Afrikaans glo weer taboe by Maties

Universiteit Stellenbosch. (Foto: Facebook)

“I don’t care if your mammie and pappie speaks Afrikaans at home, you’re in Isa now” en “Speak English, or should I address you in front of the men?”

Dit is net sommige van die beweerde teregwysings wat veral eerstejaarstudente die afgelope paar dae by sosialiseringsbyeenkomste van verskeie koshuise van die Universiteit Stellenbosch (US) toegesnou is, glo omdat hulle met mekaar Afrikaans gepraat het.

Die organisasie StudentePlein se klagtebestuurder, Kristan Nicole Kraak, stippel in ʼn beëdigde verklaring besonderhede van verskeie voorvalle uit waarin studente aangesê is om nie Afrikaans te praat nie.

In een van die beweerde voorvalle waarsku die primaria van die Isa-dameskoshuis eerstejaarstudente onderweg na ʼn kampusaktiwiteit glo op “aggressiewe wyse” dat hulle slegs Engels mag praat.

Soortgelyke klagtes is onder meer ook by Huis Marais, Olympus en Minerva aangemeld.

Kraak se verklaring lui voorts dat getuienis van verlede jaar se eerstejaarstudente die organisasie tot die gevolgtrekking laat kom “dat daar ʼn regstreekse verbod op die gebruik van Afrikaanse in meerdere leefruimtes by die US afgedwing word, soms by wyse van intimidasie en boelietaktieke”.

Volgens StudentePlein is daar ʼn kultuur en gesindheid by die US dat daar eintlik net Engels gepraat mag word en dat die universiteit staatmaak op ʼn omslagtige en intimiderende klagteproses om die gebruik te laat voortduur.

Die organisasie sê die bevele word “van bo” afgewentel en dan deur studenteleiers ingestel.

“Kom ons wees realisties: ʼn Eerstejaarstudent wat nou net op kampus aankom, gaan nie ʼn helse bohaai oor iets opskop nie. Die universiteit sê daar word ʼn bohaai in die media gemaak, maar dat geen studente sulke probleme aanmeld nie.

“Dit is intellektueel oneerlik. Hoekom sal ʼn eerstejaarstudent gaan kla by dieselfde mense wat hom nou net uitgetrap het omdat hy Afrikaans gepraat het?”

Die organisasie sê die klagteproses by die universiteit kan maande lank duur en verg geweldige deursettingsvermoë terwyl die klaer dikwels “meer verloor as wat jy wen”.

StudentePlein voer ook aan dat die US ná die klagte van ʼn paar jaar gelede weinig gedoen het om ʼn herhaling van gebeure te verhoed.

Die Menseregtekommissie (MRK) het in 2021 ʼn ondersoek na die klagtes van stapel gestuur, maar dit is steeds nie afgehandel nie. Matthew du Plessis, die MRK se waarnemende provinsiale bestuurder in die Wes-Kaap, het by navraag gesê die kommissie se voorlopige verslag is afgehandel en aan die betrokke partye beskikbaar gestel.

“Ons sal die finale verslag binnekort bekend stel, maar moet eers insette van die partye bywerk.”

Dr. Leon Schreiber, die DA se kieshoof op Stellenbosch, sê die party is hewig ontsteld oor die beweerde wydverspreide verbod op selfs die informele gebruik van Afrikaans.

“Die inligting in die DA se besit dui daarop dat die jongste verbod op Afrikaans selfs meer stelselmatig is as die een wat koshuise in 2021 in werking gestel het, toe studente verbied is om Afrikaans in hul kamers, op kampus en selfs op parkbankies te praat,” sê Schreiber.

Dit blyk dat dit nou standaardpraktyk word dat groepe studente – selfs wanneer almal in die groep Afrikaans praat – aangesê word om na Engels oor te slaan, sê hy.

“Dit lyk ook asof die universiteitsbestuur aandadig aan die skendings is, aangesien hulle tot dusver nog nie eens die moeite gedoen het om die skendings te erken nie en heeltemal versuim het om stappe te doen om die reg op taal, waardigheid en kulturele assosiasie van nie-Engelssprekende studente te beskerm.”

Die DA wil ook by die MRK weet waar die verslag is oor die klagte wat ingedien is toe Afrikaans in 2021 die eerste keer glo by die US verbied is.

StudentePlein sê ʼn diktatoriale slegs-Engels-gesindheid is só verweef in die opleiding wat koshuisleiers “onder die dekmantel van inklusiwiteit” ontvang, dat hy nie verbaas is oor die taalvergrype nie.

