Afrikaans is Groot: Onkantspel oor Afrikaanse musiek

Steve Hofmeyr Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Steve Hofmeyr Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Die jaarlikse reeks Afrikaans is Groot (AIG)-konserte, wat volgende naweek begin, is daarop gemik om die gewildste Afrikaanse kunstenaars op publieke aanvraag op een verhoog saam te trek.

“Die konsep is uiters gewild en vanjaar se bykans 80 000 kaartjies is binne enkele dae uitverkoop,” het Barnard Beukman, woordvoerder vir dié fees, in ʼn verklaring gesê. “Steve Hofmeyr is by die konsert betrek volgens dieselfde kriteria as al die ander kunstenaars op die verhoog – sy hoeveelheid CD-verkope, gewildheid in die mark en die meriete van sy liedjies om in te pas by so ʼn produksie. AIG se enigste verbintenis met al die kunstenaars is dus die uitvoering van hul musiek.”

Beukman sê dit is nie AIG se rol om betrokke te raak of kommentaar te lewer op enige kunstenaars, Hofmeyr ingesluit, se persoonlike of openbare standpunte nie. “Diegene wat kaartjies gekoop het vir die konsert, het dit gedoen met die wete dat sy optrede deel van die aanbod is – elke kaartjie is dus ʼn kontrak met die koper. Daarom tree Steve as een van die land se gewildste musieksterre steeds daarin op.”

Hofmeyr het voorverlede week getwiet:

Sorry to offend but in my books Blacks were the architects of Apartheid. Go figure.

Sy twiet het ʼn opskudding op sosiale media veroorsaak. Talle Twitter-gebruikers het Hofmeyr se borge en maatskappye wat geleenthede borg waar Hofmeyr betrokke is, op sosiale media gekap en gevra of hulle sy uitlatings goedkeur. Die komediant, Conrad Koch wat ook die stem is agter die karakter Chester Missing, het homself ook uitgespreek teen Hofmeyr en die twee hoofborge van AIG, Pick n Pay en Land Rover.

Beukman meen dit sou bykans onmoontlik wees om enige plek ter wêreld ʼn musiekkonsert aan te bied indien elkeen van die meer as 300 sangers, koorlede, orkeslede, produksieleiers en tegniese ondersteuners geoordeel moet word op grond van subjektiewe standpunte, persoonlike voorkeure, lewenstyl of geloof. “Uiteindelik is die basiese verwagting dat, net soos by enige ander werkgewer, die betrokkenes hul gedrag binne hul kontrak en die raamwerk van die grondwet sal hou,” het hy bygevoeg. “Enige bevinding dat iemand kontrakbreuk pleeg of ongrondwetlik optree, se posisie sal heroorweeg word.”

Hy het dit benadruk dat die musiekfees groot waardering het vir die betrokkenheid van borge in die Afrikaanse musiekbedryf en hul bydrae tot die sukses daarvan. “Daarom is dit uiters onregverdig en onaanvaarbaar dat die kommentator Conrad Koch die borge, AIG en ander instansies of persone letterlik uurliks teiken en deur sy Twitter-rekening aanval. AIG, en nie die borge nie, besluit oor die deelname van kunstenaars.”

Beukman het gesê AIG erken Koch se reg tot vrye spraak en aktuele debat. “Maar om instansies se sakebelange te skaad, deur hulle in ʼn bestuurde veldtog te probeer insleep oor kwessies wat nie hul betrokkenheid by Afrikaanse musiek raak nie, grens moontlik aan ontoelaatbare teistering en is onkantspel.

Volgens hom huiwer Koch ook nie om selfs onwaarhede te versprei nie. “Hy beweer dit is ‘ʼn feit’ dat daar ‘net 20 wit kunstenaars’ in die konserte optree. Dit was nog nooit die geval in enige AIG-konsert nie.”

Beukman het gesê AIG respekteer enige borge se reg om volgens eie belang op die situasie te reageer. “Maar ons wil hulle en musiekondersteuners verseker dat die AIG kreatiewe span en kunstenaars hard aan die werk is om weer ʼn sukses van die konsertreeks te maak.”

Lees ook:
Pick n Pay heroorweeg borgskap van musiekfees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

colleen ·

Hy kan dalk n sanger wees maar hy is n mens soos ek en jy. En het sy eie denke en opinie van die lewe war hy lei. As hy wil iets se wat in almal se oe verkeerd is is dit nie noodwendig die mense rondom hom se opinie nie. So ai tog chill net daaroor. Luister liewer dan net na sy musiek en los sy privaat lewe uit.

Kobus ·

Weet nie, maar wat ek wel sien, is dat sekere Afrikaanse koerante is so bly oor die ou se aanvalle op Afrikaans, hulle kan nie wag om agterna te trippel en dit blymoedig te verkondig wie almal se bogskappe in gedrang is nie.

