Afrikaans is Groot: ‘Steve gaan nêrens’

Steve Hofmeyr by die mediakonferensie in Centurion. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die bestuur van Afrikaans is Groot (AIG) het Dinsdag tydens die aankondiging van hul nuwe hoofborg dit duidelik gemaak dat dié handelsmerk beslis nie hul bande met Steve Hofmeyr gaan sny nie – ondanks MTN se onttrekking as borg van die konsertreeks weens Hofmeyr se deelname.

Tydens die mediakonferensie wat by Helpende Hand se hoofkantoor in Centurion gehou is, het Barry Pretorius, die vervaardiger van AIG, gesê hulle het die afgelope tyd baie vrae ontvang oor of Hofmeyr nog by dié bekende konserte gaan optree.

“Mnr. Hofmeyr gaan nêrens heen nie, hy bly in Afrikaans is Groot, punt. Geen borg kan ons vertel wat ons mag doen nie. Elke liewe borg kan loop, en ons sal nog steeds hierdie ding laat werk, deur die publiek, deur júlle wat inkoop in die projek,” het Pretorius gesê.

Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van AIG. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

AIG het by dieselfde konferensie aangekondig dat die hoofborg van AIG vanjaar die publiek gaan wees. ’n Eksklusiewe vertoning, genaamd #JouAIG, word vir 28 November 2019 beplan waar 6 000 kaartjies teen R800 elk aangebied sal word. Elke kaartjie wat verkoop word, sal dien as ’n bydrae tot die bestaan van AIG en elke kaartjiehouer van dié konsert sal ’n hoofborg van die konsert wees. Helpende Hand tree op as ‘n begunstigde van die #JouAIG-projek.

Hofmeyr, wat ook by die mediakonferensie teenwoordig was, het gesê hy is bly dat hy terug gaan wees op die AIG-verhoog. “Dankie dat julle besluit het om my te hou. In ’n stadium het ek vrywillig aangebied om terug te tree. Ek het dit gedoen omdat ek nie daarvan hou om mense te verdeel nie en omdat ek nie daarvan hou om as ’n rassis uitgemaak te word nie,” het hy gesê.

(Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

“Verskille tussen rasse? O ja! Ek doen maar dieselfde as wat jou rassebeleide soos byvoorbeeld BEE en regstellende aksie doen. Het ek ’n haat vir enige ander ras? Glad nie! Ek deel dan hierdie verhoog met enige groepe en rasse in die wêreld.

“Wat wel my hart breek, is indien Afrikaans is Groot sou moes stop, dit daardie swart mense agter [die verhoog] wat ons laat goed lyk, daardie personeel, daardie bruin en swart mense in ons orkes, mense saam met wie ek sing, mense saam met wie ek al op toer was – Refentse! – [ook benadeel]. Ek sien ons is alweer besig om die verkeerde mense te straf,” het hy gesê.

Volgens Hofmeyr tref hy nie ʼn onderskeid tussen hom as kunstenaar en as aktivis nie, omdat dit deel van sy roeping as kunstenaar is. “Dit is die primêre roeping van werklike digters, om te verwoord wat sy mense wil hê. Wat ek nie kan toelaat nie is dat ons kulturele dade gesien word as politieke aksies, want dán kan dit manipuleer word. Wat ek nie kan bekostig nie, is dat julle my kulturele denke afwater in ʼn paar politieke kategorieë.”

Karlien van Jaarsveld (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hofmeyr het gesê hy sou ʼn politieke party gestig het as hy regtig die behoefte daaraan gehad het, maar dat hy nie bereid is om sy loopbaan en tyd daarvoor prys te gee nie.

Karlien van Jaarsveld het op haar beurt gesê sy ondersteun Hofmeyr. “Hy is die enigste mens wat al op só manier vir ons taal opgestaan het. Ons is een nasie en een kultuur en dit is verskriklik mooi vir my wanneer ons almal daar kan bymekaarkom. Ons het net een Afrikaanse taal. Dit is nie te sê dat wanneer jy saam met iemand werk, jy met hom saamstem nie,” het sy verduidelik.

Demi Lee Moore het dit beaam en gesê mens hoef nie met iemand saam te stem om ʼn verhoog met hulle te deel nie. “Ek is hier vir die musiek. Ons vier Afrikaans wanneer ons die konserte hou, en dit is vir my die belangrikste dat dit kan bly staan sodat almal op só manier bymekaar kan kom.”

Hofmeyr het verder gesê dat enigeen wat tuis voel by die AIG-konserte, welkom is. “Ons [Afrikaners] noem altyd onsself ʼn gemeenskap – weet jy hoekom doen ons dit? Want ons deure staan eintlik oop vir almal, dit het nog altyd. Enige iemand wat tuis voel by ons konserte, is welkom. Elke aand wat die ligte aangaan en ek sien die 8 000 mense voor my, sien ek die bruin gemeenskap, ek sien die swart, wit en Chinese gemeenskap. En hoekom is hulle daar? Want ons deure is oop.”

Hofmeyr het gesê hy is jammer dat dinge wat hy gesê het, nie in daardie stadium reg geïnterpreteer is nie, en dat hy sy omstrede twiet van 2014 kan verdedig. “Hierdie inisiatief wys dat ons nie verlam word deur die narratiewe daar buite nie, ook nie deur geld nie. Ons harte is nog reg. Kultureel word ons primêr gedryf daardeur dat ons vir altyd hiermee wil aangaan.

