Afrikaans, Khoe- en Santaal nou ‘uitheems’

Lede van die DAK Netwerk, ʼn groep vir voorheen benadeelde Afrikaanssprekendes, tydens ‘n vroeëre betoging in Stellenbosch. (Foto: Mia Slabbert)

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, moet antwoorde verskaf oor sy departement se besluit om Afrikaans, asook die Khoe- en Santaalfamilie as sogenaamde uitheemse tale te klassifiseer.

“ʼn Basiese taalkundige beginsel is dat elke taal in die wêreld iewers inheems is. As Afrikaans en Khoekhoegowab dan nie inheems aan Suid-Afrika is nie, moet min. Nzimande asseblief vir ons sê waar anders op aarde hierdie tale dan inheems is?” sê dr. Leon Schreiber, DA-LP en die party se kiesafdelingshoof in Stellenbosch.

Nzimande het in Oktober verlede jaar ʼn nuwe beleidsraamwerk vir taalgebruik in hoër onderwys bekend gestel waarin slegs “Suid-Bantoetale” as inheems aan Suid-Afrika erken word.

“Die gevolg is dat Nzimande se departement summier ʼn streep probeer trek deur die status van Afrikaanse en Khoe- en Santale as inheems aan ons land,” sê Schreiber.

Die DA het nou, ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia), ʼn dringende versoekskrif aan Nzimande gestuur waarin hy vra vir redes vir die besluit.

In die brief sê Schreiber onder andere die Stellenbosch Universiteit (US) het in Maart vanjaar gevra vir openbare insette oor sy gewysigde taalbeleid. Daarin word vervat dat Afrikaanse Khoe-tale as uitheemse tale bestempel word.

Ná kritiek hierop, het die US die definisie verdedig deur te sê hy gebruik bloot die definisie van die regering soos uitgestippel in die Taalbeleidsraamwerk vir Hoër Onderwysinstellings, sê Schreiber.

“Die departement het hierdie leuenagtige en onwetenskaplike klassifisering aanvaar ten spyte van die feit dat die Khoe- en Santaalfamilie een van die heel oudstes ter wêreld is. Dit is ontwikkel deur van die eerste inwoners van Suider-Afrika, en word vandag steeds gebesig deur hul nasate.

“Die definisie druis ook lynreg in teen die feit dat Afrikaans ongetwyfeld ʼn inheemse taal is wat op tuisbodem ontwikkel is deur kontak tussen diverse mense, insluitend Suid-Afrika se oudste bewoners. Afrikaans word byna net in hierdie streek gebruik, en is vandag die mees diverse taal in Suid-Afrika wat mense van alle agtergronde verenig.”

Schreiber sê die definisie gaan selfs verder deur aan te voer dat ʼn inheemse taal een is wat ʼn inboorling van ʼn streek of land is en gepraat word deur inheemse mense.

“Deur Afrikaans sowel as Khoe- en Santale as uitheems te klassifiseer, skep Nzimande dus die indruk dat hy ook die sprekers van hierdie tale as ‘uitheems’ of op een of ander manier ‘vreemd’ beskou. Hierdie diskriminerende definisie hou ook ’n wesenlike bedreiging in vir die grondwetlike reg tot moedertaalonderrig.”

Prof. Hennie van Coller, ʼn letterkundige en uitstaande professor (emeritus) by die Universiteit van die Vrystaat, asook ʼn buitengewone professor by die Noordwes-Universiteit, sê daar is talle bewyse dat Afrikaanse inheems is.

“Dit is totaal belaglik,” het Van Coller Maandag met verwysing na die definisie gesê.

Van Coller sê Afrikaans het sy beslag in Suid-Afrika gekry en die aanvaarde teorie is dat dit nie ʼn taal van net Europa of Afrika is nie.

“Deur Afrikaans te bestempel as nie-inheems, kan jy hom dadelik uithou; as jy inheemse tale ontwikkel, hoef dit byvoorbeeld nie beskerm te word nie,” waarsku Van Coller.

“Dit is ʼn maatreël om Afrikaans te benadeel.”

Hy sê om dié redenasie vir die Khoi- en Santale voor te hou, is selfs meer belaglik, omdat dit nêrens anders as op die vasteland voorkom nie. Van Coller sê in daardie geval kan aangevoer word dat sommige swart tale elders uit die noorde van Afrika hierheen gemigreer het en ook nie inheems is nie.

