Afrikaans Plus – ʼn nuwe strategie vir die ATKV

Deidre Le Hanie, besturende direkteur van die ATKV Foto: ATKV

Die ATKV is steeds trots Afrikaans, maar “nie meer op ʼn selfsugtige basis nie,” sê Deidre le Hanie, die nuwe besturende direkteur van die ATKV.

Le Hanie het Maandag tydens ʼn ontbytgesprek in Kaapstad Afrikaanse en Engelse lede van die media toegespreek oor dié organisasie se nuwe strategiese fokus en die nuwe rigting wat die ATKV inslaan.

“My voorgangers het ʼn stabiele fondasie gebou en ons wil deur Afrikaans Plus op hierdie fondasie voortbou om gemeenskappe te bereik wat ons voorheen nog nie bereik het nie,” het Le Hanie, wat op 1 Junie vanjaar die leisels by Japie Gouws oorgeneem het, gesê.

Sy het verduidelik dat die Afrikaans Plus-strategie dit onder meer vir leerders sal moontlik maak om ʼn Afrikaanse toespraak óf ʼn toespraak in die taal van hul keuse (byvoorbeeld Sotho of Tswana) of selfs albei te kan lewer tydens die ATKV-redenaarskompetisie. Dié kompetisie sal voortaan Afrikaanse, Engelse en Afrikataal-beoordelaars hê, “sodat ons aan die behoeftes van die gemeenskap kan voldoen”.

Die organisasie is ook besig met derdetaalkursusse vir sy personeel.

“As ons deur ons bedrywighede die leiding wil neem, dan moet ons dit ook uitleef in wat ons sê en wat ons doen. Alles waarmee die ATKV tans besig is, is gefokus daarop om in vaardighede te belê.”

Sy meen die organisasie kan miljoene kinders se lewens in Suid-Afrika verbeter en ʼn beduidende bydrae lewer vir dié kinders.

Hoewel Le Hanie in ʼn Afrikaanse skool was, het sy hoofsaaklik ʼn Engelse agtergrond. Sy neem tans Afrikaanse klasse om seker te maak dat sy “keurige Afrikaans” kan praat.

Le Hanie het verduidelik dat ongeveer 98.5% van die ATKV se inkomste deur die organisasie self gegenereer word uit hoofsaaklik drie inkomstestrome: wins uit die ATKV se vakansieoorde, wins uit Lapa Uitgewers, en die sowat 70 000 ATKV-lede se maandelikse R81-ledegeld. Dié besigheidsmodel vorm die basis vir die maatskappy se omset van R92 miljoen per jaar.

“Dit is ʼn groot verantwoordelikheid om hierdie geld korrek aan te wend,” het Le Hanie verduidelik. “Ons moes ʼn fundamentele oordeelsbesluit maak en die rigting van die organisasie effens verander.”

Sy het verwys na ʼn gesegde wat sy al 12 jaar lank volg: “The bend in the road is not the end of the road, unless you fail to make the turn.” Sy het gesê dit laat haar dink aan die paaie in die Alpe – as jy nie die draaie saam met die pad maak nie, sal jy oor die afgrond stort.

Volgens haar het rolspelers en beleggers in die ATKV vier jaar gelede al tydens die Algemene Jaarvergadering aangedui dat die raad van die ATKV ondersoek moet instel oor hoe die organisasie by die onderwysbedryf wyer as slegs Afrikaanse skole betrokke kan raak. “Daarom het ons die Afrikaans Plus strategiese fokus aangeneem – dit is ʼn uitdagende en opwindende nuwe rigting.”

Sy het gesê die organisasie se reikwydte is tans baie beperk – grootliks tot Afrikaanse skole. “Dit het swaar op ons gewete gelê.”

Volgens Le Hanie is Afrikaans Plus nie bloot ʼn versoek vir meer lede en meer finansiële ondersteuning nie, maar dat maatskappye, wat korporatiewe maatskaplike beleggings moet doen, ook by die organisasie betrokke sal raak.

“Ons doelwit vir Januarie 2018 is ʼn ATKV-ledetal van 1 miljoen.”

Le Hanie het gesê die ATKV se visie en missie sal die beginpunt wees, maar daar is ook vier fokusareas, naamlik taal, onderrig, gemeenskappe, en kuns en kultuur.

“Ons het tans jaarliks ʼn impak op ongeveer 600 000 leerders met 40 projekte wat op ʼn nasionale basis plaasvind, onder meer Muziqanto [ʼn klassiekemusiekkompetisie], Crescendo [ʼn sangkompetisie], tienertoneel en verskeie ander gemeenskapsprojekte. Gemeenskapskore wat aan die korekompetisie deelneem, moet ook minstens een lied sing in ʼn taal buiten Afrikaans of Engels.”

