie, “Taal van liefde”, is ook op ʼn gedenkplaat in die Liedjietuin onthul.

Die FAK hou Vrydag’n taalkonferensie om die toekoms van Afrikaans in Suid-Afrika te bespreek. Die gassprekers, Theuns Eloff, Koos Malan, Henk Schalekamp, Andries Vrey en Flip Buys, sal opleidings-, politieke en kulturele strategieë bespreek. Die Afrikaans 90-koek is tydens dié geleentheid gesny.

Afrikaans is op 8 Mei 1925 deur die parlement as amptelike landstaal van Suid-Afrika en Namibië erken. Dit was die vrug van ’n halfeeu se dink en doen deur taalpioniers om Afrikaans tot volwaardige taal te ontwikkel. Afrikaans as landstaal het tot ’n erkende wêreldklastaal ontwikkel. Op 7 en 8 Mei 2015 vier die FAK die 90e herdenking van Afrikaans as amptelike landstaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eliza-beth ·

Ek hoop darem dit RUIK na roos!Self is ek mal oor ‘n lekker vet geel roos, maar nou-ja, persoonlike smaak…

Yvette vd Merwe ·

Pragtig wat ‘n wonderlike manier om ons taal te vier. Waar kan ek die roos koop?

Sune van Heerden ·

Dagsê Yvette

Vra gerus jou naaste kwekery of hulle die roos vir jou kan bestel by Ludwig’s Roses.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.