Afrikaans is Groot: ‘Konserte is veilig’

afrikaans-is-grootDie konsertreeks van Afrikaans is Groot (AIG), wat Vrydag in Pretoria begin, sal veilig wees en effektiewe maatreëls is in plek om dit te verseker.

Barnard Beukman, woordvoerder van AIG, het gesê mense het navraag gedoen oor of dit veilig is om die konserte by te woon na berigte dat die ANC-jeugliga ʼn vreedsame protesaksie tydens die konsertreeks beplan.

“AIG wil dit graag onder die aandag van konsertgangers bring dat die ANC-jeugliga geen melding van ʼn betoging gemaak het in die verklaring wat uitgereik is nie. Geen aansoek om ʼn betoging te hou is nog by die owerhede ingedien nie – minstens sewe dae voorafkennis is nodig,” het Beukman gesê.

Volgens Beukman het die ANC-jeugliga se tak wat die verklaring uitgereik het aan AIG bevestig dat daar geen finale besluit oor enige protesaksie geneem is nie en dat dit tans net oorweeg word. “Geen amptelike aansoek is nog ingedien nie. Die moontlikheid van ʼn optog is nie in die verklaring genoem nie. Slegs vreedsame protes word oorweeg en geen ontwrigting van enige aard nie.”

Beukman het gesê AIG bly op hoogte van die algemene veiligheidsituasie en sal betyds kommunikeer as enigiets verander. “Konsertgangers kan dus met ʼn geruste hart na die konsert uitsien en hulleself gereed maak vir ʼn uitsonderlike musiekervaring. Dit kan ook bevestig word dat die uitvoerende burgemeester van Tshwane, Kgosientso Ramokgopa, ʼn uitnodiging aanvaar het om een van die konserte by te woon.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Etienne ·

“Slegs vreedsame protes word oorweeg en geen ontwrigting van enige aard nie.”
Wie is nou so stupid om dit te glo? ANC ken niks van vreedsaam betoog nie!
Wanneer laas het jy AFRIKAANSE mense gesien wat een van hulle vergaderings of konserte betoog? Duidelik is hulle bang AFRIKAANS!

Karen ·

Ek het nog nooit van ‘n ANC jeugliga vreedsame protes gehoor nie. Miskien bedoel hulle ‘n vreet saam protes.

CAV ·

Miskien moet ons ook “vreedsame” betogings hou as Zuma en Malema sing ” Kill the boer “

Riaan Slabbert ·

Hehehehe CAV….ons ou boerenasietjie het eens te slapgat geword om n enkele kwe te laat hoor. Behalwe natuurlik hier op die forums

Johan Smit ·

Vreedsaam!? ANC betogers? Nog nooit! Word jou voertuig beskadig is die kanse goed dat daardie eis afgekeur gaan word. Om met ‘n klip op baksteen raak gegooi te word en ‘n lewe te verloor of of of…….
Vir my sien hulle nie by so ‘n kontroversiële vertoning nie. Haal vir Hoffmyr uit. Dit wil voorkom of die probleem dan opgelos kan wees. Hoekom almal wat die vertoning wil bywoon se veiligheid affekteer.

Bruno Stef ·

My vriend bly gerus weg niemand gaan jou regtig mis nie. Dit is juis omdat STEVE daar optree dat die konserte so goed ondersteun word maar miskien moet jy maar as alternatief in SOWETO n regte praat of skree sessie bywoon dit sal moontlik beter pas.

Johan ·

Waar kan ‘n mens rugby kyk wat naby aan die Moreleta Park ouditorium geleë is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.