Sy het gesê ʼn derde van die takke van die ATKV is jeugtakke en word bedryf deur persone uit die gemeenskap. Op dié manier het leerders van die Hoërskool Jan van Riebeeck hande gevat met ʼn skool in Khayelitsha om die leerders van Khayelitsha te help met wiskundevaardighede, terwyl die leerders van Jan van Riebeeck Xhosa aangeleer het. “Hulle het dit vrywillig op Saterdae, in hul eie tyd, gedoen,” het Le Hanie verduidelik.

“Van die 24 000 openbare skole wat geen-fooi-skole of lae-fooi-skole is, presteer tans baie swak. Altesaam 21 000 van hierdie skole het ernstige ingryping nodig. Die ATKV is elke vier jaar intensief betrokke by 1 000 skole, maar as ons al 21 000 hierdie skole wil bedien, sal ons nooit [teen die huidige tempo en met bestaande bronne] daarby uitkom nie!”

Rally Tsoari, van die departement van onderwys in Gauteng, het ook as gasspreker tydens die geleentheid opgetree. Hy het verduidelik hy het 38 skole onder sy leiding en dat daar ʼn beduidende impak gesien kan word waar die ATKV by die skole betrokke raak – van die beheerliggame tot onderwysers, leerders, administrasiepersoneel en selfs die skoonmakers.

“Sommige skole in Gauteng het ʼn beduidende styging in hul slaagsyfer gesien danksy onder meer motiveringsessies van die ATKV,” het Tsoari verduidelik. “As een skool sukkel, dan ly die distrik, die provinsie en uiteindelik die land daaronder. Dit waarmee die ATKV besig is, het ʼn impak en dit bring verandering mee.”

Ruschda O’Shea, skoolhoof van Tafelsig Secondary School in Mitchells Plain het ook as gasspreker opgetree. “Ons het sedert 2015 ʼn beduidende impak in ons slaagsyfer gesien danksy die impak van die ATKV,” het sy verduidelik. Sy het gesê die ATKV het met die matrikulante begin en hulle gehelp met motivering, introspeksie en selfmotivering. “Die personeel se moraal was ook laag en die personeel is ook gemotiveer en geleer hoe om ʼn balans te kry tussen mens se eie lewe en jou werk.”

O’Shea het gesê ouerskapwerkswinkels wat die ATKV aangebied het, was ook baie gewild in haar gebied. Die ATKV het ook met die bestuur van 10 skole in die gebied vergader sodat hulle mekaar kon leer ken en by mekaar kon leer. “Die ATKV is soos ʼn vars briesie wat geleenthede skep.”

Le Hanie moedig die publiek aan om deel te word van dié nuwe rigting en nou by die ATKV aan te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

115 Kommentare

Nic ·

Le Hanie moet net onthou ATKV lede was tot onlangs toe ook Spur mense…

RB ·

Wanneer die AFRIKAANSE taal en kultuur vereniging begin om ander tale te bevorder dan is daar ‘n groot probleem.

Ek kan dit nie ondersteun nie. Die ander tale kan hul eie verenigings stig.

A+ ·

Stem saam RB
Dis nie Afrikaans se taak om Tswana of Zulu te bevorder nie. Voer eerder jou eie kinders as om hul kos aan ander te gee.

RB ·

Vanaf ATKV webwerf,
“Jou ledegeld stel ons in staat om die Afrikaanse taal en kultuur te bevorder…”
…klaarblyklik sommer Engels, Zulu en watookal anders ook.

Daan Erasmus ·

98% van die ATKV se inkomste kom uit sy eie bronne. Hierdie bronne behoort aan die LEDE. Dit is deur die LEDE opgebou. Die ATKV is nie die bestuur nie. DIT IS DIE LEDE.

Jopie ·

Ek’s jammer om te se^ maar hierdie nuwe koers is dalk die begin van die einde vir die ATKV… ‘n Kompromis met enigiets anders as Afrikaans gaan verseker lei tot sy oordondering, opsyskuif en uiteindelike verwydering. Is daar geen lesse geleer uit die volgende mooi-gebaar taalkompromiee” nie:

*. Universiteit Stellenbosch se sg “T-opsie” vir die “akkommodasie van Engels” tot die huidige poging om van Afrikaans ontslae te raak.
*. Honderde Afrikaanse enkeltalige skole wat Engels wou akkommodeer maar nou slegs Engels is

Dewald ·

AS die oorgrote meerderheid Afrikaners
vir ‘n Afrikaanse party stem dan kan
die party invloed he op wie word anngestel
in hierdie tipe posisies. Op die oomblik
organiseer hulle hulleself en funksioneer
hulle soos ‘n privaat organisasie.
Wanneer preies gaan ons weer ons eie
instellings demokraties bestuur? Ons kan
dit slegs doen as ons ‘n politieke party
het wat die oorgrote meerdeheid
Afrikanwers verteenwoordig. Sonder dit
het ons nie ‘n stem nie. Gaan ons wag
tot ons alles wat Afrikaans is heeltemal
verloor het? Om net te kla maak geen verskil aan
enigiets nie. Dink mooi by die volgende
verkiesing wat jou stem gaan doen
vir Afrikaans and Afrikaners.

