‘Afrikaans se skuld,’ sê Lesufi oor kind sonder kolwyntjie

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

Die foto is digitaal gemanipuleer om die kinders se identiteit te beskerm.

ʼn Kleuterskool in Centurion word van rassisme beskuldig nadat ʼn ouer ʼn foto op sosiale media gedeel het waarin dit lyk asof kinders volgens ras geskei is.

Die 34-jarige ma, wie se identiteit weerhou word om die skool en kinders te beskerm, het op haar Facebook-profiel en ‘n openbare Facebook-blad ‘n foto gedeel van ses wit kinders wat saam by ‘n tafeltjie sit en kolwyntjies eet, met haar 19 maande oue swart dogtertjie alleen by ‘n tafel langsaan, skynbaar sonder ‘n kolwyntjie. Indien die foto vergroot word, word dit egter duidelik dat die dogtertjie ‘n kolwyntjie onder die tafel in haar hand vashou.

Die skool het kort daarna ‘n verduideliking van die voorval op hul Facebook-blad geplaas waarin hulle aandui daar was Woensdag net agt kinders in die klas en dat net ses by ʼn tafel kan sit. “Die juffrou het die kinders buite na die stoep geneem om die partytjie te hou. Die [betrokke] dogtertjie is eers na die speelgrond toe saam met ʼn ander wit meisie. Nadat die onderwyser die kinders laat sit het, het die onderwyser haar assistent gevra om die ander twee meisies na die tafels te bring. Sy het albei by die ander tafel laat sit. Net toe sy die foto wou neem, het die ander meisie begin huil, waarna die assistent haar opgetel het. Dit is toe dat die foto geneem is.

“As ʼn mens die foto vergroot, kan ʼn mens sien die dogtertjie hou ʼn kolwyntjie in haar hand. Daar is egter nie versiersuiker op nie, omdat die juffrou dit afgehaal het want die dogtertjie hou nie van versiersuiker nie. Die betrokke foto vertel dus nie die ware storie nie.”

Die skool se webblad en Facebook-blad is intussen gesluit. Die ma se plasing en haar beskrywing van die skool se “rassistiese optrede” teenoor haar dogtertjie is wyd op sosiale media gedeel, waartydens dit onder die aandag van Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, gekom het. Lesufi het die kleuterskool Donderdag besoek en het kort daarna op Twitter gesê die feit dat Afrikaans die onderrigtaal by die skool is, is die rede vir die “status quo”.

“Ek is hier by die skool saam met die hoof. Al die kinders is wit en word deur wit onderwyser geleer,” het hy verder op Twitter uitgevaar. “Swartes is slegs skoonmakers hier. Walglik!”

Hy het aangedui die departement gaan daadwerklik optree en hy het reeds ʼn maatskaplike werker toegeken om “onmiddellik te doen wat reg is”.

Die skool se naam word weerhou totdat hulle vir amptelike kommentaar bereik kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

mari ·

Hoekom word daar aan alles ras gekoppel. Die rassekaart word so maklik uitgehaal, sonder om die bree prentjie raak te sien, of die omstandighede rondom ‘n foto te verstaan.

cs ·

Oe, en die Gautengse LUR kon nie gou genoeg by die kleuterskool uitkom nie.

Jaques ·

Maar probeer hulle nou aan die hande kry as dit kom by werklike skool sake, dan is “hulle” almal MIA

iemand ·

AG kom nou! Kinders sit waar hul wil sit! Ekt self al met kinders gewerk in die tipe opset, swart en wit kinders in die selfde klas met partytjies, seuns sit by seuns, dogters by dogters, en afrikaans by afrikaans, engels by engels en maatjie by maatjie. Dis hoe kinders is, dit gaan vreeslik rasisties en seksisties lyk sou hul net n foto sonder konteks by enige klas neem.

Gerhardt O ·

Ek dink die kleuterskool word bitter onregverdig beskuldig hier. Mens kan enige foto buite konteks vat of enige woorde ook. Goeie genade maar Lesufi is eensydig.

