Afrikaans by universiteite: Hoe lyk die pad vorentoe?

Graffiti op 'n muur by die Universiteit van Pretoria tydens betogings oor die taalbeleid by dié universiteit in Februarie 2016 Foto: Verskaf

Graffiti op ‘n muur by die Universiteit van Pretoria tydens betogings oor die taalbeleid by dié universiteit in Februarie 2016 Foto: Verskaf

“Die nuus oor Afrikaans by die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria is nie goeie nuus nie, maar hoe hanteer ons dit vorentoe?”

Volgens Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, erken die organisasie veeltaligheid en die dringendheid om bykomende kapasiteit vir tersiêre onderrig te vestig, maar dit is verkeerd om die bestaande kapasiteit te verander en bloot met Engels te vervang. “Afrikaans se hoër funksies bly in die slag en die bevordering van ander inheemse tale bly meestal net lippediens. Afrikaans is ʼn belangrike opleidingstaal en die verdere inkorting daarvan ontneem baie Suid-Afrikaners van opleidingsgeleenthede. Dit beïnvloed uiteindelik die regering se doelwitte om werk te skep en kundighede te ontwikkel.”

Volgens Gouws het die ATKV vroeër die week gesprek gevoer met die rektor en visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch, prof. Wim de Villiers, asook prof. Nico Koopman, viserektor.

“Prof. De Villiers het verduidelik dat die nuwe taalbeleid in twee woorde saamgevat kan word, naamlik toeganklike veeltaligheid. Hy het verduidelik dit beteken dat, waar daar ’n aanvraag is vir studie in Afrikaans, die beleid ten doel het om dit wel aan te bied,” het Gouws gesê. “Dit beteken dat die Universiteit van Stellenbosch steeds ʼn Afrikaanse aanbod sal hê terwyl daar ʼn aanvraag daarvoor is.”

Gouws het ʼn beroep op mense gedoen om van die Afrikaanse aanbod by die Universiteit van Stellenbosch gebruik te maak deur studente daar in te skryf vir onderrig in Afrikaans.

“Proff. De Villiers en Koopman het tydens ons gesprek onderneem om verdere gesprek te voer oor hoe instansies soos die ATKV en die universiteit kan saamwerk om veeltaligheid, moedertaalonderrig, taal- en kultuuraspekte en nasiebou gesamentlik te bevorder,” het Gouws gesê. “Die ATKV is van mening dat die hele taaldebat op universiteite verdeeldheid weens onvoldoende kommunikasie veroorsaak het. Ons moet die beste van die saak maak, vertroue weer herstel en saamwerk om bogenoemde doelwitte te bereik tot voordeel van alle diverse gemeenskappe in Suid-Afrika.”

Die FAK het intussen gesê die universiteitsrade van Stellenbosch en Pretoria het Afrikaans verneder deur die taal se status as hoëvlak-universiteitstaal af te gradeer.

Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, het die universiteitsraad van Pretoria  “diskriminasie teen moedertaalsprekers gelegitimeer en geïnstitusionaliseer deur die aanvaarding van gelyke diskriminasie as regsbeginsel vir die nuwe taalbeleidstellings. Dit is ’n dramatiese wegbeweeg van die huidige taalbeleid wat sê daar sal geen taaldiskriminasie teen Afrikaanse of Engelse studente of dosente wees nie. Grondwetlike taalbeskerming is nie die papier werd waarop dit staan nie.”

Volgens dr. Langner is die raadsbesluite die voltrekking van ’n proses waar die regering sedert 1994 doelbewus die beginsel van meertaligheid vernietig het deur eentaligheid en rasseverteenwoordiging op feitlik elke lewensterrein af te dwing. “Die raadsbesluite is baie duidelik oor Engels, maar vaag oor Afrikaans. Die deur is gelukkig nog oop vir die aanbied van Afrikaanse klasse in teologie en onderwys en die uitbou van ’n sterk Afrikaanse departement. As die waarborge nie in ’n beleid neergeskryf en die beleid toegepas word nie, is die skrif aan die muur vir Afrikaans as kerk- en skooltaal.”

Volgens dr. Langner kan niemand ook die feit wegredeneer dat ’n groot aantal Afrikaanssprekende studente en dosente slegs Engels verkies nie. “Engels het die afgelope paar jaar die de facto-universiteitstaal geword. Dit was nie die EFF nie, maar Afrikaanse dosente wat vir algehele verengelsing geveg het.”

Die FAK is steeds hoopvol oor die toekoms van Afrikaans as akademiese taal. Volgens dr. Langner gaan die FAK sy volle gewig ingooi by die uitbouing van Akademia as volwaardige Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit en sal spesifiek betrokke raak by die ontwikkeling van drie nuwe graadkursusse op die vakkundige gebied van Filosofie, Afrikaans en Geskiedenis.

Flip Buys, voorsitter van Solidariteit, het intussen gesê die stap van die universiteite bevestig dat private instellings die enigste uitweg is. “Dit is ’n pad wat nou gevolg moet word, nie net vir Afrikaans nie, maar ook vir toegang tot onderwys vir Afrikaanssprekendes.”

“Maties en Tukkies wou deur hul besluite om te verengels finaal breek met hul ‘volksuniversiteit’-verlede. Hulle gaan nou ’n toekoms as ‘staatsuniversiteite’ tegemoet. Die tyd sal leer of só ’n toekoms inderdaad ’n toekoms is, en of hulle eerder ’n blink verlede agterlaat. Natuurlik sal hulle dit nou ontken, maar die uiteinde van hul goeie bedoelings is teen díe tyd logies voorsienbaar,” sê Buys.

