Afrikaans bly vir eers by Meyerspark

skoolskoene-2

Argieffoto

Die Gautengse onderwysdepartement het bevestig dat Afrikaans as onderrigmedium vir 2017 by Laerskool Meyerspark sal bly.

Talle besorgde ouers het hulle na die media gewend nadat hulle in kennis gestel is dat Afrikaanse klasse vir gr.2 tot 6 van volgende jaar afgeskaf sal word. Die beheerliggaam het ook besluit om die skoolure van die skool te verleng en die skool se uniform en embleem te verander omdat dit ʼn Afrikaanse leuse bevat. Die ouers het verlede week ʼn prokureursbrief met hul griewe aan die onderwysdepartement oorhandig waarna die departement ondersoek ingestel het.

“Afrikaans sal nie in die volgende akademiese jaar by Laerskool Meyerspark afgeskaf word nie,” het Oupa Bodibe, ʼn woordvoerder van die departement, gesê. Hy het bevestig dat die beheerliggaam van die skool sekere prosedurele foute begaan het tydens die besluit om die onderrigmedium en die naam van die skool te verander.

laerskool-meyerspark-embleem

Laerskool Meyerspark se embleem soos dit tans lyk gaan binnekort verander. Foto: Rainbowgr.com

“Die beheerliggaam is wel by magte om besluite te neem oor die taalbeleid van ʼn skool, asook ʼn skool se naam, embleem en uniform. Hierdie besluite moet egter in oorleg met die ouers en skoolgemeenskap geneem word en dit is net voorstelle wat vir goedkeuring aan die onderwysdepartement se betrokke distrikskantoor voorgelê moet word.

“Die beheerliggaam kan nie net een oggend opstaan en summier besluit om die skool se taalbeleid te verander nie. Die realiteit is dat daar net 164 Afrikaanse kinders in die skool van 1 297 leerders is. Die skool sal een of ander tyd moet verengels. Nogtans kan ʼn skool nie net die Afrikaanse leerders uitskop nie, daar moet voorsiening vir hulle gemaak word,” het Bodibe gesê.

Earl Kim-fley, ʼn ouer wat die groep besorgde ouers verteenwoordig, het bevestig dat die ouers nog geen formele terugvoer van die onderwysdepartement of skool ontvang het oor die besluit vir die komende akademiese jaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Buitestander ·

Waarmee is die beheerliggaam nou besig? Vir wie werk hulle? Vra maar net.

BS ·

Wat is fout met hierdie Afrikaanse kinders se ouers? Neem jul kinders Skuilkrans toe n baie beter gehalte skool

CJ ·

Geagte BS, daar is niks fout met die Afrikaanse kinders se ouers nie. Ons baklei vir ons kinders. As ons Afrikaners, elke keer as iemand sê ons moet verengels of verdwyn, stert tussen die bene koers vat elders heen, sal daar uiteindelik nêrens Afrikaans oorbly nie. Ons weier om geboelie te word. Daar is prosedures en die prosedures is nie gevolg nie.

Loslip ·

CJ julle moet miskien meer agslaan op die werklikhede van syfers – 164 Afrikaanse kinders in ‘n skool met 1,297 leerlinge…

Reinhardt ·

CJ, ek stem saam met Loslip. Ek verstaan jou griewe, werklik ek doen, maar ongelukkig is ons in die minderheid in sekere streke. Slegs 12.7% van die skool is Afrikaans, dus is dit nie ekonomies volhoubaar nie. Sterkte vorentoe.

andrea van vuren ·

Irene, weet jy, as belastingbetaler, gaan jy moet betaal vir ‘n nuwe skool wat gebou moet word? Word wakker en veg vir ons taal en opvoeding!

Jan ·

Ek het my laaste respek vir Afrikaanse skole en die ouers in Tshwane verloor. Hulle verdien dit. Hulle kan nie eens vir één skool wat Afrikaans is opstaan nie. Staan dan saam dat ten minste een skoolvir Afrikaans in die hele Pretoria/Tshwane behoue bly, maar julle is ook daarvoor te slap.

Julle verdien engels, of niks.

Jan ·

Ek moes byvoeg, Lesufie sit met sy getalle beleid in skole en gebiede wat hy afkamp vir julle ore aan. Hy lag vir julle want hy weet julle het nie ‘n teenvoeter nie. Probeer julle ook ‘n Afrikaanse skool daarstel met kinders van elders af wat in die kosuis tuisgaan, wen hy die argument met sy afbakening.

En dan word die skool se leuse sommer net verander. Lesufie het nie ‘n Dingaan nodig nie, die Afrikaner het net nie antwoord nie. Hulle stap oopoë daarin, hu loop oor julle.

Seep box ·

Jan, jou kommentaar maak glad nie sin nie. Dalk verstaan ek jou nie nou mooi nie, of dalk het jy die berig nie mooi gelees nie? Die ouers het mos nou saam gestaan (opgestaan) vir hulle taal en die ouers was boonop in die minderheid ook. En ten laaste! “Tshwane” het nog baie skole wat se onderrig slags in Afrikaans is.