Andrea ·

Ek dink die skool moet n saak v rassisme teen hom maak. Met Solidariteit se hulp.

yolandi ·

Ras of te nie, as wit vrou breek dit my hart om die foto te sien, dit is regtig ontstellend…. A nee a….

Anti Rassis ·

Nee wat Yolandi by ons werk is ons die minderheid blanke dames, tydens ooievaars of vergaderings koek die ander weer saam en ons huil nie. Weet jy iemand wat rassis as verskoning gebruik gaan as hul inkom se ons wat alleen sit wil nie met hul meng nie, totaal verkeerd. Hul stap in sit almal bymekaar, ons kom in en sit maar saam. Die ma soek duidelik net ‘n verskoning om haar kind uit te haal of om ‘n onskuldige skool toe te maak. As daar nou anders as swart skoonmakers en onderwyser was en die ander blank sou niemand iets gese het nie. Ag nee wat konsentreer asseblief op die dinge wat regtig saak maak. As dit omgekeerd was het ek mos’n skool gesoek waar die meerderheid soos jy is, hoe kan hul dit help as daar nie meer van hulle is nie. Ek is finish hul kan maar begin om hande uit die sakke te haal en skole begin ipv kla.

Linda Fourie ·

Yolandi, voordat jy te onsteld raak, lees die berig mooi… Die kind het koek in die hand, haar voorkeure is in ag geneem en die versiersuiker is afgehaal en sy het gekies om eers te gaan speel en sy kon toe nie plek aan die tafel kry nie. Die ras beheptheid maak my nou regtig siek en sat en julle wat saam inspring in die koor om te oordeel sonder om insig te hê in die waarheid is kommerwekkend. Staan bietjie saam met jou naaste en glo die hoof as sy sê wat daar plaasvind! ons leef alreeds op ‘n mespunt sodat ons mekaar ten minste kan ondersteun. Die wit vel kinders en onderwysers wat die hoë amptenaar so walg, is die man wat bevraagteken moet word. Is dit nou nie rassisme nie? Jou kind, jou woongebied, jou taal, jou kind se opvoeding en veiligheid, jou vaderland, JOU KEUSE!

Deon ·

Yolandi, lees die hele berig en dan sal jy sien daar is plek vir ses aan n tafel wat alreeds vol was. Daar was twee aan die ander tafel waarvan een begin huil het en die ander een sit met n cupcake!!!!!!!!!!!!!!!

m ·

Hierdie mense voel darem ma so gou bedryg en kan so lieg oor alles om hulle te pas. Hierdie skooltjie se eienaar moet sommer n naamskending saak maak teen haar….

Peter ·

Ons sal nooit van die “rassisme ding” Ontslae kan raak nie. Om elke hoek en draai word dit net gewys wat ons “wittes” aan die “swartes” doen. Wat van die ander gevalle andersom, daarvan hoor of sien jy nooit niks……

Hein ·

Veroordeling sonder deeglike ondersoek is ‘n teken van uiterse onkunde! Skaam jou LUR!

Ander Ilze ·

Hoekom sit jy nie jou kind in ‘n kleuterskool van jou eie nasie nie? Probleem opgelos.

Pietertjie ·

Al ooit gedink dat hulle maaitjies is en net bymekaar gaan sit het ? Dis absoluut belaglik met die nonsens waarmee sekere mense hulle mee kan besig hou.

Anoniem ·

As dit wel waar is, dink ek persoonlik dit is baie wreed. Dis n kind…nog baba….As jy die mamma se boodskap lees…dis hartverskeurend….

Gerhardt O ·

Het JY die berig gelees? Dan sal jy moes weet dis nie waar nie.

