Afrikaans in swart regslui se visier vir aanstel van kandidate

(Foto: Melinda Gimpel/Unsplash)

Die Black Lawyers Association (BLA) het ʼn kennisgewing in die Staatskoerant verwelkom waarin insette gevra word oor ʼn voorstel dat prokureursfirmas voortaan verbied moet word om ʼn bestuurslisensie en eie vervoer as vereiste vir die aanstel van kandidaatprokureurs te stel.

En, sê die BLA, die voorwaarde wat in sommige uitnodigings om werksaansoeke gestel word dat kandidaatprokureurs Afrikaans magtig moet wees, is volgende in sy visier.

Volgens die Regspraktisynsraad (RPR), wat die uitnodiging om kommentaar Vrydag afgekondig het, is die vereiste vir ʼn eie voertuig en lisensie teentransformerend en benadeel dit diegene uit benadeelde agtergronde. Die RPR beoog nou om die reëls te verander sodat dié vereiste verbied word.

Die RPR stel ook voor dat ʼn kandidaatprokureur glad nie tydens ʼn onderhoud gevra mag word of hy of sy ʼn bestuurslisensie en eie vervoer het nie. Indien dié vraag wel aan ʼn kandidaat gestel word, kom dit op wangedrag neer.

Mashudu Kutama, president van die BLA, sê die organisasie steun die voorstel ten volle en meen dat toegang tot die regsberoep vergemaklik moet word.

“Ons hamer ook op die kwessie van taal. Ons sien steeds dat baie regsfirmas vereis dat kandidate vlot in Engels én Afrikaans moet wees. Die taal van die howe is Engels. As jy dus nie goed genoeg in Afrikaans is nie, kry jy nie werk nie,” het Kutama gesê.

Sommige van die voorwaardes in advertensies vir kandidaatprokureurs waarteen die BLA beswaar maak. (Skermgreep)

Ons weet almal daar is nog bitter min Afrikaanse regskole – die meerderheid is Engels. Vir ons voel dit dus soos diskriminasie. Toegang tot die regsberoep moet vergemaklik word.”

Kutama sê die BLA probeer al jare lank om dié kwessies te pak en dat hy die situasie voortaan fyn gaan dophou. Hy sê die vereniging voel só sterk oor die kwessie dat hy meen ʼn prokureur behoort van die rol geskrap te word as dié vrae of vereistes aan ʼn kandidaat gestel word.

Die burgerregtegroep AfriForum het in reaksie gesê hy meen dat Afrikaans ’n noodsaaklike vereiste vir die aanstel van kandidaatprokureurs is.

Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum, sê 13,5% van Suid-Afrika se bevolking is Afrikaanssprekend en dít verseker dat daar voldoende werk vir Afrikaanse regspraktisyns sal wees.

Bailey sê wetgewing soos die Wet op Verbruikersbeskerming vereis byvoorbeeld dat kontrakte in ʼn taal opgestel moet word wat vir die ondertekenaars ten volle verstaanbaar is. As kandidaatprokureurs nie ervaring in meer tale as net Engels opdoen nie, sal hulle nie aan dié vereiste kan voldoen nie. Sy sê baie regspraktyke het oorwegend Afrikaanse kliënte wat dokumente soos sakekontrakte, ooreenkomste, huwelikskontrakte, testamente en boedelbeplanning benodig. Hierdie dokumente moet in Afrikaans bespreek en gelewer kan word.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in 2017 aangekondig dat Engels voortaan die enigste amptelike taal van hofrekords in die hoër howe is.

AfriForum meen dat Mogoeng nie die grondwetlike of regsgesag gehad het om eensydig aan te kondig dat die taal van hofrekord net Engels moet wees nie en sê klagtes teen sy eensydige aankondiging hieroor word steeds plaaslik en internasionaal oorweeg.

alana-bailey-afriforum-featured

Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum. (Foto: Reint Dykema)

Bailey sê ook die opkoms van alternatiewe geskilbeslegting in die plek van hofprosesse om veral kommersiële geskille op te los, bied ʼn belangrike geleentheid vir Afrikaanse regslui om in hul eie taal in die belang van hul kliënte op te tree.

Sy sê die BLA en RPR se stelling bou op die “drogredenasie” dat Afrikaanssprekendes oorwegend wit is, terwyl die meeste Afrikaanssprekendes aan ander rasgroepe behoort. Met die vereiste vir Engels is dié instellings dus nie besig met bemagtiging en transformasie nie, maar sit hulle rasse- én taaldiskriminasie op grond van hul eie ideologiese agendas voort.

“Die hoogste hof van appèl se uitspraak aan die begin van die maand ten gunste van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) dui daarop dat die Suid-Afrikaanse bewustheid oor die belang van meertaligheid in Suid-Afrikaanse instellings en Afrikaanssprekendes se taalregte groei. Die RPR en BLA behoort hiervan kennis te neem,” sê Bailey.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Janine ·

Julle vergemaklik als tot die punt wat GEEN iets meer waarde het nie.

