Afrikaans is Groot-konserte: Borge onttrek

aigPick n Pay en Landrover, twee van die Afrikaans is Groot-konsertreeks se hoofborge, het bevestig dat hulle nie vanjaar as borge gaan optree nie.

Barnard Beukman, woordvoerder van Afrikaans is Groot (AIG), het die nuus in ’n mediaverklaring bekend gemaak en Pick n Pay en Land Rover bedank vir hul bydrae tot Afrikaanse musiek. “Albei het deur hul afgelope borgskap met AIG ʼn groot bydrae gelewer tot die ontwikkeling van veral Afrikaanse musiek en om ʼn konsertreeks van internasionale gehalte vir musiekliefhebbers te bring.”

Steve Hofmeyr het in November verlede jaar ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak nadat hy getwiet het: “Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure.” Talle Twitter-gebruikers het Hofmeyr se borge en maatskappye wat geleenthede borg waar Hofmeyr betrokke is, op sosiale media gekap en gevra of hulle sy uitlatings goedkeur.

Pick n Pay het destyds gesê hy sal sy toekomstige borgskap van Afrikaans is Groot heroorweeg na aanleiding van Hofmeyr se uitlatings. “Pick n Pay verwerp Steve Hofmeyr se uitlatings oor apartheid. Dit het geen plek in Suid-Afrika nie,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê. Land Rover het ook destyds Hofmeyr se uitlatings veroordeel.

Volgens Beukman sal AIG binnekort sy nuwe borge vir 2015 aankondig. Hy het beklemtoon dat AIG se rol die bevordering van musiek is. “Die jaarlikse konsertreeks se doel is om die gewildste Afrikaanse kunstenaars op openbare aanvraag op een verhoog saam te trek. Die konsep is uiters gewild en verlede jaar se bykans 80 000 kaartjies is binne enkele dae uitverkoop.”

Beukman het gesê AIG betrek kunstenaars volgens vasgestelde kriteria. “Dit sluit in: die kunstenaar se hoeveelheid CD-verkope, gewildheid in die mark en die musikale meriete van liedjies om in te pas by die tema van ʼn bepaalde produksie. AIG se enigste ooreenkoms met die kunstenaars is dus die uitvoering van hul musiek.

“Daarom is dit nie AIG se rol om betrokke te raak by of kommentaar te lewer op enige kunstenaar se persoonlike of openbare standpunte nie. Hul deelname bly egter onderhewig aan ʼn ooreenkoms met AIG om nie die handelsmerk direk by omstrede kwessies te betrek nie. Op die verhoog moet hulle ook hou by die voorgeskrewe program van die produksie.”
Die AIG-konserte in Pretoria word op 13, 14, 20, 21, 27 en 28 November gehou. Die kaartjieverkope begin op 25 Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Elize ·

Was al by 2 AIG, sal glad nie hierdie jaar gaan nie……….. en Pick ‘n Pay, bye bye julle sal my ook nie weer sien in julle winkel nie.

Amanda ·

En die mense ondersteun maar nog steeds vir PnP??? Nog meer vir die regering om te steel.

boer ·

As ons Afrikaas sprekendes nie goed genoeg is vir n borg van Pick n Pay & LandRover nie,
dan is ons geld ook seker nie. So ja, dan ondersteun ek maar iemand anders met my geld

Jan ·

Sonder Pick n Pay en Landrover bly Arikaans nogsteeds groot ! “go figure !”

zahn ·

Jip, en die blonde een kry gratis publisiteit ten koste van ander Afrikaanse kunstenaars. Go figure.

faith ·

Toemaar afrikaans is groot sal net sterker aan die ander kant uitkom sonder genoemde borge. en Steve sal optree ander borge sal gekry word en die borge sal spyt wees wat onttrek maar hulle se spyt kom gewoonlik te laat

Bruno Stefbb ·

As STEVE nie daar mag optree by enige byeenkoms nie vergeet maar van duisende mense se ondersteuning.Ons Afrikaanses CATER nie vir die ANC pratende Koppe en hulle meelopers se wensdenkery nie julle soek n geveg en julle gaan hom wragtig kry.

Groot Gert ·

Koebaai Pick ‘n Pay!!!!!
My Landrover is ook in die mark!

Grassie ·

Groot Gert – ek dink nie jy sal maklik ‘n koper kry nie. Drie van my kennisse ry Landrovers en hulle het almal dieselfde probleem – hulle kom selde by hul bestemmings aan.