??? ·

ek moet `n rassis wees , ek is wit , Afrikaans en daar bly net wit mense in my huis ???
sal iets moet doen om dit te verander

Sê maar net ·

Ja nee, dan is ek ook ‘n rassis. Ek het ook net witmense in my huis en nie eers ‘n swarte wat skoonmaak nie. Ek doen dit self. Sal maar die BBBEE leêr nader trek en ma kyk wat ek in my situasie kan doen. So, dan sal die LUR seker vir my ook sê sies vir my. My kind is ook in ‘n wit rassistiese afrikaanse skool. Hy het nie anderskleurige maatjies nie. Ek ken nie anderskleuriges om BBBEE reg te wees en die kleur van ons reënboognasie te verteenwoordig nie. Hoe nou gemaak? Eish

Koos ·

As dit nou rassisties is verduidelik dan vir my wat is die Black business asosiation ,black gun owner asosiation ens .Die kleuterskool het haar dan ingeneem hoekom sou hulle dit doen as hulle rassisties was .Die taal en kultuur verskil van verskillende groepe tot groep en dit is my demokratiese reg om te assosieer met wie ek wil

??? ·

dankie Koos ,
gedink ek is die enigste een wat dit nie verstaan

onbeskaaf ·

verstommend sat die ma dit nou agterkom. twee kante tot n opgeblaaste ras storie. wens fie ministers LUR doen iets aan werklike maatskaplike gevalle. indien die storie onwaar is? gaan die LUR en kleurblinde ma vertroue in die kleuterskool bedryf herstel. dit op sosiale media uitblaker?

Disselboom ·

Ons is nie baie ver van die punt waar jy gaan moet seker maak jy nooi die anderskleurige maatjies ook na jou huis toe as daar partytjie gehou word…. Nee, genugtig, julle onnoseles wat julle deur die propaganda van ‘n foto wat net een oomblik van ‘n langer storie wys, aan die neus laat ly. Die kans dat die dogtertjie opsetlik eenkant gesit is sonder koek, grens aan nul. Moenie polities korrek probeer wees nie: kies kant vir die waarskynlikheid van jou eie mense!

Daenerys Targaryen ·

Ja as ons die mamma se boodskap lees….. die mamma lyk my het opgetree voordat die situasie verduidelik is? Dink mooi – waarom sal hulle dan vir die mamma ‘n foto aanstuur? Beslis nie om te wys hulle onderskei tussen ras nie….dit is jammer dat die omstandighede so saamgeloop het dat die dogtertjie alleen op geëindig het by ‘n tafel.

Kaspaas ·

Die waarheid maak nie saak hier dit gee die regte rassiste net meer rede om wittes as die rassiste uit te maak.

Wilma ·

Ai en Lesufi is ook vinnig om Afrikaans vinnig iewers in te gooi. Hy haat dit om te sien dat waar dinge die beste werk Afrikaans betrokke is. Hy sal enige iets probeer om wit Afrikaners te laat sleg lyk!

Dot van Dot ·

Miskien hey sy klaar haar kolwyntjie opgeeet????. Werklik, dink sy regtig daar gaan presies net genoeg gemaak word vir die wit kinders??. Sou sy so iets gedoen het (wonder net hoekom sy dan sulke gedagtes het…)

Lourens ·

Miskien was sy juis kwaad oor die kind ‘n kolwyntjie gekry want dis nie hul kultuur nie sy wou pap gehad het

Snuffels ·

Bogenoemde kinders is nog onskuldig, en hulle maak nie op so ‘n jong ouderdom onderskeid tussen rasse nie. Hulle is gebore in die Freedom tyd, en nie in apartheid nie. Ek dink die ma het net ‘n rede gesoek om ‘n drama van die situasie te maak. Ek sal graag wil weet hoe lank haar dogtertjie al by die kleuterskool is en dat sy nog nooit ‘n probleem gehad het met sogenaamde rassisme nie. Dit is net nog ‘n manier om mense teen mekaar af te speel.