Anel ·

Hulle skree die hardste want hulle mag. Black lawyers association en black die en black dat. En dit is slegs vir swartes. Maar ons as blankes en veral Afrikaaners mag niks net vir ons hê nie. Wie is nou rasisties? Hie verwag die spul om due werk te doen as hulle nie kan bestuur nie? Sover ek weet het prokereurs nie maatskappy motors nie. Elkeen kom self oor die weg. Hie wil hulle kliënte besoek? So, ‘n ander persoon moet die een rondry en sy werk moet maar agter raak. Ek sal ook nie een van hulle met my kar vertrou nie. En vir hoe lank wil hulle nóg agtergeblewe wees? Hoeveel blankes kry deesdae die geleethede wat our people op skinkbord kry? As ek verklaring in Afrikaans aflê en wie ook al dit in engels skryf sal ek weier om dit te teken ook. Want dit is nie wat ek gesê het nie. Hulle praat hulle taal irals, in die bank, in die hospitaal in die winkels maar ek moet sukkel om te probeer verstaan wat daar gesê word in hulle engels. Man gaan spring in die dam met julle engels.

Riana ·

Nou is die woord “Black” nie rasisties nie ????. Ai dis darem n veelsydige ding. Al wat ek weet los my taal uit

Lourens CFG ·

Indien ek ‘n prokureer wil aanstel, en hy kan nié my taal praat nie, kan/sal ek nie vêrder met hom/haar praat nie.
Ek staak die bespreking summier net daar dankie.
Cheers ou.

Anoniem ·

En so dink hierdie organisasie dat hulle ń “noble cause” baklei… siestog. Hoe ironies is dit dat hulle voel dit is diskriminasie maar hulle diskrimineer dan nou self teen private firmas en mense se taal en kultuur. Ek sê dat hierdie assosiasie moet vra hoekom word so baie wit en afrikaans sprekende kandidate weggewys as gevolg van BEE by groot firmas en word gedwing om klein firmas toe te gaan. oh ja, stupid ek, hulle gee nie om nie!! dit is juis hoekom hulle nou n aanval loods op Afrikaans en private firmas en so eintlik direk afrikaanse kandidate, meer openlik diskriminerend as dit kan jy nie wees nie!

Termiet ·

Waar is die white layers association en die white business association?

Sobymykoolkop ·

Dat hulle nou so bang vir ń taal kan wees om lisensies as verskoning voor te hou. Ek gaan in elkgeval vir die mees kundige regspersoon, verkieslik afrikaans, hulle is volop

Porseleintjie ·

“Our people” sal nie rus voordat alles wat Afrikaans is, vernietig is nie. Solank als om hul papvrot tot dood is, is hul gelukkig. Ons as Afrikaans sprekendes het egter ‘n wapen. Gebed. Nie leë woorde nie. Die tyd is lankal hier dat ons as ‘n verenigde volk die Lewende God se aangesig moet soek.

Pieter ·

Wat sou gebeur as iemand ‘n White Lawyers Association sou stig? Onmiddelike tronkstraf?

Bernard ·

Kry taxi’s of, in Latyn, per pedes – soos die “ancestors.”

Andre ·

Siestog. Hulee is darrem ook vrek bang vir Afrikasns as ek so lees. Shame.

Piet ·

Goed so. Hoe kan ons verwag dat arm aspirante prokereurs werk moet kry? Hulle soek juis daai werk om hulleself te verbeter en selfstandig te wees. Bravo, ek staan bank vas agter dit.

Sonia ·

Ek stem saam met jou oor dié aspek maar ons taal! Haal julle vuil hande af van ons taal af!

Juan ·

Kyk as jy van 1994 af tot nou toe nogsteeds nie ‘n bestuurders lisensie kon kry nie maar wel kon gaan regte studeer kan jy dit nie op jou ”agter-geblewende” verskoning blameer nie…jy is dan net dom. Maar weereens wys dit net hoe hulle alles wil he, he, he, sonder enige harde werk. En al verskoning wat hulle het is om die ras-kaart te speel… genoeg om van siek te word.

Mieke ·

En die eintlike kwalifikasie raak al hoe minder belangrik!!! Solank hy ‘ previously disadvantaged’ was!

Andre ·

Dis seker een manier om te probeer verhoed dat die beste kandidaat nie aangestel word nie.

Johannes Andries ·

Ek wonder maar nou net as hy iemand in die hof op ‘n Ander plek moet gaan verteenwoordig of verdedig, sal die BLA hom kom oplaai of vir hom vervoer reel? Dit bly maar soos altyd die geval te wees, dan moet die saak uitgestel word want hy kon nie teenwoordig wees nie.
Hoe kan die regering in die staatskoerant vir jou voorskryf wat jou diens voorwaarde moet wees?
Wat jy iemand mag vra en wat nie in jou onderhoud.???
As iemand die graad kom slaag om prokureurs te word, hoe kan hy dan nie sy leerlinglisensie slaag nie.?
Het die BLA ook ‘n motor en lisensie probleem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.