Chris van Heerden ·

Het nog nooit eers van die koch knopkop gehoor nie.

Ilze Smith ·

Nog nooit van hom gehoor nie maar gaan hom beslis boikot in die toekoms. Shame, hy probeer seker ook maar net naam maak vir homself want hy het nie talent nie en is ook nie ‘n gebore leier nie.

Rieks ·

Hy is ver-koch aan Steve!!! Moes op sy status ry om net bietjie erkenning te kry ;-D

am ·

Koch en ander mag twiet wat hulle wil, maar Steve nie-wat se vryheid van spraak is dit?

Lorraine ·

Moet swaar wees om in die skadu van groot name te probeer naam maak.

Anne-Marie ·

LIEFSTE STEVE….ONS GAAN DIE STEM SING TOT IN EWIGHEID…WAT IS DAARMEE VERKEERD? ~ DIT IS ‘N MOOI GEDIG IN AFRIKAANS EN ONS HET NOG NOOIT DIE STEM OP ‘N PLAAT OF CD GEHAD NIE….DUS WAAROM NIE NOU NIE? ~ DANKIE STEVE DAT JY VOOR STAP….JY HET VOLGERS….EK GAAN OOK NOOIT WEER DIE BEELD KOOP NIE WANT DIE RASSISME ONDERROK VAN SEKERE RUBRIEKSKRYWERS HANG ELLE LANK UIT….
STERK STAAN STEVE WANT JY IS NIE ‘N LAFAARD SOOS SEKERE MEDE MENSE NIE
HULLE WEET NIE WATTER KANT VAN DIE DRAAD OM EINTLIK ‘N SITPLEK TE KRY NIE…DUS TUIMEL HULLE TELKE MALE AF

martie ·

Dit is wat Conrad Koch se leuse en beroepis, ” KOMEDIANT”, as jy vlak is, is jy vlak! In hierdie land mag niemand hardop dink nie, en behoede jou siel as jy iets se!!!!! Ons bid maar soos die Woord se “Here vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie”.

denise ·

Go Steve, die enigste persoon wat regtig opstaan vir Afrikaans (en wat nie bang is nie)!!!!!!!

Skaap ·

So, wat nou eintlik hier gesê wil word is dat ons swart-medemense mag maar uitlatings maak en sê wat hulle wil, maar as jy wit en Afrikaans is, moet jy dit maar vir jouself hou ?

Rienie ·

Ek se ook go for it Steve. Jy staan waarvoor jy trots op is. Siestog Conrad Koch probeer seker vir homself naam maak, want niemand ken hom nie, daarom le hy ‘n eiertjie. Hy wens en droom seker om sulke vol gehore te trek. Borge wys jul steur jul nie aan sulke nonsense nie, hierdie is ‘n konsert wat almal dink is stunning, moenie dat ander dit vir ons bederf nie. Ons moet nie dat ons ontneem word van ons reg en mens wees nie.Die stem is deel van ons groot word, dit was nooit bedoel om enige iemand seer te maak nie. Opmerking – koerant ek weet dat baie mense nie meer belangstel in die koerant of tydskrif nie, want regtig!!! Nogmaals dankie Steve,

anet ·

Nee wat Conrad Koch, jy sal baie meer borshare moet groei om in Steve se skoene te staan.
Dankie Steve, sing vir ons die STEM uit volle bors, dit is nog iets wat ons almal styf teen die
hart kan vasdruk en as ons eie beskou. Dit gee ons moed om verder te probeer bou aan hierdie mooie land uid-Afrika!

pop ·

Nou as ek so na koch se fotos kyk sien ek hoekom hy nie vir Steve kan vat nie. Hy speel dan met poppe. Foeitog.

Kys ·

‘n Onbekende Conrad Koch,
Raak iets kwyt, die klein bog,
Wil nou regeer,
Sy hart is seer.
Want Steve sing tog nog.

Kobus ·

Ek sien Steve het laat middag ‘n hofbevel teen Conrad Koch verkry.

Theresa ·

Amazing dat almal kan loop en sê wat hulle wil van wie hulle wil. Hoeveel keer is daar nie slagspreuke gemik op spesifiek die wittes nie en die boere ens. Geen haan kraai daarna nie maar laat een ou (ongelukkig of gelukkig is hy baie gewild en bekend) nou ook sy sê sê vir waarvoor hy staan in hierdie land van ons (wat ten gronde gaan) en die hel bars los. Kyk om julle rond wat vir Steve so kruisig en maak julle oë en ore bietjie oop en hou op om net aan julle self te dink. As daar eendag “gekies” moet word, gaan hulle beslis NIE jou kies nie – glo my!

c greyling ·

Ai kan hulle nie ma vir ou steve uitlos ,ou malema mag se net wat hy wil ma as ons wittes enigeiets se dan wil alle borge onttrek en mag jy nie deelneemaan iets mense die wereld is siek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.