Lee-anne ·

Baie sterkte aan die skoolhoof en onderwysers. Ek glo die kinders was net toevallig so ‘apart’. Ek hoop nie die skooltjie gaan gedwing word om toe te maak nie. Kindertjies sien nie kleur raak nie. Wat wit onderwysers en swart skoonmakers betref: Ek glo die skoolhoof sal enige tyd as daar weer ‘n pos oopgaan, ‘n swart onderwyser aanstel as sy vlot Afrikaans kan praat en die nodige kwalifikasies en ondervinding het. En sy sal nou maar uit haar pad moet gaan om wit mense werk aan te bied as skoonmakers. Ai, dinge raak onnodig lelik. Maak tog een lang tafel sodat almal bymekaar kan sit, en maak tog seker om die een wat anders lyk, tussen die ander te laat sit.

Andre ·

Is ek n rasis omdat ek verkies om met mense te meng en kuier wat soos ek lyk en praat. Dit is net absurd wat in die land aangaan.

Riaan Bensch ·

Wat is fout met vandag se “groot”mense? die ma van die kleinding het sopas onnodig hierdie skooltjie se naam deur die moddergesleep oor haar rasistiese neigings…. sy is die een wat dit kwytgeraak het sonder om die ware feite aan te vra of te luister na die verduideliking( as die arme onderwyseresse enigsins kaans gehad het om te verduidelik!) Die klein mensies het geen idee waaroor die bohaai gaan nie! hulle speel saam sonder om velkleur te sien. Die LUR is duidelik nie kleurblind nie! en sy kometaar aangaande ons taal is heel onvanpas! dit is rasisme om ons Volkstaal die skuld te gee vir n’ nie-blanke vrou se irasionele optrede…. #StopBlaimingWhitesanandAfrikaansforyourblindness.

Kiewiet ·

Ek stem volkome saam. Die ma het opgtree sonder om uit te vind wat aangaan. Sy het sommer net aangeneem dat die kinders so geplaas is dat kleur by kleur sit. Voor jy op jou rasseperd spring vind tog eers uit wat gaan aan. As jou kop vol rassehaat is dan gaan jy dit outomaties oordra na jou kinders toe en so kry dit nooit einde nie.(ek maak so want my ouers maak so). Kinders leer meer deur te kyk na ma en pa as wat hulle leer in boeke! Wees versugtig met wat jy doen of sê. Monkey see monkey do. Dis nou maar eenmaal so. Selfs die wit Afrikaners het ook regte al wil sommige mense hulle dit ontneem!

WL ·

Die LUR moet asb sy rassistiese kommentaar verduidelik oor hoekom dit walkglik is daar slegs wit mense by ‘n sekere plek is.

Rerig??? ·

Ek slaap my oe op na die Berge… sy is 19 maande. Nie een van die kids het ‘n clue van ras nie

Stev ·

@Yolandi.
Jou kommentaar is amper net so belaglik soos hierdie hele storie. ‘n Foto kan nie die hele storie vertel nie. Ek stem saam dat die skool nie die foto so stuur as daar ‘n soggenaamde donker agenda was nie.

Mense moet ophou om hulle eie stories op te maak van wat hulle in ‘n foto sien of nie, ‘n foto is presies dit, NET ‘N FOTO, punt.

Vat nou bv. daai foto van die polisiebeampte in PTA wat met ‘n sak “meel” in die een arm stap en ‘n haelgeweer in die ander. Hoeveel mense het nie gese…kyk die polisie steel ook… wie se vir jou daai beampte het nie daai meel dalk afgeneem by een van die kriminele nie en was oppad terug na die winkel toe om dit te oorhandig aan eienaar. NEE JY WEET NIE….HOEKOM….WANT JY WAS NIE DAAR NIE. So, sien dit vir wat dit is, net ‘n foto.