PIETIE ·

pick & pay en landrover,,,,, jong julle skep nou ‘n ideaal om te wys en gat te kruip julle is nou kamstig teen sy uitlatings, as jul net stil gebly het en dit verby laat gaan het, was da niks maar nou maak jul iets daarvan, AAN ALMAL WAT DIE KOMENTARE LEES, KAN ONS SAAM STAAN? EK SAL NIE MEER INKOPIES DOEN BY PICK & PAY NIE.

Rene ·

Ek koop al lankal nie meer by Pick&Pay nie. Hulle pryse is buitendien te duur. So hulle het al lankal my geld verloor.
Is hulle verlies met die dat hulle hul borgskap onttrek van AIG. Ons groot sangers het hulle nie nodig nie. Beter borge sal verkry word.
Baie dankie vir Steve wat opstaan vir sy regte, want hy doen dit nie net vir hom alleen nie, maar vir al ons Afrikaans sprekendes. Ons is en bly trots op jou.

Theresa ·

Ag hoe kleinlik tog Pick n Pay en Landrover. Net omdat 1 mens die guts gehad het om sy opinie te gee. Maar die meeste van die tyd is die bordjies verhang. Self die sogenaamde president kan sy opinie oor witmense gee en die res kan saam sing, skreeu en dans deur slagspreuke uit te skreeu. Dit is natuurlik alles reg met julle……….. Go figure !!

Elsie ·

‘N Mens sal sweer hulle borg net vir Steve! Dit gaan mos oor afrikaans en nie oor ‘n spesifieke kunstenaar nie. Ons staan agter Steve maar never mind of jy hou van wat hy kwyt raak of nie hy KAN SING en dit nog trots AFRIKAANS ook!

pop ·

Nog nooit was daar soveel rassehaat as nou se dae nie. So wie is die argitekte daarvan. Die ANC natuurlik. N Klein kind van om en by 10 snou my nou die dag vreeslike goed toe. Hy was nie eers gebore in die vorige bedeling nie. So dis haat wat deur sy ouers aan hom oorgedra is. Steve hou net nie sy mond soos ons ander nie. Pick +pay en Landrover is nie gepla oor ons geld nie mense. Dis n druppel in die emmer vir hulle.

Theresa ·

Ek stem Pop. Ek loop self deur in die middae by monde van sulke bog snuiters wat narre probeer wees. En waar leer hulle dit? Waar hoor hulle dit? By die ouers. Hulle kan nog nie eers regop staan en pee nie, maar sulke dinge kan hulle al goed doen. En is dit nie amazing nie – Kyk maar waar daar altyd kos, klere ens uitgedeel word. Goed ingesamel word. Kinders aangeneem word. Wie is altyd daar. Witmense. Maar hulle sien dit mos as hul reg en die hele wereld skuld hulle alles.

Annoniem ·

Ek stem saam dat die ANC rassisme aanwakker. Ek het my motor by Pick & Pay geparkeer om inkopies te doen, met my terugkom het ek die goedere afgelaai en waentjie in ‘n lee parkeer plek gelaat toe ‘n Swart dame uit die winkel hardloop en my skel en vloek dat ek haar motor gekrap het wat 2 plekke daarvan geparkeer staan. Ek het haar gevra sy moet my wys waar ek die motor gekrap het, maar sy hou aan met haar skel taal. Sy is omtrent 22 jaar, met geen respek vir ‘n Blanke of ouer dame nie.

Ella Nell ·

As Pick n Pay en Landrover se persoonlike probleme na voorskyn kom, sal hulle sink! Hulle besighede word apart gehardloop van hulle persoonlike idees en opinies. Maar omdat Steve Hofmeyr dit durf waag het om ‘n persoonlike siening die lig te laat sien, nou skop hierdie twee groot besighede lekker stof op! Pick n Pay en Landrover het dubbele standaarde, waar Steve Hofmeyr nog al die jare vir Afrikaans staan. Hy is nie ‘n twee-gesig nie!, maar word tog gekruisig vir sy menings. Steve, jy gaan al hierdie sogenaamde besighede en mense nog op hulle neuse laat kyk! You go, boytjie, we are right behind you!

Lee ·

Sal dit nie great wees om Hyperama of Checkers te sien as hoofborg nie? Dit gee ander firmas blootstelling om ook ‘n borg te wees.

PIETIE ·

gaan lees gou die SOWETAN dan kyk jul wat het pick & pay en landrover eintlik uitgelok, met hul ontreking.

