‘Afrikaans hou Tulbagh-leerders in asbesskool’

Hoërskool Waveren. Foto: Verskaf.

Leerders van ʼn oorvol Afrikaanse skool in Tulbagh gaan in asbesklaskamers skool terwyl ʼn nuwe skool wat teen R71 miljoen net buite die dorp gebou is, glo halfleeg staan.

Volgens Jaco Prins, die VF Plus se organiseerder in die Wes-Kaap, staan die skool buite die dorp half leeg aangesien Xhosa en Engels as voertaal gebruik word, en die gemeenskap van Tulbagh oorwegend Afrikaanssprekend is.

Prins het gesê volgens die webwerf van die Wes-Kaapse onderwysdepartement is daar plek vir 1 250 leerders in die nuwe skool met sy meer as 28 klaskamers. “Omdat daar egter so min Xhosa-sprekende leerders in en om Tulbagh is, is daar tans net sowat vyfhonderd leerders in die skool, en baie van hulle word met busse van elders aangery,” het Prins gesê.

Prins meen daar is groot ongelukkigheid onder veral die bruin gemeenskap van Tulbagh. “Hulle sê Afrikaanssprekendes maak 95% van die gemeenskap uit en dat dit die departement se eerste prioriteit moet wees om hul kinders uit die gevaarlike omstandighede van die asbesskool te verwyder.”

Prins het gesê volgens die gemeenskap is baie beloftes oor die jare gemaak dat die asbesskool vervang sou word, maar het dit nooit gebeur nie. Daar is ook groot ongelukkigheid oor die Wes-Kaapse onderwysdepartement wat volgens die gemeenskap nie met hulle oor die aangeleentheid kommunikeer nie.

Laerskool Lingomso. Foto: Verskaf.

“Dit is totaal onaanvaarbaar dat leerders enigsins nog in asbesklaskamers moet skoolgaan. Die VF Plus dring daarop aan dat die onderwysdepartement daad by woord begin voeg en behoorlik met Tulbagh se gemeenskap kommunikeer oor presies wanneer die twee nuwe Afrikaanse skole opgerig gaan word,” het Prins gesê.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, het egter gesê die VF Plus se inligting is onakkuraat. “Dit is ʼn desperate poging om die Afrikaanse stem in Tulbagh te wen. Ons moet sosiale kohesie bevorder en nie verdelings langs kleurgrense nie.”

Shelver het gesê dit is onwaar dat Hoërskool Waveren (die Afrikaanse skool) te veel leerders het. “Die verhouding van onderwyser teenoor leerders is tussen 1:35 en 1:37. Ons het baie skole waar die verhouding veel hoër is.”

Volgens Shelver was dit nodig om ʼn skool te bou vir leerders wat ʼn behoefte het aan Engelse en Xhosa-onderrig, omdat daar nie so ʼn fasiliteit in die omgewing was nie. “Dit het tot gevolg gehad dat honderde leerders ver afstande per bus na omliggende dorpe moes reis. Die skool is besig om vinnig vol te raak omdat die behoefte vergroot. Dit is algemene praktyk om die inname van nuwe leerders in fases te doen, beginnende by die laer grade,” het Shelver gesê.

Shelver het ook bygevoeg asbesklaskamers is nie gevaarlik tensy dit beskadig is nie. “Ons gaan egter instandhoudingswerk by Waveren doen en die Gekombineerde Skool Tulbagh  uitbrei,” het Shelver gesê.

Die beraamde koste is R72,5 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Afrikanertjie. ·

Ha ha ha….en wie glo dit nou? Dis maar net n manier om Afrikaans ondergeskik aan ander tale te maak!…As jy nie kan wen nie, speel jy vuil.

Johanna Smuts ·

Ek verwonder my dat die department nie opnames maak en kan bepaal dat die behoefte baie groter is vir die Afrikaanse kinders as die Engels/Xhosa kinders. Word daar dan nie bepan volgens getalle nie?

Lalla ·

So vir n skool wat 1 250 leerders kan akkomodeer maar net 500 leerlinge het, is julle nogals vining besig om vol te word ne. En dat kinders aangery moet word om die skool vol te maak, maak ook nie lekker sin nie. Daar is ‘n dringende behoefte aan ‘n ordentlike skool vir leerders wat in ‘n asbes-skool skoolgaan. Ek hoop al die ouers van daardie kinders dagvaar die onderwysdepartement as daar enigsins siektes by hulle kinders opgetel word wat hulle kon kry agv die asbes. Ek sien maar net weer dat Afrikaans ondermyn moet word in sekere instansies en by sekere departemente. Hopelik grawe julle julle eie grafte daarmee. Ek sou so hoop en bid.

Karma ·

Die mense wat nie in die omgewing woon en bekend is met die ware omstandighede rondom dié storie nie, moet eerder nie kommentaar lewer nie.

Die waarheid is dat die skool iets soos ‘n Vlak-6 dubbel-medium skool (dis wat hulle dit noem, dink ek) gebou is. Dit was die DOEL hiervan: om aan swart leerlinge onderrig te bied in hul eie- of beste tweede taal. Die ouers van kleurling kinders in en om die dorp weier dat hulle kinders die skool bywoon omdat net Engels en Xhosa as onderrigtaal gebruik word. Hulle kan ook nie die skoolgelde wat van ‘n skool wat op hierdie vlak funksioneer, bekostig nie.

