Afrikaans moet by Kovsies bly, sê hof

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Foto: Evert Kleynhans (RooistoelTV) via UV Facebook

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Foto: Evert Kleynhans (RooistoelTV) via UV Facebook

Die Vrystaatse hooggeregshof het Donderdag beslis dat die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besluit oor sy nuwe taalbeleid ter syde gestel word.

AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit het ʼn aansoek ingedien om die senaats- en raadsbesluit oor die taalbeleid van die universiteit ter syde te laat stel. As dié besluit gehandhaaf sou word, sou Afrikaans in 2017 nie meer as onderrigmedium aan die universiteit gebruik word nie, buiten in enkele opvoedkunde- en teologiekursusse.

Ná die hofuitspraak behou Afrikaans dus nou sy huidige posisie as onderrigmedium aan dié universiteit.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het die hofuitspraak verwelkom en dit as ʼn “oorwinning vir Afrikaans, sy sprekers en die taalregte van Suid-Afrikaners oor die algemeen” beskryf.

“In die saak, wat op 20 Junie 2016 aangehoor is, het dit duidelik geword dat die universiteitsbestuur geen oorweging geskenk het aan die bepalings van die Suid-Afrikaanse Grondwet betreffende die reg op keuse van taal van onderrig nie, maar eerder die knie voor anargie gebuig het en in die proses ’n politieke spel as ’n taalkwessie vermom het,” het Bailey gesê.

“Die uitfasering van Afrikaans as onderrigmedium sou die regte van lede van AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit – wat Afrikaanssprekende studente, voornemende studente, hulle ouers en werknemers van die universiteit insluit – ingrypend raak. Dit word verwelkom dat hulle reg op moedertaalonderrig deur die hof beskerm is.

“Die toenemende verengelsing van tersiêre onderwys is nie alleen uit pas met internasionale tendense nie, maar maak groot inbreuk op die regte van meer as 90% van die land se inheemse moedertaalsprekers. Die argument dat Engelse onderrig groter toeganklikheid bied, is ’n mite – dit bevoordeel slegs Engelse moedertaalsprekers. Deur Afrikaanse onderrig af te skaal, word niks bereik nie, want regte kan nie bevorder word deur enigeen van hulle regte te ontneem nie.”

Bailey het gesê aangesien AfriForum en Solidariteit ook by regsaksies oor soortgelyke besluite teen Afrikaans as onderrigmedium aan die Universiteite van Suid-Afrika, Pretoria en Stellenbosch betrokke is, sal vandag se uitspraak uiteraard dié regsaksies beïnvloed. “AfriForum en Solidariteit se regspanne sal vandag se uitspraak bestudeer en aanbevelings oor verdere aksies aan die hand hiervan maak,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Chris Lombard ·

Baie geluk Afriforum! Ek is trots op wat julle bereik.

JC ·

TROTS OP AFRIFORUM!! DANKIE, DANKIE, DANKIE!! NIE WOORDE OM MY DANK TE BETUIG NIE!

JC ·

Dit is die beste dag in my lewe! !!!!!!Dankie tog Afrikaanses se grondwetlike regte is gevindikeer deur die Hof; en die opperheerskappy van die Grondwet daardeur bevestig, Yipeee!! Ek sal sommer vanaand ‘n glasie wyn (of twee) drink op ‘n heildronk vir Afrikaans! Lank lewe ons PRAGTIGE TAAL!

JC ·

Hopelik kom TUKS ook nou tot hul sinne, anders le daar nog swaar dae voor vir hulle.
Ek hoop werklik so, want niemand wil dit he wat nou gebeur het nie, dit is, dat die Howe genader moet word om grondwetlike regte af te dwing; alhoewel dit GEDOEN SAL MOET WORD as daar geen ander keuse is nie. Dit is in my opinie ‘n “bleddie” skande dat die staat nie uit sy eie respek kan kweek vir meertaligheid en moedertaal onderrig nie, en dat sulke ongrondwetlike besluite geneem word ter onderdrukking van Afrikaanses! Rhoda, al wat ek kan se is, EK IS BLY SAAM MET JOU!

m ·

VIVA Afrikaans. Dankie AfriForum as dit nie vir julle was nie was ons mooi taal al lankal afgeskaal in hierdie land.

Reinhardt ·

Dankie tog ons land se instansies is nog van n goeie gehalte. Dit is uiteraard n goeie dag vir afrikaans en alle moedertaalsprekers in Suid-Afrika.

charles ·

Daars vir my by Unisa gesê ek mag nie meer my eposse in Afrikaans stel nie!