“Ons is lief vir alles Afrikaner, en ons maak nie verskoning daarvoor dat ons konsentreer op hiérdie deel van die kultuur en hiérdie taal wat ons so goed verstaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

122 Kommentare

Dries du Toit ·

Steve moet asb net nie nou TE polities korrek wil wees nie. Jy het groot ondersteuning en ons vrees dat jy ons in die toekoms soos so baie kunstenaars terwille van geld ons gaan teleurstel. Asb asb ons vertrou op jou

Alida ·

Mooi so hoekom moet allewig terugstaan. Die regte borge sal nou begin instroom.

FRANNA ·

Dankie Barry, Steve en die hele span. Julle maak ons opnuut trots om Afrikaans te wees.

Arnót ·

Nou sien ek Toyota het ook die pad gevat. Sal graag wil sien hoeveel Afrikaners nou Toyota gaan boikot?

Elsa ·

Niemand. Dit is die bes verkope in die land (wat 4X4 betref)

marco polo ·

Nie waar nie Elsa, ek boikot Toyota al my hele lewe lank.

Johan ·

Ek lag my n papie Ford/Mercedes of VW borg hulle nou. Dis n uitstekende kans vir enige vervaardiger wat wil aandag trek in die media.

Dom ·

Nee wat ek sal nie vat aan daai kar nie. Ry n ford, buitendien baie beter as toyota. Toyota is n kar/bakkie vir fyngevoelige en verfeinde mense! Punt!

Jaco ·

@Dom
Wil jy regtig verkies dat ons oor Ford, meer spesifiek Ford SA gesels?

Wat?? ·

En ek wou so graag 10 Fortuners koop vir die werk!!
Aggenee Toyota! Neeeeeee!!!!!!!
Dan is dit nou maar ‘n vloot Everests..

John Stephens ·

Toyota: Die aanvanklike grootbaas van Toyota, Albert Wessels, was ‘n Afrikaner, getroud met ‘n Afrikaanse digteres. Hy draai vandag seker in sy graf oor die “nuwe” Toyota se opvattinge oor Afrikaans is Groot en Steve. Steve draai nie doekies om nie en praat reguit soos elke Afrikaner wat sy sout werd is, behoort te doen.

Toyota ·

Arnot, die Afrikaner sal aanhou Toyota koop, want die Afrikaner het ‘n geel streep. Die Afrikaner se tyd gaan kom om te vlug of vrek want saam staan kan hy nie. Hulle vertrap Afrikaans op skool, universiteit en in die samelewing maar die Afrikaner is tog te happy met sy dop, tjop en rugby om enigsins om te gee.

Renette Wilkinson ·

Ek sal altyd Toyota ondersteun, die probleem wat geskep is, is baie groter as wat enigiemand besef!

Deon ·

Toyota, Afrikaner belangegroepe is ook te blameer. Hulle ontvang elke maand ledegelde van mense, maar almal plaas die klem op taal, kultuur en geloof, almal issues wat die hartsnare roer. Daar word nie saamgewerk en dieper gedink oor waarheen Afrikaners op pad is nie. Jy’s reg, die van ons wat agterbly sal verarm en later vlug om te oorleef.

Niek ·

Ek is nie ‘n Steve ondersteuner nie.
Een ding wat egter soos ‘n paal bo water staan is dat hy “guts” het.
Hy is nie bang om te wys waarvoor hy staan nie. As hy ons grootste probleem moes wees, het ons geen probleme nie.
Ek steun Steve!

Maggie ·

Ek stem 100% saam jou. Steve het guts om sy se te se en ons moet hom daarvoor ondersteun. Nie baie Afrikaners het daai guts nie.

Colleen ·

MTN sal agterkom dat hy die verkeerde besluit geneem het. Wonder wie nou rasisties optree. As almal net wil verstaan 94 tot 19 is lig jare uit mekaar.

Cherokee ·

Coleen, ek is nie so seker van wat jy sê nie. Dat MTN gaan agterkom dat hy die verkeerde besluit geneem het. Die besluit het finansiële oriëntering en ons blankes is (dalk) nie meer die grootste mark nie. Dit geld ook vir wat Wonner hier onder sê. Wonner bietjie hoeveel Toyota Quantums word as taxis verkoop. Hulle mark word groter en diè van ons kleiner want hulle word meer en meer.

Buite Stander ·

MTN se reputasie in Nigerië en Turkeye is zero. AIG behoort nie met hul besigheid te doen nie.

Wonner ·

Ek wonner wat gaan Toyota doen as al die ouens ophou Hiluxe en Fortuners koop.Ek weet ook van n paar manne in Botswana wat nuwe Cruisers moet koop.Soo…..Toyota dink baie mooi wat julle doen!!!!!

Ida ·

Wonner ek wonder ook wat Toyota dink, want n groot deel van my familie in Namibia en SA ry Land cruisers, maar hul sê dis geen probleem om Nissan Patrol of Ford te koop nie. Mense begin gatvol raak vir hierdie maatskappye wat dink hul het ons aan die korthare beet. Karma is n vieslike ding en die motor maatskappy moet weet dat hul nie vloot Kliente kan verloor nie. Pasop vir ons opregte Afrikaners wat nog geld het. Ons geld sal nie na verraaiers gaan nie. Nee ons eie mense en kultuur is vir ons belangrik en so ook die toekoms van ons nageslag.

pb ·

Ag nee wat ou maat…ek verruil my Fortuner vir niks…en my foon loop seepglad op MTN. Gaan my definitief nie self inperk ter wille van een afrikaanse sangerkie nie!! Doen jy dit gerus

Cherokee ·

pb, dit gaannie oor een ‘afrikaanse sangerkie’ nie. Dit gaan oor lojaliteit en respek teenoor ons taal waarteen daar onophoudelik aanvalle geloots word. Dit gaan oor samewerking met mense wat ons taal genoeg respekteer om Afrikaans met ‘n hoofletter te skryf en in Afrikaans kan spel. Óf jy hèt dit, of jy het dit nie. Jy is ‘n patriot of jy is dit nie. Doen wat jou gewete jou aansê om te doen.