Moeg ·

Dis glad nie rasisties dat al kettingwinkels net swartwerkers het nie, en in die townships net swart onderwysers is nie of dat jy nie mag merk dat jy african is as jy wit is nie al is ons in SA gebore, ons is mos Caucasian.

vierkleur ·

En daar was n geweer teen die ma se kop gedruk om haar kind in die kleuterskool te sit?
Wanneer gaan hulle besef ons kultuur verskil, en dat dit nie altyd rassisme is nie

Will i am ·

Gaan terug Botswana toe. Daar kan jou kind mos skool gaan waar sy wil

Sê maar net ·

Stem saam jou, gaan dan terug na jou geliefde moederland toe, Botswana en los Mzanzi vir ons.

Gatvol76 ·

Wie het die ma reg gegee om fotos van ander mense se kinders om sosiale media te sit sonder hulle toestemming?

Lewies ·

Dit is ‘n baie strek argument wat jy hier gebruik. Iets waaraan ek nie eers gedink het nie. Foto’s van minderjarige kinders in die openbare media is onwettig sonder die toestemming van die ouers.

‘n Baie sterk aanknopingspunt vir ‘n toetssaak in die hof !!!!

Moontlik kan die gebeure by die kleuterskool, asook die beskuldigings oor rasisme in hierdie spesifieke geval, getoets word.

vermeende ·

LUR, al die werkers is swart!!!
Is dit nie werkskepping nie……..stel blankes aan om daai swart werk te doen en gee die LUR sy sin.

Spook ·

Dit lyk my as jy die waarheid praat word jou kommentaar nie gepos nie- Freedom of speech?
O wag eks wit ek het nie regte nie

Hein ·

Ek dink ook dit is nie reg dat die kind geskei moet word met ander ras kinders nie.
Wat maak dit saak wie skoon maak, hulle verdien salaris (hoopenlik volgens arbeid wet)?
Die tyd van maatskaplike werker word gemors, daar is belangrike dinge buite op die straat wat meer aandag nodig het, 2 straat kinders van een ma wat by verkeersligte bedel en die ma le en relax lekker onder die boom. Die hele saak word uit verband uitgeruk.

Esteenkamp ·

Dit is vir my verstommend hoe 51 770 560 miljoen mense BANG kan wees vir 4 586 838 miljoen.

Desire Lombard ·

Liewe Mamma het jy nie gekies om jou kind in die wit skool te sit waar die onderwysers wit is nie? Is sy forseer? Nee. Miskien het die kinders self hulle plekke ingeneem en jou kind het haar plek daar gekies. Miskien net miskien het jou kind haar kowyntjie klaar geeet…RAS verkoop mos, kom ons bring ras in ALLES

Mielie ·

Ek het gister op News24 gelees van n wiskunde onderwyser wat vir n jaar lank nie skool toe gegaan en klas gegee het. Die leering het 14%vir wiskunde gekry. Die kinders word ook benadeel. Waar was die LUR? Hoekom niks daaroor kwytraak nie. Hulle gee nie rerig om vir die kinders se opvoeding nie. Hulle het ander doelwitte.

Ander Koos ·

Die “jag” op witmense is oop en alles is rassisme. Afrikaans sommer ook weer die probleem. Belaglik Lesufi!! soos gewoonlik

uhmmm ·

Wat presies is so belaglik hieraan? As ons terug baklei het in volle mag en nie land uit gesnel het soos lafaarde nie, sou dit nie gebeur het nie. Dit is meer belaglik dat ons so mooi terugstaan en kyk hoe ons mense, kultuur en taal aangeval word. Begin die blaam by jouself.

yster 74 ·

Elke ding word uit verband geruk. Enige strooi word vir rassisme gesien. Julle is die grootste rassiste.

Janneman ·

Aai, die velletjies is maar dun – wanneer dit hulle pas. Daar word nou n rassis agter elke bos gesoek. En meestal spoke gevind.
Kan nie verstaan nie, hulle hunker na ons Afrikaanse instellings oor die uitnemendheid wat dit bied maar trek alles dan af na n vlak van middelmatigheid.

