Afrikaans is Groot: ANC-jeugliga-aansoek afgekeur

Stilfoto van een van die Afrikaans is Groot-konserte Foto: Skermskoot uit eNuus-video

Stilfoto van een van die Afrikaans is Groot-konserte Foto: Skermskoot uit eNuus-video

Die Tshwane Metro het die ANC-jeugliga se aansoek, om ʼn betoging by die Afrikaans is Groot-konserte te hou, afgekeur.

“Hiermee wil ons aan konsertgangers bevestig, wat moontlik bekommerd was oor veiligheid, dat die kwessie nou opgelos is,” het Barnard Beukman, woordvoerder vir AIG, in ʼn verklaring gesê. “Ons verwelkom die situasie waarin konsertgangers nou die konserte in ʼn ontspanne atmosfeer kan bywoon, terwyl hulle die musiek geniet.

Die jeugliga het vroeër aangedui dat hulle wil betoog teen Steve Hofmeyr se optrede by dié konserte, ná sy uitlatings vroeër op sosiale media. Die jeugliga het aanstoot geneem nadat Hofmeyr onlangs getwiet het: “Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure.”

Daar is nog ʼn paar konserte tot Saterdag in Pretoria en drie uitverkoopte konserte word volgende week in Kaapstad by die Grand West Arena gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Drieks ·

Volgens my gee die ANC nie om vir sy kiesers nie. Daar is GROOT apartheid tussen kiesers en die ANC leiers se leefstyl.

Patat ·

Is ‘n “stilfoto” nou dieselfde a s’n “still life photo”? Is die “mense” in die foto regte mense, of is dit poppe? As dit regte mense is, is dit nie ‘n “stilfoto” (still life photo) nie.

zahn ·

Ai tog, kry ‘n lewe, toe? Jy kon hierdie vrae self beantwoord het as jy ‘n goeie woordeboek geraadpleeg het. EK vind dit vreeslik irriterend as iemand op ‘n blad soos hierdie wil kom klas gee. En, dan nog onder ‘n SKUILNAAM!! Jy besef dat jy jou eie bydrae vreeslik afgradeer as jy skaam is om jou eie naam te gebruik?

Chris van Heerden ·

ja regtig daar moet alewig die onderwyser wees wat hulle op almal afdwing. Mens sukkel maar as jy n onderwys mentaliteit het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.