‘Afrikaans moet groter rol speel in hoër onderwys’

nwu-potch-puk

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die aanslag teen Afrikaans deur die regering en sy meelopers soos die vise-rektore by sommige universiteite is kortsigtig en ongrondwetlik en is duidelik ʼn poging om die taal op instellings van hoër onderwys dood te wurg, het die VF Plus Donderdag gesê.

Die Jakes Gerwel-verslag van 2002 oor taalbeleid by instellings van hoër onderwys het dit duidelik uitgespel dat daar in Suid-Afrika twee Afrikaanse, of oorwegend Afrikaanse universiteite, moet wees. Een in die noorde, en een in die suide van die land.

Suid-Afrika het tans 26 universiteite met 38 kampusse, en ten spyte daarvan dat die land se Grondwet dit in artikel 29 duidelik stel dat Afrikaanssprekendes die reg het om onderwys in hul moedertaal te ontvang, is daar tans ʼn groot aanslag teen die taal, het Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, tydens die begrotingsposdebat in die parlement oor hoër onderwys en opleiding, gesê.

“By die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus is die vyande van Afrikaans nie eens tevrede met vertaaldienste vir studente wat nie Afrikaans magtig is nie. Die ander twee kampusse van die universiteit is totaal Engels.

“Enkele weke gelede tydens ʼn opedag het die rektor van die Potchefstroom-kampus, prof. Fika Janse van Rensburg, aan ouers gesê die universiteit sal veeltaligheid bevorder. By die regsfakulteit vertel die dekaan egter ʼn ander storie deur te sê in 2020 sal alle klasse slegs in Engels wees,” het Groenewald bygevoeg.

“Dit mislei die ouers en dien as bewys hoe Afrikaans stadig doodgewurg word op instellings van hoër onderwys. Studente moet ʼn keuse gegun word om te kies in watter taal hulle wil studeer. Daar is wel baie Afrikaanssprekendes wat in hul moedertaal wil studeer.”

Die VF Plus doen ʼn beroep op minister Naledi Pandor om te oorweeg of sekere universiteite nie kampusse kan hê wat wel oorwegend Afrikaans kan wees nie. Die felheid en vyandigheid teen Afrikaans by universiteite is ongrondwetlik, en die minister kan ʼn verskil maak.

“Minister Pandor het op ʼn vraag van die VF Plus oor voorwaardes vir hulp uit die nasionale studentehulpprogram aangedui dat studiehulp opgeskort gaan word aan studente wat nie hul eerste akademiese jaar op universiteit jaar slaag nie. Die VF Plus verwelkom dit, aangesien dit onregverdig sou wees dat belastingbetalersgeld vermors word op studente wat nie erns het met hul studies nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Attie ·

Dis ‘n mooi foto van die Ou Hoofgebou, die kandelaar-water daarvoor, maar Totius staan nie meer daar nie. Transformasie is besig om alles wat kosbaar is, te verswelg.

jaco ·

die Gerwel-verslag is deur ‘n sogenaamde Kleurling opgestel. hy is ook al oorlede. Soos wat regstellende aksie deesdae toegepas word, waar Kleurlinge en Indiers gereeld moet hoor “sorry no job for you because you are not black enough”, is dit net logies dat die Gerwel-verslag se aanbevelings NIE gevolg sal word nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dis so ‘n mooi foto………en my kinders wou almal hulle foto’s daar laat neem langs Totius op gradedag……….en nou kan hulle nie, want ‘n deel van die populasie was “offended”? En toe buig die blanke Afrikaner maar weer net voor sy meester……….en gee toe, en gee in, en voel skuldig, en paai, en verduidelik, en vernietig sy eie geskiedenis…..Shame…

John ·

Waar val die VFzzzz nou uit… Om nou mosterd na die maal so bietjie te kla na Afrikaans-reeds-by-die-agterdeur-uit is. Is dit om darem ‘n paar stemme en rande te kry vir die paar half-dooies in die parlement na 2019. Ons kort ‘n jong party en wakker leiers. Van die leiers wat ook vir die ANC gewerk het maar nou glo navorsing doen om iets oor die probleme van die Afrikaners te leer, na aftrede (seker weer teen betaling) is gruwelik. Waar is ons jongmanne?

Be DIFFERENT ·

DIT IS TE LAAT om Afrikaans by die Universiteite te red . die Rektore en professore is meestal links en daarom gee hulle nie ‘n duit om vir Afrikaans nie en natuurlik moet die pensioene ook dopgehou word . baie dosente, rektore en professore is nie meer vandag se kinders nie, so hulle gaan eerder saam met die HOOFSTROOM en skreeu Afrikaans must fall want hulle weet hulle tree binnekort af, en hulle kinders het klaar studeer. Daarna gaan hulle almal in elk geval met die nuwe ‘demografiese verteenwoordigde nasie’ vervang word wat beteken die laaste bietjie Afrikaans gaan beslis dan sneuwel as dit nog nie gesneuwel het nie. HELP eerder om AKADEMIA en ander universiteite uit te bou wat van die begin af NET in AFrikaans opereer en vergeet nou maar van Jool en Inter Varsity en die dae toe alles nog beskaafd was en studente nie ‘n METHLAB in hulle koshuise gehad het nie .. Ons moet van nou af dinge ANDERS doen …

Mrs H ·

Vanoggend se vroeg oggend stappie van Cyril, het ooglopend n boodskap gestuur. Hyt in 10 offisiele tale gepraat in tien minute, behalwe Afrikaans. Duidelik wil daar geen herkenning aan Afrikaans gegee word nie.
John, jy weet nie waarvan jy praat nie. Jy sal op n ander planeet na nuwe lewe moet gaan soek. Ek deel in elkgeval eerder met n ouer leier met kennis en ervaring.