Alida ·

Toyota is mos nie die enigste bakkie op aarde nie. In teendeel help hulle die ander fabrikate se verkope aan. Dankie Toyota.

B ·

Darem het Toyota AIG geborg. Nou wil julle ‘n fabrikaat ondersteun wat bes moontlik nog nooit so tipe inisiatief ondersteun het nie?

(Ja ek is ook uiters teleurgestel in Toyota SA se ruggraatlose optrede, maar gee krediet waar dit toekom)

Vryheid ·

Ons kan saam staan as ons wil. Wel gedaan aan AIG. Aan al die borge- moet asb nie vergeet wie julle produk ondersteun nie, as julle voel die minderheid is nie goed genoeg nie laat tog net weet dan weet ons wie om nie verder te ondersteun nie!

Vonny ·

Kom ons staan saam soos destyds met SPUR. DOEN dieselfde met MTN. ..EN TOYOTA!!!! SAL sien wie lag die laaste. Viva afrikaans is groot!!! Ons sal R200 n kaartjie OOK betaal

Linda ·

Barry Pretorius jy is een uit n miljoen !!! Hier in Roodepoort sal ons julle ondersteun, maak nie saak wat n kaartjie kos nie, dis vir n goeie doel ! Ons is en ons bly Afrikaners en is trots op ons erfenis !!!!

Naas ·

Ja die goeie doel is seker om die bankrekening van die AIG eienaars te sterk. Ek verstaan jou entoesiasme vir iets wat jy lief het, maar R800 per kaartjie vir ‘n konsert watvdeel vorm van ‘n jaarlikse plaaslike produksie van 14 konserte is buitensporig. Die mense wat ek ken wat dit bywoon is gaste van groot maatskappye wat vir alles betaal. Selfs al het jy die geld om self te betaal, kan ek nie sien hoekom ‘n redelike mens dit sal spandeer nie. Groete uit Roodepoort.

ADK ·

Ek stem saam met die twee dames, by die werk verskil mense ook, maar hulle werk saam vir dieselfde maatskappy en het elk hul eie menings en opinies. Ek glo selfs by MTN en Toyota werk mense saam wat van ander verskil en nie saamstem met hul sienswyse nie. n Goeie voorbeeld is die ANC. Cyril verskil van Jacob Zuma, hy is teen korrupsie, volgens hom. As hy by n ANC byeenkoms saam met JZ verskyn en hom omhels, beteken dit hy omhels korrupsie of JZ, ek glo hy doen dit vir die ANC. Hy verskil van die man, maar hy groet en omhels hom ook. Wat sê die borge dan daarvan. Dis tyd dat die borge hulle man staan en uit politiek bly. Vir my gaan dit nie oor Steve nie, dit gaan oor Afrikaans. Dis Lufusi teen Afrikaans en hy gebruik mag en politiek om borge te boelie. Volgens die kommisies se getuies vind die ANC baat by die “borge”, hoekom hoor ons nie van maatskappye wat hul borgskappe by ANC byeenkomste ontrek nie, die ANC word tog grotendeels aan korrupsie gekoppel, of kan ons as verbruikers aanneem dat alle ANC borge korrup is?

Koos de Meyer. ·

Dankie AIG dat julle ruggraat het om julle nie te laat afdreig deur borge nie. Mtn moet maar die gevolge dra van hulle simpel rassistiese beleid.

Oupa D ·

Hulle het reeds die gevolge bereken. Toyota ook. Die blanke mark is nie meer bepalend vir hul verkope nie. ‘n Tweegat-jakkals is net oor homself bekommerd….!

Wonner ·

Dis waar B. maar hoekom eers ja sê en dan omswaai…dis amper erger as Mtn

Anel ·

Wat het geword van vryheid van assossiasie? Deur borge af te dreig het Lesufi die hele handves van menseregte oortree.
Maar dit lyk my die grongwet is vir almal behalwe die wit Afrikaanssprekendes van hierdie land.

Irma ·

Ja grootbroer toyota. Julle het julle heeltemal misreken met die mark en wie die mense is wat julle al jare ondersteun het. Die uitsprake van verskeie politici en hul vlagdraers het waarskynlik bygedra tot die feit dat gewone burgers nou genoeg gehad het van die manupilasie, bedrog en korrupsie. Hoekom sal mense met selfrespek voortgaan om die vloermatte van grootbroer te wees.

FM ·

Ek stem saam met Barry. Die mense wat Afrikaans praat en uitleef is die grootste borge van AIG. Lesufi het van sy job n gemors gemaak omdat hy AFRIKAANS wil ondermyn. Maak die kaartjies R800 sodat die gehoor die grootste borge van AIG is. Mtn en toyota wil graag die massas “please”.Vra bietjie vir toyota se opponentfabrikate of hulle nie as borg vir AIG wil optree nie.Hierdie borge wat onttrek het is polities ingestel. AFRIKANERS IS PLESIERIG. DIT KAN JULLE GLO. Sekere persone en instansies vrees AFRIKAANS. Kom Afriaanse kultuurmense, van oor kleurgrense heen,laat ons partytjie hou en ons samehorigheid uitleef.Viva!!

willem Botha ·

Dit het tyd geword om saam te staan en besighede en politieke partye te ondersteun wat afrikaans vriendelik is.