Van Coller sê daar is rede tot kommer omdat daar op velerlei vlakke ʼn aanval op Afrikaans is. “Daar is ʼn geweldige politieke negatiwiteit teenoor die Afrikaner en by implikasie die taal wat die Afrikaner praat. Dit is asof apartheid net in Afrikaans gebeur het, terwyl sommige Engelssprekendes dit ook aktief ondersteun het,” sê hy.

Hy waarsku ook dat Afrikaans in sy hoër funksie “nek omgedraai” kan word.

“ʼn Mens moet voortgaan met protes. Dit is baie gerusstellend dat bruin mense in Stellenbosch betoog. Dit is nie ʼn protes uit wit geledere nie, maar uit die Afrikaanse geledere.”

Hy sê Afrikaans is talle bruin mense se moedertaal en hulle voel sterk daaroor dat hulle bygedra het tot die ontwikkeling daarvan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Marianna ·

Afrikaanssprekendes laat dit toe dat hulle taal en kultuur vertrap word. Hoekom doen ons dit? Waar is die Afrikaanssprekendes se mensereg in die land? Dit laat my dink aan die tyd toe Afrikaans as ‘n kombuistaal deur die Engelse gebrandmerk is. Engels is beslis ook nie ‘n inheemse taal nie. Hoekom word Engels dan nie as uitheems gesien nie? Of is daar ‘n ander agenda agter hierdie vertrapping van ons taal en kultuur.

Wim ·

Dis jou volle reg om aan te dring op Afrikaans – by jou bank, as iemand jou bel op die foon ens ens

Elsabe ·

Jammer, Marianna, maar ek laat beslis nie toe, en so ook hordes ander, dat my taal, Afrikaans, vertrap word. Ek praat hom oral waar ek gaan.

JM ·

Marianna, Afrikaanssprekendes laat gewis nie toe dat hul taal vertrap word nie, daarvoor is daar genoeg bewyse. Afrikaans is ‘n hoogs ontwikkelde en wetenskaplike taal maar dít, sowel as die wittes, is vir die ANC ‘n bedreiging.

OW ·

Hulle wil dit nie verstaan nie.Sodra hulle in die moeilikheid is speel hulle die NP apartheid en KP partisie kaarte.

Marianna ·

JM, ek wens ek kan met jou saamstem. Dis nie wat ek in die skole sien nie, ook nie in al ons universiteite nie. Ek weet dat Solidariteit hul bes probeer en so ook Agriforum en ek ondersteun hulle. Ja, ons wittes is vir die ANC ‘n bedreiging maar ons laat dit toe dat hulle ons orals uitwerk. Hulle wil hulself orals indwing. Indien ons hulle nie wil toelaat nie, is ons die rassiste. Afrikaans is ‘n ontwillelde wetenskaplike taal maar dit help niks as die taal in universiteite gestuit word nie. Ons moet meer stem dikmaak.

Foefie ·

Bitter onregverdig om hulle te wil ontken, keeping in mind, HULLE, die Khoi en die San was eerste hier aan die Suidpunt van Afrika.

Maggies ·

Dít is nou een betoging wat ek sal ondersteun. Ek is trots op my taal en baie trots op enige persoon wat veg vir Afrikaans se behoud.

Pieter ·

Suid B.antoetale is inheems aan Mars. Met die bedywighede op die planeet sal daar dalk bewyse gelewer word. Die Suid B.antoetaal sprekendes is bekend daarvoor dat geen kultuurskatte bewaar word nie. Ek stel nie belang om ‘n Suid B.antoetaal te bemagtig nie. Dit is die taal van die dwase onderdrukker.

Jakes ·

Voordat ek kritiek lewer oor Nzimande se belaglike uitsprake, verneem ek graag hoe hy as doktor aangespreek kan word? Waar het hy hierdie titel bekom en kan die agbare minister se skool en nagraadse kwalifikasies asb bekend gemaak word?

OW ·

Goeie vraag Jakes.Phallo Jordan een van die eerste ANC ministers het ook nie ‘n doktors graad gehad nie en het destyds die titel gehad tydens sy termyn.Hy het self erken dit was ‘n leuen.