Rikus ·

PIETIE, ek het sopas die Sowetan se berig gaan lees en daar staan niks wat nie hier staan nie. Waarna verwys jy?

willie olivier ·

Bye bye P&p, ek het al grooter reuse sien val in my leeftyd. Landrover het lankal geval. Tata besit hulle nou.

Wilna ·

Weet jy Landrover jy dink in elk geval niks van ons Rugby spanne hier in Gauteng nie. Dit is hoekom ons jou ook NIE meer by AIG wil he NIE. Jy borg mos net die Kaapenaars.
So gaan versuip jou maar self daar in die Kaap se see. Dan is ons ontslae van jou.
Ek een van jou ou karretjies ry – Nooooooooooiiit.

Nina ·

Wat de flip het die Stormers met jou tirade te doen? Tsk. Hou by die bespreking, toe. Ek raai jy is ‘n Blou Bulondersteuner. Ai.

Asjas ·

Nou ja, dan onttrek ek my van genoemde twee borge. Sal wye draaie loop om beide die handelsmerke! Absoluut kinderagtig!

Rina Pretorius ·

n Ford Courrier het eerste die ashoop ingery, weet julle hoekom, HY HET ‘N LANDROVER INGESLEEP DAAR OM DIT DAAR TE LOS, die rede, Landrover is onbetroubaar en as dit breek kos dit jou n arm en ‘n been om dit te herstel, en gaan vind uit wat kos ‘n diens by landrover, ou maat sorry, LANDROVER IS ‘N “NO GO” vir my dankie. Ek loop eerder met my voete waar ek wil wees as wat ek ‘n landy ry. EN, ek koop al lankal niks meer by PnP nie. Afrikaans het deur baie druk steeds staande gebly en ons sal tot in lengte van dae steeds staande bly. AFRIKAANS IS GROOT

Blondie ·

Ek stem saam, Pnp gaan my ook nie sien nie. Hulle diens het in elk geval agteruit gegaan. Maar dink julle nie ook dis nodig om ons kragvoorsiening (ESKOM) te boikot nie, veral nadat al die blanke werknemers nou afgele word. Die werk is mos nou klaar gedoen, nou wonder ek wie gaan die instandhouding doen?

scalla ·

Swak van die 2 ondernemings, boikot hulle, daar is in elk geval net twee goed wat vassit, dit is n hond en n land drover.

Elfie ·

Scalla, jy is ‘n stoutgat amar jy laat mens darem altyd glimlag.

Marcia ·

Seker omdat Steve Hofmeyr betrokke is! Sjoe maar die mensdom is darem ongenaakbaar! En dit omdat die meerderheid skreeu om vergelding oor apartheid!

Daleen ·

Almal loop deur. Weereens druk van die ANC swig. Buig jul knieë voor die geldgod nl die ANC en hul gespuis. PnPay. Julle het goedgedoen as borg. Nou gaan julle winkels dit ook voel. Dit tragies dat een persoon sy opinie lig e daar vou die verhoog. Land rover kyk bietjie waar jul inkomstet vandaan kom
N patetiese spul dwepers. Jul werkers gaan julle laat bloos

eve davies ·

aig wat het julle aangevang om die borge so kwaad te maak ?
dis nie die sangers nie , dit moet aig orgainseerders wees ?

marlene muller ·

goed dan boy cot ons pick n pay ons sal dan maar liewer shopright og checkers gebruik

riana ·

Ek is trots op Steve Hofmeyr hy is n man duisend om optestaan vir Afrikaans , party mense is so slapgat. Go Steve !!! Ek sal ook nie meer PNP ondersteun nie ek wens almal wil saamstaan en PNP boikot

tom eksdom ·

perfekte oomblik om die maatskapye te boikot.
Het hulle al ooit oorsee gekla oor die moorde op on mense wat so hard werk om ons republiek te bou?
Al die diskriminasie teen ons kinders omdat hulle net steel op alle vlakke en alle eerlike dapper beamptes weg jaag omdat hulle wetlik korrek optree?
Nee. Hulle sal nie want dan verloor hulle besigheid. Geld en invloed met ander woorde.

jacques ·

Tom hulle sal nie kla nie want hulle ly nie soos ons nie.Geld is hulle baas.

philip ·

Meeste van die borge is ook groot argitekte van rassisme, hulle sorg dat dit lewendig bly, gaan kyk maar by hulle besighede dan sal jy dit eerstehands ervaar, hulle soek net ons geld en dan wil hulle net in guns van die “Marmite mannetjies” wees. Gaan kla oor iets dan sien jy hoe hulle optree, dan so twee dae later stuur jy jou bediende dat sy gaan kla oor dieselfde ding, dan sal jy gou agterkom waar staan jy.