Hans ·

Wat van die baie afrikaans sprekendekinders in plakkerkampe,wat doen die ATKV vir hulle.

humor ·

Nic, ja, ja,,,,,,, jaaaa? Ons sal maar moet sien van wie af kom die meeste ledegeld en wie staan op die einde onregmatig aan die ontvangkant. Dit wil voorkom of die oorspronklike doel van die stigting van die ATKV hier gekaap word. Ek hou in die eerste plek nie van die stelling dat dit vroeer “Selfsigtig” Afrikaans was nie. Was dit dan selfsigtig om aan jou eie te bou. Met hierdie benadering kan dalk in die toekoms geeis word dat hierdie Afrikaanse kultuurorganisasie se naam nou verander moet word.

Reti ·

Ek dink ook die ‘selfsugtig’ is beslis nie regte woord nie. Mens mág mos iets vir jouself hou? Dan nie? Ek het ook gevoel hier is die begin van die einde. ‘Proof me wrong’!

humor ·

Ek wil ook na reg vra, besoek die ATKV die arm blankes in hul plakkerskamp waar talle Afrikaanse kinders gedoem is tot n gebrekkige skoolpleiding. n Jaarlikse R91 miljoen is nogal n aardige bedraggie en kan baie hier help.

CJ ·

Dit het swaar op die ATKV se gewete gelê dat hulle hoofsaaklik Afrikaanse skole betrek het. Goeie genade! Gaan daar nie einde kom aan sulke onvanpaste skuldgevoelens nie? (Baie saggies gesê).

Andre ·

Kanselleer asb my lidmaatskap. Dit is dan maar die einde van my pad met julle!

Ernst ·

ATKV staan vir Afrikaanse Taal Kaltuur Vereeniging en nie vir alle taal kaltuur vereeniging nie. As hulle voort gaan met die snert dan gaan ek my lidmaatskap opgee. Dankie

Kannaland ·

Wat het geword van skole, kerke, universiteite wat so n stap neem? Dis maar net die volgende stap na verengelsing en afgee van dit waarvoor ons gewerk het.

Kannaland ·

‘n Beter strategie sou gewees het om soos die NG Kerk n sustersbeweging te gestig het. Ons is in n goeie posisie om ander tale te help maar nie onder selfde sambreel nie. Volgende fase is om mense met meer los sieninge oor korrupsie aan te stel, sodra hulle vorder tot hoe poste word meer en meer en meer en meer korruptes aangestel, en dan sit ons maar met nog n failed organisasie soos die res van die land. Wanneer gaan die Afrikansers hul les leer?

RB ·

“Hoewel Le Hanie in ʼn Afrikaanse skool was, het sy hoofsaaklik ʼn Engelse agtergrond. Sy neem tans Afrikaanse klasse om seker te maak dat sy “keurige Afrikaans” kan praat.” – Deidre Le Hanie, besturende direkteur van die ATKV.

Dus het die bestuderende direkteur van die ATKV nie ‘n afrikaanse taal of kultuur nie. Wat op aarde gaan daar aan? Ek vermoed die ledegeld van “die sowat 70 000 ATKV-lede” gaan dalk binnekort begin krimp.

Stefan ·

Die Afrikaanse Taal en KultuurVereniging kan nou maar net sowel verander na die Afrika Taal en KultuurVereniging.

Waarom moet/wil sommige Afrikaanstalige instellings alewig kniebuigend en ander kulture ter wille wees, terwyl die omgekeerde NOOIT eers bedink word nie?

Met hoeveel of met wie van die huidige 70 000 ATKV-lede is oor die nuwe visie gekonsulteer? En dan ‘n doelwit van 1 miljoen lede – vanwaar gehasie?

‘n Nuwe besem vee nie noodwendig altyd skoon nie en hierdie nuwe visie kan die huidige ATKV se SPUR- moment word.

Albaster ·

Hulle het nie met my gekonsulteer nie, daarom onttrek ek nou alle steun met onmiddelike effek.

koebaai ·

koebaai atkv, ek sal maar na die kafee op die hoek gaan om “bread and milk” te koop

Kannaland ·

Ek is in! En hulle gaan my mis want ek en my vriende kuier baie by hulle oorde!

CB ·

Ek sit op die oomblik by ‘n ATKV oord. Was 2 jaar gelede ook hier en het vandat ons kamp opgeslaan het oor en oor vir my man gesê die verval in geriewe is SO opmerklik en ek wonder wat gebeur met ons ledegelde???? Om als te kroon, kry mens as LID nie eers meer plek in die oord van jou keuse oor Desember nie. Dis destyds die rede dat ons ons “holiday club punte” verkoop het want mens kan nie meer plek kry nie ATKV is dit die roete wat ons lede gaan moet vat?