Goose ·

Ag aarde ! Ek gee nou al langer as 32jaar voorskools onderwys en ek verstaan presies wat die vrou sê. As jy 1ste in die lyk staan word jy 1ste om die tafetjie sit gemaak, maar as jy eers wil ander draaie loop en speel gaan jy eenvoudig laaste by die tafel geplaas word, dit is so eenvoudig soos dit. Ras word nie in ag geneem nie my aarde! Dit is absoluut sensasie soekery die. Ek het al 1000de kere icing van cupcakes af gekrap want baie kinders hou nie daarvan nie. Die behepte ma het haar timing goed afgewag om die foto te neem. En so kan jy onskuldig aangekla word van rassisme in my beroep. Ons loop mos katvoet deur elke dag en so word ons tronke net voller en ongeletterdheid voer die botoon. Ek vir een praat jong mense om, om die beroep te volg…..dit is eenvoudig net nie meer aangenaam nie.

Anna ·

En die probleem is? Daar is nog steeds kolwyntjies in die boks oor, seker sal dit nie daar gelos word as al die kinders nog nie gehad het nie. Hoop hulle het een vir mnr Lesufi aangebied!!
Net so terloops .. my 2 kleinkinders hou ook nie van kolwyntjies nie en sou “Nee dankie” gesê het

Irah ·

So wat stel Lepufi voor? Raak van die swart skoonmakers ontslae en stel wittes aan? Dan is dit dalk minder walglik…

christine ·

Wonder of sy wettig in die land is. Haar arme ou dogtertjie is ook nie voorheen benadeel nie. Gaan liewer terug sien jy nou. Ja sy n ietwat overdress hoe moet sy speel ,wat n pyn van ma

anne ·

Die hele ras/kleur herrie maak mens nou regtig siek en sat, miskien moet die ma eers haar feite agtermekaar gekry het voor sy die snert versprei het. Hoekom die kind in ‘n afrikaanse skool sit as dit dan die probleem is. Trek terug Botswana toe

Asjas ·

Al wat ek sien is dat SES wit kinders EEN tafel moet deel terwyl die ander kind EEN HELE tafel vir haarself het!! Arme wit kinders, moet alles deel terwyl ander kinders alles kry op grond van kleur. Wou sy nie ‘n tafel deel met wit maatjies nie? Bang sy kry siektes by die wit kinders?

See what I did there ;-)

ronel ·

Jy het vergeet van die ander voorkeur behandeling: die versiersuiker is afgehaal….die ander moes eet wat hulle kry

pop ·

Dis maklik, maak eenvoudig n privaat skooltjie oop. Vra ook die betrokke ma om haar kind uit die rassistiese skool te haal. As wittes iets wil doen sal ons dit eenvoudig nou privaat moet maak en toegang voorbehou op die hekke en deur sit.

Janneman ·

Kan iemand wat weet asb verduidelik? As hierdie dan n privaat kleuterskool is hoe het Lesufi die reg om in te meng? Het die individu dan geen reg van vrye assosiasie nie? My kleinkind moet binnekort kleuterskool toe gaan en ek wil haar graag in n veilige, ordelike omgewing plaas.
Ek hoor graag van iemand wat die reg ken.

MJL ·

Vervang dan nou maar die swart skoonmakers met wit skoonmakers. Kan nie verstaan dat mens swart mense wil help deur werk te verskaf en dan kom hierdie klong en noem dit “walglik” omdat daar swart skoonmakers is. Hoekom vat die kind se ma haar dan nie na ‘n kleuterskool waar daar net swart kinders en swart onderwysers is nie? Ek is seker ons sal niemand daaroor ‘n rassis noem nie.

Yvonne ·

Hoekom is dit walglik dat daar swart mense werk. Om ‘n skoonmaker te wees is nie walglik nie. Hulle kan ten minste vir hul huise sorg vir kos ens. sonder om te steel. Of wat wil die mnr. nou eintlik sê?