Karma ·

Vat UNISA dan gelykheidshof toe, Charles. Jou moedertaal is een van die 11 erkende tale in SA – dit is jou reg om te kommunikeer in die taal van jou keuse.

doa ·

Baie baie geluk Afri Forum!!!
Ek gaan ook ‘n glasie op julle klink!!
Ek is sooo bly ek is deel van Solidariteit!!!!!!
Baie baie geluk!!

abdul ·

Dit is ‘n blye dag!!!!!
Baie geluk!
Ek hoop die “slim’ rektore van TUKS en US neem kennis en dat dit hulle net nog geld uit die sak gaan jaag oor hulle ‘slim” besluite om Afrikaans af te skaf met hulle hopelose redes. Eenmaal ‘n pateet altyd ‘n pateet. Hulle het soveel skade aan hulself berokken en nou het niemand respek vir hulle nie. Hulle moet daarmee saamleef die res van hulle lewens.

Hussein ·

Dankie almal betrokke!!!
US en TUKS se oe sal moet oopgaan en gou ook!!!!! Dit gaan hulle duisende kos en hulle gaan verloor!!!! kan nie wag om dit te beleef nie!!!!

abdul ·

Dankie tog daarvoor!!!!
Ek hoop die “slim” gelleerde Rektore by Tukkies en US neem kennis!! Hulle gaan sooo verloor in die hof. Demokrasie gaan hoogty fier!! Die rektore van Tuks en US was die oorsaak dat hulle respek by die publiek en studente verloor het.

Pam ·

Lank lewe my Moedertaal ! Beste en wonderlikste nuus ooit. Baie dankie aan Solidariteit en Afri forum vir julle volhoue deursettings vermoeë. As ek kon wawiele maak, sou ek ! DANKIE DANKIE DANKIE

Oupa Neels ·

Ag dankie dat julle opstaan teen hierdie gemors en hierdie gatkruipers. Julle is tops

Karolis ·

Hulle moet sommer nou ontslae raak van die “hensoppers” wat so maklik die nuwe taalbeleidsveranderings voorgestel en gemagtig het! Leer iets by Turkye!

Bloues ·

Afriforum doen baie goeie werk maar kan dit net doen met ons ondersteuning. Komaan, word lid en gee n bydrae

JC ·

Ek stem saam Bloues, komaan, kom ons doen dit en maak ‘n bydrae. Dan kan Afriforum net soveel meer nog doen vir ons grondwetlike regte! Indien ek en bloues dit onder andere kan doen, kan ander ook! Komaan ouens, sluit aan!! Nie net vir Afrikaanses se regte nie, MAAR VIR ALMAL SE REGTE!!

Sê maar net ·

Nou wat gaan oom Jhonnittin en die ander Anglofiele op die kampus nou doen?

Ek het al ‘n nuwe naam vir die instansie uitgedink: The Royal Imperial British University of the Orange River Colony (RIBUORC).

Lyk of dit miskien nie nodig gaan wees vir die naamsverandering nie.

Sydney ·

Puik en baie geluk aan Afriforum en almal wat so hard daaraan gewerk het om die uitslag in die guns van almal wat AFRIKAANS kan praat. Dit sluit oor die kleurgrens, ras en geslag in…………. Almal wat Afrikaans magtig is drink ‘n knertsie op die regspan van Afriforum en die ander wat agter die skerms so hard gewerk het…………

JC ·

Hoor hoor!! Drink ‘n heildronk op Afrikaans, en AL ONS AFRIKAANSES hier op die suidpunt van ons pragtige kontinent Afrika!!!

Mien ·

Mooi man ! Weer eens ‘n bewys dat ons nie net alles gelate moet aanvaar nie.

JC ·

Dis waar Mien, ons kan dit nie net so los nie, maar moet elke dag meer en meer baklei vir ons regte!Ek is net nie seker of US se besluit ongrondwetlik is nie, op die oog af nie aangesien daar definitief deur die fyn genuanseerde bewoording v/d nuwe taalbeleid gepoog word om Afrikaanses se moedertaalregte te vindikeer. Dit wil voorkom dat SLEGS waar daar glad NIE ‘N AANVRAAG DAARVOOR IS NIE (deur studente); ONDERRIG DAN NIE IN AFRIKAANS SAL PLAASVIND NIE. Miskien moet Afriforum ook maar US se besluit op hersiening neem en kyk wat se die Regters m.b.t. hoe ver die US MOET GAAN om te verseker dat Afrikaanses se GW taalregte bevorder en eerbiedig word. Miskien sal dit ‘n goeie ding wees.
Wat UP betref, in my opinie gaan hulle hard aftjop-UP SE besluit is niks anders nie as ONGEREGVERDIGDE DISKRIMINASIE GEBASEER OP TAAL. Studente by UV moet asb nou net nie skroom om hul regte af te dwing nie, ek vertrou in elke geval hul sal presies dit doen en Afriforum Jeug se ledegetalle sal die hemel in skiet glo ek!! Soos hier vermeld is; sal gewaak moet word dat die US NIE PROBEER OM NET STUDENTE WAT IN ENGELS WIL STUDEER TE WERF NIE. Hier sal die Afrikaanse skole en die matrikulante daarvan definitief hul rol moet begin speel met aktiewe en gefokusde programme vir werwing en bewusmaking van hul verskeie keuses vis a vis hul taalregte.