Boet Fasie ·

Barry Pretorius, Steve en al die kunstenaars wat opstaan vir Afrikaans en die regte van alle Afrikaners en kunstenaars ongeag kleur of ras baie dankie. Dit kos ” guts” om te doen wat julle gedoen het en ek kan julle verseker dat elke afrikaner julle sal ondersteun , jammer Steve wil nie staan as ‘n politieke leier nie, ons het leiers soos hy nodig wat ruggraat het !!!!!

Paul ·

Ek is besig om my bakkies te vervang. Ongelukkig vir Toyota het Isuzu nou my besigheid. Tata Hilux..

Koos ·

Wat het Isuzu al ooit vir Afrikaans gedoen? Het hulle al ooit enige Afrikaanse iets ondersteun? Maak hulle Afrikaanse advertensies? Ek werk al baie jare vir Toyota, goeie maatskappy wat sorg vir sy blanke werkers. Gaan jy bly wees as ek my werk verloor agv julle boikot aksie?

Anton Kld ·

Geluk Paul. Staan vanaand en vra die vraag hoeveel het Isuzu en al die ander motor vervaardigers al vir Afrikaans gedoen tot nou toe. ?“Go figure” ?

Bernice ·

Awesome. As ek kon, het ek my hele familie gestick vir die #JouAIG show

Andreas ·

Wat ‘n pragtige berig, ons kan nie wag om die vertoning by te woon nie!

Ray ·

So bly ek het MTN al jare terug totsiens gewens. En Toyota. Wel net so bly ek het geen ambisie om een te ry nie. Miskien verkoop hullegenoeg Quantums teen geen profyt nie. Wonder wie kruis sunsidieer die Quantums wat die pad so vol is. Sterkte met die verkope. My Ranger en Everest ry baie lekker. Tougher er. Guess they couldn’t beat ” Built Ford Tough” so Tougherer sounded like a good slogan.

Ansie Pretorius ·

Dankie AIG, ons is moeg daarvan om Jannie Jammergat te wees. Ons is Afrikaans en trots daarop.!! Julle sal genoeg fondse he sonder MTN!!

Die Verlore Skaap ·

Boikot MTN
Ek het hulle SIM kaart uitgehaal en weggegooi.
Hulle kry nie n sent van my.

Tanja ·

Sterkte Steve en Afrikaans is groot. Ek staan bankvas agter julle. En net soos die ander is MTN en Toyota van my ontslae as kliënt.

Naftali Zarkan ·

Nee wat, Toyotas het in elk geval nie goeie remme nie.
Soos brannewyn, nie brieke nie.
Dit is jammer dat hulle geswig het, hulle sou nie besigheid verloor het nie, maar nou, sal hulle, soos Spur, soos MiWay, wél die gevolge dra.
Baie jammer vir die volksgenote wat vir dié maatskappye werk, maar die waarheid is, dat die onvermydelike uiteinde in elk geval sou lei tot jul verlies van werk…
Mense wat durf waag om uit te spreek teen omgekeerde apartheid en staat gesteunde swart op wit rassisme, soos BBB-EE, gaan net eerste op die spreekwoordelike brandstapel beland.
Onthou, eendrag maak mag.
Moet dus nie toelaat dat ons verdeel word nie.
Kom ons werk aan ‘n nuwe plan, waar ons weer iets mag beteken en sukses mag bereik.

Annie Webb ·

Die Afrikaanse publiek is nie groot genoeg om maatskappye soos MTN of Toyota regtig seer te maak nie. Op plaaslike vlak dalk wel, maar dis nie die belangrikste nie. Hulle sal wel maai wat hulle saai. 10 uit 10 egter vir AIG dat hulle by Steve staan. Hulle sál daai R800-kaartjies verkoop. Steve was die eerste openbare figuur wat opgestaan het vir die slagoffers van plaasmoorde en daarvoor móét elkeen wat vir ons boere omgee, hom eer. Hy gee baie van die voordele van sy roem prys om vir “sy mense” op te staan. Dis wat ‘n mán doen, nie ‘n muis nie. Ek was nog nooit eens by een van die AIG-konserte nie, maar ek bly ‘n Afrikaner en ek het eindelose respek vir manne soos Steve en al die ander wat weet wie hulle is en getrou bly daaraan. Móói, AIG! ?

Andreas ·

Annie, ek voel presies net soos jy, maar ongelukkig was ek so effe meer krities en daarom ignoreer die mense wat die redigering doen my. Jy ken my, ek is baie sorgvuldig met wat en hoe ek dit sê, maar dit is net nie positief genoeg om by die res hier bo in te val nie. 100% klap hande en die 0.001% wat krities is, se skrywe beland in die snippermandjie. Ek kan jou verseker myne was nie die enigste nie die resultaat moet 100% positief wees. Ons noem dit demokrasie.