Volgens Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, kom die beste universiteite wêreldwyd uit die gemeenskap en is privaat en vry van die staat. Dit is beter om self beheer te hê as om dit na die staat uit te kontrakteer. “Die besluit oor Afrikaans by UP en US is die einde van ’n era van Afrikaans deur die staat. Private instellings is die begin van ’n era van Afrikaans deur die gemeenskap,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Otter ·

Ek stem saam met Flip Buys en Lance – ons moet werk maak van Afrikaanse tersiëre instellings.

leon - Centurion ·

Dit is eenvoudig. As my taal nie goed genoeg is vir die Staatsuniversiteite nie dan sal my belasting ook nie wees nie. Die beste dosente sal vining pad gee na private instansies of na die buiteland.

Thuunda ·

Daar is geen, maar GEEN manier dat US of TUKS se standaarde gehantaaf sal word nie, gebasseer op die onlangse geskiedenis van hoe die reenboognasie optree nie.

Hierdie hele storie is dalk ‘n seen wat die Afrikaners uiteindelik sal laat saamstaan, die wat wil bou inelkgeval.

Koos ·

Ek dink dit is ‘n goeie ding,nou kan die Afrikaanse sprekende sy eie universiteite tot stand bring waar hy ordentlike onderrig gaan ontvang sonder die inmenging van ‘n regering wat wit Afrikaners haat en nie sal rus voor hulle ons geskiedenis vertrap het nie…hou julle Tuks en vernietig dit soos die skole wat tot as verbrand is

Ada ·

Stem saam – laat ons ons eie ding doen en vooruitgaan. Die Rektore gaan een van die dae sonder werk sit want daar sal nie geld wees vir salarisse nie want die blankes gaan na private Universiteite oorslaan soos Akademia. Hulle gaan met die gemors sit oor hulle besluit. Wonder of hulle al begin uitkyk vir werk oorsee. wat jy saai sal jy maai. Wag maar en sien.

uhmmm ·

Dit sal nie gebeur nie. Waar gaan al die Afrikaanse studente die fondse kry om so Akademia te geniet? Dis net nog ‘n geldmaak bog spul. Ons Afrikaaners is nou ‘n grap.

John ·

Hoekom hul staatsuniversiteite wil word is omdat die studente nie wil en gaan betaal vir hul studies nie. Die staat gaan nou pa staan. Wat die rektore van UP en US nie weet nie is dat Sjinese, Indiers en ander volke se lektore nou poste gaan/kan vul by die universiteite danksy… Engels. US en UP kan aanvaar dat buitelanders binne ‘n afsienbare tyd die leiding gaan neem op hul kampusse. Vreemdelinge/Uitlanders het nou ook soos in Europa stilletjies nes gemaak in ons land. Hul beheer groot maatskappy en sit langbeen langs ons mooi strande op die balkonne van groot huise en uitkyk uit oor die see waar vreemde bote al ons seeslewe uitvang. Hierdie einste en geagte nuwe burgers gaan die werk van die’ mense wat die Afrikaners en hul taal so haat, wegsteel. ‘Mark my word’.

Grap ·

Uh mmm het iemand jou gevra vir ‘n donasie en dink jy Afrikaanse studente by Tuks is daar met ‘n staatsbeurs hulle ouers betaal self behalwe die wat ‘n studie lening het ek se altyd as jy nie weet vra ons sal nie vir jou lag nie

hans ·

Ek glo nie n enkele woord wat US rektor en Prof Koopman aan die ATKV gese het nie.

Etienne ·

Orania gaan ‘n bevolkingsontploffing beleef en so ook Akademia, meer en meer studente, voornemende studente, ouers , (dalk ook US en UP dosente ), sal besef dat waar die ANC beleid sy sin kry, verander als in feces……..

Etienne ·

Tyd sal leer dat Orania en Akademia ongekende groei sal geniet .Die Afrikaner sal besef dat oral waar die ANC beleid en propaganda seevier, verander alles in feces.

Janneman ·

Uhmmm, die fondse gaan van ouers , oud-studente, besighede en patrotiese mense soos ek kom wat nog n kleinkind opgevoed moet kry. Tuks en Maties gaan n groot inploffing kry en tot middelmatigheid gereduseer word – dit is n gegewe.
n Baklei en verdere geld mors in die howe gaan nie help nie aangesien dit duidelik is dat idiologie voor die grondwet gestel word.
Belastingweerhouding en buitelandse fondse is natuurlik nog n opsie,.

Chris ·

Die blanke afrikaanse studente wat aangedui het hulle wil eerder in engels studeer se kasnse is nou so te se nul veral as die sentrale registrasie stelsel eers op dreef is.Jou en jul kinders se vel kleur gaan julle diskwalifiseer.As jy toehelaay word sal daar aan jou voorgeskryf word wat jy sal swot.
Hierdie het glad nie gegaan oor afrikaans maar eerder oor blanke getalle by opleidings fassliteite.Net nog n fasette van die evonomic revolution.

Janneman ·

Ek verstaan die argument van ouers, studente en dosente dat Afrikaanse kinders sterk genoeg is om n graad te vang in Engels. My eie kinders het graad gevang in Engels by UKZN omtrent 16 jaar gelede. Ons moet so egter so bietjie verder dink, vir ons nageslag.
A.g.v. swak onderwysers, aangepaste punte, kwotas, ens, ens is baie studente eenvoudig nie toegerus nie. Noodwendig volg ongebevoegde aanstelling van AA dosente, lektore en vise kanseliers en n algehele imploffing van die stelsel vind plaas.
Ek oordryf nie, ek het self graad gevang op n rype ouderdom by UKZN en het toe al waar geneem hoe alles aangepas en verkort word om swart student te help slaag. Dit is natuurlik op rekord hoe Mokoba daarna die universiteit tot n algehele mislukking getransformeer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.