Die organisasie eis dat die US teen Vrydag spesifieke stappe aankondig om die voorvalle te pak en te verhoed. In die US dit nie doen, sal StudentePlein verdere stappe oorweeg.

  • Die Universiteit Stellenbosch het nie dadelik op ʼn versoek om kommentaar gereageer nie. Die kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Talitha ·

Dis so belaglik. Ek kan nie wag dat Akademia of soortgelyke Afrikaanse universiteite al die studierigtings aanbied nie. Hoop net dis betyds as my kinders moet gaan studeer…

TruthDealer ·

Ja maar Akademia het ook net plek vir n sekere getal studente. Beste is om hierdie saak na die konstitusionele hof te neem (en wêreldwyd te verkondig). Om verbied te word om jou moedertaal te praat in die land waarin jy gebore is, is n gruwelike menseregte skending. Akademia se bestaan is wonderlik. Maar as SA studente nie nou ruggraat vang en hierdie menseregte skending tot by die hoogste hof neem nie, sal daar nog BAIE Akademias gebou moet word, en baie vinnig. Maar dit gaan in wese oor die prinsiep vd saak. Om nie jou moedertaal te mag gebruik is n menseregte skending. Ek dog Daai tipe ding is vir die regering die ergste euwel. So..hoe dan nou? Die swaard het 2 kante.

TruthDealer ·

Is dit nie n menseregte skending om nie jou eie moedertaal te mag praat nie? In my opinie is dit beter om die lesse in die klasse in Engels te leer, want meeste blanke studente sal op die ou end, die land Moet verlaat, om werk te kry. So dit maak sin om klasse in Engels te loop. Maar BUITE die klaskamers, in informele situasies en slaapkamers, ens? Growwe menseregte skending!! Hierdie saak behoort tot by die konstitusionele hof geneem te word. Absolute onderdrukking en brutale skending van menseregte!

Staal ·

Belaglik verby! Stellenbosch Universiteit is histories Afrikaans.

Republikein in die Wes Kaap ·

Net so Nici! Afrikaners daar neem die taalbesluite. Ek laat my nie vertel die leierskap is gedwing nie.

otter ·

hoekom word daar niks aan gedoen nie !!! waarvoor moet die afrikaanse mense altyd opsy staan hoekom word dit aanvaar . Waar is die regsgeleerdes, KAN ONS N SAAK MAAK?

Samuel ·

Die verraaiers in die Afrikaanse gemeenskap is die grootste probleem.

Republikein in die Wes Kaap ·

Êrens het ‘n Afrikaanse dosent daar gesê dat dat Afrikaanssprekendes lank terug al verkies het om eerder Engelse klasse by te woon, waar daar ‘n keuse was. Een ding lei tot ‘n volgende en nou is Afrikaans taboe. Jy saai wat jy maai. Afrikaners maak hul taal oorbodig, sommer so vanself.

Frank ·

“Dit is intellektueel oneerlik”. deur Kristan Nicole Kraak. DIT is nou ‘n seding wat beslis op die kop is en wyd behoort te weerklink want selfs die media val hopeloos teveel vir “breinlose oneerlikheid” sonder om die intellektuele eerlikheid of nie te bevraagteken.

Wildemien ·

Ek het ook sommer baie van hierdie stelling – intellektueel oneerlik – gehou! Dis mooi gesê en klink veral mooi in Afrikaans.

Raadsman ·

Engels is slegs vir klas gebruik en vergaderings.
Alle studente staan asb op vir afrikaans en gee nie op teen die boelies nie!!!!!

Gert ·

Kry Akedemia, Soltec en belangstellende afrikaans sprekende dosente van uit alle rigtings van reg oor die land bymekaar. Kom in gesprek oor hoe daar n self doen mentaliteit soos Orania n” kragtige opleidings instansie op die been gebring kan word. Ek weet dit is makliker gese as gedaan maar kry bestaande instansies soos Soltec en Akedemia met n krag uitgebrei waar hul reeds gevestig is. Dit moet duidelik gemaak word dat dit slegs Afrikaanse opleiding medium is en alle rasse is welkom maar almal moet by die bepaalde riglyne bly. Fakbonde is taboe. Ek het baie jare in Wes Afrika gewerk. Die beste opleiding was gewoonlik gegee aan die rykes en die staat se kinders wat in Amerika of Egeland gaan studeer het. Die res is gesien as bannana republic kwalifikasie. Ek werk nogsteeds buitelands en ons kwalifikasies word glad nie meer ernstig na gekyk nie.