Jerry ·

Ons verlies aan borge, aan enige iets is n aanwins vir die ANC. As dit werklik vir Steve en AIG gaan oor net musiek en nie politiek dan moes Steve mbt sy politieke sienings en uitsprake terug gestaan het. Die verskonings wat geopper word dat julle saam met Steve werk is naief. Steve is n omstrede karrakter wat eerder net moet sing of net moet praat. Deur net te praat kan hy net homself benadeel en blameer, maar deur beide te doen sleep hy te veel ander mense in by sy gemors wat hy veroorsaak. Steve maak net van Afrikaans en Afrikaners nog n groter teiken deur sy onoordeelkundige uitsprake. Jy kan die tipe uitsprake maak wanneer jou mense nie geteiken word nie, maar tans moet Steve n wag voor sy mond plaas. O gits, sorry, klaar te laat, ons verloor borge en die ANC wen. Wie moet hulle bedank, vir niemand anders as vir onoordeelkundige Steve!

Ray ·

Mmmmmm. Jerry so met ander woorde wat jy se is die Afrikaner moet eerder soos ‘n volstruis optree? As jy nie die problem kan sien nie, dan is die problem nie daar nie?

Gert ·

Uiteindelik begin die Afrikaners weer met selfrespek optree. Geen mens met selfrespek sal ingee vir afpersing nie, en dis wat hierdie is: Die boodskap van mense soos Lesufi en MTN is dat Afrikaners moet stilbly oor alles wat verkeerd is in hierdie land, anders sal hulle gestraf word. Steve moet gestraf word deur belet te word by vertonings reg oor die land, net omdat hy die waarheid praat oor wat hier gebeur.
Dankie Steve, dankie AIG!

Obserweer ·

Als loop reg altyd reg toyotaaaaaa. Dankie Toyota my corolla loop nog baie lekker. As jy jou uitgee vir n toffie moet jy die gevolge dra. As jy ander rasse minag ongeag watter kleur jy is dan verdien jy nie n plek op enige verhoog nie. Daars n verskil om optestaan vir afrikaans en beledigend teenoor ander rasse te wees.

Truida Pretorius ·

Die mense wat Toyota het, moet groot sticker opplak: Ons ondersteun Steve!

Tva ·

Alhoewel ek nie baie Afrikaanse musiek luister nie, is en bly ek n Afrikaanse Suid Afrikaner. Ek laat sommer nog vandag my plakker maak om netjies agterop my Toyota te plak!!!

Jannie ·

Ja-nee wonder maar net hoeveel trots jy in jouself kan hê as jy ń handelsnaam ondersteun wat deur soveel wettelose bestuurders gebruik word om ons paaie onveilig te maak.
Hierdie bestuurders lok jou uit om te kyk of hulle jou nie kan provukeer om na hulle vlak te daal nie.
Ongeag of Toyota nou enige verliese gaan lei a.g.v. hulle ontrekking of nie, ek wil nie een hê nie dankie.

adk ·

Ek begin nou wonder of hulle nie agter geslote deure geboelie was nie. Hulle het mos ooreenkomste met ANCorruption

George ·

Ons Kultuur is Sterk en dit is vir baie rasse n meulsteun. Kyk na Belgie wat die STEM sing vir Ons en te wys ons Kultuur is wereld wyd ge-eer. Ons sal saam staan vandag en in die toekoms ……
Geen borg gaan vir Ons n struikelblok wees nie……Eendrag Maak Mag !!!

bolla ·

Nie een groot maatskappy meer nie, almal het genoeg gehad van Hofmeyr se twak. Oorsee kanselleer hulle ook alles wat met Steve te doen het.

Jaco Slabbert ·

Ek dink nie die sogenaamde borge verstaan die betekenis van Afrikaans is GROOT nie. Baie groter as borge.

Sue ·

Ek staan nogal ook TROTS vannag om te sien dat iemand die guts het om nie terug te staan te midde van “spiteful borge” nie. Mens kan nie almal “boikot” nie maar gee kans. Die wereld gaan aan, met of sonder MTN en Toyota en ons moet laat dit van ons af rol. Die beproewing was, om aan te gaan met AIG EN STEVE HOFMEYR. Dit spyt my, klink of hy in n effense sagter toon praat wanneer dit by politiek kom maaar, die politiek sit nie kos op sy tafel nie.

Anyhow, wel gedaan. Dis seker die EERSTE geleentheid waar ek lees dat ons Afrikaners (eks so n mixed grill van n ras) nie gaan le nie. Xx

Jerry ·

Die ANC se aanslag teen Afrikaans en Afrikaner is om die ANC te verryk met geld en mag en om die Afrikaner te verarm en te verneder. Met borge wat onttrek wen die ANC hierdie rondte en dui dit daarop dat ons strategiese oordeel ons in die steek laat!

Gaitsigubib ·

Jerry hierdie is jy die verkeerste wat jy nog was. Dit gaan lank reeds nie meer oor die finansiele stand van die Afrikaner nie, dit gaan oor die geestelike welstand van die Afrikaner. Jy het nou reeds agter gekom dat jou held ou CR gaan eiendom sonder vergoeding dood eenvoudig vat. Die reserwebank gaan en sal oorgevat word deur die ANC, want dit is die verhaal van die res van Afrika en die bloudruk is geskrywe. Die boge kan almal gaan doppies blaas (ANC doppies). Hulle moet maar kyk wat gebeur wanneer jy die Afrikaner onder druk begin plaas.

Deon ·

Afrikaners is emosioneel uitgeput. Die geboelie op all vlakke begin nou sy tol eis. Nugter weet waar dit gaan eindig.

Devill ·

Media24 ook nou uit.