Albaster ·

So ons hoef nie meer bydraes en ondersteuning aan ATKV te gee nie want ons almal betaal inelkgeval belasting en die regering gebruik inelkgeval belastinggeld om Afrikatale te bevorder.

Daan Erasmus ·

Ek is ‘n trotse ATKV lid. Ek was dit nog nooit op ‘n selfsugtige wyse nie. Hierdie Le Hani dame is gewerf (headhunt) as nuwe bestuurder. Sy was nie op daardie stadium ‘n Atkv lid nie. Help my asb reg as ek verkeerd is. Sy het geen niks ATKV agtergrond nie. Ek stel voor sy vergewis haar van die bestaande kultuur voor sy haar lyf rondgooi.

RB ·

Presies! (“het sy hoofsaaklik ʼn Engelse agtergrond”)

Hierdie is onaanvaarbaar! Gaan die vereniging oor geld maak of oor die afrikaanse taal en kultuur?

Albaster ·

As sy nie eers n lid is nie beteken dit mos sy het nie in die eerste plek omgegee vir Afrikaans op daardie vlak nie, neewat, mag sy baie vinnig bedank.

Ken2 ·

Ons is foos getransformeer. Ek stop ondersteuning aan ATKV indien sy nie onmiddelik bedank nie!

Ellisras ·

Iemand moet asb hierdie kommentaar na die ATKV aanstuur. Ek kry die vreemde gevoel dat die nuwe ATKV bestuurder nie Maroela Media lees nie. Laat ‘n mens dink. Ek hoop nie sy trek ‘n SPUR van Tonder op die ATKV nie. Dit sal lastig wees.

Basson ·

Klink soos die pad wat die universiteite geloop het. Die ‘skuldgevoel’ virus het ook nou die ATKV ingehaal, of is dit om ‘polities korrek’ te wees?
Dankie vir die inligting, ek kanselleer vandag nog my lidmaatskap.

Disselboom ·

Uitstekende geleentheid om ‘n nuwe organisasie te begin. Die ou bedeling moet nou maar verbygaan en sink. Hierdie ding om ‘n organisasie wat uitdruklik vir en met Afrikaans gestig, opgebou en in stand gehou is, wat nou sy wortel, fondament, bestaansrede en wese verwater, is maar net tekenend dat ons nuut moet dink en eietydse instellings met huidige doelstellings, maar ook nuwe selfvertroue, moet oprig.

Wern ·

ATKV wil seker hulle oorde in ANC konferensieplekke ontskep.

Sakeman ·

Sterkte ATKV om ledegeld uit julle nuwe teikenmark te kry.

Maryn ·

Ek is sooooo dankbaar dat ons nog nie ons nuwe jaar se premie vereffen het nie! Nou is dit maar ook totsiens aan ATKV! Die AFRIKAANSE ORGANISASIE wat daarna vry om ‘n miljoen ledetal te behaal en van nou af ‘N ALEWIGE HELPENDE HAND uit te reik na “ander” mense ! Sooooo siek en moeg vir dit!!!! Ons kry in elk geval baie selde plek in vakansie – oorde van ons keuse! So, vra ek nou, met ‘n miljoen lede, hoe dan?

Marius ·

Atkv jy gaan dieselfde pad loop as Spur julle moet mooi dink.

Danie Brink ·

Organisasies moet doen 1) dit waaroor hulle passievol is, 2) dit waarmee hulle die beste is, en 3) dit waarvoor hulle ‘n befondsingsmodel het. Miskien is die eerste twee waar vir die nuwe ATKV, maar die befondsing kom van mense wat oor ander dinge passievol is. Daardie befondsingsbron gaan opdroog.

Eish ·

Hier kom die ATKV se Spur oomblik. Die bestuur is duidelik uit voeling met die gemiddelde Afrikaanssprekende se frustrasie.

Sakeman ·

Ek gaan nou my besigheid se ondersteuning ook onttrek as ATKV nie die week nog die nuwe “leier” in die pad steek nie.

Klaar ·

Ek is so klaar met atkv, asb mense kom ons staan saam en laat atkv maar ook aan hulle sakke voel soos spur gevoel het.

RB ·

Ek is seker iemand gaan nou iewers opspring en sê hoe aaklig afrikaners is omdat hul steun ontrek omdat die ATKV agterossies wil “help”. Shame.

Nee! Tot hier en nie verder. Ons mag dinge van ons eie hê. Gaan skep jul eie verenigings, kry jul eie ondersteuners, en baie sterkte daarmee (opreg bedoel).

Skepties ·

Tot hier toe en NIKS verder nie! Ons MAG EN SAL ons eie taal bevorder soos enige ander groep hulle taal en kultuur mag vevorder!

Afrikaner ·

Afrikaans sal staan, ons sal nou self hierdie ‘captured’ organisasie laat val!

