Afrikaans op TV: VF Plus sê SAUK-besluit is onwettig

Argieffoto van die toetsbeeld

Argieffoto van die toetsbeeld

Die Vryheidsfront Plus het Dinsdag gesê die SAUK se besluit om Afrikaanse programme van SABC2 na SABC3 te skuif, is onwettig.

“Die VF Plus beskou die besluit wat geneem is rondom Afrikaans as onwettig, aangesien die Afrikaanse gemeenskap geen insae gehad het in ʼn administratiewe besluit wat hulle grotendeels benadeel nie,” het Pieter Mulder, leier van die party, in ʼn verklaring gesê. “Dit bevestig verder die geleidelike vertrapping van Afrikaans en verontagsaam grondwetlike waarborge oor taal in Suid-Afrika deur die korporasie.”

Beeld het Dinsdag berig die SAUK gaan Afrikaanse programme van die een kanaal na die ander skuif. Daar was geen Afrikaanse nuusbulletins tydens die FIFA-sokkerwêreldbeker nie, en die uitsaaier het destyds gesê dit is slegs ʼn tydelike reëling totdat die sokker verby is.

Die uitsaaier ontken dat hy Afrikaanse programme onderdruk. “Die veranderinge het niks met Afrikaans te doen nie,” het Kaizer Kganyago, woordvoerder vir die SAUK gesê. Hy het verduidelik dat nuwe televisie-sepies en ander programme bekend gestel is en die veranderinge sluit baie kanale en tydskedules in. “Die SAUK raak nie ontslae van Afrikaanse programme nie. Ons glo daaraan dat alle tale ʼn platform op al ons televisiekanale moet kry. Die SAUK ondersteun die Wet op Uitsaaiwese om seker te maak dat alle tale behandel word.”

Mulder sê as daar na ’n taalkaart van Suid-Afrika gekyk word en dit met SABC3 se uitsaai-voetspoor vergelyk word, is dit duidelik hoe die nuwe skuif Afrikaanstaliges in byna die hele Noord-Kaap, die Oos-Vrystaat, die Oos-Kaap en groot dele van die Wes-Kaap van die Afrikaanse nuus asook ander aktualiteitsprogramme soos 50/50 en Fokus in Afrikaans ontneem. “Dit is ’n ernstige vraag waarom hierdie kykers steeds TV-lisensies ten duurste moet betaal terwyl hulle nie ’n diens in Afrikaans kry nie,” het Mulder bygevoeg.

Kganyago sê hy het nog nie ʼn klag ontvang van kykers in die vier betrokke provinsies wat nie die sepie Isidingo kan opvang nie. Dié program word op SABC3 uitgesaai. “Die klag oor toegang is irrelevant,” beweer Kganyago. “Die SAUK het niks te doen met verbinding nie. Die SAUK gebruik selfs van sy eie geld om seker te maak dat kykers in sommige gebiede wel die kanale kan opvang.”

“Die VF Plus gaan ‘n skrywe rig aan die minister en die SAUK om onmiddellik hierdie besluit terug te trek,” het Mulder gesê. “Dit sal ook na die portefeuljekomitee oor kommunikasie geneem word vir bespreking en antwoorde van die SAUK-bestuur. Indien die besluit nie reggestel word, sal verdere stappe oorweeg word op grond van die wettigheid van die SAUK-optrede.”

Lees ook:
AfriForum lê klag oor Afrikaans op SAUK-TV
SAUK: Afrikaans skuif toe wel
AfriForum vra SAUK vir duidelikheid oor Afrikaanse TV-uitsendings
SAUK ontken dat hy Afrikaans skrap
Nuuskommentaar: SAUK mors met Afrikaans
Kykers boos na Afrikaanse nuus ‘verdwyn’ op SABC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marina Mostert ·

Is dit regtig billik dat ons as Pensionarisse vir die SAUK televisie betaal Skeld ons vry van Televisie Lisensie en maak dan net soos julle wil dan kan ons daardie geld gebruik vir n beter Dstv Lisensie en alles kyk wat ons wil

Shannon ·

O gonna ! Hoor ek “VF” en “onwettig” in die selle sin al weer ? Hier kom `n hofsaak.
Ek het `n beter voorstel – kom ons kyk of ons die gehoor kan kry om Essaybiesie te boikot .. kyk dit nie, pataal dit nie. Maar o hel dis amper so traumaties as om te verwag dat Afferkaanse mense ophou om Beeld krant te koop. Onmoontlik !

Eleen Blaeser ·

MiskiEn moet ons begin saam staan en ophou TV lisensies betaal. Want wie is die getroue TV betalers in die land?

Hennie van der Merwe ·

Hi Shannon.
Beeld is lankal nie meer die blanke Afrikaner se dagblad nie! Moet nie veralgemeen nie. Beeld is so besig om na die ANC se pype te dans, dat hy nie meer die breë Afrikaanse leser verteenwoordig nie! Ek koop gladnie meer die Beeld, of lees dit op die internet nie! Drie hoera’s vir Maroela!!

se-net ·

Hallo!!!! Hoe kan mense kla oor Isidingo as hul dit nog nooit kon sien nie! SABC 3 vang dan nie by hulle op nie!!!!!

U Tukopf ·

Oom Hendrik wou doerietyd nie die ding in die land gehad het nie . Lees bietjie Adv Pretorius se “volksverraad” en sien hoe en wie die indoktrinasievisie ingevoer het . Wie is Pieter Mulder ? Zillshteen en Mister Potatohead se goeie vriend ? Dis so goed om jou by jou vriende te skaar , dan kan almal jou so ken . Wunderbar ! Weereens n kop of stert situasie . Lees Deuteronomium 28 . Kop of stert ? Haal sommer Afrikaans heeltemal van die” iv” af …… Die volk is uit hul alphastaat van slaap … ,die volk verryk hulself weer deur kennis te lees . Steve is nie werklik Bruce Beyers nie… 5de straat Oubaas is werklik Pierre iemand en in “Plek van goud” kom daar in werklikheid 55 moorde per dag voor .Met die ” iv” uit ,word die huisaltaar in sy regmatige plek herstel.. Hallelujah ! Agter elke man …1 Timotheus 2:12 die vrou haarself . Die kaapse vlakte is weer Kaap en Dingo is waarnatoe? Suid . Jaaaa , maar wat van ons “entertainment ” . Pa koop vir jou n kitaar , seun kry n mondfluitjie , ma , iets anders .Dan sing ons die ou kraal liedjie saam . O , en wie woon oorkant die sraat van my af ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.