Die Stem ·

Dis verregaande.
As jy by een kettingwinkel wil koop, gaan jy nie na n ander een en betoog totdat daardie een verander om soos jou voorkeurkeuse te wees nie.
Jy gaan na die een toe wat jy verkies.
Kan die engelssprekende mense nie net na engelse instansies gaan nie?
Hoekom word Afrikaanssprekendes gestraf?
Dankie aan Vryheidsfront Plus en instansies soos Afriforum.
Ons taal is vir ons belangrik.

Marius ·

Potchefstroom Universiteit moet van mense soos Elmien du Plessis ontslae raak wat ‘n Afrikaanse universiteit as plaform gebruik vir haar anti-Afrikaanse retoriek. Hoe KAN die universiteit haar nog toelaat om dit te doen??? En dan moet SY vir Afrikaanse studente klasgee! Ek is bevrees dis verby met Potch universiteit vir Afrikaanse mense…. soos die UV.

Mel ·

My kind is ‘n eerstejaar student op Potchefstroom, as ek laasjaar geweet het dat Potch se taalbeleid gaan verander (wat besig is om te gebeur) sou ek hom nader aan die huis laat swot het, hy bly tans 200 km van die huis af weg ,en die onkostes om hom daar te laat studeer is duur, ons was bereid om die onkostes aan te gaan juis omdat ons geglo het dat die Universiteit afrikaans sou bly…. ek is bitter spyt ons het op Potch besluit want ons bly 40 km van Tukkies af wat reeds engels is. Waarskuwing aan voorneemende ouers wat Potch oorweeg vir volgende jaar, daar het reeds die week geweld uitgebreek op kampus, waar afrikaanse kinders in hulle klasse ge intimideer is deur nie afrikaans studente, geweld op die bult waar studente kuier het heeltemal hand uit geruk, en niks word daaraan gedoen nie, as jy so ver van jou kind af is wil jy weet hy/sy is veilig, en tans is Potch nie ‘n veilige plek vir afrikaaners nie.

Casper Labuschagne ·

Ek stem heelhartig saam, Afrikaans moet ‘n groter rol speel in hoër onderwys. Ongelukkig vertrap die meerderheid ons minderheidsregte en gevolglik word Afrikaans nie toegelaat om ‘n groter rol in hoër onderwys te speel nie.

Ek wens meer mense wil dit uitbasuin dat ons nie toegelaat word om die positiewe rol in hierdie land te speel nie, vanweë ons regte wat vertrap word. Die regte van ons minderheid is veronderstel om deur die 1994 grondwet beskerm te word, maar word nou universeel misken.

Oom Kalahari ·

Dit is goed en waarderend dat VF+ nog erkenning soek vir die taal op hoer onderwys vlak, maar op die huidige trant en gemeenskaps veranderinge gaan Afrikaans stadig uitsterf en oor vyf jaar net as ‘n kombuis taal genereer. So het nog ‘n kultuur sy ondergang bewimpel.

JC ·

Akademia en nog nuwe instansies in die styl van die Afrikaanse Onderwys Netwerk is wat ons benodig. Tans is daar behalwe Akademia nog net die APA en Aros; hopelik groei die getal privaat universiteite geweldig in die komende jare. Sover my kennis strek behoort Akamdeia in elk geval binnekort akkreditasie te kry vir die LL.B. (IN AFRIKAANS)

Wat tog te vreemd is, is dat die “nie-Afrikaanssprekendes” se onverdraagsaamheid bewys daarvan is dat multi-kulturele- staatsuniversiteite (VERAL IN AFRIKA!!) en omgewings nie werk nie. Dit is geensins die Afrikaanse studente wat onverdraagsaam is nie; tensy Suid-Afrika so halsoorkop van- die- trollie- af geraak het dat jy ‘n ander persoon kan uitlok bloot omrede jy onderrig in jou moedertaal ontvang en wil ontvang.

Maar op paradoksale wyse wil die moeilikheidmakers nie in hul moedertale studeer nie maar in Engels, en laat dit mens dink oor die beweegredes vir hul aksies….Hoe dan gemaak met die miserabele politiek gedienstige (geensins vry en onafhanklik nie) staatsuniversiteite? Eenvoudig: werk aan jou eie vermoe om privaatinstansies waar die onverdraagsaamheid nie heers nie, op te bou, en boikot die staatsinstansies indien moontlik.

Een ding is seker, Afrikans sal oraloor gedy (op primere, sekondere, tersiere en ander vlakke), JUIS danksy sy vyande.

Afrikaans word bloot sterker gemaak hierdeur, oor 10 jaar gaan daar nie meer ‘n benodigheid wees aan staatsinstansies vir Afrikaanse studente nie, en sal dit wat nie reeds verval en ‘n hool geword het nie; ook heeltemal verval het wanneer die laaste Afrikaanse stem dit verlaat het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.