Alliance Francaise ·

Waarom bly Aliance Francaise op Frans konsentreer? Want dis wat die kern doel is van daardie organisasie. Selfde geld vir ATKV.

Afrikaans Minus ·

Hierdie ATKV strategie moet “Afrikaans Minus”, of dalk “Minus Afrikaans”, gedoop word.

Sonneblom ·

Elke trotse taal het n eie taalvereniging. As die Franse Alliance Francaise mag he mag ons ATKV he sonder om daaroor jammer te wees!

Pietman ·

Baie selfsugtig van Alliance om nie uit te reik na Duits, Koreaans en Engels nie. Duidelik geen gewete nie.

Pietman ·

Dis die mees belaglikste voorstel wat ek nog gehoor het. Miskien moet ATKV hul naam verander. Gelukkig ondersteun ek nie die spul nie.

BB ·

Nog ‘n gedagte… ons huidige lede se gelde gaan nou aangewend word…. en dit terwyl die geriewe agteruitgaan by die oorde. So oor ‘n ruk gaan dit ook begin lyk soos munisipale oorde want ona geld word elders aangewend. So sit ek op my kampstoel en bekyk die werkers, hulle ruim asblikke op ens en bekyk my tiener dogter en my woede groei. ATKV daar is baaaaaie afrikaanssprekendes wat werk soek en gewillig is.

Nie lid ·

Toe ek die berig lees, het ek my in my agterkom my ingedink hoe hulle e-posse en briewe aan alle lede gestuur het en die geleentheid gegee om te stem oor die belangrike besluit. Lyk my hulle het nie. Tragies. As ek lid was het ook lidmaatskap opgegee. Kan mos nie net maak soos hulle wil met die ledegeld nie!!

Briesend ·

Hulle hoef my nooit weer lastig te val met n mail nie, ek sal hulle nooit weer vertrou nie.

Kannaland ·

Ja en Willards gaan nie meer batterye of skyfies maak nie maar gaan selfone uitprobeer. Ag asseblief Deidre, het jy nog nooit geleer van kernbesigheid en fokus nie? Of van om jou kliente te betrek voor jy besluite neem? Watse kamma strategiese leier is jy?

Hans ·

Hoekom wil die ATKV redenaarskompetisies aanbied-die ander taalgemeenskappe kan mos hul eie kompetisies reel en die koste/pryse borg. Toe die stryd om Afrikaans by universiteite gewoed het was die organisasie, nie eintlik werklik aktief betrokke nie. As MM enige ooreenkomste met die ATKV het dat dit onmiddelik opgeskort word.

humor ·

Ek is seker dit is nie MM se verantwoordelikheid om bg. kommentare onder die aandag van die ATKV te bring nie, maar daar is sekerlik iemand wat dit wel sy taak kan maak. Die ander taalsprekendes sal seker dan die tyken wees om n miljoen ledetal te bekom. ATKV HIER KOM GROOT PROBLEME. Die Afrikaner is keelvol of liewer aan die anderkant van die anatomie vol vir die transfomasieproses. En ek is seker dit sal nie net by praat en drygemente bly nie.

Albert ·

Ek gaan druk nie my afrikaans in by n engelse redenaars nie of by n xhosa se byeenkoms nie. Hoekom moet ons ander tale aanvaar by ons afrikaanse geleendhede

Ek wou nog sê ·

Jamer vir julle maar dis die einde vir julle met al jul oorde en al.
Ons praat weer oor so jaar of twee.
Bye Bye

Gideon ·

Die ATKV staan vir Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging. Die bestaansrede is die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur. Verander die naam na die Suid-Afrikaanse Tale en Kulture Vereniging. Le Hanie het nie in hierdie kultuur groot geword nie. As jy iets vir almal probeer wees, is jy naderhand niks vir niemand.

Hans ·

N spesiale vergadering moet saamgeroep word , ‘n nuwe bestuur gekies word en besluite geneem word om die die belange van afrikaanse moedertaalsprekers te bevorder en eerste te stel.

Nic ·

Jammer om dit nou eers tot lig te laat kom. Japie Gouws het in 2012 al die maatskappy statute so verander dat die lede nie meer ‘n sê het oor die aanstel van die bestuur en hoe die groep bedryf word nie. Ek het my bedenkinge op die AJV geopper en is van die direksie (wat deur die lede verkies is, laaste so ‘n verkiesing) uitgejou as iemsnd wat vooruitgang teenstaan. In Desember 2012 het meeste ledevoordele verdwyn. Ons organisasie het maar net nog ‘n komersiële entiteit geword wat nog so effens vir Afrikaanse kunste om gegee het. Ek en ‘n klomp ander lede het in die vergadering in Hartenbos opgestaan en aan Gouws en sy trawante gesê wat hulle met hulle maatskappy kan doen en as lede bedank. Hulle het nie gehoor gegee nie, van die ongeveer 120,000 lede van 2012 is daar nou 70,000 oor. Laat mens dink nê! En ek is bevrees dat hierdie ledetal nou nog ‘n duikslag sal vat. Vrede vir julle wat nie ‘n oor het om te hoor nie!