Jan ·

Seep, dis hoekom Lesufie met julle speel, hoe kan bv 50 ouers teen ‘n oormag opstaan? Hy gaan julle elke keer met afbakening en getalle klop. die Arikaanse skole wat daar is word stadig al meer inkatrol. Kyk die werklikheid in die oë, want as julle so by redineer soos jy, is daar eersdaags geen Afrilkaanse skool oor nie. Julle dink als is 100, maar sien nie die rooi ligte flikker nie. Met hoeveel het die Afrikaanse skole in Tshwane die afgelope 10 jaar verminder? en wat is die verwagting oor die volgende 10 jaar?

Seep box ·

Jan, ek sal graag syfergewys wil weet hoeveel skole die afgelope 10 jaar in Tshwane verengels het, Sal interessant wees om te sien. Ek bly al vir 17 jaar in dieselfde area en in n groot radius om my weet ek nog nie van een skool wat verengels het nie (en daar is baie). Jan, jy sê jy’t “jou laaste respek vir ouers in Tshwane verloor” en “julle verdien engels of niks”. Wat se verskil maak jy Jan. Deur af te kraak maak jou beter as die persoon na wie jy in jou kommentaar verwys? Ek staan eerder saam met die 50 ouers as om net agteroor te sit en kritiek te lewer oor hoe sleg Afrikaners is.

YH ·

Natuurlik staan ons op vir ons kinders en hulle skool. As ons nie het nie sou hierdie ongeruimdhede nooit in die openbaar gekom het nie…ek het geweet hierdie mense het nie n kans nie want alles wat hulle gedoen het is nie behoorlik deurgevoer of deur gedink nie. Die beheerliggaam dink hulle kan net instap en oorneem…surprise surprise….

gert ·

Moenie klippe gooi nie Jan. Waarom help jy nie eerder hierdie ouers nie. Mens gooi nie net die handoek so sonder probeer in nie. Hierdie ouersbewys hulle het rugraat

Jan ·

Diegene hier bo wat enigsins met my verskil, lees weer, daar word duidelik uitgespel, die skool sal een of ander tyd moet verengels. Dus is dit uit die Afrikaanssprekende leerlinge se ouers se hande uit.

Nie-Afrikaans sprekendes word gedwonge in Afrikaanse skole opgeneem en nie lank nie, raai wat, of mis julle my punt? Die skroewe word aanmekaar deur Lesufi vaster gedraai en Niemand in Tshwane, geeneen van die Afrikaanse skole sal daarvan ontsnap nie. Vertel my ek leef in ‘n ander land of gooi die handdoek in as ek die realiteit uitspel. Nie niemand van die ouers het ‘n antwoord om Afrikaanse skole te laat voortbestaan nie.

Vertel my ek droom as ek sien Lesufi staan met ‘n hamer en ‘n beitel in die hand en kap die blok stukkie vir stukkie totdat dit hom pas, en geen ouer het ‘n antwoord daarop nie.

Sannie ·

Ek stem saam met Jan. Sal dit net bietjie anders stel. Vind uit hoeveel kinders die skool kan vat. Dan kan Afrikaanse ouers saamstaan en lank voor die tyd hul kind by die skool inskryf. Dan is daar driekwart Afrikaanse kinders en n kwart ander tale. Huidiglik is daar n paar Afrikaanse kinders in verskillende skole. Gooi die klomp saam en daar gaan nie n probleem wees dat Engels die skool oorvat nie. Ons Afrikaners is ons eie ondergang. Staan tog n slag saam. Praat met mekaar!! As n skool vol Afrikaanse kinders kan lesufi nie oorvat nie. Werf Afrikaanse kinders vir n skool van jou keuse

Minnie ·

n Simpel vraag van my: Hoekom is Meyerspark Laerskool gekies om deur nie Afrikaans spreekendes by gewoon te word ?? Agv dissipline, opvoeding en morele waardes, ????? Wat van n foto “Before ” en “Now “

Jan ·

Sannie, dit wat jy sê, is die enigste wat sin maak. Mens moet onthou dat Lesufi is ook nie dom nie, hy weet dat wit mense ongelooflike kennis en kundigheid het, opgeleid is, baie dryf het, en als vir die opvoeding van kinders sal gee, hulle is betrokke. Dis hoekom hy Afrikaanse skole teiken. Kyk hoeveel wit onderwysers bly in die skole behoue nadat hy dit verengels het.

Sê maar net. ·

Ek het ‘n oplossing. Bou skole sonder dakke en vensters. En sement tafel bladdens. Elke ouers kan as hulle wil vir sy kind n kussinkie maak wat hy dan saam met hom vat soos die klasse wissel. Of dalk nog beter. Laat die onderwysers klasse wissel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.