Jo ·

Ai, Pick’nPay en Landrover, as julle maar net Steve se hele berig gelees en nie net die eerste aanhalings nie, dan sou julle weet wat hy werklik gese het, het niks met rassisme of apartheid te doe nie. Steve het ‘n paar historiese feite genoem en die stuk is eintlik meesterlik geskryf. Ek is werklik teleurgesteld dat julle tot hierdie vlak daal; en dit net omdat julle nie behoorlik ondersoek ingestel het nie. Ai tog…..

Dalene ·

Pick n Pay en Landrover laat hul boelie deur mense wat nie die verskil ken tussen vryheid van spraak en haatspraak.

Drieks ·

Toi toi mense, ons kan saamstaan. E-tol het mos dit bewys.

Ivorine ·

En Madiba het vry heid aan almal ge-gee en de land van melk en heuning is belowe, maar toe die meniges die oggend on 1994 opstaan na die verkiesing, was daar geen melk of heuning nie, hulle was in is nogsteeds in hul vervalle shacks en het steeds geen werk nie, nou steel hulle maar en dwing die regering om druk uit te oefen om die Pick n Pays van die nuwe RSA te kry om nog verder die blankes te boikot en te probeer uit dryf. Surprise PnP ons is hier om te bly. AIG sal dit oorleef, sonder julle en jul ANC cronies. Is daar dalk ‘n regering tender op pad na PnP toe??

shawn ·

Waar begin n men’s Steve thx vi jou kennis en integnieteit wat jy met ons mense deel wat actually verstaan wat jy se ek dink persoonlik ons voorvaders het bloed gegiet vir die land Alles kom teen n prys wonder net waarvoor al die Jong manne gesterf het ek sal altyd trots wees om n afrikaner te wees boere bloed vloei warm deur my are weet julle as God vir ons is Wie kan teen ons wees ons tyd van versoening kom geregtigheid sal veesvier aan die einde groete en boere liefde aan almal

Etienne ·

Nee wat, ek hou in elkgeval nie van die harde geklets van PnP se staf in hul winkels nie. Ek koop al lankal nie meer my inkopies daar nie. Checkers enige tyd.

Amelia du Toit ·

Eish eish go figure. Ons bly in Namibia en hier sien ons nie ‘n Land Rover nie want hulle lek net olie en die paaie hier by ons het nie “pothoies” nie en Land Rover probeer nog hulle self hier Discover. PnP wat ‘n grap is hulle nie hier nie. Daar bestaan nie eers so iets nie want hulle produkte laat veel te wense. My gevoel oor die borge is “they don’t have the money to sponsor for the stupid reason having to recover their BRAND names. “Go Fugure” soos Steve sal se. Steve kom kuier weer vir ons in Namibia hier is en was jy met of sonder jou menings altyd welkom. Sterkte vir almal in Suid Afrika ons Namibieers bid vir ons geboorteland elke aand en huil saam met ons boere wat uitgemoor word.

Jan ·

Beeld het natuurlik ‘n voorblad berig hieroor. Beeld(Media 24, NASPERS) is die aanbieders van Skouspel, wat in die laaste paar jaar nie meer die “groot ” sangers kry nie, net die liberale sterre word toegelaat. AIG is ‘n bedreiging vir hulle ! Go figure !

Chris ·

Ek weet nie hoekom daar in elk geval borge betrokke moet wees nie, want as 80,000 kaartjies net teen R50,00 elk verkoop word, is dit 4 miljoen rand se inkomste vir die AIG. Wat nog van al die kos en drank en ander items wat verkoop word? Klink vir my meer na ‘n geldmaak storie as om afrikaanse musiek te bevorder! KOEBAAI PICK EN PAY EN LAND ROVER, wat in elke geval rubbish is.

EMK ·

Chris – nou wonder mens net waar gaan die res van die baie geld heen?? IEMAND word ryk ne. Dink ook nie borge regtig nodig nie

Christo ·

Totsiens Pick EN Pay ,sien jul nooit weer nie ,dis wat jul van ons taal dink ,so jul sien nie weer n sent van my ,ek het n Restuarant en gastehuise ,koop duisende rande by jul ,TOTSIENS !!!!!!!!!!!

magriet ·

sjoe, ek het nou alles gelees. voel julle almal nou beter?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.