Ada ·

O my genade as dit eers begin is dit die einde v d ATKV. Groot fout.Hou op ons taal en kultuur alewig met andere te laat meng of saamsmelt.Werk nie vir my nie.Ons erfenis word orals vertrap en nou wil julle dit ook doen? Het julle sopas afgeskryf en ek dink baie ander gaan my voorbeeld volg.

David ·

Indien hierdie dame dink dit gaan ons Afrikaners inspireer om meer Afrikaanssprekendes te laat aansluit om die ATKV Afrikaans te hou sit sy die pot ver mis.Sy moet maar haar liberale idees na n ander instansie neem.Ek is dus nou klaar met die ATKV. Dieselde as met Spur.

Frik Lotz ·

Waarom wil die ATKV nou ander tale ook inbring? Dit maak mos nie sin nie. Ander tale kan mos hul eie organisasies stig en na hulself kyk. Waarom moet Afrikaans altyd die spit afbyt en aan die kortste end trek? Dit moet end kry en die ATKV moet hierdie belaglike idee laat vaar!

Nicky ·

Did omdat die Afrikaners als gebou het en nog steeds doen. Die ander kan nie….. :-)

Barnard ·

Onmiddellik nuwe bestuur nodig.Verkeerde kandidaat gekies.Laat sy haar eie organisasie begin en daar doen wat sy wil.Sy is by die verkeerde organisasie op die oomblik.

Francois ·

Was lanklaas so kwaad , ek voel bedrieg deur die ATKV. Dis nou duidelik dat die bestuur n ander agenda het en nie meer sy lede se belange verteenwoordig nie. Ons het juis nou organisasies nodig om die belange van Afrikaans te verteenwoordig.

Johan ·

Wonderlike mikpunt om 1 miljoen lede te hê, die vraag is of hulle ook bereid gaan wees om die maandelikse ledegeld van R81 te betaal? Te oordeel aan Fees must fall veldtogte twyfel ek, meeste mense wil mos alles vir mahalah hê. Kan die surplus fondse nie beter aangewend word om aan huidige lede beter voordele te gee nie?

Aksie nou ·

Kom ons begin n regsproses om die bestuur te laat bedank vir hierdie onverantwoordelike besluit.

Juan Olivier ·

So in kort die ATKV is nie meer daar om die Afrikaanse taal te bevorder nie. Mooi, julle is nou nutteloos. Steek Afrikaans in die rug om te sê kyk na my hoe inklusief ek is. Sy is 10 teen 1 ‘n linkse.

Danie Langner ·

Iemand vra in die kommentaar waar laat dit die FAK? Die antwoord is eenvoudig: onbeskaamd Christelik in ons getuienis en kultuurorganisasie wat trots n tuiste vir Afrikaans en Afrikanerkultuur bied. Die bg artikel bevestig die som is eenvoudig transformasiekultuur + politiese korrektheid = kulturele selfdood.

CJ ·

Danie. Sjoe! Ek hou sommer baie daarvan dat jy dinge so reguit sê! Sommer baie, baie, baie!

Wonder ·

En daar gooi ” Attie se Kafee” die baba met die bad uit!

Elsabé ·

Foei tog, Le Hanie, nout jy n verkeerde perd opgesaal! Dis van agteroor buig dat die Afrikaner foos gery is. Hoekom moet ons ledegelde ANDERE bevorder? My Taalgenoot het nou sy ere plekkie verloor. Koebaai…. tot siens…. vaarwel en vaar vrot.

Ada ·

Die Plus beteken vir my: Plus moeilikheid en Plus die einde van die ATKV.

gerda ·

Sit nou ‘n mosie van wantroue in en lig hierdie vrou uit haar pos.

wynand ·

Jammer vrou, jy is toe nie die nuwe briesie wat ingewaai gekom het nie, maar ‘n groot gevaar vir ons taal en kultuur. Bedank nou – en dit sal jou baie pyn en vernedering spaar.
Vir ons is die ATKV net vir Afrikaans – geen ander tale en kuklture nie. Die ander tale en kulture kan hulle eie ding doen. Hulle moet ook leer om dit SELF te doen – moenie ons uitverkoop nie. Dit gaan nie werk nie. Jy gaan die ATKV vernietig en het dit alreeds ‘n knou toegedien. Beste is bedank sodat ons kan kyk wat ons kan beredder.

Eie voete staan ·

Kan die ander kulture en tale nie hulle eie organisasies stig nie. Waarom moet al die Afrikaanse organisasies pa staan vir die res wat net kerm en kla. Hulle is net te vrot sleg om op te staan en hulle eie ding te doen dan klim jy net by ander in die bus. Wanneer het een van hulle organisasies hulle deure vir die Afrikaners oopgemaak????? Ek gaan ook my jarelange lidmaatskap nou beeindig.