At van Jaarsveld ·

Het hierdie ma n foto van dit wat in pretoria gemak en daarteen kapsie gemaak? En Yolandi hoop jy as wit ma is ook so erg oor die onluste, moorde en vernietiging. Ten minste is hierdie klein kindertjies veilig by n skooljie en het hulle darem n koekie om te eet.word wakker asb

Etienne ·

10 uit 10 vir Lesufi, hy het 1 kleuterskool gebruik om sy department se onvermoe om die 80 %
disfunksionele skole te laat verdwyn !

Janneman ·

Lesufi, jy is in diens van die mense van die land, al die mense, ook die mense wat jou salaris betaal. Jy is nie daar om jou party se ideologie na te jaag nie.
Bepaal jouself asb by die verbetering van die onderwys om verhoed dat nog n geslag van ongeskoolde kriminele groot gemaak word.
Ons wag vir jou en jou minister om die SADTU probleem en onderpresterende skole, hoofde en onderwysers met dieselfde dringendheid vas te vat as waarmee jy spoke jaag.

lue ·

Dis als malligheid. Wie probeer wat bereik? Gaan ons op die manier vrede bewekstellig? As mens ‘Groot genoeg en volwasse genoeg’ is, sal jy jou nie met sulke klein goedjies ophou nie. Daars baie meer dinge in die lewe wat belangrik is.

Des ·

Sterkte aan die skoolhoof en haar personeel. Staan sterk. Ek was al by die betrokke skool en het als behalwe rasisme ervaar. Maar “hulle” sal altyd ‘n stok soek om ons mee te slaan.

mark ·

Belaglik,een van die dae gaan iemand my afneem omdat ek n wit brood gekoop het in plaas van n bruin brood.word groot

Winston ·

Die regering hou hulle besig met beuselagtige klein goedjies omdat dit omskep kan word in afleiers, maar as die land brand is dit “ontevrede inwoners met die reg tot protes aksies”. Moet ons maar tevrede wees en stilbly?

HEVW ·

Die heel belangrikste hier wat nie beklemtoon word nie is die bevoegdheid en die mentaliteit van die l. u. r en die regering waaraan ons bloodgestel is. lesufi dit walg enige beskaafde mens.

E ·

Daar is so baie skole om van te kies, komaan as my kind se vel pienk is en al die ander is geel, dan sit ek hom in is skool met meer pienk velliges.Hoekom ń kind laat uit voel?
Mense moet verstaan daar is niks fout met wedersydse respek en regte nie, maar daar is vele geleenthede waar kulture van dieselfde ‘vel’ saamkoek omdat dit van nature so is.

Whatever ·

Plaas hulle eerder die chaos in Pta uitsorteer. Betoog is die nuwe rook skerm vir “looting” fokus eerder daar op. En los die skole….

Flippie ·

Lesufi is ‘n rassis en ‘n groot een. Hier op MM daag ek hom tot ‘n twee geveg uit. Twee rassiste teen mekaar die een wit en die ander swart.

Toe wat sê jy Lesufi, of is jou blaf groter jou byt? Is jy die lafaard wst ek dink jy is.

Niets ·

My eie seun was 4 jaar by dié skool gewees. Ek kén die hoof persoonlik en wat haar waardestelsel, etiek en karakter is. Sy is lief vir alle kinders en geensins rassisties nie, inteendeel. Sy het soveel opregte liefde vir alle kinders en maak sóveel moeite verál met die paar anderskleurige kindertjies. Sy is werklik ‘n gebore onderwyseres en hoof en lei deur die voorbeeld te stel. ‘n Pragtige, gelowige vrou wat nié verdien wat nou aan haar gedoen word nie..

Pieta ·

Ek verstaan nie waar die agbare l.u.r tyd kry om n’ 3-jarige “cupcake” vergadering by te woon maar absoluut GEEN oplossing kan vind vir die 14 skole wat die afgelope drie maande al heeltemaal onherstelbaar

JC ·

Ek bejeen hierdie patetiese Lesufi karakter met die minagting wat hy verdien!!

