Afrikaans se 2de vraestel wissel van kopkrap tot kleitrap

onderwereld-fanie-viljoen

‘Onderwêreld’ van Fanie Viljoen is vanjaar (2017) een van matrikulante se voorgeskrewe werke. Foto: Fanieviljoen.co.za

Matrieks wat Woensdag die tweede Afrikaans-vraestel in vanjaar se eindeksamen afgelê het, het gemengde reaksies oor dié vraestel gehad.

Sommige leerders het gestoei om die kort vrae oor poësie deeglik te beantwoord, terwyl die kort vrae oor die romans ook moeiliker was. Dit lyk of die matrieks die fyner besonderhede van die verhaal deeglik sou moes ken om dié vrae te beantwoord.

Hannie Viljoen en Marié Gräbe, taalspesialiste by die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT) van Solidariteit Helpende Hand, het gesê die literêre opstel was definitief op peil. Hulle reken die lang vraag in poësie oor aftakeling kon wyer gestel word om reg aan die inhoud te laat geskied, maar dit was steeds billik.

Volgens Viljoen en Gräbe het die kontekstuele vrae gewissel van billik tot selfs moeilik. Hulle dink die onvoorbereide gedig van Fanie Viljoen was besonder gepas, baie billik en doenbaar.

krismis-van-map-jacobs-tafelberg

Krismis van Map Jacobs. Foto: Tafelberg.com

“Ek het gevoel die poësie en prosa se vrae was duidelik gewees en nie te moeilik nie. Manaka: Plek van die Horings se lang vraag was ook baie duidelik en eenvoudig gewees. Die moeilikste vir my was maar Krismis van Map Jacobs se kort vrae, veral vraag 15.5, 15.6 en 15.8, en ek weet ander leerders het ook so gevoel,” het Clarette Swart, ʼn matriekleerder van Hoërskool Waterkloof in Pretoria, gesê.

Die matrieks van Hoërskool Eldoraigne in Centurion het weer gesê die opsteltipe vrae van Onderwêreld was billik. Onderwêreld, geskryf deur Fanie Viljoen, is van 2017 af die voorgeskrewe boek vir matrieks in Afrikaans-huistaal en soos verwag, het dié boek se konteksvrae kleitrap vir sommige leerders beteken.

“Die lang vraag van Onderwêreld en Krismis van Map Jacobs was billik, maar die kort vrae het hier en daar matrieks laat kopkrap. Die poësie-afdeling was billik, maar swakker leerders sal bietjie kleitrap. Die sterker kandidate het gesê die poësie-afdeling was billik,” het Karina Maré, Afrikaans-huistaalonderwyseres aan die Hoërskool Garsfontein in die ooste van Pretoria, gesê.

  • Matrieks van 2017 kan nou registreerom ʼn kennisgewing te ontvang sodra die matriekuitslae gratis op Maroela Media beskikbaar is. Ons wil ook graag van jou hoor as jy verwag om agt of meer onderskeidings te verwerf. Sterkte met die eksamen!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Madel ·

Hoekom fokus julle net op staatskole se matriek eksamens. Wat van die IEB kinders. Hulle is tog ook matrikulante en skryf ook eksamens! Gaan vra hulle bietjie hoe hulle sekere vraestelle ervaar het

CK ·

Ek wonder steeds, tot vandag toe nog, WAT het dit met jou lewe na skool te doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.