Pietman ·

Mikpunt is 1 miljoen lede maar dit lyk of dit eerder 10 000 gaan wees.

Hans ·

Hoop ATKV raad en bestuur het gisteraand na sabc 2 gekyk en opgelet dat die verteenwoordiger van Gauteng onderwys net Engels gepraat het. Is die organisasie ooit bewus fasrvan dat die LUR n veldtog teen Afrikaanse skole voer-so wat het ATKV nou eintlik bereik met die politieke kotrektheid?

MCH ·

Spesiaal gekyk gisteraand. Ek dink ons moet vrede maak met die feit dat die ATKV n nuwe koers inslaan, weg van sy tradisionele ondersteuningsbasis. Die raad bestaan uit bekwame mense en die goedkeuring van die besluit is myns insiens reeds verdiskonteer vandaar die openbaarmaking in die media. Die rede vir die dramatiese besluit kan mens net oor spekuleer. Ek het egter n vermoede dat die inkomstestroom dalk begin afplat het. Paar kommentare het verwys na agteruitgang van die oorde. Die bevolkingsgroep waaruit die meerderheid van hul steun kom, krimp in getalle om verkeie redes. Ten einde winsgewend en relevant te bly vir die toekoms, is die kwessie bestuur suiwer op besigheidsoorwegings. Vandaar die beleid van integrasie ten einde trefwydte te verbreed. Om die diskoers te versuiker, word dit bekend gemaak op Mandeladag, synde n brugbouende, samebindende, onselfsugtige, resultaatgedrewe poging is wat ondersteuning verdien. Hooggeplaaste bronne wat getuienis van resultate lewer in foutlose Engels, skep die indruk dat die aksies naas die wiel, die beste ding ooit is wat met Suid Afrikaners gebeur het. Wat Le Hanie egter buite rekening laat is die feit dat sy met intelligente, passievolle mense te doen het wat sy nie gaan peil deur net te lees oor die ATKV se geskiedenis en n paar Afrikaanse klasse nie. Née, voor jy nie n paar myl in ons skoene geloop het nie, weet jy nie wie ons is nie.

Henning ·

Dis absoluut onbegryplik hoe die ATKV-bestuur so ‘n ooglopende dom fout kon maak. Daar sit waarskynlik meer agter haar aanstelling as wat op die oog af blyk. Haar uitlating dat dit in die verlede selfsugtig van die ATKV was om slegs Afr. te bevorder, spreek boekdele en beklemtoon haar totale onbegrip en onkunde. Daar moet ook van die ATKV- Bestuur wie verantwoordelik was vir haar aanstelling ontslae geraak word. Hulle kan nie vertrou word nie. Dringende optrede is nou nodig.

Peet J ·

ATKV die skrif is aan die muur, julle is besig om verkeerde besluite te neem.

Steve Petzer ·

‘n Waaghalsige stap wat die positiewe impak van welwillende Afrikaners op die ander taliges kan verstewig. Ons verstaan mos die beginsels van saai en maai en van gee en ontvang… hiermee kan die ATKV help bou aan ander se ‘huisies’ en die gevolg sal wees dat ander weer aan die ATKV se huisie begin bou.
Wat egter onthou moet word is dat die krag van die ATKV se impak in sy identiteit vasgevang is. Sou hulle hul identiteit in die proses verloor kan die Afrikaans+ initiatief ernstig skeefloop… Deidre, ons bid jou wysheid en insig toe. Sterkte

Denise ·

Ja nee, ons het so min wat regtig Afrikaans is oor, moet dit ook nou gebeur!!! Kan sien hoe dit gaan lyk in ‘n paar jaar!!

Trots Afrikaans ·

Die gesang is uit as ‘n Afrikaanse organisasie hulle tyd en ledegeld wil aanwend vir ander tale…dit druis in teen die rede hoekom hulle daar is en ondersteun word in die eerste plek. So word ons taal stukkie vir stukkie vernietig, ingesluk deur die “skuldgevoel epidemie” in die land. Niks word Afrikaans gegun nie! Kan nie verder hulle ondersteun nie…

Anti ATKV ·

Nou in die geval sal ek maar my R81 EKSTRA per maand, voortaan belè in nòg ñ bottel wyn! Ek eet nie meer by die Spur nie en nou gaan ek ook nie meer vakansie hou nie! So….nou drink ek maar by die huis!! ANTI ATKV…daar gaaaaat hy!

Jaco Prins ·

Afrikaners moet dood eenvoudig hul befondsing ontrek. Jy is vir ons of teen ons, nes daar bewys is deur Stellenbosch ens. Ons taal kan nie oorleef deur almal te probeer bevoordeel nie, ‘n afrikaanse organisasie moet vir afrikaans staan, punt. Jy kan ander taal organisasies leiding geen maar hul moet self hul taal en struktuur uitbou. Niemand kan twee meesters hê nie.

pietie ·

Mev Le Hanie moet asb haar huiswerk eers doen oor die groei van die diverse Afrikaanse taalgemeenskap, bv groei onder ander groepe as wit, voor sy dié Afrikaane organisasie uitverkoop vir ‘n spreekwoordelike pot lensiesop.