JC ·

Dis waar Mien, ons kan dit nie net so los nie, maar moet elke dag meer en meer baklei vir ons regte.Ek is net nie seker of US se besluit ongrondwetlik is nie, op die oog af nie aangesien daar definitief deur die fyn genuanseerde bewoording v/d nuwe taalbeleid gepoog word om Afrikaanses se moedertaalregte te vindikeer. Dit wil voorkom dat SLEGS waar daar glad NIE ‘N AANVRAAG DAARVOOR IS NIE (deur studente); ONDERRIG DAN NIE IN AFRIKAANS SAL PLAASVIND NIE. Miskien moet Afriforum ook maar US se besluit op hersiening neem en kyk wat se die Regters m.b.t. hoe ver die US MOET GAAN om te verseker dat Afrikaanses se GW taalregte bevorder en eerbiedig word. Miskien sal dit ‘n goeie ding wees.
Wat UP betref, in my opinie gaan hulle hard aftjop-UP SE besluit is niks anders nie as ONGEREGVERDIGDE DISKRIMINASIE GEBASEER OP TAAL. Studente by UV moet asb nou net nie skroom om hul regte af te dwing nie, ek vertrou in elke geval hul sal presies dit doen en Afriforum Jeug se ledegetalle sal die hemel in skiet glo ek!! Soos hier vermeld is; sal gewaak moet word dat die US NIE PROBEER OM NET STUDENTE WAT IN ENGELS WIL STUDEER TE WERF NIE. Hier sal die Afrikaanse skole en die matrikulante daarvan definitief hul rol moet begin speel met aktiewe en gefokusde programme vir werwing en bewusmaking van hul verskeie keuses vis a vis hul taalregte.

JC ·

Dis waar Mien, ons kan dit nie net so los nie, maar moet elke dag meer en meer baklei vir ons regte.Ek is net nie seker of US se besluit ongrondwetlik is nie, op die oog af nie aangesien daar definitief deur die fyn genuanseerde bewoording v/d nuwe taalbeleid gepoog word om Afrikaanses se moedertaalregte te vindikeer. Dit wil voorkom dat SLEGS waar daar glad NIE ‘N AANVRAAG DAARVOOR IS NIE; ONDERRIG DAN NIE IN AFRIKAANS SAL PLAASVIND NIE. Miskien moet Afriforum ook maar US se besluit op hersiening neem en kyk wat se die Regters m.b.t. hoe ver die US MOET GAAN om te verseker dat Afrikaanses se GW taalregte bevorder en eerbiedig word. Miskien sal dit ‘n goeie ding wees.
Wat UP betref, in my opinie gaan hulle hard aftjop-UP SE besluit is niks anders nie as ONGEREGVERDIGDE DISKRIMINASIE GEBASEER OP TAAL. Studente by UV moet asb nou net nie skroom om hul regte af te dwing nie, ek vertrou in elke geval hul sal presies dit doen en Afriforum Jeug se ledegetalle sal die hemel in skiet glo ek!! Soos hier vermeld is; sal gewaak moet word dat die US NIE PROBEER OM NET STUDENTE WAT IN ENGELS WIL STUDEER TE WERF NIE. Hier sal die Afrikaanse skole en die matrikulante daarvan definitief hul rol moet begin speel met aktiewe en gefokusde programme vir werwing en bewusmaking van hul verskeie keuses vis a vis hul taalregte.

hans ·

Dankbaar oor hofbesluit. Nou sal daar net gewaak word dat net Engelstalige dosente aangestel word .om die hofbeslissing te ondermyn

Vissie ·

As oud-Matie: Baie geluk aan die Kovsies! Ek hoop dis die begin van die aksie wat uteindelik Stellenbosch ook weer Afrikaans sal maak.

AM ·

BAIE DANKIE, en baie geluk, AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit. Julle verrig wonderlike werk. Hou asb so aan. Sterkte vir Dieselfde mylpaal vir UP, US, ens.

Hercules Boshoff ·

Soveel mense het Kovsies afgeskryf, toe is dit ons wat vir die res ‘n voorbeeld stel! Aan die studente, personeel en ander rolspelers, welgedaan.

Siestog ·

Uitstekende werk Afriforum. Doen so voort en laat ons almal bankvas agter Afriforum staan.

Arie ·

Dankie tog iemand veg mog vir Afrikaans, het al begin dink die Afrikaners het oorgegee soos by Tukkies en die ander

Karma ·

Vat hom Flaffie. Die Boer is besig om op te staan. Die spul radikale, linksgesinde filantrope het nou lank genoeg met die leeu se stert gespeel ……..