Truman Burbank ·

Soltec moet lae profiel hou. EK kan onthou toe Langehoven Hoërskool slegs afrikaans was. Nou is dit n taxi staanplek voor en na skool.

Gauteng Meisie ·

Beteken dit dat geen ander taal as Engels gepraat mag word nie? Het ons nie 11 offisiële tale in Suid Afrika? Is dit net Afrikaans wat belet word of die ander 9 tale van Suid Afrika ook?
Engels as opvoedkunde taal bly seker die besluit van die Uni.. maar buite klas tyd?
In watter era leef die mense? Iemand moet wakker skrik!!!

Vincent ·

Hoe het n sekere rugbyspeler n tyd gelede gese? “Jy sal val Pappie”

Althes ·

Die studente se geld is goed genoeg, maar hul taal nie? #TsekUS

Errol ·

Dit is alweer “Divide and Rule” taktiek van die regime. Min weet hulle dat meeste Afrikaans en Engels mense familie en vriende het wat albei taale praat. Die regime sal ons definitief nie “Divide and Rule” nie.

Truman Burbank ·

In meeste gevalle is die wat aandring op engels, se engels lagwekkend

Marcello ·

Dit is so waar, het gewerlk vir ‘n maatskappy wat ook aandring dat vergaderings in Engels moes geskied. Maar O! WEE !! die bestuurder/fasiliteerder kon nie ‘n woord Engels praat nie, ons het meer gelag vir die “Engels” as wat ons geluister en deelneem het.

...M... ·

Ek hoop die persone wat die eerstejaars so dreig om net Engels te praat, praat ook NET Engels.
Geen ander tale onder mekaar nie…….

Karen ·

Waarom mag ander inheemse tale dan so gepraatbword? Eknhet dit self gehoor…. What’s good for the goose

piet ·

Maar dis mos nou juis ‘n gulde geleentheid om hulle te irriteer. Praat Afrikaans man, wat kan hulle nou eintlik aan jou doen? Die Afrikaanssprekendes van alle kleure moet NET Afrikaans praat, dit sal hulle leer.

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikaanssprekendes sal mos nooit so iets doen nie! Hulle voer opdragte uit, sonder om te kibbel. Goed gedril, altyd in gelid.

VaalDonkie ·

Want die alternatiewe is Ikeys en UWK waar dit OOK so gaan.

Wildemien ·

Dit skok steeds om te besef hoe verskriklik hulle ons haat.

Naomi ·

So, as my ma van die plaas af bel en sè my oupa is oorlede, moet ek in Engels geskok en hartseer wees, en dan nog boonop met my ma Engels praat? Mooi man. Komaan Maties. Dis mos nie hoe dit werk nie

Adam ·

Ek as ‘n allumini het reeds al my geldelike bydra aan hierdie tweegat inrigting gestaak. Laat on as afrikaners AL ons geldelike bydraes soos ‘n tsunami na Academia stuur. Dit gaan nog ‘n mimi Havard word hier in ons eie land ,terwyl histories benadeelde / huidig voorgetrekte
“studente” by hierdie instellings gaan toitoi, breek en nie studiegeld betaal nie. Laat hulle vir hulle kry.
ONS SAL SELF!!

Onnie ·

Dank die Vader ek is lankal klaar geswot, want ek sou in die tronk beland het! Daar is nie ‘n manier wat hulle my sou dwing om NOOIT my MOEDERTAAL te praat nie. Gmf!

Jannie van Niekerk ·

Engels! Engels!Engels! Alles Engels!
Engels wat mens sien en hoor.
By die US is Wim se politieke trawante
ons Moedertaal aan’t vermoor.

Johanncb ·

Is die sogenaamde “taalverbod” nie moontlik deel van nuwe studente se ontgroening nie?

Samuel ·

Dit is nie net belaglik nie, maar dit is manier van Wim de Villiers en kie om die ANC ter wille te wees.

James ·

Dalk moet die Xhosas terug ooskaap toe, en by NMU en Rhodes gaan swot.

Nico ·

Hierdie mense wat so kla oor Afrikaans is besig om te krap waar dit nie jeuk nie.

George ·

“shall I address you infront of the men” – se vir my reeds alles van jou karakter, en jy hoort nie daar nie, jy wil dan onnerdanig wees, so gaan kry kids en bly by die huis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.