Afrikaans is Groot: Nog konserte beplan ná kaartjies binne ure uitverkoop

afrikaans is grootDie organiseerders van die Afrikaans is Groot-konsertreeks het bekend gemaak dat nog konserte beplan word nadat kaartjies vir die beplande vertonings Woensdag binne ure uitverkoop het.

Barnard Beukman, woordvoerder van Afrikaans is Groot, het gesê die kaartjies vir al nege vertonings is Woensdag binne agt ure uitverkoop.

Die AIG-konserte in Pretoria is vir 13, 14, 20, 21, 27 en 28 November beplan. Op 14 en 28 November word daar twee konserte gehou. “Alhoewel duisende bykomende sitplekke op die eerste dag beskikbaar gestel is, was dit steeds nie genoeg vir die aanvraag nie. Verlede jaar is ses vertonings op die eerste dag uitverkoop, waarna dit vermeerder is,” het Beukman gesê.

Volgens Beukman is die organiseerder van Afrikaans is Groot besig met dringende voorbereidings om bykomende vertonings in Pretoria beskikbaar te stel en sal ʼn aankondiging hieroor binnekort volg. “Afrikaans is Groot (AIG) se bestuur en kunstenaars is vandag meer as ooit oorweldig met dankbaarheid teenoor Afrikaanse musiekliefhebbers vir die buitengewone steun wat ons ervaar met die verkoop van konsertkaartjies. Dit is ʼn ongekende gebeurtenis in die geskiedenis van Afrikaanse musiek.”

Beukman het om verskoning gevra aan sommige kaartjiekopers wat probleme met die aankoopproses ondervind het. “Dit is veroorsaak deur die onverwagse groot toeloop, met duisende mense gelyktydig aanlyn. Elke jaar word stelsels van die beste gehalte gebruik om in die geskatte aanvraag te voldoen, maar die aanvraag na kaartjies het alle verwagtinge en beplanning oortref. Daarom word kopers se geduld in dié verband hoog op prys gestel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Antjie ·

Lekker man lekker!!!!!! Nou moet al die Afrikaanse Musiek ondersteuners wat Land Rovers besit daar opdaag, dalk sal LR dan besef hoeveel kliente hulle besig is om te verloor.

Swannie ·

PicknPay “eat your heart out”!!!! Verseker sal ek my groceries NIE meer daar koop nie en sal ek dit so aanteken in hul formele klagte boek by my naaste tak. Ek voersoek dat almal wat AIiG ondersteun, my voorbeeld sal volg en duidelik ons misnoe teenoor PnP sal deurgee!

scalla ·

Die borge moenie krap waar dit nie jeuk nie, laat dit vir hul n les wees.

sproetjies ·

Hierdie is vir my die bewys dat die Afrikaansprekendes wel kan saamstaan vir hulle Taal. Mag AIG se koffers oorloop van bespreekings. So kry die borge toe lekker ‘n bloedneus. Ai hoe krul my tone van lekkerte.

faith liddle ·

hmmmmm hoe lekker kry ekke nou en raai wat Steve is ook daar hnnnnnnnn. ek wil tong uitsteek maar weet nie hoe op email nie………

Etienne ·

Los die Land Rovers vir die tenderpreneurs. Ondersteun firmas wat besef waar hul inkomste vandaan kom.

Drieks ·

Met e-tol het ons saam gestaan en nou weer.
Afrikaners jul kan saam staan, bewys die verlede verkeerd en laat ons saam hierdie land help vorentoe vat.

Ria ·

Ai – dit is so ‘n lekker, lekkerkry dat Steve oor daar is, want hy doen so baie vir Afrikaans. Dankie julle. Waar is die Kaapse konserte dan?

Leeutjie ·

Ek sit ook lekker tong in die kies oor hierdie een. Al ons groot sterre is saam! Steve se glimlag gaan my vir ‘n lang ruk laat glimlag van oor tot oor! Almal lyk so uitgelate en gelukkig…

Pieter Engelbrecht ·

Ook probeer om kaartjies te koop. Dit was regtig maar ‘n swakkerige stelsel en het maar later moed opgegee.

Gert van der Merwe ·

Hoera vir die wat stem om die borge wat ontrek nie meer te ondersteun nie. Die borge is hakskeen byter. En sponser moontlik Nkandla. Wonder op Pick n Pay by daai spasa shop n advertensie bord op het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.