LB ·

My seuntjie was destyds in hierdie kleuterskool, onder dieselfde skoolhoof en dit was glad nie die geval nie! Almal was regverdig hanteer; ons was vriende met die swart ouers asook Sjinese ouers en almal was gelukkig daar! Nooit iets negatief oor die skool gehoor nie, almal het saamgespeel!

Uiltjie ·

Miskien word ek weer gesensor… Die swart polisie met die meel, hy steel dit volgens u weet wie , swart kindjie wat eenkant sit, mooi verduidekliking en mooi verduidelikings???????

Gemsbok ·

Nog ‘n instelling word geteiken vir transformasie, al is dit bloot ‘n kleuterskool.

Instellings reflekteer altyd mettertyd die meerderheid mense van die gebied waarin hulle hulself bevind.

Hierdie proses herhaal hom dwarsoor die wêreld. Dit is hoe demografie die geskiedenis skryf.

Orania as Afrikanerstad bied die volhoubare tuiste vir instellings wat die Afrikanerkultuur en waardes uitleef. In die res van die land sal sulke instellings deur die tsoenami van die demografie oorspoel word.

Willie E ·

Ons gaan aanhoudend vertrap word…omdat ons op ons gatte stilsit en net kerm en kla…ons laat dit toe,dit is NOU tyd om op te staan en te se GENOEG IS GENOEG!!!! Hulle het wragtig nou genoeg op ons getrap….GENOEG IS FLIPPEN GENOEG!!!!!!

sanet ·

Seriously alles is oor ras get over yourself. Word die kind abuse, is sy gelukkig. Tyd om reg te kom. Arme kinders is so klein en seker dol oor haar maaitjies self as hulle wit is. My kind is in n gemengde skool en hy love al sy maaitjies

m ·

OOOO ok nou is Afrikaans weer die problem. Hoekom is die kind dan in n afrikaanse skool as die taal jou so pla tannie????

Magda ·

Wat ek nie verstaan nie, dit is n kleuterskool in Centurion, tien teen een Afrikaans omdat die meerderheid kinders daar Afrikkanssprekend is/was. Die ouers van die swart kinders het uit eie VRYE KEUSE hul kinders in n Afrikaanssprekende skool gesit, so waarom die bohaai. As ek besluit om my Afrikannssprekende kind in n kleuterskool in bv Mamelodi sit, dan weet ek mos my kind gaan tien teen in in n swart taal of Engels onderrig word, maar dan is dit mos my keuse.
Waarom gaan die minister nie na die gebiede waar daar net swarttale/of Engels gepraat word in die kleuterskole en stuur die maatskaplike werker soontoe?

NIemand sal my verplig om , as ek n diens lewer, dit in die taal van iemand anders te lewer nie!!

Teleurgesteld ·

Really. het die mense niks anders om te doen as om die hele tyd wit mense van rassisme te bekuldig nie. Nou kry Afrikaans weer die skuld. Hoop hulle skrik wakker voor dit te laat is.

sarie van heerden ·

al waarvoor Lesufi goed is is om witmense te jag met sy minderwaardigheidsgevoel . Hy moet sy karretjies vat en gaan speel want ons het al die jare baie goed klaargekom sonder sy in

Schalk ·

Weet die mense dat hulle die kinders by politiek betrek? Hulle moet skaam kry om dit so Polities te wil hanteer. Kinders stel nie belang in kleur nie en niks gaan oor die kinders in die geval nie. Dit is nou weer ‘n goedkoop advertensie propaganda wat hier intree en misbruik word deur onkundige politici.
Waar was al die ondersteunende politici wat Afrikaans en kultuur so in die media ondersteun?
Weet die mense dat daar meer nie-blanke kinders aangeneem word deur blankes as andersom?
Die kultuur aanvalle word net deur rassistiese opmerkings verbloem. Persoonlik voel ek dat die minderwaardigheids kompleks van sekere politieke groepe hulle onseker maak en nou gee hulle uiting aan dit.
die LUR is die laaste persoon wat ‘n goeie rekord het met opvoeding het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.