Daar is die feite nou.

JC ·

Karma; nou wat moet die mense doen? Moet hulle, hulle maar net oorgee aan geforseerde assimilasie, en bewese swak prestasie deur kinders as hul nie in hul moedertaal onderrig kan ontvang nie, en maar hul kinders na die “meerderwarige” Engelse skool toe stuur, terwyl hulle volgens jou “ingeligte” opinie nie mag AANDRING daarop op beter fasiliteite en infrastruktuur vir hul eie kinders se Afrikaanse skool nie???
Gaan ‘n skool met behoorlike infrastruktuur die skoolkostes opjaag?? Sjoe, ek dog ons leef in ‘n behoorlik funksionerende “demokrasie” waar sulke goed ‘n gegewe is. Waar kry die Xhosa sprekende kinders se ouers geld vir die beweerde hoogere skoolkostes??
En jy weet so goed soos almal hier dat die DA regering Afrikaans en sy eweknie; diversiteit; nie goedgesind is nie.

JC ·

Amen! NIE AFRIKAANS nie die ANC/ANC Lite!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Kaylie ·

So vreemd as daar AFRIKAANSE skole gebou word is almal up in arms, en as daar XHOSA skole gebou word en hulle leeg staan terwyl Afrikaanse kinders in OPSLAANGEBOUE moet skoolgaan, hoor jy niks van DISADVANTAGED aan die een kant en PRIVILEGED aan die ander kant nie .. Kyk maar hoe lank gaan die Xhosa skool oopbly, kyk maar hoe lank gaan skoolgelde betaal word en die plek staan sonder optogte en stakings. Dan word daar gekla oor Afrikaanse mense PRIVILEGED is .. Dit is duidelik wat julle vir die bruinmense voel, nog ‘n minderheid wat onderdruk word …

JC ·

Wie is “julle” Kaylie? Die ANC/ANC Lite o.b.a. DA? Ek voel vir my bruin broers en susters!

Hans ·

Me Shelver u is n staatsamptenaar en moet u weerhou van politieke kommentaar-gee net feite weer asb.

Johan ·

Hans. Dis nie vir my vreemde optrede deur staatsamptenare nie. Baie van hulle is maar net “uitvoerders” van die politieke ampsdraers se opdragte. Tiperend dat daar vermenging van die taak van amptenare is en die van die politici. Maar as jy jou werk wil behou dan dans jy maar op die maat van die musiek wat speel.

M ·

So met 28 klaskamers en slegs 500 leerlinge sal dit interessant wees om te weet hoeveel onderwysers daardie nuwe skool het.

Ada ·

Die Afrikaanse kinders sal nog steeds presteer.n Gebou sal nie hulle verstand kelder nie.n Gebou ontneem nie iemand se verstand nie.Die Afrikaanse kinders het breins!

Ruby ·

Die anc gebruik demografie net as dit hulle eie mense bevoordeel.

Die anc voel NIKS vir Afrikaans.

Susan ·

Soos ek dit verstaan mág die Afrikaanse kinders na hierdie skool gaan mits hulle Engels of Xhosa praat, en dit kan bekostig. Nét so wil óns ons Afrikaanse skole Afrikaans wil hou. Wat ek egter nié verstaan nie, is waarom die Afrikaanse skole dan altyd so gedruk word om meer en meer kinders in te neem wat nié Afrikaans is nie? Dan word dit ‘n dubbelmedium skool. Alles nét sodat Afrikaanse onderrig kan wegval en Engels kan oorneem. Dit is net nie regverdig dat daar nie nuwe Afrikaanse skole in die Kaap gebou word nie.

Jo ·

Afrikaanssprekendes, beide bruin en wit, het blykbaar nie die vermoë om hulself te organiseer om ordentlike druk op owerhede, in hierdie geval WK Onderwys, uit te oefen om Afrikaanse skole te voorsien waar dit al vir dekades lank in verval is, en slegs nuwe skole vir Xhosas en Engelssprekendes gebou word. Dit terwyl die Xhosasprekendes net sowat 15 jaar in die WK is, en bruin en wit al vir letterlik eeue. So ook met behuising. Xhosas het wel goeie huise in die Ooskaap, veral in voormalige tuislande, van baksteen, nie sementsteen nie. Maar binne slegs 2 of 3 jaar kry hulle HOP huise in die WK van die DA, en bruines en selfs ‘n paar wittes, is al vir dekades op die sogenaamde waglys vir hophuise.
Die waglys is niks anders as ‘n manier om mense te kalmeer om nie moeilik te raak nie. Intussen kry Xhosas en selfs Zimbabwiërs die huise na slegs ‘n jaar of 3 se wag.

Ada ·

Die voordeel hier is dat die Engelssprekende kinders en kinders van ander tale geskei is.Dit is n bonus.Dan kan Afrikaans floreer en ook die Afrikaanse kultuur.n Gebou gaan nie Afrikaanse kinders kan kniehalter nie daarvoor het hulle te veel integriteit en rugraat.

Christo ·

Die Wes-Kaapse regering is besig om hom van die Afrikaanse kieser te vervreem. Kom verkiesingstyd dan vry die DA weer hard na die Afrikaanse stemgeregtiges. Skande! ANC-lite.

adriana ·

Ek is soooo bly ek stem net vir ‘n wit party!! En dit is nie die DA nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.