Afrikaans is Groot: Steve sing wel; geen Kaapse konserte

steve-hofmeyr-afrikaans-is-grootAfrikaans is Groot (AIG) se organiseerders het bevestig dat Steve Hofmeyr een van die sangers is wat by vanjaar se konserte sal optree.

Die organiseerders het egter ook bekend gemaak dat daar nie vanjaar konserte in Kaapstad gehou sal word nie, soos in vorige jare die geval was. Daar was onsekerheid of Hofmeyr wel by die geleentheid sal optree nadat verskeie kunstefeeste, waaronder die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en Innibos, gesê het Hofmeyr is nie welkom nie.

AIG het sedert die begin van die maand op sy Facebook-blad begin aankondig watter kunstenaars by die konserte sal optree. Woensdagaand is bekend gemaak dat Hofmeyr sal optree. Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Jay, Corlea, Lianie May, Bok van Blerk en Riana Nel is van die ander kunstenaars wat reeds bevestig is.

Volgens AIG sal daar egter nie vanjaar konserte in Kaapstad aangebied word nie. “Die datums wat deur die konsertlokaal aan ons beskikbaar gestel is om 2015 se konserte in Kaapstad aan te bied was vir sekere van die kunstenaars nie geskik nie. Dit is uiteraard onmoontlik om die konserte aan te bied as al die kunstenaars nie betrokke kan wees nie. Die ervaring vir Kaapstad-gehore sou eenvoudig nie dieselfde gewees het nie.”

Die AIG-konserte in Pretoria vind op 13, 14, 20, 21, 27 en 28 November plaas. Kaartjieverkope open op 25 Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

anton visser ·

Dankie AIG! Vatso Daaintjie jy wou mos ook he Steve moes nie gekies word nie en dat sensuur op hom toegepas moet word vir jou eie verskuilde agenda teen Steve! Jy vra mos dat hy van alle feeste verban word……..! Wonder wat is jou kwalifikasie om jou ongebalanseerde stellings te staaf?

Pretorius ·

Ja ne, seker maar gevoel hoe leeg hulle beursies gaan word as Steve nie daar is nie

Tammy ·

Steve maak altyd n verskil. Die man is eenvoudig fantasties!! AIG julle het ons ondersteuning.

Patat ·

Ek is bly om te lees dat AIG wel vir Steve insluit in hulle konserte! Dis net baie jamme om te hoor dat daar van die kunstenaars is, wat nie hulle weg oopsien om vir hulle Kaapse aanhangers op te tree en daardeur hulle te bedank vir hulle ondersteuning! Werklik n jammerte!

Nic Grobler ·

Ek is jammer, Steve het ‘n mooi stem, maar sy openbare beeld doen nie reg aan my Afrikaner selfbeeld nie. Hy steek sy voorvader, die kultuur reus Jan Hofmeyer, daagliks in die skande.

Leeutjie ·

Ai Nic… Nou hoekom doen die man jou so skade! Arme Nic! Ook maar deursigtig as iemand so na aan jou selfbeeld kan kom!

Jz ·

Ja Nic,wonder wat het jy al vir afrikaans gedoen?,In alle geval hy steek nie vir my en baie ander in die skande nie,het wel die guts om nie van sy hart n moordkuil te maak nie en te se wat hom hinder, of keur jy goed waar teen hy is.PLAASMOORDE EN NIE TE SKROOM OM SY WIT VEL TS VERDEDIG NIE.

Drieks ·

Steve bo. Ek het nog nie hand geskud met hom nie, maar het al 60cm agter hom geloop vir plaasmoorde saam met Arfiforum. Hy sing, hy gee om en is mens, mens…

Asjas ·

Kyk, normaalweg sou ek in ekstase gewees het maar deesdae raak ek n bietjie keelvol vir ons glans-mense in SA. Baie van hulle het n reuse “chip” op die skouer en vergeet baie vinnig wie die mense is wat hulle CD’s koop, na hulle konserte gaan, na die films gaan kyk en, in die geval van radio stasies – luister na die omroepers ens. Dit lyk al hoe meer vir my na: nie oor wat jy te sê het nie – dit gaan eerder WIE iets sê (die wie-is-wie sindroom). Ek dink ons glans-mense kan vir n slag terug keer aarde toe en Jan Publiek respekteer!

jac ·

Geagte Afrikaans is Groot organiseerders,

Ek hoop dat Afrikaans is Groot konserte sal volgende jaar 2016 hier by ons optree in die Kaap.
Verlede jaar het ek en my vriendin dit baie geniet om die kunstenaars te sien.
Sterkte met al die optredes daar in Pretoria in November.

Groete daar
Jac

Jannie Strydom ·

Aan alle Nic Groblers … Dit is inderdaad kommerwekkend om te sien hoeveel blankes in hierdie land van ons wil voorgee dat as jy wit is en jy staan op vir jou regte en veral vir dit wat reg is, dan is jy n rassis en alles wat daarmee saam gaan. Julle moet wakker raak mense en nie vanuit jou comfort wil kommentaar lewer as jy nie die werklikheid daar buite ken of nog nie mee kennis gemaak het nie. Net omdat ons in die land bekende sangers het wat die reg het om hul menings te lig en dit wel doen, beteken dit nie dat hulle enige wet oortree, of dat hulle nou enige iets onvanpas doen nie. Dit is juis omdat mense soos julle nie die ruggraat het om dit self te doen nie, en omdat julle toelaat dat ons wit volk uitgemoor word omdat julle self te slapgat is om iets hieroor te se of te doen dat ons blankes vandag is waar ons is. Dit is inderdaad die wit volk, wat julle idiote insluit, wat tot dusver hierdie land se ekonomie aan die gang hou, en die laaste bietjie eskom krag wat daar oor is laat werk, omdat ons reg groot gemaak is om te glo dat ons ons prioriteite moet nakom, ons water en ligte moet betaal, en ons konders moet leer om dieselfde te doen ter wille van ons almal se bestaan en oorlewing. Ons was nooit geleer om ons skole af te brand, ons medemense dood te steek of lewend te verbrand of alles om ons te verwoes , en om sommer nou maar Jan Van Riebeec k vir my barbaarse optrede te blameer nie. Waar was jy al die tyd Nic en Kie ?? Hierdie land behoort aan almal wie in dit woon, maar mense soos jy wat geen idee het waarvan julle praat nie moet liefs net bly slaap in nooit wakker word nie, want julle ongelleterde uitlatings en onkunde oor die nuwe “wit struggle” is eenvoudig net n skande vir ons wit volk. Los die persone soos Steve en Kie wat weet waaroor dit gaan om jou battles te fight, ons het julle nie nodig nie en sal julle nooit nodig he nie .. julle is die lafaards waarsonder ons kan doen !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.