Meinung ·

Ek het altyd gedink Dr Nzimande is ‘n intelligente man, maar helaas, nog ‘n voorbeeld waar die ANC opsetlik en deurdag vyandigheid teenoor Afrikaans, Khoe, San en sy sprekers toon. Wat ‘n absolute skande vir Dr Nzimande en sy meewerkers! Daar is deurentyd ‘n vendetta teen ons. Waarom is tale soos Sesotho, isiZoeloe, ensovoorts dan inheems? Hulle sprekere het mos ook maar na die suide getrek in die jare her. Of is die kapasiteit van die “geleerdheid” onder die departementele amptenary te beperk om dit te besef. Seker maar. Kyk hoe lyk eenvoudige onderhoudstakies soos watervoorsiening, gatlose paaie, ens. Alles verval. Dis miskien tyd dat Nzimande in sy persoonlike hoedanigheid vervolg word vir hierdie soort mistrappe. Dis al wat hierdie mense verstaan. As hulle self moet betaal.

Elize ·

Gee die minister asb ‘n Gesk les. Hoe moet ons saamleef met hierdie oningeligtes?

koos10 ·

Tjoef Tjaf en daar is Afikaans uit universteite uit.
“Agbare” Minister, het jy geweet dat die apartheids regering so sterk oor tale gevoel het dat ek as kind verplig was om in die 80’er jare Noord Sotho op skool MOES neem en eers in standerd 8 kon kies of ek daarmee wou voortgaan of nie.

Samuel ·

In ‘n groot mate is Afrikaanssprekendes tog verantwoordelik vir die ondergang van ons mooi taal. Wat ‘n geradbraakte gemors hoor mens nie op sogenaamde Afrikaanse radio nie en selfs op TV is die in-ding om Engels tussenin te gebruik, by gebrek aan ‘n goeie Afrikaanse uitdrukking.

Waarom laat so baie Afrikaanses toe dat hulle in besighede onmiddellik in Engels aangespreek en bedien word? Ek het hoeveel keer aangedring dat ek on Afrikaans bedien wil word en raai wat? Daar is altyd iemand wat my taal kan praat; soms selfs die einste persoon wat aanvanklik nie Afrikaans kon praat nie. In die kleine kan ons baie doen om ons taal te bevorder.

Die Khoe- en Santale is absoluut inheems. Die Swart tale is nie inheems nie en het baie later in Suid-Afrika aangekom.

Eend Bessinger ·

Dan moet hulle Engels ook verban. Dis inheems aan Engeland, nie hier nie! Afrikaans het dan juis as kombuistaal onder die Malei-slawe, wat nie Blankes is nie, ontstaan voor ons Blankes dit oorgeneem en verbeter het. Jan van Riebeeck het Nederlands / Hollands gepraat, nie Afrikaans nie!

Dirk Mostert ·

Wes van die Visrivier. Hulle het eers na 1700 tot daar gemigreer.

Caroline ·

Why Attack Afrikaans rather don’t teach English in their schools as English is really the foreigner’s language. It would be a very good idea not to teach English then they cannot come and cry for money because you never argue with a person you hit him in the pocket where it hurts most

Caroline ·

There is no language that can describe anything as well in just a few words as accurately as Afrikaans especially when saying something funny or sarcastic. Its a beautiful language

Nico ·

Wanneer daar in ‘n besigheid ingestap word is dit net engels weereens het die Britte dit reg gekry om oor te neem, ek verkies om Afrikaans te praat daar is geen Afrikaans personeel by die banke nie, wanneer die regering praat, spring die Afrikaner. Kyk, die Franse, Spajaarde, die Turke, die Russe en die Duitsers praat glad nie engels nie, dit is beter om Afrikaans met hulle te praat, dan sal hulle oor slaan in engels, engels is die taal van die kommunis wat ek nie is nie.

Jack ·

Dit sal my verbaas as die taal wat ontstaan het in ons land nie nog verban word nie. Die persoon wat dit aanvoor was nie eers in die land toe ons dit begin bou het nie. Nou is hy skielik inheems maar ons nie. Wat anders kan jy verwag as almal met wit stokke rondloop.

MrMagic ·

Dit was nou slim van die minister. Hulle hoër onderwys en opleiding is nie goed genoeg om sulke egte inheemse tale magtig te raak nie. Ons sal dit egter sommer self aanhou laat bestaan.

Klip ·

..Maar ons belastingsgeld is dan seker nie meer nodig nie..?

Lian ·

Is Engels dan Inheems ? Ek dink hy moet aan ons Afrikaanssprekendes verduidelik hooekom hy so se . Afrikaans is MY TAAL , ek is gebore in Afrika en basta met die res. Die Koi en SAN was eerste hier . Gaan lees jou geskiedenis Dr Nzimande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.