Ek het sopas my kanselasie uit Netwerk24 gestuur aan Media24 en spesifiek hulle ontrekking as borg as rede verskaf!

MM of niks!

Dina ·

Mooi so AIG, trots op julle dat julle julle nie laat boelie nie en standpunt inneem. Steve is deel van Afrkaans soos biltong en koeksisters.

Osie ·

Blykbaar het Media24 OOK onttrek( huisgenoot, netwerk24 en VIA). Dalk is dit tyd dat ons afrikaanse mense ook die ‘sensasie-irriterrende’ Huisgenoot boikot en as dit kom by VIA: wat ‘n klomp snert! Netflix eerder.

thea ·

soos trots , SAAM STAAN ONS, dankie aan almal wat kan op staan!!!!!!!!

Magda ·

Mooi so. Hoekom moet ons altyd terugstaan en toegee aan eise. Ons as blankes word altyd blameer vir te veel foute van maatskappye wat druk toepas net om weer eens ‘n verskoning te soek vir mense soos Steve wat opstaan vir ons. Steve en span ek staan agter julle en admirer die besluit!!!!

Sanna ·

Het so ‘n spesmaas die MTN geld word gebruik om desieldepositos te betaal…

adk ·

Daar is so baie plaasboere wat Toyotas ry, ek hoop hulle ruil dit ook binnekort in

pierre ·

Mooi so, nou kan Steve weer vir ons die Stem sing dat daai dak lig… kani wag nie.

honourable member ·

Interessant hoe die witte onderdruk word om sy se te se maar malema kan van die verhoog of skreeu hoe hy wittes haat. Dubble standaarde in hiedie siek land. Mal oor jou Steve en geniet jou musiek baie. Moet nooit gaan le vir hierdie narre nie.

BEES ·

STEVE moet parlement toe.Kan ons vir Bosasa vra om vir Steve op die stembrief te kry?

hmmmm ·

Media24 het ook onttrek ( nl. Huisgenoot, Netwerk24, VIA ). Hartseer dat ‘n afrikaanse maatskappy nie afrikaans kan ondersteun nie!! BOIKOT Huisgenoot en VIA (kanaal 147)

anton ·

Ja ek ondersteun ook niks wat met media24 ens. te doen het nie!!!
Het jare gelede al die besluit gemaak en ek mis hulle gladnie.
Al die plekke wat ook teen blankes is, word ook nie deur my ondersteun nie.
Dink baie van die besighede het meeste mense al van vergeet en hulle weer begin ondersteun.
As n plek eenmaal op my swartlys is, bly dit daar vir ewig!!!

flooi ·

Oor wie gaan huisgenoot nou skinder??? Maak lekker geld uit dieselfde kunstenaars wat hulle nou boikot.

Ray ·

Ek stem saam Flooi, Hoop die Afrikaanse Kunstenaars weier onderhoude met die “gruwel tydskrif”wat niks meer as ‘n Tabloid geword het deur die jare. Lees dit al vir meer as 40 jaar nie meer.

Liza ·

Geen onderhoude met Naspers publikasies. Hulle is nou die vyand.

Jan ·

Baie praat uit die heup- wat het vd anti -Woolworths – anti Spur wegbly aksies wat grootmonds aangekomdig was —geword –
praat maklik maar ma wil by Woolworths koop en kinders wil by Spur eet.
Pa wil sy HILUX ry en ma haar RAV – MTN is oral in Africa –

Ongelukkig het die SA blanke bitter min invloed in Nationale /Internationale besighede in SA nie – Ek dink ons koopkrag het so afgeneem dat dit nie meer n groot risiko is nie.
Wanner laas het jy n Afrikaanse advertensie gesien ?
Baie vd mense op hiedie forum se kinders het reeds ge-emigreer ?

Gaitsigubib ·

Jan Spur het beslis ‘n bloedneus gekry tydens hulle ANC geinspereerde aanval en onpartydigheid teen ‘n blanke persoon. Al waarom spur steeds bestaan is omdat ons indeviduele franchise eienaars wat by die debakel ingesteep was jammer gekry het. Ek is jammer dat MM nie my kommentaar wil plaas wat ek aan Pb geskryf het nie. Nie almal van ons is so verknog aan ons aardse besitting nie. Wanneer iemand jouself, jou familie of jou mense aanval of beledig veg jy terug, nie omdat jy gaan wen nie, maar omdat dit die regte ding is om te doen. Of jy wen of verloor in jou aksies sal vir God wees om te besluit.

Deon ·

Jan, MTN se reputasie in Afrika stink. Afrika dink min van SA. Woolworths maak blapse in die markplek. Spur is oorwardeer. Buitelandse groepe kan binne ‘n oogwink ontrek. General Motors is ‘n goeie voorbeeld. Die buitelanders gaan nie ‘n sinkende SA red nie. En ja, baie van ons kinders is in die buiteland en nie almal daar is altyd gelukkig nie en sal wat wil gee om ‘n werk hier te kry.

Tva ·

Alhoewel ek nie baie Afrikaanse musiek luister nie, is en bly ek n Afrikaanse Suid Afrikaner. Ek laat sommer nog vandag my plakker maak om netjies agterop my Toyota te plak!!!