Jannes ·

ATKV maak deure toe vir Afrikanerskap, maar gelukkig het ons, ons eie organisasiese byname die FAK wat ons Afrikaneridentiteit en toekoms beskerm!

Johannes Meintjes ·

Na mening is dit ‘n reuse proses om van skugtere, vaal en ge-ykte Afrikaner-randeiergroepies, instansies en organisasies te groei na Afrikaner organisasies wat nie net die kulturele belang bevorder nie, maar meer doen vir die lede en die “saak” om bv. ook nasionaal en internasionaal bande te bou vir die toekoms. Dit is na mening een van die Afrikaner se grootste leemtes tans, nl. om te leer om relevant en “holisties” te kan leef en funksioneer buite die sitkamer, die plaasopstal se stoep, die raadsaal of die kerkgebou.

Eish ·

Sal u asb so gaaf wees om n voorbeeld te verskaf van so n bewonderingswaardige Afrikaner organisasie wat deur die randeier mentaliteit kon breek en nasionale en internasionale relevansie gebaar het deur n holistiese benadering te volg?

Elke Janse van Rensburg ·

My eerste woordjies was Afrikaans, ek dink in Afrikaans en droom in Afrikaans. Is dit dan nou selfsugtig?

Pierre E ·

Jammerlik….. jul sal jul fout agterkom wanneer dit te laat is.

Afrikaanse meisie ·

Alles wat die “Boere” gestig het wat ‘n sukses is moet mos weggegee word! Nes die Boeremark en Pretoria skou en nou ook die ATKV! So cheers ATKV…. Ek spandeer eerder my lidmaatskap geld op die FAK!!!

WONDER ·

Dit kom mos nou op presies dieselfde neer as wanneer jy sê dit is nou nie meer ‘n “issue” as iemand verkrag of vermoor word nie, solank die skuldige net nie gerook of gevloek het terwyl hy besig was om dit te doen nie. Belaglik man, dit het absoluut niks met selfsugtig te doen nie! Die doelstelling van die ATKV word totaal verwrong. Hou op om alewig polities agteroor te wil buig.

Willie ·

Die ledegeld per maand vir 70 000.00 is R 5.670 000.00, per jaar is dit R 68 040 000.00. So wa kan die vrou staan en se die ATKV se geld is self gegenereer. 72% van die ATKV se inkomste word deur lede betaal, as die lede more lidmaatskap geld staak bestaan die ATKV nie meer nie!! Ek is trots Afrikaans en dis nog die enigste paristatel wat die ANC nie ge”hijack” het nie. Nou wil die nuwe hoofbestuurder dit sommer net weggee, want dit sal nie lank wees nie dan het die ANC ons lidmaatskapsgeld van R 68 miljoen ook in hulle sakke!!!

Gert ·

ATKV + ander volgsvreemde taal = Geen onderasteuning van my en nie liberale volksgenoote.

Anton ·

Ai, ek is so moeg vir al die liberale Afrikaners en kwasi-afrikaners wat tog so polities korrek wil optree. Hierdie is inderdaad die begin van die einde vir die ATKV. Wat laat die dame dink dis haar taak om Engels en Xhosa te bevorder? Doen dit maar, maar definitief nie met my ledegeld nie. Tot siens.

Elizabeth ·

Nou ja, daar sneuwel die ATKV ook. Duidelik is julle daar in bestuursgeledere nie in voeling met die Afrikaner se behoeftes en frustrasies nie. Lees julle nie die openbare media of leserskommentare nie? Besef julle nie dat Afrikaners se geduld ‘n tydbom is wat besig is om af te tik nie? Lankal tyd vir ‘n nuwe organisasie wat met hulle ore op die grond bly!! Ek staak oombliklik alle bydraes en ondersteuning aan die ATKV en sal nie my besluit heroorweeg nie, ongeag wat hulle verder doen. Ons weet nou wat hulle verskuilde agenda is. Laat hulle dit maar sonder die 70 000 lede se geld doen met oorde wat veel te wense oorlaat en dringend opgradering benodig

Barnard ·

Die dame en die bestuur het n groot fout gemaak.My ledegeld nou na n ander instansie toe.

Johnnie ·

Nou ja toe, dan is ons ook sommer nou maar klaar met mekaar.

Adoons ·

70,000 lede nou, 1 miljoen in Januarie 2018? Baie sterkte. Dis meer as 150,000 nuwe lede per maand. Ek weet nie wat julle gerook het toe julle hierdie beplanning gedoen het nie, maar ek soek ook daarvan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.