Afrikaans is Groot: ‘Seardel-belegging goed vir groei’

afrikaans is grootAfrikaans is Groot (AIG) het die Seardel-groep se belegging in dié maatskappy en Coleske Artists verwelkom en gesê “belegging in Afrikaanse musiek is goeie nuus vir groei”.

Sharenet het verlede week aangekondig dat Seardel 50,1% van Coleske Artists Edms. Bpk. en Afrikaans is Groot Edms. Bpk. bekom het teen R42 miljoen.

Barnard Beukman, woordvoerder van AIG, het gesê dit is baie goeie nuus vir die bedryf en het dit namens AIG, sy vennote, kunstenaars, medewerkers en ander verwante belange verwelkom. “Met die sterk groei wat AIG en sy kunstenaars in die mark ervaar, was dit nodig om ook toegang tot nuwe kanale moontlik te maak. Dit kan ʼn nuwe Afrikaanse TV-kanaal, sonder subskripsie, insluit en moontlik ook ʼn mediaplatform.”

Beukman het gesê die feit dat ‘n beleggingsgroep soos Seardel bereid is om in die toekoms van Afrikaanse musiek te belê, “bewys dat duisende musiekaanhangers se ondersteuning van die bedryf geregverdig was en dat nog verdere groei nou voorlê.” Hy het gesê een van die hoofredes vir die nuwe vennootskap was juis om aan kunstenaars en veral ook opkomende kunstenaars steeds meer geleenthede te bied.

“AIG het die afgelope paar jaar moontlikhede met verskeie mediahuise verken, maar uiteindelik was dit Seardel wat bereid was om tot ʼn transaksie oor te gaan. AIG sien die nuwe bedeling nie as uitsluitend van enige dele van die Afrikaanse mark nie en wil op gesonde sakebeginsels met almal saamwerk. Die mate waartoe daar dalk gesonde kompetisie kan ontstaan, sal dit tot voordeel van Afrikaans wees – soos in enige vrye mark ekonomie al bewys is,” het Barnard gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AGGENEE ·

Geagte AIG, Natuurlik sal julle julle nuwe baas met ope arms verwelkom!!! ‘Schaik’ en ‘vrye mark’ is ongelukkig twee konsepte wat onversoenbaar met mekaar is. Julle gaan nie onafhanklik wees nie – dit het die hele Johnny Copelyn / Marcel Golding sage verlede jaar bewys. Die Coleske boeties het oorgegee aan die geldgod, en dit nogal aan een wat totaal lojaal aan die korrupte kaders is.

Petra ·

Soos pienk frikkie wat die Volk uitverkoop het vir n KLOMP GELD… nou DIT???

Die is n “take over” HALLO ” anybody home???????
………..HALLLOWW….!!!!!!!!!!

Joe64 ·

Groot tickets is available, dis great man, awesome! is dit Afrikaans is Groot of “Hier kom die Afrika Kreole?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.