Johan ·

@Naas,

Moenie kla oor die kaartjie pryse nie. Enige idee wat die jongklomp vir die afgelope naweek se EdSheeran konsert by FNB stadion betaal het, en weer hierdie naweek in Kaapstad gaan betaal? Kaartjie pryse vir enige ander ‘internasionale’ kunstenaars? Rugby kaartjies by Loftus of Ellispark? Krieket by Wanderers of Centurion? Wil jou bietjie gholf gaan kyk by Sun City? Al ooit een of twee van die jaarlikse kunste feeste bygewoon? Sak lekker diep geskud, nê. Nee wat, ek reken nie dis ‘n buitensporige bedrag om te betaal vir so vertoning nie.

Barbara B ·

Dankie Barry, Steve, Karlien, Helpende Hand – ons staan bankvas agter julle!

Jan Pierrewiet ·

Steve (en ander) moenie onsteld raak nie. Jou tweet is nou meer relevant as ooit. Bottom line… By Aig is geen wagte wat enige mense weg hou nie vir snaakse redes nie……. Ek gaan ook nie na ander funksies toe wat nie in my taal is nie…. Hulle kan dit noem wat hulle wil… Ek hang dit nie aan enige klok nie. Kom ons hou ons besig met wat positief is. Wanneer gaan ons weer AIG?

Anoniem ·

Ek stem altyd vir Steve. Ek het nog nie gehoor dat hy ander mense regtig slegse nie. Ek ervaar eintlik dat alle mense rassiste is, ongeag jou velkleur want as jy ‘n ander ras “haat” ongeag of hul wit, pink, bruin, geel of swart is, is jy ‘n rassis. Almal het die reg op sonlig oor hom/haar. Nou hoor ek “Blacks cannot be racist”. Haha grootste grap van die eeu.

P ·

AIG you go wie dink Toyota en MTN afterall is hulle. Ry isuzu en vodacom en lees huisgenoot moenie dink die wat n fortuner of landcruiser ry gaan dit terug vat nie nee nooit dit gee status aan jou shame ook maar meer bek as binnegoed

chantelle ·

STEVE HOFMEYER IS WERELD KLAS BAIE UNIEKE STEM EN N ONGELOOFLIKE TALENT
Steve behoort op daai verhoog

Lia ·

Nee man Jerry, moenie so negatief wees nie jong en gal braak oor Steve nie! Die man is wie hy is met sy sang en sienings gekombineer…sy hele menswees…hoe skei mens dan nou die een van die ander? As jy mooi lees wat Steve in hierdie onderhoud sê, dan sal jy sien dat sy standpunt op die beste heeltemal uit verband geruk word….tipies van die ANC se denkwyse en strategie vanaf 1994 tot nou toe! Hul sal enige iets doen of sê behalwe om aanspreeklikheid te aanvaar vir hul optrede. As ons dan nou gaan “back off” elke keer voor ‘n verkiesing as hulle ons en ons kultuur swartsmeer op die simpelste en laagste maniere moontlik, hoe gaan ons as Afrikaansevolk ooit ‘n verskil kan maak? As dit nie Appartheid is nie, is dit Jan van Riebeeck en al die res. AsSteve homself uitlaat en opstaan vir ons Afrikaanse kultuur, laat hom dit doen. Ek was ook nie aanvanklik ‘n Steve ondersteuner nie, maar het intussen my opinie van die man verander….respek vir hom gekry. Hy is nie bang om op te staan vir wie en wat hy is nie. Eerstens is hy ‘n kunstenaar en as hy dan sy platform as Afrikaanse kunstenaar dan gebruik om op te staan vir Afrikaans, hoekom nie? :-)

Helien ·

Mooi man. Steve het nog altyd geweet jy is die beste en dankie dat jy vir ons Afrikaaners baklei mooi man

Ann Nel ·

AIG is wonderlik; ek dink net dis on van pas (en ek skaam my daarvoor) om steeds in 2019 vroue met voortrekker kappies op die verhoog te sit met pikswart klere en om boere oorloë wat ek nie eers weet wanneer dit gebeur het nie, deel van die konsert te maak. Ons moet asseblief aanbeweeg en vergeet van al die ou geskiedenis wat veroorsaak dat mense van ander rasse opstandig raak.

Charles ·

Sonder kennis van jou geskiedenis , erfenis EN DIE VIERING DAARVAN, is jy maar niks meer nie as ‘n voorwerp wat doelloos ronddobber op die oppervlak van ‘n oseaan van onsekerheid en identiteitloosheid, Ann.

Vier dit, dra daai kappies!!!

Judi Meyer ·

Dankie AIG dat julle vir Afrikaans en Steve Hofmeyr opkom. Julle is voorwaar nie kapitaliste nie. Trots om Afrikaans te wees.

Charles ·

Wat is fout kapitalisme? Ons Afrikaners het nog altyd sosialisme verfoei- kyk hoe moet ons veg teen die quasi-kommunistiese ANC en sy bendes. Kapitalisme het sekerlik soveel mense uit armoede uit gelig as wat kommunisme gedood het(meer as 100 miljoen siele)

Dis ‘n beginselsaak vir ons.

Pieter H ·

Probeer n Mitsubshi. Pajero Sport beter as Fòrtuner. Nuwe Triton is net so goed en in opsigte beter as die Hilux. En ekonomies daarby. Toyota seker bang hulle verloor een of ander tender by Eskom.