Josua Keys ·

Uitstekende uitspraak, dit is al wat ons in die land vra, regverdigheid teenoor alle bevolkingsgroepe, hoekom moet Afrikaans, witmense, bruinmense en Indiers uitgesonder word. Afriforum!!!! nou net nog Potchefstroom Universiteit. Ek is n absolute voorstander vir die tipe uitsprake en hoe meer die hof die tipe uitsprake begin lewer hoe gouer sal die land weer begin vertoue wen, nie net vansy inwoners nie maar ook van die buiteland. Die tyd is reg om die verlede in die verlede te los, wet en orde weer terug in plek te kry sodat werk geskep kan word asook veiligheid in die land te verseker. Kultuur gewoontes en velkleur mag nie gebruik word as verskoning om lafhartige besluite te regverdig nie, dit geld ook vir taalgebruik en onderig, BEE, Kwitas en alles wat daarmee gepaard gegaan het moet onmiddellik van die tafel gevee word en hoe gouer die hof dieselfde uitsprake teenoor hierd ie belaglike wette uitspraak kan lewer hoe beter. Suid Afrika is soos ‘n befrugte saadjie onder die dorre grond wat net wag vir die nodige voedingselemente na die droogte om te kan ontkiem, begin gloei in die lieflikste blom maar die ANC regering is die oorsaak dat die rivier bedding droog sal bly. Wel gedaan Afriforum julle is puik!!!!!

Daniel ·

Dankie, dankie, en nogmaals baie dankie AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit! ń Blye dag vir alle Afrikaners en Afrikaans sprekendes! Ek is ń lid van die bg. vegters en sal tot in lente van dae wees!Van hieraf moet ons Afrikaanse taalregte pogings net sterker en sterker word! Moet nooit opgee op wie jy is, jou kultuur en taal nie! Mense EK IS NOU SO BLY EN VERLIG!!!!! Sou ook nou wawiele gemaak het as ek kon!

JC ·

Hi ouens, welgedaan vir julle daar by Kovsies. Ons moet nou net aanhou om ook vir Akademia te ondersteun. Dis baie belangrik dat daar ook ‘n volwaardige Afrikaanse Privaat Universiteit bestaan wat daartoe kan bydrae dat Afrikaans verder ontwikkel word! Die kampusse kan verskillende name kry! Die Breyten Breytenbach, Jan Rabie en Adam Small kampusse in die Kaap. Die Andre P Brink en Etienne le Roux kampusse in die Vrystaat en die Bartho Smit Kampus in die Transvaal en die Ingrid Jonker kampus in die Noord Kaap. So gee ons erkenning aan die baanbrekers vir Afrikaans en ook ons erfenis. Dit sal natuurlik almal onder Akademia val, net met verskillende name vir die kampusse! Ek voorspel Afrikaans gaan van hieraf net ‘n hengse bloeitydperk ingaan, soos altyd maar die geval is wanneer iets probeer onderdruk word.

Ivor ·

@ JC Hoor Hoor! stem 100% saam. So bek moet jam Kry! Baie mooi naame vir die kampusse. Ons moet erkennig gee vir die baanbreekers. Groetnis. Ivor.

JC ·

Hi ouens, welgedaan vir julle daar by Kovsies. Ons moet nou net aanhou om ook vir Akademia te ondersteun. Dis baie belangrik dat daar ook ‘n volwaardige Afrikaanse Privaat Universiteit bestaan wat daartoe kan bydrae dat Afrikaans verder ontwikkel word! Die kampusse kan verskillende name kry. Die Breyten Breytenbach, Jan Rabie en Adam Small kampusse in die Kaap. Die Andre P Brink en Etienne le Roux kampusse in die Vrystaat en die Bartho Smit Kampus in die Transvaal en die Ingrid Jonker kampus in die Noord Kaap. So gee ons erkenning aan die baanbrekers vir Afrikaans en ook ons erfenis. Dit sal natuurlik almal onder Akademia val, net met verskillende name vir die kampusse! Ek voorspel Afrikaans gaan van hieraf net ‘n hengse bloeitydperk ingaan, soos altyd maar die geval is wanneer iets probeer onderdruk word.

Derek Meyer ·

Daar is alreeds ‘n naam en ‘n instelling wat werk . Akademia.

Basson ·

Genoeg vertrapping en onderwerping beleef, tyd vir opstaan!

Wel gedaan en geluk AfriForum, trots om lid van julle te wees :)

marietjie ·

baie baie baie geluk!!!!!!!Afrikaans bly tops. nogmaals baie dankie vir die mense wat so baie moeite gedoen het om in die hof te baklei vir ons afrikaanse kinders by kovsies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.