Elsa ·

Ek is nie ‘n Steve aanhanger soos baie ander Afrikaners nie, maar hy was destyds vir my die beste Afrikaanse sanger wat daar was omdat hy nie vertaalde goed gesing het nie. Selfs toe almal hom destyds oor sogenaamde sedes veroordeel het, het ek vir hom respek gehad omdat hy nie sy kinders ontken het nie. Vandag nog het ek respek vir hom omdat hy staan by dit waaraan hy glo, al stem ek nie met alles saam nie. Dankie AIG dat julle julle nie laat afdreig het en van Steve ontslae geraak het, soos wat die borge verwag het nie. Vir my gaan dit oor regverdigheid en dat mense die reg het om hul standpunte te stel, sonder dat daar vir hulle voorgeskryf word. Ek het nog nooit MTN gebruik nie of ‘n Toyota gery nie, so ek sal ook nie dreig om hulle te boikot nie.

Sonja ·

Steve wie het nou MTN of TOYOTA nodig, As ons saam staan kan hulle maar weg bly.
Jy maak Afrikaans is Groot. Dankie vir jou en al die ondersteuners.

Alida ·

Steve is net n verskoning vir die borge om te onttrek. Hulle het nie geld nie. As AIG vir Steve uitskop kan hulle ophou bestaan. Steve verkoop die kaartjies en dit is n feit soos n koei. Waar is Huisgenoot skouspel vandat hulle Steve uitgelaat het? Iewers in my agterkop onthou ek soiets.

Adri ·

Vyf vinger bediening in SA:
In SA kan ons enige vinger wys met ander betenkenis maar, dis hoe ons die betenkenis oordra na ander nasies wat wys hoe werklik diep ons gewortel is in hierdie land. Ons kan die land verander deur vingers saam te pers en in `n handdruk te verander. Tot dusves het niks gewerk nie. Ons het mekaar vergiftig deur verkeerde vingers na mekaar te wys. Mens leer mense om `n voorbeeld te stel vir hulle en nie om die selfde te doen as hulle. Ons was baie jare terug vir `n doel na hierdie land gestuur en vir `n doel sal ons positief by en die regte dinge doen. God is met ons…..Amen

Tiaan Boshoff ·

Dankie Afrikaans is Groot, dat jul standpunt inneem en wys dat jul ruggraat het!!!
Julle het nie soos die organiseerders van die Vaaldriehoekse konsert wat tesame met Rafense En Steve aangebied sou word onder ‘n dreigement van onveiligheid vir die gehoor geswig nie!!!
Respek word verdien om op jou verdedigbare standpunt te staan, nie om polities korrek(kruiperig) te wees nie.
Trots op julle, soos Steve sê :”Alle kleure, geure en kulture is welkom.”

maryann ·

Afrikaners het nie MTN of Toyota nodig nie ons sal daar wees kaartjies koop en ondersteun soos ware Afrikaners moet. Steve het nie borge nodig nie, God het hom ‘n stem gegee om te sing en dit kan hy goed doen. – Jammer dat mense altyd polities raak en in alles rasisme sien. Gaan voort Steve, Toyota is geen verlies ook nie MTN, maar jou geld is goedgenoeg om ‘n brood en melk te koop en petrol dan is daar nie so iets soos “rassisme nie -Dankie AIG Weer eens talens bly talent.

Talita ·

Afrikaans IS groot….. Afrikaans BLY bo!!! Hoendervleis vat my hele lyf oor wanneer ek sien hoe AL die sangers saamsing by die AIG. Elkeen ‘n mens en stem op sy eie. Vir jou Suid-Afrika…. Steve is my idol en sal ALTYD wees!!!! Hy kruip nie weg agter ‘mooi-sê-woorde’ nie. Met sy stem, baklei hy vir ons Afrikaners. DANKIE, Steve!!!
Dit is ook fantasties om te lees hoeveel mense saamstem oor een ding. Ons KAN mos saamstaan!!!??

R ·

Ons geniet en kuier baaaie lekker met Steve en sy musiek. Toyota het onttrek, nie die mense wat Toyotas gekoop het nie. Dom….weet nie wat se voertuig jy besit nie, maar kan my net indink jy lyk soos ñ vrugtevlieg met jou donkerbril agter die stuur !

leon ·

Afrikaners neem kennis

Julle moet begin besef dat ons net sterker kan raak om NOU ons eie volk te onder steun

Dit kom by talle besighede waar ons, ons besigheid kan neem en hierdie besighede skenk n deel aan Afrikaner ontwikkeling

Virseker
Akedemia
Agriform
Soldariteit -Begrafnis polise en ander voordele
MM Begin die nuus media meer te ondersteun met jou besigheids advertensies en bemarking

En baie kleiner handel supermarkte (SPAR ),dus maar net n paar voorbeelde bo genoem
Boere markte in provinsies – met bloot steling in media waar daai boer die middelman kan uitskakel

Toe Oranje gestig was,was dit rasisties,nou is daar nog n boer iewerste in die Kaap wat die selfde will doen op sy plaas ,maar nou word alles gedoen om hom te stop

Ons geld maak mag en ons geloof in God hou ons sterk,ek is nie n rassis nie en glo in n nuwe SA met gelyke regte vir alle rasse en tradisies,maar is dit almal se gevoel in SA oor minderheids groepe??

Sal nie meer die volgende besighede ondersteun nie SASOL,PICK PAY,MTN,SPUR,TOYOTA,LANDROVER,NET WERK 24 net om n paar te noem,hou die spasie dop

Kyk hoe ander minderheids groepe oor die wereld verdruk was en nog steeds is,maar hulle het nie gaan le nie en hulle self jammer gekry nie,hulle is vandag baie sterk en mense is bang vir hulle !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.